Coetzer: Vroegste rekords van die familienaam

Familiename het hoofsaaklik gedurende die 15de tot 17de eeu tydens die Middeleeue ontwikkel toe regerende konings die staatskis aangevul het deur die sistematiese en gestruktureerde sensus- en belastingsopnames van hul landsburgers, veral die adellikes en grondeienaars. Die gebruik van vanne het later met tyd ook na die laer klasse uitgebrei.1

Die familienaam Kutzer is die eerste keer in antieke dokumente van die Heilige Romeinse Ryk in 1482 aangeteken, toe Niclas and Wilhelm Kutzer van München (Munich) as burgers van Bavaria geregistreer het. Die jong Kutzer-familie het ‘n kritieke rol in die vroeëre geskiedenis van die streek gespeel, en het ‘n groot bydrae tot die middeleeuse Bavariese gemeenskap gemaak.2 Op daardie stadium het Duitsland uit meer as 200 onafhanklike soewereine state, onder meer koningkryke, hertogdomme, prinsdomme, graafskappe en vry stede bestaan, elk met sy eie staatsbestuur, regssisteem en geldeenheid.3,4

< BACK

  1. Surname. https://en.wikipedia.org/wiki/Surname
  2. Kutzer history, family crest & coat of arms. https://www.houseofnames.com/kutzer-family-crest
  3. Holy Roman Empire. https://en.wikipedia.org/wiki/Holy_Roman_Empire
  4. Germany in the early modern period. https://en.wikipedia.org/wiki/Germany_in_the_early_modern_period