Gerhardus Petrus van der Merwe (1843 – 1889)

< BACK

   1. Sy kinderjare

Gerhardus Petrus “Gert” van der Merwe was die vyfde kind (tweede seun) van Cornelis Johannes van der Merwe (1809 – 1877) en Aletta Susanna Engelbrecht (1809 – 1871).1-4 Hy het ses susters en een ouer broer gehad. Hulle was Marthinus Stephanus (1832 – ?), Martha Maria Magdalena (1836 – ?), Johanna Magdalena (1838 – 1922), Martha Maria (1840 – ?), Aletta Susanna (1845 – 1888), Wilhelmina Johanna (1847 – ?) and Gertruida Margaretha (1850 – 1887).1,2,4,5

Beide Gert se oupa én vader het die Groot Trek (1835 – 1845) meegemaak en was afkomstig vanuit die Graaf-Reinet distrik van die Britse Kaapkolonie. Teen die vroeë 1840’s was hulle reeds woonagtig in die Republiek van Winburg (bestaanstydperk: 1836 – 9 April 1844), wat deur die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter (1792 – 1852) gestig is.6-11 Hier is Gert op 10 September 1843 op die plaas Kromdraai in die huidige Kroonstad omgewing gebore.3,12-14 (Kroonstad is eers in 1855 gestig en lê 112 km noord-oos van Winburg.)15 Hy is agt maande later op 6 Mei 1844 in die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) op Winburg gedoop.2,3Die Voortrekkerkerk is in 1841 gestig en het uit die drie gemeentes bestaan naamlik Potchefstroom, Winburg en Pietermaritzburg. Ds. Daniel Lindley (1801 – 1880), ‘n Presbiteriaanse sendeling van Amerika wat onder swart inheemse stamme sendingwerk gedoen het, is in 1841 as die eerste predikant van die Voortrekkerkerk aangestel en hy moes al drie gemeentes bedien. Hy was woonagtig in Pietermaritzburg en het net in 1842, 1844 en 1845 besoeke aan die ander twee gemeentes gebring. Van tyd tot tyd het hy ook in Port Natal (nou Durban) en in Weenen omgewing in Noord-Natal onder lidmate gearbei. Teen einde 1847 het ds. Lindley egter sy sendingwerk onder die Zoeloes hervat. Vanaf 1848 tot 1850 het ds. Andrew Murray (1828 – 1917) van NGK Bloemfontein en ds. Pieter Roux van NGK Smithfield as besoekende konsulente by Winburg kom bedien, totdat die eerste permanente leraar, ds. Dirk van Velden (1813 – 1878) in 1850 hier bevestig is.11,16,17Wanneer Gert se familie verder noord na die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR)/Suid-Afrikaanse Republiek getrek het, is onseker, maar teen 1850 was hulle reeds in Rustenburg distrik woonagtig.2 Later in die vroeë 1870’s het die Van der Merwes hulle egter op die Transvaalse Hoëveld bevind toe die kaart-en-transport van die plaas Roodedraai (ZAR nr. 264; Transvaal nr. 64) aan die oewer van die Kliprivier in Wakkerstroom distrik, aan Cornelis van der Merwe in 1872 oorgedra is.18-20 Gert was toe reeds 28 jaar oud.

   2. Sy vrou

Gert van der Merwe het met Maria Catharina “Mieta” Slabbert getrou wat in die huidige Volksrust omgewing grootgeword het waar haar ouers geboer het.2,12,21,22 Sy is op 21 Junie 1844 tydens die Groot Trek gebore en is agtien maande later op 21 Desember 1845 te NGK Winburg in die Republiek van Winburg-Potchefstroom gedoop, saam met haar twee susters, Jacoba en Gerthina. Mieta se oom en aangetroude tante, Johannes Christiaan “Johan” de Klerk (1809 – ?) en Maria Sophia Roos (1812 – 1881) het as haar doopgetuies opgetree.2,6,22-24Haar vader was Gerrit Petrus “Gert” Slabbert (≈22 Desember 1817, NGK Uitenhage – 10 Januarie 1881, plaas Rusthoek, distrik Wakkerstroom) wat met sy gesin aan die Groot Trek deelgeneem het.6,21,23 Haar moeder, Johanna Hendrina de Clercq (21 Februarie 1811 – 8 Februarie 1889) was ‘n afstammeling van Adam Tas (1668 – 1722),2,6,23,24 een van die vername vryburgerleiers wat in opstand teen Goewerneur Willem Adriaan van der Stel (1664 – 1733) van die Kaap de Goede Hoop se korrupte regering gekom het.9,10,25 LEES MEER oor die Slabberts.

Dit blyk dat Mieta ‘n raakvat boervrou met ‘n sterk, formidabele persoonlikheid was wat as weduvrou nie gestuit het om haar argwaan teenoor die Britse soldate tydens die Tweede Anglo-Boere Oorlog te laat blyk nie.21 Dalk het sy na haar Tas-voorsaat geaard?

Gedurende die oorlog in September 1900 is die Verskroeide Aarde Beleid van Veldmaarskalk Horatio Herbert Kitchener (1850 – 1916) afgekondig.9,10,21,26,27 Op 16 Mei 1901 het die soldate van ‘n kolom van die 6th Dragoon Guards onder leiding van Luit. Hedley John Kirkpatrick op Roodedraai hul opwagting gemaak om hul vernietigingswerk uit te voer21,28-31 en die 57-jarige Mieta, haar dogters, skoondogters en kleinkinders na die Volksrust konsentrasiekamp aan te jaag. Toe die oorlog uitgebreek het, was reeds verskeie gedeeltes van die oorspronklike Roodedraai bewoon deur Van der Merwe sibbe en hul gesinne. Die Britse troepe het hulself tussen die verskillende woonhuise wat oor die plaas versprei was, verdeel. Mieta se hoenders en varke is voor die voet afgemaai met bajonette. Die beeste en skape is egter bymekaar gemaak om na Volksrust aangejaag te word. Mieta en haar ongetroude dogter, Mart, is min tyd gegee om ‘n bietjie voorraad en klere bymekaar te skraap. Intussen het van die Engelse soldate ook die asynbottels op die solder ontdek, en het opgewonde afgesuiker na die wal van die meulstroom by die rivier, waar hulle hulself onder ‘n akkerboom tuisgemaak het om die lekker ‘sterk voggies’ in hul droë keelgate af te gooi. Toe die asynsmaak hul asems wegslaan, het hulle die bottels teen die akkerboom stukkend gegooi. (In 1976 is daar steeds bottelstukke onder die akkerboom opgetel deur ‘n toergroep van die Voortrekker-beweging.) Ai, Mieta was die josie in oor al hierdie skade! Sy sê toe vir Mart aan om van die ryp turksvye te gaan pluk, en die soldate te laat proe. Natuurlik wou hulle nog meer van hierdie soet, sappige vruggies hê! En Mart deel al te mildelik van die ongeskilde turksvye uit terwyl die niksvermoedende manne hul hemde oophou. Onnodig om hier te verduidelik hoe die soldate gevoel het toe die fyn turksvydorinkies hul werk teen hul borskaste verrig het.21 Mieta het daardie rondte gewen! Maar lang swaarkry-maande sou in die konsentrasiekamp volg. In Volksrust-kamp het uiteindelik 1009 vroue en kinders gesterf, waarvan 43 Van der Merwes was – 33 was kinders van 15 jaar en jonger, en 10 was 16 jaar en ouer.9,10,21,26,32-34

   3. Sy loopbaan

Gert van der Merwe het op sy geboortegrond aangebly en daar geboer met vee tot met sy dood. Roodedraai was ‘n groot plaas in die Wakkerstroom distrik van die ZAR, ook bekend as die Transvaal.12,13,18,20 Die dorpie, Martinus-Wesselstroom is deur Dirk Cornelius “Swart Dirk” Uys (1814 – 1910) in opdrag van die ZAR in 1859 uitgelê, maar in 1904 is die dorp sowel as die plaaslike Nederduitsche Hervormde Kerk (NHK) se gemeente herdoop na Wakkerstroom, soos die distrik reeds bekend was. NHK Martinus-Wesselstroom het in 1860 tot stand gekom. Vyf-en-twintig jaar later in 1885 het die NHK van die ZAR en die Transvaalse Nederduits-Gereformeerde Kerk (NGK) saamgesmelt om die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk (NHofGK), ook bekend as die Verenigde Kerk (VK), te vorm. Hierdie eenheid het egter slegs sewe jaar geduur voordat die NHK weer in 1892 afgestig het. Die NGK in Transvaal het daarna tot en met 1957 as die NHofGK voorbestaan, waarna die naam na NGK herstel is. Hoewel die kerk op Wakkerstroom oorspronklik as ‘n NHK-gemeente ontstaan het, het dit na 1957 bly voortbestaan as ‘n NGK-gemeente.9,10,16,35-39 Die dorp lê ongeveer 65 km oos van Roodedraai.35.40 Dit was dus ‘n redelike lang tog met die ossewa tot daar vir die bywoning van nagmaal, of vir doopplegtighede of huwelikseremonies wat in NHK Martinus-Wesselstroom voltrek is. Die dorpie Volksrust, wat 40 km oos van die plaas geleë is, is eers in 1889 gestig en NHofGK Volksrust het eers in 1910 tot stand gekom, nadat dit van NHofGK Wakkerstroom afgestig het.16,41

Na die Eerste Vryheidoorlog (Eerste Anglo-Boere Oorlog) het Gert die bynaam van “Gert Oorlog” gekry.26 Dis ongelukkig nie bekend waaraan dié bynaam spesifiek te wyte was nie, maar het waarskynlik verband gehou met sy betrokkenheid by die oorlog of ‘n spesieke heldedaad wat hy verrig het of sy karakter as Boerekryger. Dit is wel bekend dat hy teenwoordig was by die Slag van Majuba en dat hy op 27 Februarie 1881, met ‘n verslag oor die verloop van die geveg, deur die Kliprivier geswem het, op ‘n plek ongeveer 4 km stroom-af van sy woonplaas, Roodedraai. Die verslag is deur die rapportryer ene Kilian na die ZAR-president  Stephanus Johannes Paulus “Paul” Kruger (1825 – 1904) gebring, wat 200 km noord-wes van Majubakop op Heidelberg gestationeer was. Heidelberg was op daardie stadium die tydelike hoofstad van die Boere-regering in die geannekseerde ZAR, aangesien die Britte die septer in Pretoria geswaai het.9,10,42-46Die vryheidsoorlog was die resultaat van die Boere se groeiende ontevredenheid en frustrasie teenoor die anneksasie van die ZAR deur die Britse Ryk, en het uiteindelik tot uitbarsing gekom op 16 Desember 1880 toe die eerste skote naby Potchefstroom afgevuur is. Hierdie anneksasie is deur Waarde Heer (Sir) Theophilus Shepstone en sy 25 berede polisiemanne uitgevoer toe hulle op 20 Januarie 1877 Pretoria met ‘n koninklike lasbrief binnegery het, en daarmee die 1852 Sandrivier Konvensie wat die onafhanklikeid van die ZAR gewaarborg het, verbreek het. Aanvanklik het die Boere die anneksasie gelate aanvaar, want op daardie stadium was die Boerevolk maar redelik onbelangstellend in die bestuur en belange van hul boererepubliek, soveel so dat min hul staatsbelasting betaal het en die ZAR feitlik bankrot was. Van ‘n gevoel van lojale nasionalisme was daar geen sprake en die meeste het verkies om op hul eie boerdery en onafhanklike leefwyse te fokus. Verder was die ZAR regering ook bekommerd oor die spanning met die Brits-gesinde Zulu-koning Chetshwayo kaMpande (ca 1826 – 1884) in Natal, en wou nie ‘n situasie ontlont waar die ZAR homself tegelykertyd in konflik met die Britte en die Zulus bevind nie. Nadat Brittanje die Zulus in 1879 tot oorgawe gedwing het tydens die Anglo-Zulu Oorlog, het die Boere se teenstand teen Brittanje se afgeforseerde regeringsbeleid vinnig begin groei en uiteindelik ontplof in ‘n oorlog om vryheid.9,10,42,47

‘n Paar strategiese veldslae het tussen die Boere en die Britte plaasgevind tydens die vryheidsoorlog – Bronkhorstspruit, Rustenburg, Marabastad, Lydenburg, Elandsfontein en Rooihuiskraal, maar die Britte se vernederendste neerlae by Laing’s Neck, Schuinshoogte en Majubakop (ook bekend as Spitskop) in die Britse Kolonie van Natal (nou KwaZulu-Natal provinsie) was die uiteindelike keerpunt van die oorlog in guns van die Boere. Die laaste veldslag, die Slag van Majuba, waarby die 37-jarige Gert van der Merwe betrokke was, het op 27 Februarie 1881 plaasgevind en het die finale nekslag aan die Britse leër toegedien. Gedurende die nag van 26 Februarie 1881 het Majoor-Generaal George Pomeroy Colley (1835 – 1881) en 405 Britse soldate Majobakop bestyg en so die Boeremagte se beweeglikheid deur Laing’s Neck gekortwiek. Colley was onder die indruk dat die Boere die aftog sou blaas, maar hy het hom lelik misgis. Generaal Nicolaas Jacobus Smit (1837 – 1896) het vinnig drie stormbendes bestaande uit vrywilligers (meesal begeesterde jongmanne) van verskeie Boere-kommandos saamgestel. Hierdie onderskeie bendes is gelei deur Veldkornet Stephanus Johannes Roos, Kommandant Joachim Johannes Ferreira (1835 – 1917) en Kommandant D.J.K. Malan. Ander burgers, meesal die ouer manne, het ‘n kordon rondom die voet van die kop gevorm en vandaar oorhoofse vuursteun teen die kruinrand gelewer wat die Britte laat skuilhou het. Teen 06h00 het die Boere die kop begin bestyg en teen 12h00 die kruin bereik. Die Britte was nie bestand teen die Boere se ongewone skiet-en-beweeg aanslag, uitsonderlike skietvernuf en slim skuilhou-vermoë nie en die oorblywende soldate het die hasepad begin kies. Teen 18h00 was die slag verby. Britse verliese het ingesluit drie offisiere, insluitend Colley, en 93 manskappe gedood, agt offisiere en 109 man gewond, en sewe offisiere en 49 manskappe krygsgevange geneem.32,47-50 Een vlugtende soldaat het sy ervaring later so beskryf: “It had taken me five bloody hours to get up Majuba, but only touched the ground five bloody times on the way down.”50 Aan Boerekant het een man gedurende die geveg gesneuwel, en ses is gewond waarvan een later aan sy wonde beswyk het.9,10,42,47-49Hoewel hierdie vryheidsoorlog slegs tien weke geduur het en beëindig is op 6 Maart 1881, het dit die bewoners van die ZAR, asook ondersteuners uit die Kaap, Natal en Oranje-Vrystaat, genoop om eendragtig saam te staan. Dit het uiteindelik tot die ontstaan van ‘n eie Afrikaanse nasionalisme gelei, wat gekenmerk is deur ‘n sterk anti-Britse gevoel, die handhawing van ‘n eie identiteit, ‘n sterk godsdiens-, taal- en historiese sin en ‘n toekomsverwagting. Die vredesooreenkoms is op 23 Maart 1881 in O’Neil se Kothuis onderteken deur Waarde Heer Evelyn Wood en Generaal Redvers Buller van Brittanje en Generaal Petrus Jacobus “Piet” Joubert (1831 – 1900) en Paul Kruger van die ZAR. Daarmee het ‘n onbeduidende, ‘barbaarse’ volkie aan die suidpunt van Afrika se militêre oorwinning oor die magtige Britse Ryk die wêreld laat regop sit en is daar vir die eerste keer van die Afrikaners as ‘n definitiewe en waardige entiteit notisie geneem. Brittanje het lank en moeilik gesluk aan hierdie vernedering, veral aan die nederlaag op Majubakop waar ‘n klomp jong plaasjapies Brittanje se ervare en hoogs-opgeleide weermag ore aangesit het.9,10,42,47,51

Soos Gert en Mieta se kinders groot geword het, het elkeen op verskillende gedeeltes van Roodedraai met hul gesinne begin woon en geboer, sodat Gert later die boerdery heeltemal oorgegee het, en net twee merries en 20 boerbokke vir homself gehou het. Hulle opstal was ongeveer 200 m oos van hul oudste seun s’n op Gedeelte F.12,13,21,22,43 Gert het op ‘n stadium ook die plaas Rusthoek (ZAR no 316), aan die oostelike grens van Roodedraai, bekom. Na sy afsterwe is Rusthoek onderverdeel en aan sewe De Haas-erfgename oorgedra.12,13 Eers na Mieta van der Merwe se dood in 1920 het elkeen van Gert se kinders die kaart-en-transport van Roodedraai, en spesifiek die gedeelte waarop elkeen onderskeidelik geboer het, in 1921 ontvang.22

   4. Sy afsterwe

Gerhardus Petrus van der Merwe is op 18 Julie 1889 op die ouderdom van 46 jaar, 10 maande en 10 dae oorlede, toe sy jongste kind maar ses jaar oud was. Sewe van sy elf kinders was nog minderjarig. Hy is in die familiekerkhof op Roodedraai begrawe. Sy boedel is egter eers teen Mei 1906 beredder, en uitgevoer volgens sy testament gedateer 10 Augustus 1866. Die plaas is aan sy weduwee toegeken. Elkeen van sy kinders het ‘n jong perd ter waarde van tien pond uit sy boedel geërf, behalwe vir sy dogters Johanna en Aletta wat elk tien pond kontant ontvang het.2,12-14 Sy vrou is 30 jaar later langs hom ter ruste gelê, nadat sy op Roodedraai op 75-jarige leeftyd op 20 Februarie 1920 tot sterwe gekom het.14,22 Die kerkhof, wat ongeveer 50 m van Kliprivier se oostelike wal lê, is in ‘n erg verwaarloosde toestand. Die gedeelte van Roodedraai waar hierdie kerkhof geleë is, behoort lankal nie meer aan enige Van der Merwe nasate nie – dit is deur die staat opgekoop en word huidiglik aan Timoty Dhludhlu uitverhuur. Langgras, doringbome en struikgewasse groei welig tussen die grafte of selfs binne-in sommige grafte. Beeste loop ook deur die begraafplaas. Vele van die grafstene is beskadig of erg verweer.14

   5. Sy kinders

Gert en Mieta van der Merwe het elf kinders gehad, wat almal op Roodedraai gebore is, en waarvan drie seuns as volwassenes voor die ouderdom van 40 jaar oorlede is.2,4,12,13,22,52-55 Die oudste twee seuns was saam met hul vader by die Eerste Vryheidsoorlog betrokke, en het agtien jaar later ook wel deeglik saam met hul eie gesinne die uitdagings en wreedheid van oorlog beleef tydens die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Tweede Anglo-Boere Oorlog (ABO2) of Suid-Afrikaanse Oorlog.

Na hul moeder se dood in 1920, het elke oorlewende kind (of kleinkinders) hul gedeelte van Roodedraai geërf. Uit die boedeldokumente blyk dit dat Mieta van der Merwe (en ook wyle Gert) gesteld daarop was om regverdig teenoor elkeen van hulle kinders, hetsy seun of dogter, op te tree en uit Mieta se boedel het elkeen ‘n regmatige en gelyke deel van Roodedraai, ter waarde van 1024 pond, geërf.18,22

5.1 Johanna Hendrina

Sy is op 2 Junie 1865 gebore. Sewe maande later op 14 Januarie 1866 is Johanna te Marthinus-Wesselstroom in die teenwoordigheid van haar maternale ouma en oupa, Gerhardus Petrus en Maria Catharina (née Slabbert) van der Merwe, gedoop.56Johanna is op 20-jarige ouderdom op 20 Mei 1885 met Johannes Philippus Jacobus “Johan” van der Merwe (*3 Januarie 1863, ≈8 Maart 1863, NGK Utrecht, †5 Januarie 1899) in die landdroskantoor van Marthinus-Wesselstroom deur Landdros J.J. Botha in die huwelik bevestig.2,57 Johan was die seun van Johannes Stephanus van der Merwe (*2 Maart 1839, ≈18 Feb 1840, †18 Oktober 1910, plaas Rondehoek, distrik Utrecht, Natal) en Martina Elsje Johanna Koch (4 Julie 1839 – 1 Julie 1885, Roodedraai).2,58,59 Johan is egter twee dae na sy ses-en-dertigste verjaarsdag in 1899 oorlede, net nege maande voor die aanvang van die Tweede Anglo-Boere Oorlog, en ses maande voor Johanna se eie vader ook oorlede is.2,12,13As 36-jarige weduwee moes Johanna die oorlog en Volksrust-konsentrasiekamp alleen met haar vyf jong dogters oorleef. Haar oudste kind en enigste seun, Johannes Stephanus (20 Januarie 1886 – ?) het as 13-jarige penkop saam met sy ooms op kommando gegaan. Die dogters was Maria Catharina (*24 Oktober 1887; later getroud met Daniel Johannes Bloem Swart van die plaas Kromelnboog/Kromellenboog, Volksrust), Martina Elsie Johanna (*7 Junie 1889), Johanna Hendrina (*6 Maart 1891; later getroud met Schalk Willem Albertus de Meyer), Gerbrechtje Elizabeth “Gerbreggie” (*25 Junie 1893) en Gertina Jacoba (*26 November 1897, ≈6 Februarie 1898, NHofNGK Marthinus-Wesselstroom; later getroud met Christiaan Johannes Kruger van die plaas Inklarzatje, Vryheid).2,55,60,61 Johanna en haar dogters is almal na die konsentrasiekamp geneem op 16 Mei 1901, terwyl hul huis en besittings deur die Britse troepe vernietig is. Van die ander Van der Merwe-gesinne op ander gedeeltes van Roodedraai is ook op daardie dag na Volksrust weggeneem.21,62 Johanna en haar vyf dogters het in tent B87 in die Volksrustkonsentrasiekamp gewoon. Eers ses maande nadat die oorlog beëindig is, het sy en haar dogters op 6 November 1902 van die kamp na Roodedraai teruggekeer. Haar seun wat later ook in die kamp gearriveer het, het reeds in Julie 1902 saam met sy Van der Merwe-ooms, Marthinus, Hendrik en Barend na Roodedraai teruggekeer.61

Na die oorlog, op 2 Maart 1903, is Johanna weer getroud te Volksrust met die wewenaar Jacobus Oosthuizen (Junie 1844 – 3 Desember 1911, Roodedraai), wat 21 jaar haar senior was.2,63 In haar vergoedingseis van 4 Mei 1903 verklaar sy dat sy twee maande gelede weer getroud is.62 Met haar tweede huwelik het Johanna sommer met een slag nog ‘n paar kinders bygekry. Drie van Jacobus se kleinkinders was in sy versorging, nadat hul moeders (twee van Jacobus se dogters) in konsentrasiekampe tydens die Tweede Anglo-Boere gesterf het. Uit Jacobus se eerste huwelik met Petronella Cornelia Janse van Rensburg, wat op 30 Januarie 1902 oorlede is, is drie kinders gebore. Uit sy tweede huwelik met Johanna van der Merwe is nog twee kinders gebore naamlik Gert Cornelis (*23 September 1904) en Aletta Susanna (*13 July 1906).55,60,62,64In 1921 het Johanna Gedeelte C (222 morge) van Roodedraai uit haar moeder se boedel geërf het. Hierdie deel is later vir 961 pond verkoop aan Cornelis Jansen Uys tydens ‘n publieke vandusie.18,22 Hierdie Uys was moontlik óf Cornelis Jansen “A” Uys (1888 – ?) óf Cornelis Jansen “B” Uys (1906 – 1973). Hierdie twee was agter-agterkleinneefs. Daar was heelwat Uys-families wat reeds aan die einde van die 18de eeu gevestig was in die Volksrust en Wakkerstroom omgewing. Ook op ‘n gedeelte van die plaas Rusthoek het Hubert Willem de Haas (1891 – ?) gewoon wat op 14 Junie 1920 met Susanna Magrietha Uys (1896 – 1989), die suster van Cornelis B getrou het. Teen 1921 het De Haas ‘n gedeelte van Rusthoek verkoop aan Ferdinand Johannes Viljoen (1880 – 1956), wat getroud was met Susanna Barbara Magdalena Uys (1885 – 1952). Sy was die suster van Cornelis A. Hierdie twee Susannas was dus agter-agterkleinniggies.18,65,66

Johanna Hendrina (van der Merwe) Oosthuizen is op Roodedraai op 1 Augustus 1927 in die ouderdom van 62 jaar en twee maande oorlede.55

5.2 Cornelis Johannes

Hy is op 21 November 1866 gebore2,4,12,13,67 en ses maande later op 12 Mei 1867 te NGK Marthinus-Wesselstroom gedoop. Teenwoordig by sy doop was Cornelius Johannes van der Merwe, Johanna Engelbrecht, Pieter Jacobus Bruitenbach, Johanna Magdalena van der Merwe en Cornelius Johannes Erasmus en Aletta Susanna ??? van der Merwe.67Cornelis het vermoedelik as 15-jarige seun saam met sy vader aan die Eerste Vryheidsoorlog deelgeneem, want volgens familie-oorlewewring was sy jonger, Gert jnr. as 11-jarige wel op kommando en verantwoordelik was vir die perde.68 As 27-jarige is Cornelius op 20 Februarie 1894 getroud met Catharina Maria van der Schÿff (11 Februarie 1877, Volksrust – 4 Augustus 1964, Perdekop), wat tien jaar jonger as hy was.2,14,22,69,70 Hulle is in die eg verbind deur Vrederegter (Landdros) Johannes Christoffel Krogh (1846, Uitenhage – 1921, Middelburg, Transvaal) en het plaasgevind in die magistraatskantoor op Marthinus-Wesselstroom.69 Landdros Krogh is in 1881 aangestel as die magistraat van Wakkerstroom distrik, nadat hy vir byna vier jaar by die Pretoria Hof werksaam was. Hy het vir veertien jaar in Wakkersroom distrik gearbei, waarna hy as Spesiale Kommissaris van Swaziland aangestel is. Gedurende die Tweede Anglo-Boere Oorlog (ABO2) op 23 Augustus 1901 is hy tot die Uitvoerende Kommitee (Volksraad/Kabinet) van die ZAR verkies, en het ‘n beduidende rol gespeel tydens die samesprekings om the drie-jaar lange oorlog te beëindig. Sy handtekening, met die titel ‘Vrederegter van ZAR’ daaronder, verskyn op die geondertekende Vrede van Vereening.71-74Cornelis se opstal daar op Roodedraai was omtrent 200 m van sy moeder se woning af. Hierdie twee plaaswonings, met hul inhoud, is gelyktydig afgebrand deur Britse soldate op 12 Junie 1901 tydens die Tweede Anglo-Boere Oorlog.43 Cornelis se moeder, vrou en drie kinders (onderskeidelik 4 jaar, 2 jaar en 3 maande oud) is toe alreeds op 16 Mei 1901 deur die Britse troepe na die Volksrustkonsentrasiekamp weggeneem, terwyl Cornelis as lid van die Wakkerstroom-kommando in die Oranje-Vrystaat naby die plaas Witkop was.28 Op daardie dag en ook ‘n maand later op 11 Julie 1901 is in totaal 200 skape, 100 boerbokke, 10 perde en vullens, 24 koeie en kalwers, en 16 osse gebuit, terwyl sakke geoeste mielies en bale wol aan die brand gesteek is, en die varke, hoenders, ganse, eende en kalkoene voor die voet dood gemaak is. Plaas-implemente is ook vernietig. Hiervoor het Cornelis ‘n skadevergoedingseis van 1 195 pond op 4 Mei 1903 ingedien. Hierin dui Cornelis aan dat hy tydens die algemene oorgawe op 12 Junie 1902 die wapens neergelê het op die dorpie Marthinus Wesselstroom (Wakkerstroom).28 Dit lyk of hy daarna na die Volkrust-konsentrasiekamp geneem is waar hy saam met sy jonger broer, Gert jnr. in tent B90 gebly het. Cornelis het die kamp op 16 Augustus 1902 verlaat en na Roodedraai teruggekeer, met waarskynlik sy gesin saam met hom.61

Hoewel Cornelis op kommando was, is dit duidelik dat hy tussendeur ook heelwat tyd op die plaas spandeer het, waartydens hy tussen 10 Oktober 1899 en 5 Mei 1902 – in opdrag van Veldkornet Adriaan Dirk Badenhorst van die Wyk 1 veldkornetskap van Wakkerstroom distrik – in totaal 309 kommando-perde met hoefysters beslaan het. Hiervoor het Cornelis na-oorlogse vergoeding op 7 Augustus 1902 geëis, asook vergoeding vir die 30 sakke koring en 130 sakke mielies wat aan die ZAR-regering verskaf is en waarvoor hy toe nog geen sent ontvang het nie. Van Cornelis se totale eis wat 1 436 pond beloop het, is slegs 297 pond uiteindelik deur die Repatriasie Kommisie uitbetaal.28

Cornelis van der Merwe het later in sy lewe ook ‘n gedeelte (303 morge) van die plaas Loskop in Wakkerstroom distrik besit, wat na sy afstrewe aan Herbert Roland Scudamore Meek verkoop is vir 1 699 pond tydens ‘n openbare veiling, soos gehou op 31 Maart 1915. Cornelis was hoofsaaklik ‘n skaapboer, wat ten tye van sy dood 56 hammels, 276 Merino-ooie en 180 lammers besit het, asook vier perde en 21 osse.70 Cornelis is vyf dae voor sy 48ste verjaarsdag oorlede op 16 November 1914 in die Pretoria Hospitaal (later Pretoria Akademiese Hospitaal, nou Steve Biko Akademiese Hospitaal). Sy jongste kind was maar twee maande oud. Cornelis is in die familiekerkhof op Roodedraai begrawe. Sy weduwee het later hertrou met Jan Hendrik van der Schyff (1856 – ?), maar na haar afsterwe is sy 50 jaar later langs haar eerste man begrawe.2,14,70

Cornelis en Catharina het nege kinders gehad waarvan die meeste te NHofGK Marthinus-Wesselstroom gedoop is. Hulle was Maria Catharina (*1 Oktober 1896, ≈8 November 1896; eerste getroud met Gabriel Johannes Lotter, later op 9 Maart 1956 te Durban met Johan Daniel Koch [1888, Utrecht distrik – 17 Junie 1959, Swartstraat, Perdekop]), Catharina Maria (*19 Oktober 1898, ≈15 Januarie 1899; getroud met Hendrik Johannes Naudé), Johanna Hendrina (*4 Februarie 1901, ≈23 Junie 1901; getroud met Johannes Hendrik Petrus Koch), Elizabeth Francina Johanna (*14 Augustus 1903, ≈24 November 1903, getroud met Johannes Joost Bloem), Gerhardus Petrus (*22 Augustus 1905, ≈4 Februarie 1906, †6 Februarie 1989, Krugersdorp), Lucas Johannes (*1 November 1907, ≈12 April 1908, †1 November 1986, Lydenburg), Anna Cornelia Sophia Margaritha (*19 Oktober 1909, ≈23 Maart 1910, †23 April 1988, Bergville). Die jongste twee is te NGK Volksrust gedoop – Cornelis Johannes (*26 Maart 1912, ≈15 September 1912, †1 Maart 1988, plaas Roodedraai) en Jan Hendrik van der Schyff (*25 Augustus 1914, ≈28 September 1914, †25 Oktober 1989, Boksburg).2,14,70,75 Al hierdie kinders het gesamentlik Gedeelte F van Roodedraai uit hul ouma se boedel van 1921 geërf.22 

5.3 Aletta Susanna

Sy is op 25 November 1868 gebore en is as 21-jarige op 21 Mei 1890 getroud met Johannes Jacobus Tobias Frederick “Jan” de Lange (November 1875, Ladysmith distrik, Natal – 9 Februarie 1934, Volksrust), seun van Adriaan Jacobus de Lange en Jorina Jacoba Maree. Landdros Krogh het die huwelik in die landdroskantoor op Marthinus-Wesselstroom voltrek.4,12,13,76,77Met die uitbreek van die ABO2 was Aletta en haar man reeds op Roodedraai aan’t boer met hoofsaaklik skape, boerbokke, mielies en aartappels. Jan de Lange het op 30 Junie 1900 die Eed van Getrouheid te Roodedraai, Volksrust afgelê en op die plaas gebly tot op 29 Augustus 1900 toe hy deur Gen. Christiaan Rudolph de Wet (1854 – 1922) en sy kommando opgekommandeer is om verder saam met hulle te veg. Jan de Lange was daarna vir nege maande by die oorlog betrokke voordat hy op 29 Mei 1901 by Paardekop (nou Perdekop) vir ‘n tweede keer oorgegee het. Dit was slegs twee weke nadat sy vrou en vier kinders – waarvan die jongste maar agt dae oud was – na Volksrustkonsentrasiekamp weggeneem is, nadat Britse soldate op 16 Mei 1901 hul opwagting op die plaas gemaak het. Jan het by sy gesin in die kamp aangesluit. Gelukkig het hul klipplaashuis intakt gebly, met slegs drie deure en drie vensters wat verwyder is. Die 120 skape, 60 boerbokke, drie koeie met kalwers, ses perde, asook sale en tome is deur die Britse troepe geannekseer; die varke, hoenders, ganse en eende is gedood en die sakke mielies, koring, bone en ertjies in die skuur is vernietig. Na sy tweede ondertekening van die Eed van Getrouheid het Jan hom gaan aansluit by sy gesin in die kamp waar hulle in tent B6 gewoon het. Die gesin het eers sewe maande na die einde van die oorlog op 22 Desember 1902 na Roodedraai teruggekeer. Van Jan se skadevergoedingseis van 378 pond wat hy op 22 Julie 1901 by die Britse Repatriasie Raad ingedien het, het nie veel gekom nie. Slegs 58 pond is in 1903 aan hom toegestaan, nadat die Britse amptenaar wat sy eis behartig het, besluit het dat “I consider it should take a man less than 9 months to get away from a commando if he meant to – so consider this equivalent to breaking his oath. If CJC consider his second surrender early enough to qualify him for compensation, recommended share of £58.” 29,30,61,78

Die De Lange-egpaar het sewe seuns en twee dogters gehad. Hulle was Adriaan Jacobus (*ca 1888), Maria Catharina (*ca 1891), Gerhardus Petrus “Gert” (*19 April 1894, ≈7 September 1894, NHofGK Marthinus-Wesselstroom – ?), Johannes Jacobus Tobias Frederick jnr. (*19 April 1897, ≈16 Mei 1897, NHofGK Marthinus-Wesselstroom – ?), Cornelius Johannes (*3 Junie 1900, ≈9 Junie 1901, Volksrustkonsentrasiekamp [deur ds. W.F. Knobel], vermoedelik jonk oorlede), Jorina Jacoba (*≡ 7 Mei 1901, sy was maar agt dae oud toe sy in die Volksrust-konsentrasiekamp gearriveer het), Barend Jacobus, Marthinus Jacobus en Jacob Abraham Johannes.61,76,79-82

NOTA: Verwarring bestaan omtrent die besonderhede van hul kind, Jorina Jacoba de Lange. Volgens die rekords van die Volksrustkonsentrasiekamp was sy agt dae oud toe sy saam met haar moeder in Mei 1901 in die kamp garriveer het. Op 22 Desember 1902 het sy as peuter van ongeveer 18 maande die kamp saam met haar ouers verlaat toe hulle huiswaarts gekeer het.61 In die doopregister van NGK Wakkerstroom is haar geboortedag egter as 3 Julie 1902 aangeteken, wat beteken dat sy dan in die kamp gebore is. Sy is op 31 Mei 1903 deur ds. Ackerman gedoop.79 Dit lyk na een en dieselfde persoon, maar kon daar dalk twee susters gewees het waarvan een oorlede is in die kamp – geen rekord egter daarvan tot dusver opgespoor nie – en sy hernoem is met die geboorte van die volgende dogter?

Aletta en haar man het op Gedeelte B van Roodedraai geboer, waarop daar ‘n plaasskooltjie, skoolmeestershuis en poskantoortjie wat die omgewing bedien het, gebou was. Haar moeder het reeds in 1904 een morg grond aan die Transvaalse Onderwysdepartement geskenk vir onderrigdoeleindes, nadat die Departement haar met hierdie versoek genader het.12,13,18,22,43 Die nodige geboue is in 1908 opgerig. Die skoolmeester se huis en die eenvoudige skooltjie met twee klaskamers is gebou uit wit sandsteenklip van die omliggende berge en rante, asook ingevoerde greinhout wat vir die deure, kosyne, vloere, lyste, plafonne en vensterrame gebruik is. Sandsteen-rotsblokke is met beitels losgekap en met ‘n slee wat deur osse getrek is, na die bouterrein gesleep. Op die werf is elke steen met ‘n hamer en ‘n beitel tot die verlangde grootte afgewerk, waarna elke steen met groot omsigtigheid en puik vakmanskap gelê en ingemessel is. Die skooltjie moes ongelukkig in 1939 sy deure na 31 jaar sluit weens kwynende leerlinggetalle.43,44Kort nadat Aletta hierdie gedeelte van Roodedraai in 1921 geërf het, is dit oorgedra aan ‘n Gerhardus Johannes de Jager.18 Jan en Aletta de Lange het verhuis na erf no 156 in Schoonstraat in Volksrust waar hulle vanaf 1922 gaan woon het tot met Jan se afsterwe in 1934.76 Op 10 Mei 1989 is Roodedraai B aan Gert Petrus van der Westhuizen vir die koopsom van R 85 000 verkoop.83 Dit is steeds in besit van die Van der Westhuizen familie, wat die oorspronklike Roodedraai-skoolgeboutjie, wat nog stewig staan, in ‘n uitsonderlike museum omskep het.26,43 Sien Roodedraai Museum. Die poskantoortjie funksioneer lankal nie meer nie, maar die sinkgeboutjie is netjies gerestoureer.43 5.4 Gerhardus Petrus jnr.

Hy is op 8 September 1870 te Roodedraai gebore. Hy is na beide sy maternale oupa en sy vader vernoem en was bekend as “Gert”.2,4,12,13 Gert jnr. is op 24-jarige ouderom in die Landroskantoor te Marthinus-Wesselstroom op 21 November 1894 getroud met Cecilia Johanna de Meyer (23 September 1877, Volksrust – 8 Julie 1967), die dogter van Schalk Willem Albertus de Meyer (1850 – ?) en Catharina Elizabeth Labuschagne (1850 – ?) van die buurplaas, Rusthoek, oos-aangrensend aan Roodedraai.2,19,20,84 Gert jnr. is op Roodedraai op 15 Julie 1957 in die ouderdom van 87 jaar oorlede. Cecilia is tien jaar na haar man oorlede op 8 Julie 1967 te Volksrust.2,68

NOTA: Verwysing 2 dui sy vrou foutiewelik aan as Geziena Johanna de Meyer.

Gert jnr. het in 1921 gedeelte E van Roodedraai uit sy moeder se boedel ontvang. Hy was egter reeds daar aan die boer, maar die grond kon toe wettiglik op sy naam oorgedra word.18,22 Daar het hy die res van sy lewe met vee geboer. Hy het ook ‘n smidswerkswinkel op die plaas gehad waar die wiele van hoofsaaklik verbygaande transportryers se muile- of ossewaens gekort is.68 ‘n Klein gedeelte van die plaas, aan die wal van die Kliprivier, was juis uitgesit vir reisende gesinne en handelaars na Wakkerstroom en Volksrust waar hulle kon uitkamp en oornag.22 Die ysterband om ossewa- en koetswiele het mettertyd lendelam geword en moes dan “gekort” word. Die ysterband is afgehaal en ‘n stukkie is uitgekap. Die lasplek is aanmekaar gebrand en die band in ‘n misvuur gepak totdat dit rooiwarm was, terwyl die vuur met ‘n blaasbalk aan die gang gehou is. Dan is die band weer oor die wiel getrek en natgegooi om vas te trek met die afkoelslag. Of die transportryers en ander kliënte vir Gert se dienste met kontant betaal het, is nie seker nie, maar ruilhandel was natuurlik ook ‘n opsie.85

Gert jnr. het reeds vroeg in sy lewe met die hardheid van oorlog te doen gekry. As elfjarige penkop het hy saam met sy vader en ouer broers deelgeneem aan die Eerste Anglo-Boere Oorlog. Hy was verantwoordelik vir die perde en moes hulle wegsteek en intoomhou tydens skermustelinge waar die burgers agter klippe gelê het terwyl op die vyand gevuur is. Die jonge Gert het vir tien weke saam met die manne in die veld gebly.62 Ook met die Tweede Anglo-Boere Oorlog het hy hom by die Wakkerstroom Boere-kommando aangesluit, maar voor hy weg is, het hy eers ‘n groot baal wol in ‘n ou, uitgeweke erdvarkgat op die plaas versteek.21,26 Hy het eers na die vrede-sluiting sy wapen neergelê,62 en het klaarblyklik daarna saam met sy ouer broer, Cornelius na Volksrustkamp vertrek, waar hulle in tent B90 gewoon het. Gert jnr. is op 31 Julie 1902 terug na Roodedraai.57 Na die oorlog kon hy die versteekte wol uit die erdvarkgat uitgehaal en verkoop, en sodoende sy familie vir ‘n rukkie onderhou terwyl hulle weer op hulle voete probeer kom het. Hierdie spesifieke erdvarkgat bestaan vandag nog.21,26 Met hul terugkeer na Roodedraai het Cecilia vir die res van haar lewe net swart klere gedra. Nadat haar een kleindogter haar op ‘n dag daarom gevra het, het sy verduidelik dat sy rou oor die sterftes in die konsentrasiekamp.62

“Oom Gert”, soos Gert jnr. later in sy lewe bekend gestaan het, was lief vir gesels. Hy het nie gewag om aan iemand voorgestel te word nie. Hy het eenvoudig blad geskud en begin met sy storie. Selfs op sy oudag het hy nog ‘n wonderlike geheue gehad en het veral staaltjies uit sy kinderjare en die Boere Oorloë in detail vertel. Hy was ook baie trots daarop dat hy sy skoolloopbaan met die Trap der Jeugd-boekie kon begin, en het die boekie byna van die begin tot die laaste bladsy uit sy kop geken. Die manier waarop die spelling gedoseer was, was vir hom die interssantste en wanneer hy daarvan vertel het, het hy met ‘n merkbare gewaarwording van tevredenheid met die ‘alfa en omega’ van alle groot woorde … cederboombladeren … geëindig. Hy het ook die gedig Amajuna ABC uit sy kop geken en het dit eendag vir sy jongste seun, Martiens, opgesê wat dit neergepen het. Volgens Oom Gert het ‘n sekere meneer Van Jaarsveld van die Lydenburgse kommando die gedig net na die Slag van Amajuba geskep.62Of Gert en Cecilia van der Merwe meer kinders gehad het wat in konsentrasiekampe oorlede is, moet nog verder ondersoek word, maar tot dusver is drie seuns wat uit hul huwelik gebore is, geïdentifiseer. Hulle was Gert Petrus (14 September 1895, Volksrust – 31 Januarie 1975, Volksrust; getroud met Catharina Magdalena McDuling, née Ackerman), Schalk Willem Albertus (*22 September 1897, ≈6 Februarie 1898, NH&GK Marthinus-Wesselstroom – ?), Willem Albertus (1907 – 15 September 1956, Roodedraai, Volksrust; getroud met Gesina Dorothea Taljaard) en Marthinus Gerhardus “Martiens” (1 Februarie 1911 – 21 April 1989; getroud met Dirkie Elizabeth Johanna Rall [6 April 1918, New Castle – 11 Mei 1996]).2,62 Martiens het Roodedraai net na die Groot Depressie van 1933 verlaat en in Natal by die Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens (SAS&H) gaan werk, eers op Dannhauser en later op Glencoe.625.5 Maria Catharina

Maria is op 21 Augustus 1872 op Roodedraai gebore en op 23 Februarie 1873 op Martinus-Wesselstroom gedoop. By haar doop teenwoordig as getuies was haar tante aan moederskant, Jacoba Elizabeth Magdalena Slabbert (1843 – 1920) en haar gade, Johannes Karel Pieter “Jan” Dekker (1836 – 1925), asook Theunis Botha en Hester Gesina van der Merwe.2,4Sy het op 18 April 1893 met Jacobus Johannes “Koot” van Dyk (30 Junie 1868, Zeerust – 23 Augustus 1929, Roodedraai) in die landdroshof te Marthinus-Wesselstroom in die huwelik getree.2,4,12,13,70  Koot was die seun van Sybrandt Johannes van Dyk (1831 – 1883) en Louisa Maria Johanna de Meyer (1834 – 1909).21,70,71

Maria was ‘n slim vrou en het dit tot haar voordeel gebruik toe die Britse troepe tydens die Tweede Anglo-Boere Oorlog by hul opstal opgedaag het. Toe ‘n nuuskierige Engelse offisier nader gestaan het, het sy die kans gebruik om ‘n kis vol voorrade te pak. Hy het elke ding bekyk wat sy ingepak het. Elke keer het hy gevra: “What’s this?” Dan het sy gesê: “Soap”. Terwyl hy dit bekyk het, het sy vier seepstene ingepak en vir hom een gegee. Dieselfde het gebeur met die vetkerse, droë perskes, appelkose, appels, asook asyn (wat sy by haar ma gekry het en van druiwe gemaak was). Sy het vir hom vertel van die koffiepitte wat sy gebrand en gemaal het, en van hoe mielies gestamp word in die stampblok. Ook het sy vir hom gewys hoe eiers in mieliemeel gepak word sodat dit nie breek nie. Dis toe dat die offisier van hom laat hoor: “No wonder it is taking us so long to defeat the Boers! In England we were told that the Boers was a barbaric nation, only now to discover that they are refined, civilised and educated people!” Maria is toegelaat om een van haar bulsakke (verematrasse) saam te neem. Sy het dit gevou en sy en haar twee kinders, Sybrand (6 jaar) en Gerrie (3 jaar) het bo-op die matras, bo-op die wa gesit, terwyl die eenjarige Maria in haar moeder se arms vasgehou is. Hulle skape en beeste is saam met haar broers s’n aangejaag Volksrust toe, maar die pluimvee is almal doodgemaak. Die huis se vloere is ook omgedolwe. Die gesin se hond, Tjalie, het verseg om agter te bly en het agter die wa aangedraf.21 Die gesin het in tent B67 in die konsentrasiekamp gewoon. Koot van Dyk het later by hulle aangesluit nadat hy die wapens neergelê het, en op 31 Julie 1902 het hulle teruggekeer na Roodedraai.57

NOTA OP VERWYSING 21:  Maria en Koot van Dyk se kleindogter, Annetjie Pretorius (née Van Dyk) se onderhoude met familielede, vriende en kennisse het ‘n uiters waardevolle boekie tot gevolg gehad, waarin ‘n versameling van kosbare familiestories, insluitend van hul wedervaringe gedurende die Tweede Anglo-Boere Oorlog, neergepen is.

Koot en Maria se oudste drie kinders, Sybrand Johannes (*20 Februarie 1894, plaas Droefheid-op-noten, distrik Wakkerstroom, ≈1 April 1894, NH&GK Marthinus-Wesselstroom, †18 Oktober 1971, Volksrust), Gerhardus Petrus “Gerrie” (*21 April 1897, ≈20 Junie 1897, NH&GK Marthinus-Wesselstroom, †26 April 1972) en Maria Catharina (*30 April 1900, ≈23 Junie 1901, Volksrustkonsentrasiekamp [deur ds. W.F. Knobel], †29 Desember 1961, Volksrust; getroud met Jan Simon Struwig [1895 – 1975]), is voor en tydens die Anglo-Boere Oorlog gebore, en die ander twee na die oorlog. Die jongste twee was Jacobus Johannes (16 Desember 1903 – 18 April 1982, Volksrust) en Cornelius Johannes (7 November 1910 – 21 September 1986, Vereeniging).21,57,70-73,79In 1921 het Maria en haar man Gedeelte D van Roodedraai uit haar moeder se boedel ontvang.18,22  Later in dieselfde jaar het Koot van Dyk ook ‘n gedeelte (100 morge) van Rusthoek, ‘n oostelike buurplaas van Roodedraai, by die eienaar Hubert Willem de Haas (sien 5.1) oorgeneem. Koot was ‘n skaapboer.18,70 Maria is dertien jaar na haar man op 2 Augustus 1942 te Volksrust oorlede.71

5.6 Martha Maria

Martha Maria “Mart” is op 31 Maart 1874 op die plaas Roodedraai gebore.2,12,13,74 Dit was die einste Mart wat saam met haar moeder die Britse soldate laat les opsê het met die ongenadige dorinkies van ongeskilde turksvye.21 Sy het later in die huwelik getree met David Frederik Kruger (1876 – 1951), seun van Piet Kruger (1852 – 1900). Hulle het op Gedeelte G van Roodedraai gewoon en geboer,18,22,74-76 en was my groot-grootouers (ouma- en oupagrootjie). LEES MEER oor Mart van der Merwe en haar man, David Kruger.

5.7 Marthinus Gerhardus

“Martiens”, soos Marthinus Gerhardus bekend gestaan het, is op 17 Oktober 1875 gebore en te Martinus-Wesselstroom gedoop op 12 Maart 1876. By sy doop teenwoordig as getuies was sy tante en aangetroude oom, Jacoba Elizabeth Magdalena Slabbert en Johannes Karel Pieter “Jan” Dekker, asook sy weduwee-tante aan moederskant, Gertina Petronella de Meijer (née Slabbert) (1847 – 1896).2,4,12,13,77

Gedurende die Tweede Anglo-Boere Oorlog, terwyl hy as 25-jarige jongman op kommando was, het hy somtyds in die somer van 1899 in die nag kom ploeg en plant. Sy wa, wat eintlik aan sy broer Jacob behoort het, het hy mooi uitmekaar gehaal en in een van die kuile van die Kliprivier versteek. Ook was die meulsteen van die ou watermeule verwyder en versteek langs die rivieroewer tot na die oorlog.21,43 Na die oorlog beëindig is, het hy saam met sy jonger broers, Hendrik en Barend na Volksrust-konsentrasiekamp gegaan – waarskynlik nadat hulle wapens neergelê het – en het hulle vandaar af in Julie 1902 na Roodedraai teruggekeer.57

Martiens het gewoon en geboer op Gedeelte J van Roodedraai, waarvan die akte op 17 Augustus 1921 vanuit sy moeder se boedel aan hom oorgedra is.18,22 Hy is op 28-jarige ouderdom op 21 Januarie 1903 te Volksrust getroud met Christiaan Ernst Cecilia “Zoilia” Fourie (21 Januarie 1884 – ?), dogter van Christiaan Ernst Fourie (1864, Winburg – 2 November 1884, Kleinfontyn, Wakkerstroom) en Isabella Cornelia Labuschagne (28 September 1858, Ladysmith – 25 Desember 1896, Wakkerstroom).2,78-80 Uit Martiens en Zoilia se huwelik is twee seuns en ‘n dogter gebore. Hulle was Gert Petrus (*19 September 1904, ≈8 Januarie 1905, NHofGK Wakkerstroom, vermoedelik jonk dood), Gerhardus Petrus (22 Augustus 1905 – 6 Februarie 1989, Krugersdorp), Isabella Cornelia (1 Maart 1908 – 20 Julie 1991, Germiston; getroud met Willem Frederik Johannes Jacobus Kunz) en Christiaan Ernst Fourie (17 Januarie 1911, Wakkerstroom – 13 Desember 1973, Johannesburg).80-82 Martiens is op 14 September 1940 op die ouderdom van 64 jaar en 11 maande op Roodedraai oorlede. Na sy dood het Martiens se weduwee die grond vir 600 pond verkoop, maar het lewensvruggebruik daarop behou.79,805.8 Jacob Abraham Johannes

Hy is op 12 Julie 1877 gebore.2,4,12,13 Jacob en sy broer, Martiens was baie na aan mekaar, soos die spreekwoordelike Bybelse David en Jonathan. Hy was ook sy suster, Mart se gunsteling broer.21

Die ongetroude Jacob het op 23-jarige ouderom op 24 Junie 1901 gesneuwel gedurende die Tweede Anglo-Boere Oorlog tydens ‘n skermutseling met die Engelse tussen Amersfoort en Volksrust (naby die plaas Witkopje [Witkoppies 81 HS], net suid van die huidige Majuba Kragsentrale).2,19,49 Sy naam verskyn op die Volksrust Gedenksteen. Hierdie monument is oorspronklik in 1918 in die ou begraafplaas opgerig ter nagedagtenis van die onskuldige slagoffers (die Boere vroue en kinders) wat in die Volksrust konsentrasiekamp omgekom. Dit is egter in 1976 verskuif na Voortrekkerplein, waartydens ook ‘n Muur van Herinnering opgerig wat die slagoffers se name lys, asook ‘n gedenksteen vir burgers van die omgewing wat gesneuwel het tydens die oorlog.34 Jacob se naam verskyn ook op die gedenksteen op Wakkerstroom wat opgerig is ter ere van gesneuweldes van die Wakkerstroomkommando.83 Op beide hierdie gedenkstene verskyn ook die naam van Piet Kruger, wat op 10 Junie 1900 gesneuwel het. Hy het Jakob se suster, Mart, se wyle skoonvader geword toe sy met David Kruger in die huwelik getree het (sien 5.6).34,74,75,83

5.9 Hendrik

Hendrik is gebore op 30 November 1878 en het as 23-jarige jongman saam met sy broers aan die Tweede Anglo-Boere Oorlog deelgeneem.2,4,12,13,57 Hy was getroud met Elizabeth Francina Kruger (1889 – ?). Sy was die dogter van David Frederick Kruger (1856 – ?) en Elizabeth Francina Eksteen (1856 – 1891), en was ook die niggie van Hendrik se swaer, David Frederick Kruger (1877 – 1951), wat met Hendrik se ouer suster Mart getroud was.2,50,75,84

Hendrik van der Merwe is egter op die ouderdom van 29 jaar en 10 maande op 29 Oktober 1908 oorlede. Ten tye van Hendrik se dood aan’t huis op Roodedraai het hy en sy 19-jarige vrou egter nog geen kinders saam gehad nie. Sewe maande later op 2 Mei 1909 het sy weduwee as getuie opgetree by die doop van haar kleinniggie Anna Elizabeth Kruger (1909 – 1918) wat plaasgevind het in die NH&GK Wakkerstroom.2,50,84Hoewel Hendrik ‘n aandeel in die plaas Roodedraai gehad het, was die plaas egter nog in sy weduwee-moeder se naam geregistreer.50 Dertien jaar later in 1921 was daar geen erfporsie vir Hendrik se weduwee in sy moeder se boedel gespesifiseer is nie,18 waarskynlik omdat sy reeds weer getroud was met iemand buite die Van der Merwe familie en nie meer op Roodedraai gewoon het nie.

5.10 Barend Jacobus

Hy is op 12 November 1880 gebore en oorlede op 2 September 1915 op die ouderdom van 34 jaar en 10 maande. Hy was getroud met Magdalena Maria Koch (1884 – ?), dogter van Johan Daniel Koch (1 Februarie 1830 – 19 Oktober 1890) en Gertina Stoffelina Schoeman (1 Januarie 1849 – 18 Maart 1922).2,4,12,13,51,85 Barend het hoofsaaklik met mielies, skape en boerbokke geboer, maar het ook ‘n paar beeste en 14 trekosse aangehou. Na ‘n besoek aan die Laeveld in laat Augustus 1915, oppad terug, het hy begin siek word en is langs die hoofpad na aan Volksrust oorlede.51 Hy lê begrawe op sy geboorteplaas.14 Sy twee minderjarige dogters Gertina Stoffelina (*17 Mei 1908, ≈13 September 1908, NG&HK Wakkerstroom, †14 Julie 1968) en Maria Catrina (*5 Februarie 1910, ≈8 Mei 1910, NG&HK Wakkerstroom, †4 Julie 1981, Piet Retief) het sy gedeelte van Roodedraai (Gedeelte H) in 1821 geërf.2,18,51,86,87 Sy dogter, Gertina is later getroud met Jacobus Johannes Hermanus Uys jnr. (10 Julie 1910, plaas Roodedraai – 28 Junie 1981), ‘n agter-agterkleinneef van die Voortrekkerleier Petrus Lafras “Piet” Uys (1797 – 1838) en kleinneef van Susanna Barbara Magdalena Uys (sien 5.1).60,88Gertina se skoonvader, Jacobus Johannes Hermanus Uys snr. (22 April 1869 – 27 September 1934) het op die plase Mooifontein en Kromelnboog/Krommellenboog in die Volksrust omgewing geboer, maar sy seun se geboorteplek word as Roodedraai aangedui. Uys snr. is op 65-jarige ouderdom oorlede en lê op Roodedraai begrawe. Hy was die neef van Petrus Gerhardus Uys (10 Desember 1856, Heidelberg, Britse Kaapkolonie – 3 Oktober 1939, Amersfoort, Transvaal) wat op ‘n stadium ook op ‘n gedeelte van Roodedraai geboer het.14,60,89,90

Die Uys en Van der Merwe families het aangegroei vanuit die oorspronklike Voortrekker-gesinne en het later wyd verspreid in die omgewing van Amersfoort, Volksrust en Wakkerstroom gewoon. Met tyd het ook ‘n hele paar huwelike tussen Uys en Van der Merwe naamdraers plaasgevind.2,60 Dit is egter nie algemeen bekend dat die hoogs-aansteeklike siektetoestand, melaatsheid, baie hartseer onder hierdie families, veral dié woonagtig in die huidige Amersfoort omgewing, veroorsaak het nie. Melaatsheid, ‘n bakteriologiese infeksie, was tot en met die 1940’s onbehandelbaar en dus ongeneeslik. Dit was ook geassosieer met enorme sosiale stigma en skande, soveel so dat geïnfekteerde indiwidue deur hul families verstoot is, uit die samelewing verwyder is, in streng-bewaakte melaatsheidsfasiliteite soos die Pretoria Melaatse Insituut (Pretoria Leper Asylum) geïsoleer is, meesal daar ‘vergeet’ is asof hulle nie vir hul families bestaan het nie en uiteindelik ‘n eensame, aftakelende dood temoetgegaan het.91-93 Jacobus Johannes Hermanus Uys snr. se eie agterkleinniggie, Dina Magrietha van der Merwe (1887 – 1915) het die siekte opgedoen, asook van haar oupa, Johannes Gerhardus Uys (1837 – 1921), haar oom, Jacobus Johannes Rudolph van der Merwe (1857 – 1914) en haar neefs en niggies, Aletta Elizabeth van der Merwe (1893 – 1913), Johannes Francois van der Merwe (1896 – ?), Georg Diederik Bezuidenhout jnr., seun van George Diederick Bezuidenhou snr. (1866 – 1948) en Susanna Catharina Uys van die plaas Pietzyndrift no. 17 (nou no. 476 IT), noord van Amersfoort in die distrik Wakkerstroom, asook Magdalena Maria Bezuidenhout (‘oorlede’ teen 1922), dogter van George Diederick Bezuidenhout (1848 – 1922) en Magdalena Maria Van Deventer van die plaas Sterkfontein, suid van Amersfoort.2,60,94,955.11 Jacobus Johannes

Hy is op 14 Desember 1882 gebore.2,4,14 Jacobus het as 18-jarige saam met sy broers in die Boere-Oorlog geveg. Soos hyself, het al sy broers uiteindelik almal oorgegee en die Eed van Getrouheid aan die Britse Kroon afgelê. Nie een van hulle is dus in die oorsese gevangeniskampe beland nie. Jacobus het op 18 Augustus 1902 na Roodedraai teruggekeer.57

Jacobus is in die magistraatskantoor op Volksrust op 14 Januarie 1908 getroud met die 23-jarige Susanna Hermina Swart wat gebore is op 14 September 1884, Smithfield, OVS. Sy is op 73-jarige ouderdom in Volksrust Hospitaal op 21 Augustus 1958 oorlede, drie jaar na haar man wat op 27 September 1955 op die ouderdom van 72 jaar in Johannesburg Algemene Hospitaal, Johannesburg gesterf het.2,4,14,96 Beide lê op Roodedraai begrawe.2,14

Jacobus van der Merwe het op die oorblywende, noord-westelike gedeelte van Roodedraai geboer. Sy gedeelte het ook ‘n addisionele 27 morge langs die Kliprivier ingesluit, wat uitsluitlik vir uitspanning gebruik moes word.18,22 Wat met hierdie ‘uitspanning’ bedoel is, is nie bekend vanuit die boedel-inskripsie nie, maar het moontlik verwys na die gedeelte van Roodedraai wat vir moeë reisigers beskikbaar gemaak was waar hulle kon uitkamp en oornag oppad na Wakkerstroom of Volkrust, en waar die omgewing se mense latere jare bymekaar gekom het vir geleenthede soos Geloftedagfeeste.

Die egpaar het een dogter gehad naamlik Dina Maria Elizabeth (28 Oktober 1908 – 26 Februarie 1992), wat op 20 Desember 1927 te Volksrust met Dietloff Jacobus van der Merwe (18 Desember 1907 – 22 Augustus 1986, Volksrust) van die plaas Platina, Standerton-omgewing getroud is.2,97,98  HIER KORT MEER KINDERS

 

SPESIALE VERMELDING

VERWYSING 62: Duisende dankies aan Cecile du Toit en Kobie van Tonder, kleindogter en agterkleindogter van Gert en Cecilia van der Merwe, wat dokumente en foto’s asook staaltjies en die kosbare Amajuba ABC-gedig aan my beskikbaar gestel het vir publikasie op hierdie webwerf. Name op papier het verlewendig tot dierbare voorsate wie se nagedagtenis ons eer.

 

ONGEKOPPELDE GRAFTE OP ROODEDRAAI

G.J. van der Merwe (10 Julie 1903 – 9 Februarie 1914)
Maria C. “Marie” van der Merwe (25 Oktober 1917 – 31 Januarie 1923)
J.J. van der Merwe (13 Januarie 1918 – 3 Augustus 1919)
Maria Catharina vdm 17 Desember 1923 – 1 Julie 1940
?? Lotter (23 Julie ?? – 24 ?? 1886)

< BACK

  1. Sterfkennis en testament van Cornelis Johannes van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG O/713, 1877
  2. Melville, J. 2005 Stamboom van die Van der Merwe Familie. 1ste Ed. Genealogiese Publikasies: Walmer
  3. Doopinskrywing van Gerhardus Petrus van der Merwe. South Africa, Free State Dutch Reformed Church Records, 1848-1956, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C953-QJNN?cc=1910846&wc=39ZJ-N35%3A183083201%2C1301774502%2C1559163301 : 4 November 2016), Free State > Winburg > Christenings 1842-1871 > image 42 of 400; Dutch Reformed Church Synod Centre, Bloemfontein
  4. Cornelis Johannes van der Merwe. https://www.geni.com/people/Cornelis-Johannes-van-der-Merwe/6000
  5. Sterfkennis en testament van Aletta Susanna van der Merwe (née Engelbrecht). National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG O/213A, 1871
  6. Visagie, J.C. 2011 Voortrekkerstamouers, 1835-1845. 2de Ed. Protea Boekhuis: Pretoria
  7. Winburg. https://en.wikipedia.org/wiki/Winburg
  8. Republiek van Winburg-Potchefstroom. https://af.wikipedia.org/wiki/Republiek_Winburg-Potchefstroom
  9. Gilliomee, H. & Mbenga, B. 2007 Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad
  10. Illustrated history of South Africa. The real story. 1989 2nd Ed. Reader’s Digest Association South Africa (Pty) Ltd.: Cape Town
  11. Binckes, R. 2013. The Great Trek uncut. 1ste Ed. 30º South Publishers: Pinetown
  12. Sterfkennis, testament en boedel van Gerhardus Petrus van der Merwe. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:QLQ7-5VG6 : 17 March 2018), Gerhardus Petrus van der Merwe, 1889; citing Probate, Wakkerstroom, Transvaal, South Africa, Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa; FHL microfilm 1,367,051.
  13. Sterfkennis, testament en boedel van Gerhardus Petrus van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG O/4774, 1889
  14. Van der Merwe grafte. Familiekerkhof te Roodedraai, Distrik Volksrust, Mpumalanga. Besoek aan die plaas Roodedraai op 1 September 2018 deur Alta Jamison en Charles Saad (Van der Merwe nasate)
  15. Kroonstad. https://en.wikipedia.org/wiki/Kroonstad
  16. NG gemeentes Winburg, Wakkerstroom en Volksrust. Gemeentegeskiedenisargief. ‘n Oorsig van die geskiedenis van die NG Kerk, sy gemeentes en predikante. https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-winburg/
  17. Daniel Lindley. https://af.wikipedia.org/wiki/Daniel_Lindley
  18. Transportrekords van Plaas Roodedraai (ZAR nr. 264; Transvaal nr. 64). Akte van Transport Nrs. 8351-8359/1921. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB RAK 3054
  19. National Geo-Spatial Information, 1:50 000 Rasters. January 2015. Department of Rural Development and Land Reform, Republic of South Africa. CD-publication
  20. Kaart van Transvaal Provinsie, Unie van Suid-Africa. Kantoor van die Landmeter-Generaal, Pretoria, 1931. Leeskamer. National Archives & Repository Service of South Africa
  21. Pretorius, A. 2000 Van Huis-en-Haard na Konsentrasiekamp. DV Drukkers: Volksrust, Mpumalanga
  22. Sterfkennis en boedel van Maria Catharina (Slabbert) van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 43296/20, 1920
  23. Doopinskrywing van Maria Catharina Slabbert. South Africa, Free State Dutch Reformed Church Records, 1848-1956, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C953-QJ7V?cc=1910846&wc=39ZJ-N35%3A183083201%2C1301774502%2C1559163301 : 4 November 2016), Free State > Winburg > Christenings 1842-1871 > image 104 of 400; Dutch Reformed Church Synod Centre, Bloemfontein
  24. Johannes Christiaan (de Clercq) de Klerk (1809). https://www.wikitree.com/wiki/De_Clercq-79
  25. Adam Tas se dagboek
  26. Van der Westhuizen, G.P. & Van der Westhuizen, E. 2013 Guide to the Anglo Boer War in the Eastern Transvaal, 1899 – 1902. 2de Ed. David Scholtz: Volksrust
  27. Raath, A.W.G. 2007 De la Rey: Die stryd vir vryheid. 2de Ed. Kraal-Uitgewers BK: Brandford, Suid-Afrika
  28. Oorlogsvergoedingseis van Cornelis Johannes van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB CJC 1192/884, 1903
  29. Oorlogsvergoedingseis van Johannes Jacobus Tobias Frederik de Lange. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB CJC 1191/850, 1903
  30. Creswicke, L. 1900 South Africa and the Transvaal War. Vol 6, Chapter 2. https://www.angloboerwar.com/books/113-south-africa-and-the-transvaal-war/2170-creswicke-volume-vi
  31. Kirkpatrick, Hedley John. https://angloboerwar.com/index.php/medals-and-awards/british/1884-distinguished-service-order?option=com_grid&gid=22_uw_0&p=29
  32. Grobler, J. & Grobler, M. 2013 Vroue-Kampjoernaal. Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog. 1ste Ed. Heroloda Wordworx: Brooklyn, Pretoria.
  33. Moolman, N. 2013 Zij. 1ste Ed. Shanghai Kangshi Printing Co. Ltd: Vanderbijlpark.
  34. Volksrust Konsentrasiekamp gedenksteen en Muur van Herinnering. Volksrust, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
  35. Wakkerstroom. http://www.wakkerstroom.co.za/history/
  36. Wakkerstroom. The jewel of Mpumalanga. http://www.wakkerstroom.co.za/
  37. NG gemeente Wakkerstroom. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Wakkerstroom
  38. Van der Watt, P.B. 1989. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-1905. NG Kerkboekhandel 1988 (Edms) Bpk : Pretoria
  39. Hanekom, T.N., red. 1952. Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk. ’n Gedenkboek by ons derde eeufees 1952. Kaapstad : NG Kerk-uitgewers
  40. Heese, H.F. 1985 Groep sonder grense. Die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap. Instituut van Geskiedkundige Navorsing: Universiteit van Wes-Kaap. (Kaart van ZAR distrikte, 1877 – 1881)
  41. Volksrust. https://en.wikipedia.org/wiki/Volksrust
  42. Van Jaarsveld, F.A., Van Rensburg, A.P.J. & Stals, W.A. 1980 Die Eerste Vryheidsoorlog. Van verset en geweld tot skikking deur onderhandeling 1877 – 1884. 1ste Ed. Haum Uitgewers: Pretoria
  43. Onderhoud op 21 Junie 2014 met Gert van der Westhuizen. Roodedraai Museum, plaas Roodedraai, Volksrust, Mpumalanga
  44. Van der Westhuizen, G. 29 Augustus 1998. Roodedraai erfenis sny aan by Vryheidsoorlog en verhoogkuns. Die Burger Koerant. http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1998/08/29/3/13.html
  45. Paul Kruger. https://en.wikipedia.org/wiki/Paul_Kruger
  46. Foto’s van Kliprivier en watermeule. Foto-album van Chris Kruger (1940 – 2009), agterkleinseun van Gert en Mieta van der Merwe
  47. First Boer War. https://en.wikipedia.org/wiki/First_Boer_War
  48. Battle of Majuba Hill. https://en.wikipedia.org/wiki/Battle_of_Majuba_Hill
  49. The Battle of Majuba. Battlefields Route Kwazulu Natal. http://www.battlefieldsroute.co.za/place/the-battle-of-majuba/
  50. Emery, F. 1981. Soldiers’ letters from the First Anglo-Boer War, 1880 – 1881. Natalis, Vol 11, p 16-26. http://www.natalia.org.za/Files/11/Natalia%20v11%20article%20p16-26%20C.pdf
  51. McCallum G.L. 12 Mei 2014. O’Neil’s Cottage. https://grahamlesliemccallum.wordpress.com/2014/05/12/oneils-cottage/
  52. Sterfkennis en boedel van Jacob Abraham Johannes van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 2466, 1901
  53. Sterfkennis, testament en boedel van Hendrik van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 12847, 1908
  54. Sterfkennis en boedel van Barend Jacobus van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 27148, 1915
  55. Sterfkennis, testament en boedel van Johanna Hendrina (Van der Merwe) Oosthuizen. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 63570/27, 1927
  56. Doopinskrywing van Johanna Hendrina van der Merwe. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9PJ-1?i=570&cat=539146
  57. Huweliksinskrywing van Johanna van der Merwe en en Johannes Stephanus van der Merwe. Civil registration (marriages), Wakkerstroom (Transvaal), 1873-1965.
  58. Sterfte-registrasie van Johannes Stephanus van der Merwe. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91Q-6947-B?cc=2721608&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQG6P-DKZN
  59. Doodsertifikaat van Martina Elsje Johanna Koch. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-D4SB?i=581&wc=Q6NX-RBD%3A1590242342&cc=2520237
  60. Sterfkennis, testament en boedel van Jacobus Oosthuizen. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 19127/11, 1911
  61. Volksrust konsentrasiekamp inwoners van die plaas Roodedraai/Rooidraai in distrik Wakkerstroom. British Concentration Camps of the South African War, 1900 – 1902. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Farm/35239/Rooidraai/
  62. Oorlogsvergoedingseis van Johanna Hendrina Oosthuizen. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB CJC 1193/922, 1903
  63. Huweliksinskrywing van Johanna van der Merwe en en Jacobus Oosthuizen. Civil registration (marriages), Standerton (Transvaal), 1879-1965. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-WT6V?i=301&cat=719910
  64. Jacobus Oosthuizen se kleinkinders. Deaths in Concentration Camps. British Concentration Camps of the South African War, 1900 – 1902. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Persons
  65. De Villiers, J.F.K. 2014 Uys familie. Hersamestelling van die Uys Register van 1984 met aanvullings en indeks. http://www.genza.org.za/index.php/af/compendium/family-registers/367-die-uys-familie-deur-jfk-de-villiers/file
  66. Graf van Ferdinand J. Viljoen en Susanna B.M. Uys, Ou Begraafplaas, Volksrust, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/
  67. Doopinskrywing van Cornelis Johannes van der Merwe. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9P6-9?i=580&cat=539146
  68. Inligting, dokumente en foto’s ontvang op 17 November 2020 van Kobie van Tonder van Nelspruit, kleindogter van Marthinus en Dirkie van der Merwe
  69. Huweliksinskrywing van Cornelis van der Merwe en Catharina van der Schÿff. Civil registration (marriages), Wakkerstroom (Transvaal), 1873-1965. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-NSLM-Z?cat=719911
  70. Sterfkennis, testament, boedel en doopseëls van kinders van Cornelis Johannes van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 23547/14, 1914
  71. Van Zyl, A. 30 September 2016. JC Krogh – The maker of peace? Zoutpansberger Newspaper (online). https://www.zoutpansberger.co.za/articles/history_streets/39410/2016-10-28/jc-krogh-a-the-maker-of-peace
  72. Landman-Reid, R. 2013 (hersien). Veldpond. The true facts. Pilgrim’s Rest 1902. http://www.veldpond.co.za/
  73. Pakenham, T. 1993 The Boer War. Illustrated Edition. Jonathan Ball Publishers: Johannesburg, South Africa
  74. Hardijzer, C. 29 June 2017. “Presumably a criminal is not always a criminal” – Wakkerstroom’s photographic artist Maximillian Alfred Daubert (1865 – 1951). (Wakkerstroom Postcard). My Heritage Portal. http://www.theheritageportal.co.za/article/presumably-criminal-not-always-criminal-wakkerstrooms-photographic-artist-maximillian
  75. Geboorte- en sterfdatum van Gerhardus Petrus van der Merwe, Lucas Johannes van der Merwe, Anna Cornelia Sophia Margaritha van der Merwe en Jan Hendrik van der Schyff van der Merwe. https://www.identitynumber.org/
  76. Sterfkennis en boedel van Johannes Jacobus Tobias Frederik de Lange. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 84231/34, 1934
  77. Huweliksinskrywing van Aletta Susanna van der Merwe en Jan de Lange. Civil registration (marriages), Wakkerstroom (Transvaal), 1873-1965. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-NSL6-Z?i=380&cat=719911
  78. Christiaan de Wet. https://en.wikipedia.org/wiki/Christiaan_de_Wet
  79. Doopinskrywings van Aletta de Lange en Maria Catharina van Dyk se kinders. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/search/catalog/539146
  80. Doopinskrywing van Gerhardus Petrus de Lange. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z958-R?i=282&cat=539146
  81. Doopinskrywing van Johannes Jacobus Tobias Frederick jnr. de Lange. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z95W-F?i=323&cat=539146
  82. Doopinskrywing van Cornelius Johannes de Lange. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z95H-C?i=373&cat=539146
  83. Property details: Roodedraai farm no 129, portion 6/7. Deeds Registration System, Deeds Office, Department of Rural Development and Land Reform, Pretoria.
  84. Huweliksinskrywing van Gerhardus van der Merwe en Cecilia de Meyer. South Africa, Transvaal, Civil Marriages, 1870-1930, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91V-F3L3-F?cc=2727134 : 27 September 2019), > image 1 of 1; Citing NARS “Civil registration (marriages – coloureds), Transvaal and Swaziland, 1898-1927.” The National Archives and Records Service of South Africa, Pretoria
  85. Smidswerk. Ghanzi Geskiedenis. Saambou vir onthou. https://ghanzigesk.wixsite.com/ghanzi/smidswerk
  86. Sterfkennis en boedel van Jacobus Johannes van Dyk. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 70002, 1929
  87. Stamboom van die Van Dyks van Suid-Afrika. https://www.vandykregister.com/getperson.php?personID=I6589&tree=vandyk
  88. Van Dyk grafte. Ou Begraafplaas, Volksrust, Mpumalanga. https://graves-at-eggsa.org
  89. Geboorte- en sterfdatum van Cornelius Johannes van Dyk (1910 – 1956). https://www.identitynumber.org/
  90. Doodsertifikaat, sterfkennis en boedel van Martha Maria van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 1254/56, 1956
  91. Kruger, B. 2007 Die Kruger-familie van Suider-Afrika. 1ste Ed. CD-publikasie.
  92. Sterfkennis en testament van Piet Kruger. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 1843, 1902
  93. Doopinskrywing van Marthinus Gerhardus van der Merwe. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9R4-7?i=633&cat=539146
  94. Huweliksinskrywing van Marthinus van der Merwe en en Christiaan Fourie. Civil registration (marriages), Standerton (Transvaal), 1879-1965. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-WTZP?i=296&cat=719910
  95. Sterfkennis en boedel van Marthinus Gerhardus van der Merwe. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 3287/40, 1940
  96. Christiaan Ernst Cecilia van der Merwe. https://www.geni.com/people/Christiaan-Ernst-Cecilia-van-der-Merwe/6000000057331959926
  97. Geboorte- en sterfdatum van Gerhardus Petrus van der Merwe en Isabella Cornelia van der Merwe. https://www.identitynumber.org/
  98. Rudolph Gerhardus Erasmus, g2. https://www.geni.com/people/Rudolph-Erasmus-g2/6000000024905509520
  99. Burgermonument Wakkerstroomkommando. Wakkerstroom, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
  100. Doopinskrywing van Anna Elizabeth Kruger. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9P5-9?i=467&cat=539146
  101. Johan Daniel Koch (1830 – 1890). http://www.familiebande.co.za/tng/getperson.php?personID=I1470&tree=lcjoubert
  102. Gertina Stoffelina (Schoeman) Kock (1849 – 1922). https://www.wikitree.com/wiki/Schoeman-1344
  103. Geboorte- en sterfdatum van Maria Catrina van der Merwe. https://www.identitynumber.org/
  104. Cornelis Janse Uys. https://www.geni.com/people/Cornelis-Janse-C3-b1c5/6000000042207480035
  105. Petrus Johannes (Piet Jes) Uys. https://www.geni.com/people/Petrus-Johannes-Uys-F131-b1c5d8e1f2/6000000001040606466
  106. Graf van Petrus Gerhardus Uys, Ou Begraafplaas, Amersfoort, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/
  107. Els, C.J.J. 2018 Die verstotelinge. Geneologiese Genootskap van Suid-Afrika. Familia 55(2), bl 56 – 81
  108. What is leprosy? World Health Organisation. https://www.who.int/lep/disease/en/
  109. West Ford Leper Hospital, Pretoria. https://www.flickr.com/photos/43066879@N06/albums/72157633119200226/
  110. Sterfkennis en boedel van George Diederick Bezuidenhout. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 5312/48, 1948
  111. Sterfkennis en boedel van George Diederick Bezuidenhout. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 48091/22, 1922
  112. Huweliksinskrywing van Jacobus Johannes van der Merwe. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91J-B79H-W?cc=2727134
  113. Geboorte-, huweliks- en sterfdatum van Dina Maria van der Merwe en Dietloff Jacobus van der Merwe. https://www.identitynumber.org/
  114. Huweliksinskrywing van Dina Maria Elizabeth van der Merwe. https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:QP7P-N8DR

Huweliksinskrywing van Maria Catharina van der Merwe en Sybrand van Dyk. Civil registration (marriages), Wakkerstroom (Transvaal), 1873-1965. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-NSL3-M?cat=719911

 

 

 

 

  1. Doopinskrywing van Maria Catharina van der Merwe. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9PC-8?i=611&cat=539146

< BACK