Munnik: Vroegste rekords van die familienaam
Hoewel heelwat rekords van naamdraers met variante van die familienaam in antieke Anglo-Sakson dokumente gevind word,1 kon bykans geen inligting oor Germaanse naamdraers opgespoor word nie. Sentraal-Europa was na die val van die Romeinse Ryk tot met die aanvang van die Europese Unie ‘n maalkolk van politieke onstabiliteit en oorloë, sowel as bittere godsdienstige vetes en onmenslike tragedies. Hierdie intense konflikte het dikwels tot die vernietiging van kosbare dokumente, artifakte en argitektuur bygedra.2,3
Die vroegste rekord van die familienaam is díe van Aylric Munec in ca 1045, in die Anglo-Saxon Wills Register.1 Dit was gedurende die regeringstydperk van Koning Edward (ca 1003 – 5 Januarie 1066) van Engeland wat vanaf 1042 tot 1066 op die troon was.1,4 William le Monek kom in 1273 voor in die Hundred Rolls. Peter le Monek is aangeteken in 1300 in The writs of Parliament vir die jare 1296 – 1300 en Johannes Mounke in die Yorkshire Poll Tax Records van 1379.1,5
Die familienaam Munnik en variasies daarvan is wêreldwyd nie ‘n algemene van nie. Dit sluit Duitsland – waar ons Munnik-stamvader oorspronklik vandaan gekom het – in. In Suid-Afrika kom dit voor teen ‘n frekwensie van 1:24 165, gevolg deur Nederland met 1:20 145.6
- Last name: Monk. http://www.surnamedb.com/Surname/Monk
- History, Europe in detail. https://www.lonelyplanet.com/europe/background/history/a/nar/da4cd393-5109-4633-9127-1e954237deb9/358537
- Policy and diplomacy. The state of European politics. https://www.britannica.com/topic/history-of-Europe/Politics-and-diplomacy
- Edward the Confessor. https://en.wikipedia.org/wiki/Edward_the_Confessor
- Monk. https://forebears.io/surnames/monk#meaning
- Munnik. https://forebears.io/surnames/munnik