Jacob Cloete Munnik (1875 – 1956)
1. Sy kinderjare
Op ‘n herfsdag in Bloemfontein distrik in die Republiek van Oranje-Vrystaat [OVS] (nou Vrystaat provinsie) het Jacob Cloete “Jaap” Munnik die wêreld binne gekom. Hy is op 13 Maart 1875 gebore as die tweede seun (derde kind) van Schalk Willem Munnik (1840 – 1917) en Martha Johanna Cloete (1853 – 1888). Jaap het vier broers en drie susters gehad.1-3
Dis nie bekend wanneer Jaap Munnik die OVS verlaat en verhuis het na die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) nie, maar met die uitbreek van die Tweede Anglo-Boere Oorlog in 1899 was hy as 24-jarige reeds saam met sy ouers woonagtig op die plaas Uitgevallen (ZAR plaasno 109, Transvaal no 134 IT), net 15 km noord van die Hoëveldse dorpie, genaamd Ermelo.4,5 Waar die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) die kerklike denominasie was waaraan die meeste Afrikaners in die OVS behoort het, het die Munnik-gesin in die ZAR lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK) geword, wat in 1860 as die Staatskerk van die ZAR verklaar is. Die NHK het egter in 1885 saamgesmelt met die Transvaalse NGK om die Verenigde Kerk, ook bekend as die Nederduitsch Hervormde of [Nederduits] Gereformeerde Kerk (NHofGK) te vorm. Gedurende daardie tyd kon gemeentes wel self besluit of hulle ‘n meer Hervormde of ‘n meer Gereformeerde benadering wou handhaaf. Hierdie kunsmatige vereniging het gemoedere onder vele gemeentelede hoog laat loop en dit was dus van korte duur. Na sewe jaar, in 1892, het die NHK weer afgestig. Die NGK in die ZAR het egter na die afsplitsing as die NHofGK bly voortbestaan tot en met 1957 toe die naam amptelik terug verander is na NGK, soos dit ook in die Kaap, Natal en Oranje-Vrystaat bekend gestaan het. Eers in 1962 het die onafhanklike NGK Sinodes in die vier provinsies van die nuwe Republiek van Suid-Afrika onder die bestuur van ‘n Algemene Sinode verening.6-13
2. Sy vrou
Jaap is op 29 Maart 1904 op Ermelo deur ds. Pieter Willem Ennis (1855 – 1932) van die NH&GK Ermelo (nou NGK Ermelo Moedergemeente) in die huwelik bevestig met die weduwee Magrietha Cornelia “Grieta” Swart (née Meyer).1,12-15 Sy is op 8 April 1878 op die plaas Rietfontein in Pretoria distrik in die ZAR gebore, en was die dogter van Esaias Engelbertus Meyer (1857 – 1941) en Christina Louisa Margaretha Lewis (1862 – 1948) wat ten tye van hul dogter se huwelik op die plaas Gemsbokheuwel (ZAR nr. 282, Transvaal nr. 87 IT) in Ermelo distrik gewoon het. Hulle het later in die 1930’s na die plaas Florence (ZAR nr. 174, Transvaal nr. 95 IT) verhuis.15-18 Ten tye van hul huwelik was Jaap nog woonagtig op die plaas Uitgevallen,15 maar in ongeveer 1908 het hulle verhuis na die plaas Lake Banagher (ZAR nr. 181, Transvaal nr. 102 IT) suid-oos van die dorpie Chrissiesmeer (voorheen Lake Chrissie). Die aangrensende plase Lake Banagher en Knockdhu (ZAR nr. 178, Transvaal nr. 93 IT) het reeds onderskeidelik vanaf 1888 en 1889 aan Schalk Willem Jacobus Meyer snr. (14 November 1855 – 27 Februarie 1918) behoort, hoewel gedeeltes met tyd aan van sy kinders oorgedra is. Schalk Meyer was Magrieta se oom en haar vader se broer.5,18-24 Jaap se attestate is op 24 Januarie 1909 vanaf NH&GK Ermelo na NHK Chrissiesmeer(-Ermelo) oorgedra en die Munnik-gesin het daar lidmate gebly tot teen die middel 1930’s.20,22,23 Teen die middel 1930’s het hulle egter weer verhuis na Breyten, ‘n spoorwegdorpie. Grieta was ‘n ervare vroedvrou wat verwagtende moeders in die omliggende gemeenskap bedien het, en het selfs van haar eie kleinkinders in die wêreld help bring.19,2
Uit Grieta se eerste huwelik met Johannes Zacharias Swart snr. (ca Julie 1873 – 12 Maart 1897, plaas Mooigelegen [ZAR nr. 182, Transvaal nr. 87 IT]), seun van J.P. Swart en M.M. Moolman, is tweeling-seuntjies op 22 Januarie 1897 gebore waarvan net Johannes Zacharias “Jan” jnr. oorleef het. Grieta was maar net 18 jaar oud met ‘n twee maande-oue baba toe ook haar eerste man op die ouderdom van 23 jaar oorlede is.5,18-20,25,26
- Jan Swart, Grieta se eerste kind en Jaap se stiefseun, het ‘n geliefde oudste broer vir sy jonger half-sibbe geword.20 Toe die Eerste Wêreldoorlog (WO1) op 28 Julie 1914 uitgebreek het, was Jan maar 17 jaar oud, maar het dadelik sy gewig daarby ingegooi in die daaropvolgende jaar toe Suid-Afrikaanse vrywilligers vanaf Augustus tot September 1915 gewerf is om as deel van die oorsese Britse magte aan die kant van die Geallieerdes (Brittanje, Frankryk en Verenigde State van Amerika) te gaan veg. Vrywilligers het in Potchefstroom aangemeld om die 1ste Suid-Afrikaanse (SA) Infantrie Brigade te vorm wat uit vier regimente bestaan het. Die Brigade was onder die oorhoofse bevel van Brig Gen Henry Timson Lukin (1860 – 1925). Die vrywilligers was hoofsaaklik Engelssprekend, met slegs 15% Afrikaanssprekend, wat met die verloop van die oorlog tot 30% toegeneem het. Daar was ook Nie-Blankes (swartes) wat in die oorlog ‘n belangrike en ondersteunende rol sou speel, soos hulp met loopgrawe grawe, asook voorrade en ammunisie rondkarwei, en dit selfs onder spervuur en bombardering by die vegtende soldate moes uitkry. Die Transvalers en Rhodesiërs het die 3de SA Infantrie Regiment van die Brigade uitgemaak, met Lt. Kol. Edward Francis W. “Frank” Thackeray (ca 1870 – 1956) as Bevelvoerder en Gen. Jan Christiaan Smuts (1870 – 1950) as Ere-Kolonel. In September 1915 het Jan Swart as lid van die 3de Regiment saam met sy Brigade-makkers per skip vanuit Kaapstad na Bordon, Hampshire, Engeland gereis en daar vir twee maande opleiding in oorlogvoering
ondergaan. Teen Desember 1915 het die Brigade per skip na Egipte vertrek om die Senussi-opstand te onderdruk en binne ‘n maand (vanaf 23 Januarie tot 26 Februarie 1916) is die probleem deur die Suid-Afrikaners uitgesorteer. Vandaar het die Brigade na die Westelike Gevegsfront in Frankryk vertrek. Hier het die Suid-Afrikaners aan hewige gevegte deelgeneem. Die vernaamste was die Veldslag van die Somme, wat die bloedige Slag van Delville-bos ingesluit het waartydens Jan Swart gewond en vir dood agtergelaat is.27-40
1
Die Veldslag van die Somme het uit ‘n reeks kleiner slae bestaan wat vanaf 1 Julie tot 20 November 1916 tussen die Franse en Britse magte en die vyand, die Duitse magte plaasgevind het. Die Slag van Delville-bos het vanaf 15 – 20 Julie 1916 geduur. Op 15 Julie 1916 het die 2de en 3de SA Infantrie Regiment onder bevel van Lt. Kol. William E.C. Tanner van die 2de Regiment Delville-bos binne gemars. Nadat Tanner gewond is, het Thackeray oorgeneem en was in bevel vanaf 17-20 Julie. Die Duitsers se aanslag was hard, maar die Suid-Afrikaners het hul man in die bloedige stryd bly staan ten spyte van die intensiewe vyandelike bombardering, hoë eise aan fisiese vermoeëns en innerlike krag, asook groot lewensverliese. LEES HIER en HIER in meer detail oor die Suid-Afrikaners se rol en heldemoed tydens die Slag van die Somme, en spesifiek in Delville-woud. Van die 121 offisiere en 3032 blanke voetsoldate van die Batteljon, asook 250 Suid-Afrikaanse swartes, wat die woud inbeweeg het, het slegs 5 offisiere, 750 soldate en 30 swartes tydens ‘roll-call’ na afloop van die slag aangetree.27,28,31-33,39 Oor Thackeray het Gen. Lukin geskryf:
1
“Lieutenant-Colonel EF Thackeray CMG commanded his battalion at the capture of Delville Wood and, after Lieutenant-Colonel Tanner was wounded, took over the command of the troops in the wood, with orders that it was to be held at all costs. On the morning of the 18th July the enemy commenced a hurricane bombardment and attacked the wood with 9 1/2 battalions. The troops holding the perimeter of the wood were practically decimated – all officers being either killed or wounded. Lieutenant-Colonel Thackeray’s Headquarters had been established in a narrow trench in the SW portion of the wood known as Buchanan Street. Here this gallant officer, in spite of heavy bombardment and constant fierce attacks by the enemy, held on with his few remaining men. During the night 18/19 several hot bombing fights took place during which Lieutenant-Colonel Thackeray’s fine work stimulated his much exhausted men [who were without food for two days, had very little water left and hardly managed any sleep] to fight on. Lieutenant-Colonel Thackeray with the remnants of his force held the SW portion of Delville Wood until on 20th July when he was relieved. I have no hesitation in stating that in my opinion it was the splendid gallantry, fine example and devotion to duty of this officer that enabled the British troops to retain a footing in Delville Wood. I recommend that he be awarded the Victoria Cross.” 36Dit was gedurende die Slag van Delville-bos dat Jan Swart in albei bene gewond is. Sy makkers het hom vir dood agtergelaat. Nadat hy drie dae tussen die gesneuweldes gelê het en sy ouers reeds van sy “dood” verwittig was, is ontdek dat hy nog lewe. Hy is na ‘n hospitaal in Engeland geneem waar hy ‘n jaar lank verpleeg en gerehabiliteer is. Sy wonde het genees maar hy het ‘n stywe linkerbeen oorgehou.40 Op ‘n dag, nadat die jaar-lange routydperk reeds verby was, sien sy familie eendag ‘n mank figuur in die plaaspad afkom. Tot hul skok en vreugde was Jan terug uit die dood en by die huis!19 Hy was vir die res van sy lewe algemeen bekend as ‘Jan Vlaanders’, weens sy betrokkendheid by die oorlog in Frankryk.40,41
2
Die 24-jarige Jan het op 18 Oktober 1921 in die NHK te Ermelo met Susanna Engela Dorothea “Sannie” Bester (9 Januarie 1901 – 23 Januarie 1982) in die huwelik getree.19,25,42 Ten tye van hul huwelik het Jan op sy Oupa Esaias Meyer se plaas, Gemsbokheuwel gewoon. Hy het moontlik by sy oupa gebly om met die plaaswerk te help.18,42,43 Sannie se ouers was van die plaas, Knockdhu in Ermelo distrik, waar hulle op ‘n spesifieke gedeelte geboer het. Gedeeltes 4, 7, 8 en 9 het op daardie stadium aan Jan se neef, Schalk Willem Jacobus Meyer jnr. (1875 – 17 Desember 1938) behoort, soos geërf van sy vader, Schalk Munnik snr. wat in 1918 oorlede is. (Knockdhu is noord-aangrensend aan Lake Banagher, waar die Munniks gewoon het).5,18,19,21,42
111
Volgens familie-oorlewering het Jan en Sannie Swart geboer op ‘n plaas tussen Chrissiesmeer en Lothair20 – waarskynlik op een van die onderverdelings van Knockdhu. Saam het hulle drie kinders gehad, naamlik Judith Magrietha (12 Oktober 1922 – 28 Augustus 1999, Pretoria; getroud met Jacobus Johannes Nel [19 April 1916 – ?]), Magrietha Cornelia “Grieta” (20 Junie 1924 – ?, Ermelo; getroud op 1 Desember 1947 met Mattheus Gerhardus Beukes Ras [22 November 1920 – 19 Augustus 1986, Ermelo]) en Johannes Zacharias jnr. “Jannie/Johan” (16 Oktober 1934 – ?).40,41,44,45 In 1937 het Swart-gesin verhuis na Naudéstraat 4 in Ermelo.40,44,46 Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Jan as Spesiale Konstabel diens gedoen by South African Torbaninte Mining and Refining Company Ltd. (SATMAR) op die klein myndorpie, Torbanite, wat halfpad tussen Breyten en Ermelo geleë was. Die SATMAR distileerders het olie uit die vergruisde olieskalie wat by Torbanite gemyn is, gedistileer en die aanleg was ‘n potensiële strategiese teiken tydens die oorlog.40,47,48 Na die oorlog het Jan aanhou werk as Kroegman op Torbanite en later op Ermelo. Hy is op 65-jarige ouderdom op 23 September 1962 oorlede te Pretoria tydens ‘n chirurgiese prosedure in die Pretoria Algemene Hospitaal (nou Steve Biko Akademiese Hospitaal). Sy roudiens is deur ds. W.J. Engelbrecht van Ermelo NHK gelei. Jan Swart en sy vrou is albei in die Nuwe Begraafplaas in Ermelo te ruste gelê.25,26,40,41,44
3. Sy loopbaan
Jaap Munnik was 24 jaar oud toe die Tweede Anglo-Boere Oorlog op 11 Oktober 1899 uitgebreek het.2,27,28 Hy het saam met sy vader en jonger broer Schalk Willem Munnik jnr. (1876 – ?) aangesluit by ‘n Boere-kommando – waarskynlik Ermelo Kommando – aangesien hulle toe op die plaas Uitgevallen woonagtig was. Sy 60-jarige vader is op 9 Februarie 1901 deur die Britte troepe gevang, en het uiteindelik in Merebank-konsentrasiekamp in Natal beland. Sy broer is tien maande later op 16 Desember 1901 ook gevang en na St. Helena-gevangeniskamp weggestuur. Jaap kon egter die Britse soldate bly ontduik, maar het drie maande later besluit om sy wapen neer te lê. Op 31 Maart 1902 het hy die Eed van Getrouheid onderteken, toe sprake van vredesamesprekings reeds die rondte begin doen het – die Vredesverdrag van Vereeniging is op 31 Mei 1902 onderteken. Die laaste offisier onder wie Jaap Munnik geveg het, was Freek Pieterse.4,49
Na sy huwelik met Grieta Swart het Jaap Munnik vir ‘n aantal jare op die plaas Lake Banagher in Chrissiesmeer se omgewing, halfpad tussen Ermelo en Piet Retief in die Transvaal (nou in Mpumalanga provinsie) gaan boer.19,20 Lake Banagher het reeds vanaf 1888 aan Jaap Munnik se swaer, Schalk Willem Jacobus Meyer (14 November 1855 – 27 Februarie 1918) behoort en Jaap het waarskynlik vir hóm op ‘n gedeelte van die plaas geboer, en daarna vir Schalk se kinders wat die plaas na sy dood geërf het.16,21 Iewers tussen 1929 en 1939 het Jaap die plaaslewe vaarwel toegeroep en na Breyten verhuis waar hy met eiendomme begin prospekteer het. In die 1940’s en 1950’s het hy as boukontrakteur heelwat huise self gebou wat hy dan later verkoop het.15,44,45 Hierdie huise staan vandag nog stewig en word steeds bewoon.48 Op Breyten het Grieta as vroedvrou menige swanger vroue bygestaan tydens hul bevallings.19
Jaap en Grieta het geleef gedurende interessante politieke tye in die Unie van Suid-Afrika, wat op 31 Mei 1910 tot stand gekom het toe die Britse Kaapkolonie, Natalkolonie, Oranjerivierkolonie en Transvaalkolonie vir die eerste keer onder een regeringstelsel met een Parlement verenig is. Hoewel die Unie wel ‘n self-regerende staat geword het, was dit steeds net ‘n semi-onafhanklike kolonie van Brittanje, en die Parlement was dus steeds onder die gesag van die Britse Goewerneur-Generaal in Suid-Afrika. Eers in 1931 het Suid-Afrika gelykstaande status aan Brittanje gekry, waarna die kolonie (die Unie) self-regering ook op wetgewende vlak ontvang het. Totale onafhanklikheid sou egter eers in 1961 realiseer. Die twee wêreldoorloë van 1914 tot 1918 en 1939 tot 1945 onderskeidelik, en die groot depressie van 1928 tot 1934 het die Afrikaner volk op politieke front erg verdeeld gelaat. Aan die een kant was die regerende Vereenigde Party (VP) – voorheen die Suid-Afrikaanse Party (“die Sappe”) – van Generaal Jan Christiaan Smuts (1870 – 1950), wat ook by die meeste Engelssprekende blankes aanklank gevind het, en aan die anderkant was die ondersteuners van Generaal James Barry Munnik Hertzog (1866 – 1942) se Nasionale Party (NP), of te wel “die Natte”. Hoewel die twee partye in 1934 saamgesmelt het, het ‘n finale skeuring op 4 September 1939 plaasgevind, en het die politieke kloof net vererger.27,28 Hierdie politieke verdeeltheid was ook in die Munnik-huis onder die broers te bespeur. Waar Jan Swart en Schalk Munnik die VP ondersteun het, het Sys Munnik die NP ondersteun. Schalk en Sys het gereeld vuisgeslaan oor hul verskillende sienswyses.20 Wat Jaap Munnik van die tweespalt gedink het en waar hy self polities gestaan het, is nie seker nie. Vir watter party hy in 1948 gestem het, weet ons nie, maar dis die jaar toe die NP die VP na 38 jaar as regerende party onttroon het, en die NP Suid-Afrika in ‘n nuwe rigting van prominente gestruktureerde Afrikaner nasionalisme gestuur het. Die NP sou in beheer bly tot en met 1994.27,28
4. Sy afsterwe
Jaap Munnik is op Sondag, 16 September 1956 op die ouderdom van 81 jaar en 6 maande oorlede in sy huis te Hoystraat 175, Breyten.1,2 Op daardie stadium het sy jongste dogter, Hannie en haar man, Tom Kotzé reeds by hulle ingewoon, nadat hulle in ca 1947 vanaf Nelspruit na Beyten verhuis het met die uitsluitlike doel om die sieklike, bejaarde Jaap en Grieta Munnik te help versorg. Jaap en Grieta se jongste seun, Sys Munnik, wat by die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H) op Breyten werksaam was, het met sy gesin op die erf langsaan gewoon en ook so ‘n oog oor sy ouers gehou.19,20,50
Die testament wat Jaap en Grieta op 8 April 1948 opgestel het, spesifiseer dat die eiendom van 1115 m2 in Hoystraat 175 aan Hannie en Tom Kotzé moes gaan, in erkenning en as vergoeding vir hul jare se toewyding aan die versorging van die bejaarde egpaar. Die langslewende van Jaap of Grieta sou egter lewensvruggebruik op die huis behou. By die afsterwe van albei moes hul boedel in gelyke dele onder al tien kinders verdeel word, insluitend Hannie Kotzé en Jan Swart.1 Hierdie eiendom is later op 1 Desember 1978 deur die jongste seun, Sys oorgekoop vir die totale som van R 400.51
Grieta Munnik is sewe jaar na haar tweede man oorlede. Die laaste paar jaar van haar lewe was Grieta baie sieklik en het telkens by die dood omgedraai. Op 31 Julie 1963 op 85-jarige leeftyd het sy die stryd verloor. Jaap en Grieta Munnik lê in die Nuwe Begraafplaas op Breyten begrawe.2,19 Die begraafplaas wat op 1 Julie 2019 besoek is, was oorgroei met langgras en kakiebos.48
5. Sy kinders
Uit die huwelik van Jaap en Grieta Munnik is nege kinders gebore; twee seuns en sewe dogters. Behalwe vir die oudste twee kinders, is almal in die NHK Chrissiesmeer-Ermelo gedoop. Hierdie gemeente is reeds op 5 April 1892 op Chrissiesmeer gestig en het lidmate in Ermelo omgewing ook bedien. Op 1 Mei 1909 het die kerksetel egter na Ermelo geskuif aangesien die meerderheid lidmate toe uit daardie wyk was. Die NHK Chrissiesmeer-Ermelo was dus steeds een gemeente met twee kampusse, naamlik in Chrissiesmeer en Ermelo. Die kerkgemeenskap het egter op 15 Januarie 1921 verdeel in twee afsonderlike, onafhanklike gemeentes om NHK Chrissiesmeer en NHK Ermelo te vorm. Hierdie twee gemeentes is vir sewe jaar deur besoekende konsulente bedien, voordat ds. Johannes Gerhardus Marthinus Dreyer (1898 – 1988) die eerste permanente predikant vanaf 1928 tot 1937 vir beide gemeentes geword het.12,23 Tussen 1924 en 1932 het al die Munnik-kinders, behalwe die jongste twee dogters, geloofbelydenis te Chrissiesmeer afgelê. Die twee jongstes is aangeneem in Breyten wat sedert 1933 ‘n dienswyk van NHK Ermelo was.22.23 ‘n Onafhanlike NHK in Breyten het eers op 28 April 1945 van NHK Ermelo afgestig, waarna Jaap Munnik sy attestate op 12 Augustus 1945 na NHK Breyten laat oordra het.23,52
5.1 Schalk Willem
Schalk Willem, wat op sy eerste naam genoem is, is op 7 Februarie 1905 gebore.22,53,54 Hy het saam met sy jonger suster, Martha geloofsbeleidenis te Chrissiesmeer gedoen en NHK-lidmaatskap gekry op 17 April 1926, onder ds. A. Oosthuizen wat dit behartig het.22Schalk is getroud met Annie NN en hulle het drie kinders gehad. Die oudste, Jacob Cloete “Japie/Jaap” (4 September 1928 – 20 Oktober 1995, Duiwelskloof) het op 12 Augustus 1945 as 17-jarige saam met sy ouers lidmaatskap by die nuut afgestigte NHK-gemeente te Breyten ontvang.19,20,55-57 Magrietha Cornelia “Marietjie” was die enigste dogter, gevolg deur ‘n jonger boetie, Schalk Willem jnr. “Schalkie” (11 September 1937 – ?). Schalk en Annie Munnik is egter teen ca 1938 geskei, waarna Schalk agt maande na die geboorte van sy jongste kind vir ‘n tweede keer in die huwelik getree het. Marietjie sou uiteindelik by haar moeder grootword, maar die twee seuns het maar ietwat verwaarloos geraak en tussen die familie rondgeswerf, maar het met tye ook by hul vader en sy nuwe vrou op Breyten ingewoon. Japie het op ‘n dag net sy sak gepak en gaan werk soek, wat maar redelik skaars was na die wêreldoorlog.20 Teen 1963 het hy Komatiepoort verhuis. Japie is op 13 September 1973 met Maria Elizabeth NN getroud. Met sy afsterwe op 67-jarige ouderdom weens miokardiale infarksie was hy woonagtig te Duiwelskloof (nou Modjadjiskloof in Limpopoprovinsie).19,20,55-57 Dit lyk egter of die ontwrigte kinderlewe ‘n groot impak op die jonge Schalkie gehad het. Hy was gereeld in die moeilikheid by die skool op Breyten weens artikels wat hy van onderwysers en ander skoliere vasgelê het. Sy ouma en oupa Munnik het probeer ondersteun, sy tantes het gepleit en sy Oom Sys Munnik, wat ook op Breyten gewoon het, het slae uitgedeel … alles sonder enige welslae. Met weer so ‘n gebeurtenis, bel die skool sy Oom Sys en verwys hom na die polisiekantoor waar Schalkie aangehou word vir diefstal. Hy het blykbaar ‘n vriend se kadetklere gesteel en verkoop. Sy oom kry toe vir hom werk by ‘n myn, maar dit het net twee weke gehou waarna hy verdwyn het. Op ‘n dag kry sy niggie, Rita Munnik, ‘n brief van hom uit ‘n verbeteringskool op Heidelberg, Transvaal. Kort daarna ontsnap hy weer, maar die polisie haal hom in en verwond hom in die bors waar hy in die mielielande weggekruip het. Daarna het Sus Munnik-hulle hom vir bykans 15 jaar nie weer gesien nie, totdat hy in 1961 onverwags by hulle opgedaag het op hul plaas, Schoonoord in Hendrina distrik, waarheen hulle in 1958 verhuis het. Vir ‘n paar maande het Schalkie Sys Munnik se groot vragmotor bestuur tydens die aanbou van die Hendrina-kragsentrale. Schalkie Munnik se lewe was gekenmerk met heelwat slimstories en ellendes, maar hy het tog later in die huwelik getree en twee kinders gehad. Hy is egter oorlede tydens ‘n padongeluk oppad van Pretoria na Durban waarby hy betrokke was, volgens familie-oorlewering, in ‘n gesteelde motor.20
Schalk Munnik snr. op 32-jarige ouderdom op 7 Mei 1938 hertrou in die Pretoria Magistraatskantoor met die 23-jarige Martha Johanna “Joey” Roos (1 Maart 1915 – 24 Oktober 2001, Durban).53,54,58,59 Schalk se swaer, Petrus Jacobus Gerhardus “Japie” Jacobs (1905 – 1975), het as getuie opgetree, asook E.W. Meramin (handtekening onduidelik, verwantskap onbekend). Ten tye van hul huwelik was beide Schalk en Joey woonagtig te 118 Kensingtonstraat, Parktown, Pretoria. Schalk was op daardie stadium werksaam as ‘n roller-drywer in diens van die Departement van Padwerke, terwyl Joey ‘n winkelassistent was.58
Kort na hul huwelik het die egpaar verhuis na Brits in die noordwestelike Transvaal (nou Noord-Wes provinsie), waar Schalk sy attestate op 8 Desember 1938 vanaf Breyten na NHK Brits laat oordra het.22 Minder as ‘n jaar later het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek en het hy as vrywilliger by die Unie van Suid-Afrika se Lugmag aangesluit. Schalk was in Egipte gestasioneer waar hy as werktuigkundige by die herstel en instandhouding van oorlogsvliegtuie betrokke was.19,27,28,60,61 Saam met hom in dieselfde regiment was sy swaer, Japie Jacobs, wat ook by sy troue teenwoordig was. Op ‘n dag het Japie agtergekom dat Sckalk nie meer te sien was nie, en het vermoed dat hy terug Suid-Afrika toe is,61 maar volgens Schalk se dogter is hy opgekommandeer na Italië,57 nadat die land in Oktober 1943 deur die Geallieerde troepe van Nazi-Duitsland se mag bevry is.27,28 (Check military records)
Dit wil voorkom asof die Munnik-gesin NHK Brits-lidmate vir nege jaar was, waarna hulle na Breyten verhuis het waar sy ouers steeds gewoon het. Bewys van lidmaatskap is op 21 Januarie 1948 oorgedra na NHK Breyten.22 Hier in die spoorwegdorpie het Schalk ‘n motorherstel- en dienswerkswinkel geopen.20 Schalk en Joey se enigste kind, Cornelia Wilhelmina “Tokkie/Lia” op 5 Februarie 1949 gebore en ses maande later op 14 Augustus 1949 in NHK Breyten gedoop.57,62 Tokkie het vir jare haar eie modelskool gehad en het twee dogters van haar eie.20,57 Die oudste dogter, Monica Louisa Munnik (*25 Augustus 1966, ≈6 November 1966, NHK Breyten) is op 17 Julie 1991 getroud met Marcus Oliver Krey (*16 Julie 1968). Hulle is huidiglik woonagtig in Whangarei, Nieu-Seeland.20,63-65 KYK HIER na Monica se pragtige, handgemaakte keramiekprodukte wat sy op voltydse basis skep. Die jonger dogter, Laura Jeanne Olivier (*18 Februarie 1968) is op 5 Oktober 1991 getroud met Abraham Jacobus “Abé” Kruger (*5 Augustus 1959), ‘n apteker.20,64,66 Laura en Abé het hul ou dubbelverdiepinghuis op Ermelo so mooi gerestoureer dat die filmspan van die SABC3 TheInsiderSA/Top Billing TV-program ‘n besoek afgelê het en die opname later gebeeldsend het.66 GENIET HIER die entoesiastiese toerleiers, Abé en Laura, wat ons neem op ‘n nostalgiese reis deur hul karaktervolle huis met sy verruklike binnehuise versiering en pragtige Hoëveldse tuin.
Schalk Munnik snr. het ‘n onnutsige sin vir humour gehad. Hy het homself dikwels aan ander as ‘Mordegai’ bekend gestel – die oorsprong van hierdie bynaam weet nugter, maar dis blykbaar ‘n naam wat sy ewe onnutsige, jonger broer, Sys, hom toegedig het.19 Hoewel Schalk en Sys agt jaar van mekaar verskil het, het hulle as volwassenes goed oor die weggekom …. behalwe wanneer dit by politiek gekom het, dan het dit gewoonlik op ‘n vuisgeveg tussen die Sappe (Schalk) en die Natte (Sys) uitgeloop!19,20
As kind het Oom Schalk ook eenkeer vir my gesê hy is Schalk Munnik Esquire. Dis toe ons eendag daar op Breyten by hulle gaan kuier het. Hy wou nie vir my sê wat die woord ‘esquire’ beteken nie, maar as ‘n plattelandse kind wat die Engelse taal nog nie behoorlik onder die knie gehad het nie, het dit na ‘n baie belangrike titel geklink. Vandag weet ek darem van beter! Geen wonder ‘Weledele Heer’ Schalk Munnik het my met so ‘n ondeunde glimlag gegroet nie – hy het tot sy eie pret stilweg met my kop gesmokkel! Ek onthou ook die keer toe Oom Schalk vir ‘n week weens werksverpligtinge daar by ons op Camden kom bly het. Ek was ongeveer ses jaar oud. Die eerste nag het ek wakkergeskrik van die harde gebrul van ‘n leeu in een van die kamers. Doodsbenoud het ek met bewende knieë op my tone die gang afgesluip na die sitkamer waar my moeder en ‘n vriendin nog rustig aan die kuier was. “Mamma, daar is ‘n leeu in die huis,” het ek bang gefluister. Ma Bettie het die leeu onverskrokke in sy skuilplek gaan soek terwyl ek by die kuiertannie gewag het. Na wat vir my soos ‘n ewigheid gevoel het, het sy heelhuids uit die donker gang verskyn en my met ‘n skaars-onderdrukte lag verseker dat hierdie ‘leeu’ onskadelik was en dat dit eintlik net Oom Schalk was wat al te lustig aan die balke saag was.
In sy laat sewentiger jare het Schalk Munnik begin siek word weens maagkanker, en het vinnig swakker geword. Hy was vir weke in Middelburg Hospitaal totdat die hospitaal die nommer gebel het wat hy vir hulle gegee het. Dit was die telefoonnommer van sy broer Sys op die plaas, Schoonoord naby Hendrina, wat dadelik gery het saam met sy vrou, Anna, en hul dogter Bettie – wat daartydens met haar gesin op Schoonoord gekuier het – om hom te gaan haal. Hulle het vir Schalk in die gastekamer tuisgemaak en hom lank versorg. Schalk was later so swak en uitgeteer, dat Anna hom moes was en voer, en sy broer hom moes badkamer toe dra, terwyl Sys self nie meer gesond was nie weens die longkanker wat reeds onwetend aanwesig was.19 Op ‘n dag het sy dogter, Tokkie van Empangeni in Natal gebel het om te hoor hoe dit gaan. Haar vader se verswakte toestand het haar so ontstel dat sy en haar man die volgende oggend op Schoonoord gearriveer het, en sy net daar besluit het om haar vader saam met haar terug te neem huistoe. Schalk was egter reeds so verswak dat hy nie meer op sy eie kon regop sit nie en is met kussings gestut.20,57 Tokkie-hulle het tot op Ermelo gekom waar hulle by vriende/familie tuisgegaan het. Daar is Schalk in die hospitaal opgeneem waar hy ook in Januarie 1983 oorlede is.53,57 Hy is in die Nuwe Begraafplaas op Breyten begrawe. Die lyksvervoerkoste na Breyten en die begrafniskoste is deur Sys Munnik vereffen. Schalk Munnik se graf is nooit opgemaak nie – sy kinders kon dit nie bybring nie – en ook teen die tyd dat die een jaar wagtyd voor grafopmaking verstreke was, was Sys self al baie siek en te swak weens longkanker wat ook na sy brein versprei het, om daaraan aandag te gee. Hy was toe reeds op Randfontein in die sorg van Tar en Alice Schutte, sy stiefseun en skoondogter.20,48 (Sys is op 11 September 1984 oorlede.)67,68
5.2 Christina Louisa Magrietha
Christina – haar skoonfamilie het haar Chris genoem – is op 9 Maart 1907 gebore.22,61 Sy is op 11 April 1924 te Chrissiesmeer in die NHK aangeneem deur ds. J.J. Prinsloo.22 Sy was ‘n pragtige vrou met ‘n sagte geaardheid en ‘n goeie hart.61 Sy is later getroud met Petrus Jacobus Gerhardus “Japie” Jacobs jnr. (24 Mei 1905, Heidelberg, Transvaal – 21 Junie 1975, Pretoria), oudste seun van Petrus Jacobus Gerhardus Jacobs snr. (ca Mei 1867 – 12 Oktober 1946) en Susanna Jacoba Susarah Johanna Nel van die plaas Noodshulp (ZAR nr 89), distrik Pietersburg (nou Polokwane).51,61,69 Japie was ‘n Spoorweg-busbestuurder in Bremersdorp (nou Manzini), wat op daardie stadium die hoofstad was van die Swaziland Britse Protektoraat (nou Koningkryk van Eswatini/Swaziland).61,70,71 Toe die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het, het Japie Jacobs as vliegtuigwerktuigkundige in Egipte diens gedoen. Later het hy as Motorbestuurder opgetree vir Minister Coenie de Villiers, ‘n Lid van die Suid-Afrikaanse Parliament (LP) vanaf 1953 tot 1961, en het gereeld saam met sy werkgewer tussen Pretoria en Kaapstad gependel. Christina was ‘n tuisteskepper en het haar kinders met liefde en geduld versorg.61 Sy is in 17 Mei 1964 op 57-jarige ouderdom in Pretoria oorlede en in Zandfontein Begraafplaas, Hercules, Pretoria te ruste gelê. Japie het drie jaar later op 9 Desember 1967 vir ‘n tweede keer getrou met Gertina Willemina Nel (née Botha). Hy is in 1975 op die ouderdom van 70 jaar en 5 maande in Pretoria oorlede. Op daardie stadium was Japie en Gertina Jacobs op die perseel van die Transoranje Skool vir Dowes in Pretoria-Wes woonagtig, hoewel hy die erf in Dannhauserstraat 218 in Danville besit het. Hul ryding was ‘n 1967 Cortina stasiewa. Japie is langs sy eerste vrou begrawe.51,61
Japie en Christina Jacobs se kinders was Petrus Jacobus Gerhardus “Peet” jnr. (*2 Maart 1931, ≈17 Mei 1931, Breyten, †5 Januarie 2003, Valhalla, Pretoria) en die tweeling Andries Willem “Willie” (17 September 1932 – 17 Julie 1999, Northam, Limpopo-provinsie) en Jacob Cloete “Japie” (17 September 1932 – 26 Desember 1943 Breyten, Ω Ou Breyten Begraafplaas) – laasgenoemde is as 11-jarige kind deur elektrisiteit doodgeskok terwyl hulle by hul Ouma en Oupa Munnik in Breyten gekuier het. Daarna het gevolg Magrietha Cornelia “Grieta” (16 Maart 1935 – 1 Januarie 2007, Booysens, Johannesburg), Johannes Zacharias “Jan” (*13 Desember 1936, ≈2 Mei 1937, NHK Daspoort, Pretoria – 9 November 2017, Potgietersrus), Susanna Johanna Susara Jacoba “Sannie” (*8 Junie 1938, †30 Junie 2022, Tsumeb, Namibië, ₼20 Julie 2022, NHK Tsumeb), Schalk Willem (*29 September 1939, ≈21 Januarie 1940, NHK Pretoria-Noord, †9 Julie 2023, Pretoria, Ω14 Julie 2023, NHK Montana-Oos) en Pieter Daniel “Piet” (7 Mei 1942 – 24 Junie 2014, Booysens, Johannesburg).51,61,69,72-79Bettie Kruger, dogter van Sys Munnik en niggie van die Jacobs-kinders, onthou hoe lekker hulle altyd as kinders saam gespeel het.19,20 Ekself het net vir Oom Schalk en Oom Piet geken. Oom Schalk het as vakleerling by die Staatdrukkery in Pretoria begin werk en uiteindelik daar afgetree as Bedryfsbestuurder. In sy vrye tyd het hy golf en tennis saam met sy vrou geniet. Oom Schalk was getroud met Theodora “Thea” den Ouden (*21 Februarie 1942, Rotterdam, Nederland), wat saam met haar moeder en sibbe in 1958 vanuit Den Haag, Nederland na Suid-Afrika geïmmigreer het. Haar vader, Johan den Oude (24 Oktober 1912, Utrecht – 21 Maart 2004, Pretoria), wat op 26 November 1935 met Leyntje Poppe (14 Oktober 1912 – 17 Augustus 1996, Pretoria) getroud is, het reeds in 1957 na Suid-Afrika gekom as verteenwoordiger vir sy vader se besigheid. Familie kan nie meer onthou watter tipe besigheid dit was nie, maar wel dat Johan se vader ‘n bakkery besit het gedurende die Tweede Wêreld Oorlog, wat gesorg het dat die gesin ten minste brood gehad het om te eet terwyl uiterste voedselskaarste Nederland na die besetting deur Nazi-Duitsland geteister het.61
Piet, die jongste van die Jacobs-kinders was maar net 15 jaar oud toe sy moeder oorlede is. Hy het in die 1970’s as lid van die Spesiale Taakmag (Recce’s) van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) aan die Suid-Afrikaanse Grensoorlog (1966 – 1990) deelgeneem. Sy familie het vir eindelose maande geen kontak met hom gehad nie. Hulle het net geweet hy veg in Angola. Tussen 1975 en 1988 het die SAW intensiewe operasies en klopjagte in Angola uitgevoer om die operasionele aanvalsbassise van die People’s Liberation Army of Namibia (PLAN), die militêre vleuel van die South West African People’s Organisation (SWAPO), te elimineer.27,28,61,80,81 Vir Piet se vader was dit baie erg om nie te weet waar sy seun hom bevind het, nie te weet of hy veilig was nie. Nadat Piet sy militêre diensplig voltooi het, het sy broer Jan vir hom werk gekry by Hendrina Kragsentrale wat nog in aanbou was en waar Jan Jacobs as bouvoorman gewerk het. Slegs sewe dae nadat Piet begin het, het hy van ‘n 25 m-hoë konstruksie stellasie afgeval en ernstige inwendige beserings opgedoen. Hy was ook heeltemal verlam gelaat. Na maande en maande se herstel en intensiewe terapie het hy ‘n mate van beheer oor sy ledemate teruggekry sodat hy weer op so ‘n ongemaklike manier kon loop, maar hy sou daarna nooit weer normale handewerk kon verrig nie. Hy het ook nooit getrou of kinders gehad nie.20,61 Tog het sy familie hom waardeer vir “sy positiewe geaardheid, sy opregte besorgdheid oor ander, sy liefde vir die natuur, plante en diere en sy liefde vir God, wat alles drade is wat onlosmaaklik deel van sy lewe was”.76
5.3 Martha Johanna
Sy is op 26 Des 1908 gebore, gedoop op 24 Januarie 1909 te Chrissiesmeer en aangeneem op 17 April 1926 saam met haar broer, Schalk. Sy het saam met haar ouers verhuis na Breyten in ca 1929 waar sy haar toekomstige man ontmoet het, wat vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H) gewerk het.22,82-84 Die huwelikseremonie tussen die 20-jarige Martha Munnik en haar 24-jarige bruidegom, Wilhelm Jacob Frederick Christiaan “Willie” Voges (30 Maart 1906, Kimberley – 7 Maart 1967, Eloffsdal, Pretoria) is op 15 Oktober 1929 deur ds. J.G.M. Dreyer in die NHK Ermelo behartig, waartydens haar twee susters, Christina Munnik en Bettie Janse van Vuuren (née Munnik), as getuies opgetree het.61,84 Die egpaar het later verhuis en was teen 1935 reeds in Pretoria woonagtig. Met Willie afsterwe op die ouderdom van 60 jaar en 11 maande in 1967, was hulle woonagtig te Eloffstraat 305, Eloffsdal.77 Martha Voges (née Munnik) was vir 22 jaar lank ‘n weduwee na haar man se afsterwe in 1967,61 voordat sy op 81-jarige leeftyd op 7 Junie 1989 in Pretoria oorlede is aan akute pulmonale embolisme.82
Willie en Martha Voges se kinders was Daniel Willem Lamb “Danie/Basie” (*14 Oktober 1930, Breyten, †1 Februarie 1974, Modderfontein, Kemptonpark; oorlede in ‘n dinamietontploffing by AE&CI terwyl in diens as Operateur), Jacob Cloete (ca 1932 – >1967), Magrietha Cornelia (*5 September 1935, ≈22 September 1935, NHK Daspoort, Pretoria, †<1967), Catharina Maria Susanna “Kitty” (*28 Desember 1936, ≈2 Mei 1937, NHK Daspoort, †17 Maart 1987, Pretoria), Martha Johanna “Martie” (*18 Augustus 1938, ≈21 Januarie 1940, NHK Pretoria-Noord, †<1964), Willem Christiaan (*30 Junie 1948, ≈17 Oktober 1948, NHK Pretoria-Noord, †21 Mei 1997, Pretoria) en Martha Magrietha “Klein” (*29 Oktober 1950, ≈ 15 April 1951, NHK Pretoria-Noord).20,61,77,78,85-88
Van al die kinders het ek as kind net vir Tannie Kitty leer ken. Ek onthou haar diep, rasperige stem en stadige manier van praat, haar rustige, berekende bewegings, en die sigarette wat sy op haar tydsame manier gerook het. Kitty was getroud met Ignatius “Roy” van Rooyen (27 Mei 1930 – 13 Mei 2020), wat vir jare as kondukteur op die Blou Trein gewerk het.20,51,61 Kitty en Roy het een aanneemseun genaamd. Gert Marius is op 21 Februarie 1972 gebore en het tragies op 10 Februarie 2018 op 46-jarige ouderdom in ‘n motorongeluk omgekom. Sy roudiens is op 16 Februarie 2018 deur ds. Giel Malan vanuit NHK Wonderboompoort, Pretoria gelei.89 Ses maande na Kitty se afsterwe het Roy met sy aangetroude niggie, Sannie Lacante (née Jacobs) (sien 5.2) in die huwelik getree op 19 September 1987. Roy het in sy latere lewe aan Alzheimers gely. Nadat hy ‘n paar dae voor sy 90ste verjaarsdag oorlede is, het Sannie by haar dogter in Namibië gaan woon waar sy twee jaar later te sterwe gekom het.20,61,90
5.4 Magrietha Cornelia
Die tweelingdogters, Magrietha Cornelia “Grieta” en Elizabeth Anna Gertruida “Bettie” is op 22 Maart 1911 gebore.22,91,92 Altwee is op 6 Julie 1911 op die plaas Knockdu deur ds. J.J. Kuhn van NHK Chrissiesmeer gedoop, hoewel verskillende persone as doopgetuies vir elkeen opgetree het.23,91 Vir Grieta het Jacobus Nicolas Swart, Cornelia Johanna Margaretha Swart, Josef Andreas Meyer, Margaretha Cornelia Meyer, Jesaias Engelbertus Meyer en Maria Magdalena Meyer as getuies ingestaan.91 Grieta is na haar moeder, haar tante en maternale oumagrootjie Magrietha Cornelia Lewis (née Breytenbach) (1825 – <1865) vernoem.93
Grieta het op 14 April 1927 te Chrissiesmeer onder leiding van ds. Theunis Frederik Jacobus Dreyer (1898 – 1975), tweelingbroer van ds. J.G.M. Dreyer, belydenis van geloof afgelê.22,23,94 Grieta het later met Hendrik “Dirk” van der Spuy getrou. Hule vier kinders was Daniël Jacobus “Danie” (6 Oktober 1935 – 27 Januarie 1992; getroud met Roma Verrite [1936 – 2016]), Magrietha Cornelia “Grietie/Dix” (28 Maart 1937 – 22 April 2019, Kempton park; wat getroud was met Pieter Hendrik Eliëzer Boonzaier [18 Oktober 1931 – 14 Julie 2014]), Jacob Cloete “Japie” (12 November 1938 – 13 Oktober 1999) en Esmé (*3 Mei 1940).61,95,96 ‘n Paar jaar na haar eerste man se afsterwe het Grieta met Andries Stephanus “Fanie” van Biljon getrou. Op 24 September 1998 is Grieta in Kemptonpark weens asistolie (fatale hart-aritmia) oorlede.61,91,95Daar was baie Magrietha Cornelias in die familie en Ma Grieta Munnik was so trots daarop. Haar kleindogters en agterkleindogters wat haar naam gedra het, was haar oogappels. Hoewel Grieta ‘n dierbare ouma was, het sommige kleindogters tog gevoel dat daar voortrekkery van haar naamgenote was wat ‘n effense frank nasmaak vir hulle gelaat het.20
5.5 Elizabeth Anna Gertruida
Bettie was die jongste van die tweeling wat op 22 Maart 1911 gebore is.22,92,97 By haar doop op dieselfde dag as haar tweelingsuster, het Hermanus Bernardus Swart, Jeanetta Hendrina Swart, Ignatius Wilhelmus Cronjé, Elizabeth Anna Gertruida Cronjé, Frans Lodewyk Munnik en Johanna Munnik die plegtigheid as doopgetuies bygewoon.92Bettie is saam met haar suster Grieta op 16 April 1927 in die NHK op Chrissiesmeer aangeneem.22 Sy het as ‘n 18-jarige meisie op 15 Oktober 1929 in die NHK Ermelo met die 21-jarige Albertus Abraham “Bert” Janse van Vuuren (13 Julie 1908 – ?), wat ook op Breyten grootgeword het, in die huwelik getree.20,52,97,98 Hy was egter ten tye van sy huwelik op Bethal gestasioneer waar hy by die SAS&H in diens was.61,98 Die egpaar het op Breyten gewoon tot vroeg 1932, waarna hulle na Volkrust verhuis het. Teen die vroeë 1940’s was die gesin weer terug op Breyten soos wat Bert deur die SAS&H verplaas is.99.100 Bettie was bekend vir haar heerlike waterbulpoeding.61 Hierdie poeding is vroeër tradisioneel op afgeleë plase berei, vandaar die eenvoudige resep met basiese bestanddele.101 KYK HIER vir ‘n heerlike waterbulresep. Sy is op 3 Desember 1996 te Wakkerstroom weens hartversaking oorlede.97
Die egpaar het agt kinders gehad: Jan Lodewyk (*1 Januarie 1931, ≈17 Mei 1931, Breyten – ?), Jacob Cloete “Japie” (*26 September 1932, ≈8 Januarie 1933, Volksrust, †30 Oktober 1983, Ω Ou Begraafplaas, Volksrust), Albertus Abraham jnr. (*10 April 1934, ≈10 Junie 1934, Volksrust – ?), Magrietha Cornelia “Grieta” (*17 Februarie 1936, ≈12 April 1936, Volksrust – ?), Isabella Cornelia “Bella”, Schalk Willem (*5 Augustus 1941, †3 September 1993, Newcastle, Ω Ou Begraafplaas, Volksrust), Stephanus Petrus “Fanie” (*11 Februarie 1946, ≈5 Mei 1946, Breyten – ?) en Christina Louisa Magrietha “Stienie” (*17 November 1947, ≈9 Mei 1948, Breyten – ?).19,61,102-109 Schalk en sy vrou, Hendrina Magrietha “Maxie” NN (*20 November 1945), wat op 2 September 1967 met mekaar getroud is, was die enigste van die Janse van Vuuren-kinders wat ek wel geken het. Schalk en sy gesin het op ‘n hoewe net buite Volksrust gewoon waarvandaar hy sy transportbesigheid bestuur en die groot afleweringstrokke geberg het. Schalk is onverwags op 52-jarige ouderdom aan ‘n hartaanval oorlede. Die inskripsie op sy grafsteen lees: “Vol liefde het hy gelewe.” 20,106,109
5.6 Esaias Engelbertus
Esaias Engelbertus “Sys” is op 6 Desember 1913 te Chrissiesmeer, Transvaal gebore. Hy het my grootvader (oupa) geword. Hy was met Johanna Catharina Aletta Susanna Bekker getroud, en na haar afsterwe, met Anna Maria Schutte (née Meyer).19,67,68,110 LEES MEER oor Sys Munnik.
5.7 Cornelia Johanna Margaretha Etresia
Nela – soos die familie haar genoem het – is op 8 Junie 1916 gebore. Haar doop het op 19 November 1916 te Chrissiesmeer plaasgevind waar Jacobus Nicolaas Swart, Cornelia Johanna Margaretha Etrecia Meyer en Johanna Elizabeth Meyer as getuies van haar doop teenwoordig was.19,111 Nela en haar ouer broer, Sys het saam belydenis van geloof op 15 Oktober 1932 te Chrissiesmeer onder ds. J.G.M. Dreyer afgelê.22 Sy is op 16 April 1935 met die 29-jarige Gerhardus Cornelius “Gert” Pieterse (ca 1905 – ?) in die NHK op Ermelo getroud.20,112Ten tye van hul egverbintenis was Gert op Breyten gestasioneer waar hy vir die SAS&H gewerk het en was ‘n lidmaat van NHK Chrissiesmeer. Hy was voorheen in Rhodesië (nou Zimbabwe) werksaam waar hy ‘n lidmaat van die Wesleyan Methodist Church in Bulawayo was.112,113 Hoewel daar reeds vanaf 1933 ‘n klein gemeenskappie van NKH-lede in Breyten bestaan het, was hulle ingelyf onder NGK Ermelo en is net af-en-toe deur Ds. Dreyer besoek. Nadat NHK Breyten afgestig het, het die Pieterse-egpaar hul attestate vyf maande later op 12 Augustus 1945 na NHK Breyten oorgedra, saam met van die Munnik-familielede.12,52
Die Pieterse-gesin het in die 1950’s na Wonderboompoort, Pretoria verhuis waar hulle lidmate van NHK Ellofsdal was.114 Kort daarna het hulle migreer na Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe) waar hulle lank gewoon het. Nela is daar in 1968 oorlede.61 Gert en Nela Pieterse se kinders was Magrietha Cornelia “Magriet” (*28 Junie 1936, ≈15 November 1936, Breyten [NHK Ermelo] – ?), die tweeling, Sarel Jacobus “Sarel” en Anna Magrietha Elizabeth Jacoba “Ans” (*17 Maart 1939, ≈28 Mei 1939, Breyten [NHK Ermelo]), Jacob Cloete “Japie” (*6 Desember 1946, ≈16 Februarie 1947, NHK Breyten, †2 Maart 2019, Ω7 Maart 2019, NGK Reebok, Klein Brakrivier) en Gerhardus Cornelius jnr. “Gerhard” (*5 Februarie 1955, ≈17 April 1955, NHK Ellofsdal).61,114-118
5.8 Heybrecht Catharina
Jaap Munnik se vyfde dogter, Heybrecht Catharina “Breggie” het op 26 Januarie 1919 die wêreld ingekom en is gedoop op 16 Februarie 1919 te Chrissiesmeer. Getuies by haar doop was Sarel van der Merwe, Heybrecht Catharina Munnik, en haar oom en tante Jan Hendrik Petrus Stephanus Meyer (1894) en Isabella Cornelia van Vuuren.119,120 Breggie se aanneming het op 13 Maart 1936 op Breyten plaasgevind onder ds. J.G.M. Dreyer van NHK Chrissiesmeer.22 Sy het as 19-jarige jong meisie op 1 Oktober 1938 te Ermelo met die 21-jarige Josephus “Seef” Klaassen (*21 September 1917, ≈4 November 1917, Brandfort, OVS, †1 Maart 1971) in die huwelik getree.121 Hy het op Breyten vir die SAS&H as masjienis gewerk. Hulle het vanaf 1946 in Witbank (nou Emalahleni) vir byna 30 jaar lank gewoon totdat Seef op 53 jarige ouderdom weens selfdood oorlede is. Hierdie huwelik was nie te gelukkig nie weens verskeie redes, en hulle is na vele jare uitmekaar.46,61 Breggie het later (na 1978) hertrou met Pn Louw. Sy is in die ouderdom van 79 jaar op 31 Julie 1998 in Pretoria aan akute nierversaking oorlede.119,122 Breggie is langs haar eerste man in Witbank begrawe.61
Seef Klaassen was die derde van vier kinders wat vir die egpaar, Petrus Johannes Klaassen (20 Februarie 1887 – 9 Julie 1949) en Emmerentia Catharina Janse van Rensburg (September 1891 – 16 Julie 1945), gebore is. Hierdie spesifieke Klaassen-familielyn is afstammelinge van Claas van Malabar (ca 1665, Indië – ca 1747, Vlakkeland, Kaap de Goede Hoop) en vermoedelik die vrygestelde slaaf Helena van Timor. (Timor is ‘n eiland van Indonesië.) Claas, ‘n slaaf aan die Kaap de Goede Hoop, was vanaf die suid-westelike kusgebied van Malabar in Indië afkomstig. Hy is later van sy slaafskap vrygestel en het as swart vryburger (free black) ‘n lisensie gekry om leeus en luiperds te jag. Hy het ook die plaas Vlakkeland by Daljosafat naby Paarl gekoop waar hy met skape en beeste geboer het. Soos enige ander wetsgehoorsame Kaapse burger het hy belasting op sy vee betaal. Claas van Malabar – wat later net as Claes Mallebaar bekend was – deel saam met enkele ander nie-Europese stamvaders in die rare onderskeiding om ‘n familie en nageslag in Suidelike Afrika te begin het wat met verloop van tyd ‘n integrale deel van die wit Afrikaans-sprekende bevolking geword het.121
Seef en Breggie Klaassen se drie kinders was Petrus Johannes “Peet” (*12 Desember 1939), Magrietha Cornelia “Gretchen” (*20 Julie 1942) en Jacob Cloete “Japie” (18 Junie 1954 – ? Desember 2012, Pretoria).61,121Hul jongste kind, Japie Klaassen, wat maar ‘n teruggetrokke eenkantmens was, is op die ouderdom van 58 jaar onder tragiese omstandighede oorlede toe hy een oggend in Paul Krugerstraat in Pretoria dood aangetref is met ‘n styfgebinde plastieksak wat oor sy kop getrek was.61,123 Sy moordenaar, die 30-jarige Mbuyisele Malakoane, is in 2014 in die Gautengse Streekshof in Pretoria gevonnis tot vyf jaar tronkstraf vir huisbraak en diefstal en 15 jaar vir moord. “It is alleged that he murdered a co-worker Jacob Cloete Klaasen in the backroom where he was staying on the premises at Brinktech in Paul Kruger Street during December 2012. The deceased worked for Brinktech since January 2009. The alleged murderer worked for Brinktech for only two months when the crimes were committed.” 123
5.9 Johanna Elizabeth
Hannie, by name Johanna Elizabeth, was die jongste kind en sewende dogter, wat op 3 April 1924 die lewenslig aanskou het.124-126 By haar doop op 2 November 1924 op Chrissiesmeer was Frederik Willem van Niekerk en sy vrou Johanna Elizabeth Meyer, asook Schalk Willem Munnik en Christina Louisa Margaretha Munnik teenwoordig as getuies. Op 4 Mei 1940 het Hannie belydenis van geloof afgelê. Haar aanneming is in Breyten deur ds. L.M. Roux behartig, wat vanaf 1938 tot 1843 die herder van die NHK Ermelo-gemeente was.12,22,124,125
Sy is later met Thomas Frederik Hermanus “Tom” Kotzé getroud (1 Februarie 1919 – ?), wat ook by SAS&H werksaam was; eers op Breyten, daarna op Nelspruit en weer terug op Breyten om hul intrek in Hannie se ouerhuis te neem waar hulle daar vir baie jare na haar sieklike, bejaarde ouers omgesien het.19,50,124 Uit hul huwelik is twee kinders gebore, Magrietha Cornelia “Bokkie/Grieta” (*21 Desember 1949, ≈26 Januarie 1950, NHK Breyten) en Daniël Johannes “Daan” (*5 Oktober 1960, ≈5 Februarie 1961, NHK Breyten).19,124,127,128 Teen ca 1969 het die Kotzés na Pretoria verhuis – Hannie se attestate is na NHK Oos-Moot op 29 September 1969 oorgedra.50 Die 81-jarige Hannie het weens natuurlike oorsake op 21 Mei 2005 tot sterwe gekom te Brits, Noordwes provinsie.124,126
SPESIALE VERMELDING
VERWYSING 19 & 20: Bettie Kruger, my moeder en kleindogter van Jaap en Grieta Munnik, se lewenslange liefde vir familie het uiteindelik tot haar eie versameling van foto-ryke familie-joernale gelei. Haar neergepende herinneringe uit haar kinderdae en haar lewe as volwassene was van onskatbare waarde vir my navorsing. Soveel voorsate het voor my geestesoog as’t ware lewe gekry terwyl sy vir my allerhande staaltjies uit vergange se dae, in uitsonderlike detail, vertel het. Baie, baie dankie, Ma!
VERWYSING 57: Baie dankie aan Tokkie de Swardt van George vir inligting en rare familiefoto’s. Met die addisionele inligting kon ‘n vollediger en akkurater prentjie van die Munnik-familie geskets word.
VERWYSING 61: ‘n Spesiale dankie aan oom Schalk en tannie Thea Jacobs van Pretoria vir inligting, foto’s en familiestories wat hulle goedgunstelik met my gedeel het. Daarsonder sou die verhaal van die Munniks wat hier vertel word, nie tot sy reg kon kom nie.
- Sterfkennis en testament van Jacob Cloete Munnik. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 289/57, 1957
- Grafte van Jaap en Grieta Munnik. Nuwe Begraafplaas, Breyten, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
- Munnik. Webwerf van Rita Munnik-de Wildt. https://gw.geneanet.org/lenenrita?lang=en&m=N&v=MUNNIK
- Munnikgesin. Merebank Concentration Camp and Prisoners of war. Anglo-Boer War Museum. https://www.wmbr.org.za
- National Geo-Spatial Information, 1:50 000 Rasters. January 2015. Department of Rural Development and Land Reform, Republic of South Africa. CD-publication
- Van der Watt, P.B. 1989. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-1905. NG Kerkboekhandel 1988 (Edms) Bpk : Pretoria
- Botha, S.J. 1965 Die toetrede van Lydenburg tot die Nederduitsch Hervormde-kerkverband 1864 en die herafskeiding onder F. Lion Cachet 1866. https://hts.org.za/index.php/hts/article/download/3931/7861
- Bingle, P. 2002. 1859: Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. (In Hofmeyr, G., red. NG Kerk 350. LuxVerbi.BM : Wellington
- Hanekom, T.N., red. 1952. Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk. ’n Gedenkboek by ons derde eeufees 1952. Kaapstad : NG Kerk-uitgewers
- Netherdutch Reformed Church of Africa. http://www.archivalplatform.org/registry/entry/netherdutch_reformed_church/
- Algemene Sinode. Nederduits Gereformeerde Kerk. http://www.ngkerkas.co.za/index.php/wie-is-ons/geskiedenis/
- Lombard, R.T.J. (1980) Ermelo, 1880 – 1980. Stadsraad van Ermelo, 1980. V&R Drukkery (Edms) Bpk: Pretoria
- Eeufees-Gedenkboek van die Gemeente Ermelo, 1870 – 1970. Uitgegee in 1970 deur die Kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente, Ermelo, Transvaal. Hoëveld Pers: Ermelo
- NG Gemeente Ermelo. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Ermelo
- Huweliksinskrywing van Jacob en Grieta Munnik. NHK Ermelo Register. South Africa, Transvaal, Civil Marriages, 1870-1930, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:QPH6-8QR6 : 27 September 2019), Jacob Cloete Munnik and Margaretha Cornelia Meyer Swart, Ermelo, Ermelo; citing Marriage, , NARS Civil registration (marriages – coloureds), Transvaal and Swaziland, 1898-1927. The National Archives and Records Service of South Africa, Pretoria
- Esaias Engelbertus Meyer. https://www.geni.com/people/Esaias-Meyer/6000000036871793888
- Florence Guest Farm & Wedding Venue. http://www.florence.co.za/history/
- Kaart van Transvaal Provinsie, Unie van Suid-Africa. Kantoor van die Landmeter-Generaal, Pretoria, 1931. Leeskamer. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria
- Familie-joernaal en foto’s in Maart 2018 beskikbaar gemaak deur Bettie Kruger van Pretoria, kleindogter van Jaap en Grieta Munnik
- Onderhoud op 2 Oktober 2019 met Bettie Kruger te Pretoria, Gauteng
- Transportrekords van die plase Lake Banagner (ZAR nr. 181; Transvaal nr. 102 IT) en Knockdhu (ZAR nr. 178, Transvaal nr. 93 IT). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB RAK 2850
- Belydenisafleggings van Munnik-kinders. NHK Chrissiesmeer Register. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:QGT2-82RW : 12 August 2019), Esais Engelbertus Munnick, 1932; citing Membership, Chrissiesmeer, Ermelo, Transvaal, South Africa, Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria; FHL microfilm
- Habig, W.G. Eufeesuitgawe 1992. Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika – Gemeente Chrissiesmeer. https://archive.org/stream/nederduitschherv00chri/nederduitschherv00chri_djvu.txt
- Schalk Willem Jacobus Meyer. https://www.geni.com/people/Schalk-Willem-Jacobus-Meyer/6000000063319124871
- Sterfkennis en testament van Johannes Zacharias Swart. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG O/12483, 1897
- Grafte van Jan en Sannie Swart. Nuwe Begraafplaas, Ermelo, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
- Gilliomee, H. & Mbenga, B. 2007 Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad
- Illustrated history of South Africa. The real story. 1989 2nd Ed. Reader’s Digest Association South Africa (Pty) Ltd.: Cape Town
- Stevenson, D. (2004) 1914 – 1918. The history of the First Word War. 1st Ed. Penguin Books (South Africa) (Pty) Ltd. Rosebank: Rosebank
- World War 1. https://en.wikipedia.org/wiki/World_War_I
- Battle of the Somme. https://military.wikia.org/wiki/Battle_of_the_Somme
- Uys, I.S. December 1986. The South Africans at Delville Wood. The South African Military History Society. Military History Journal, Vol 7(2). http://samilitaryhistory.org/vol072iu.html
- 1st Infantry Brigade (South Africa). https://en.wikipedia.org/wiki/1st_Infantry_Brigade_(South_Africa)
- Henry Lukin. https://en.wikipedia.org/wiki/Henry_Lukin
- We remember Edward Frank Thackeray. Lives of the First World War. https://livesofthefirstworldwar.iwm.org.uk/lifestory/5408840
- Deville Wood. Distinguished Service Order. http://www.delvillewood.com/dso.htm
- General Jan Christiaan Smuts. South African History Online. https://www.sahistory.org.za/people/general-jan-christiaan-smuts
- Jan Smuts. https://en.wikipedia.org/wiki/Jan_Smuts
- Cave, N. 1999 Delville Wood: Somme. 1st Ed. Leo Cooper, Pen & Sword Books Limited: Barnsley, South Yorkshire, England. https://books.google.co.za/books?id=LOjNAwAAQBAJ&pg=PA58&lpg=PA58&dq=wec+tanner&source=bl&ots=rS2MyQd3Tw&sig=ACfU3U1SGeEAFcHINGFUoFZ8O75igCOBLA&hl=en&sa=X&ved=2ahUKEwjw04OQl57lAhXgQkEAHcgwCjMQ6AEwEXoECAkQAQ#v=onepage&q=wec%20tanner&f=false
- Drie dae tussen dooies op slagveld gelê. Die Hoëvelder Koerant, Ermelo. Koerantberig in besit van Bettie Kruger van Pretoria
- Bejaarde sterf in ongeluk. Die Hoëvelder Koerant, Ermelo. Koerantberig in besit van Bettie Kruger van Pretoria
- Huweliksinskrywing van Jan en Sannie Swart. NHK Ermelo Register. South Africa, Transvaal, Civil Marriages, 1870-1930, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:QPSF-4Q92 : 27 September 2019), Johannes Zacharias Swart and Susanna Engela Dorothea Bester, Ermelo, Ermelo; citing Marriage, NARS Civil registration (marriages – coloureds), Transvaal and Swaziland, 1898-1927. The National Archives and Records Service of South Africa, Pretoria
- Transportrekords van die plaas Gemsbokheuwel (ZAR nr. 282, Transvaal nr. 87 IT). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB RAK 2850
- Sterfkennis en testament van Johannes Zacharias Swart. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 7418/62, 1962
- Rekords van geboorte, huwelike en afsterwe van Swart-kinders. https://www.identitynumber.org
- Lidmaatskaprekord van Jan Swart en Hybrecht Klaassen (née Munnik). NHK Chrissiesmeer Register. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:Q231-TRXY : 12 August 2019), Johannes Zacharias Swart, 1939; citing Membership, Chrissiesmeer, Ermelo, Transvaal, South Africa, Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria; FHL microfilm 1,560,754
- Lombard, R.T.J. 1981 Torbanite – ‘n dorp te koop. https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/5159
- Besoek aan Breyten en Torbanite op 1 Julie 2019 deur Bettie Kruger en Alta Jamison, kleindogter en agterkleindogter van Jaap en Grieta Munnik
- Merebank Concentration Camp. British Concentration Camps of the South African War, 1900 – 1902. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Histories/Pietersburg
- Lidmaatskaprekord van Hannie Kotzé (née Munnik). South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991. Database with images. FamilySearch. https://FamilySearch.org : 2 August 2019. Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Sterfkennis en boedel van Petrus Jacobus Gerhardus Jacobs jnr. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 7283/75, 1975
- Lidmaatskaprekord van Jacob Cloete Munnik en sy kinders. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:QP8C-7QYK : 12 August 2019), Jacob Cloete Munnik, 12 Aug 1945; citing Membership, Breyten, Ermelo, Transvaal, South Africa, Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria; FHL microfilm
- Rekord van geboorte, huwelik en dood van Schalk Willem Munnik. https://www.identitynumber.org
- Rekord van geboorte, asook tweede huwelik van Schalk Willem Munnik. https://gendatabase.com
- Rekord van geboorte, huwelik en dood van Japie Munnik jnr. https://www.identitynumber.org
- Aanneming van Japie Munnik jnr. Parish registers, Nederduitsch Hervormde Kerk, Breyton (Transvaal), 1942-1987. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99Z5-T9LG?i=48&cc=2155416&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3A7K7H-BJPZ
- Inligting en foto’s ontvang op 12 Desember 2020 van Tokkie de Swardt van George, Westelike Kaapprovinsie, ‘n kleindogter van Jaap en Grieta Munnik
- Schalk en Martha Civil registration (marriage certificates), Pretoria (Transvaal), 1879-1966 https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-49QH-X?i=450&cat=692992
- Rekord van geboorte en dood van Martha Johanna Munnik (née Roos). https://www.identitynumber.org
- Taylor, A. 4 September 2011. World War 11: The North Africa Campaign. The Atlantic. https://www.theatlantic.com/photo/2011/09/world-war-ii-the-north-african-campaign/100140/
- Onderhoud op 20 Oktober 2019 met Schalk en Thea Jacobs te Pretoria, Gauteng, Addisionele inligting ontvang van Thea Jacobs op 27 Augustus 2023
- Doopinskrywing van Tokkie Munnik. Parish registers, Nederduitsch Hervormde Kerk, Breyton (Transvaal), 1942-1987. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-L9Z5-5GB8?i=235&cc=2155416&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AWM2V-N92M
- Doopinskrywing van Monica Munnik. Parish registers, Nederduitsch Hervormde Kerk, Breyton (Transvaal), 1942-1987. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-T9LR?i=17&cc=2155416&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3A7VVS-5TW2
- Huweliksrekords van Monica Munnik en Laura Olivier. https://www.identitynumber.org
- Monica Krey Ceramics. https://monicakrey.com/
- Modern Nostalgia in Ermelo. http://www.topbilling.com/articles/Modern-Nostalgia-in-Ermelo.html?articleID=2913
- Grafte van Sys en Hannie Munnik. Hendrina Begraafplaas, Hendrina, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
- Rekord van geboorte, tweede huwelik en dood van Esaias Engelbertus Munnik. https://gendatabase.com
- Sterfkennis en boedel van Petrus Jacobus Gerhardus Jacobs snr. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB MHG 5496/46, 1946
- Manzini, Eswatini. https://en.wikipedia.org/wiki/Manzini,_Eswatini
- Eswatini. https://en.wikipedia.org/wiki/Eswatini
- Begrafnisbrief van Peet Jacobs. In besit van Schalk en Thea Jacobs van Pretoria, Gauteng
- Begrafnisbrief van Willie Jacobs. In besit van Schalk en Thea Jacobs van Pretoria, Gauteng
- Begrafnisbrief van Grieta Joubert (née Jacobs). In besit van Schalk en Thea Jacobs van Pretoria, Gauteng
- Begrafnisbrief van Jan Jacobs. In besit van Schalk en Thea Jacobs van Pretoria, Gauteng
- Begrafnisbrief van Piet Jacobs. In besit van Schalk en Thea Jacobs van Pretoria, Gauteng
- Doopinskrywings van Johannes Zacharias Jacobs en Catharina Maria Susanna Voges. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99Z5-P9MF-F?cc=2155416&wc=QZV2-BGJ%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315476%2C1589394217 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Noordelike Pretoria > Christenings, memberships, 1934-1952 > image 24 of 205; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria.
- Doopinskrywings van Schalk Willem Jacobs en Martha Johanna Voges. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99Z5-P17X?cc=2155416&wc=QZV2-1C5%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315640%2C1589394173 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Noordwestelike Pretoria > Christenings, memberships, 1940-1952 > image 3 of 520; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Graf van Jacob Cloete Jacobs. Ou Begraafplaas, Breyten, Mpumalanga. https://graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=1011871
- South African Border War. https://en.wikipedia.org/wiki/South_African_Border_War
- The Recce’s. http://www.recce.co.za/about-us-the_recces/
- Rekord van geboorte, huwelik en dood van Martha Johanna Voges (née Munnik). https://www.identitynumber.org
- Doopinskrywing van Martha Johanna Munnik. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:7ZS1-4WT2 : 12 August 2019), Jacob Cloete Munnik in entry for Martha Johanna Munnik, 1909
- Huweliksinskrywing van Martha Munnik en Willie Voges. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BB-R3MH-D?cc=2727134
- Doopinskrywing van Magrieta Cornelia Voges. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99Z5-P9MV-2?cc=2155416&wc=QZV2-BGJ%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315476%2C1589394217 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Noordelike Pretoria > Christenings, memberships, 1934-1952 > image 10 of 205; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa),Pretoria
- Doopinskrywing van Willem Christiaan Voges. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-P1J4?cc=2155416&wc=QZV2-BGJ%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315476%2C1589394217 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Noordelike Pretoria > Christenings, memberships, 1934-1952 > image 104 of 205; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Martha Magrieta Voges. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-L9Z5-P157?cc=2155416&wc=QZV2-BGJ%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315476%2C1589394217 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Noordelike Pretoria > Christenings, memberships, 1934-1952 > image 120 of 205; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Rekords van geboorte, huwelike en afsterwe van Voges-kinders. https://www.identitynumber.org
- Begrafnisbrief van Marius van Rooyen. In besit van Hantie Nel van Pretoria, sy grootniggie een maal verwyder.
- Rekord van Roy van Rooyen se sterfdatum en tweede huwelik met Sannie Jacobs. https://www.identitynumber.org/research/marriage-transcriptions-results1.php?id=16412152
- Rekord van geboorte en dood van Magrietha Cornelia van Biljon (voorheen Van der Spuy, née Munnik). https://www.identitynumber.org
- Doopinskrywings van Magrietha Cornelia Munnik en Elizabeth Anna Gertruida Munnik. “South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991,” database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-L9Z5-5N3B?cc=2155416&wc=QZV2-BPC%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315614%2C1589393952 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Chrissiesmeer > Christenings, memberships, 1892-1988 > image 31 of 219; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Lewis
- Ds. Johannes Gerhardus Marthinus Dreyer, Tweeling. https://www.geni.com/people/Ds-Johannes-Gerhardus-Marthinus-Dreyer-Tweeling/6000000027827451929
- Inligting ontvang op 19 Februarie 2019 van Rita Moodie en Valerie Breytenbach, kleindogters van Grieta en Dirk van der Spuy.
- Pieter Hendrik Eliezer Boonzaier, b5c7d1. https://www.geni.com/people/Pieter-Boonzaier-b5c7d1/6000000001305352594
- Rekord van geboorte, huwelik en dood van Elizabeth Anna Gertruida Janse van Vuuren (née Munnik). https://www.identitynumber.org
- Huweliksinskrywing van Bettie Munnik en Bert van Vuuren. South Africa, Transvaal, Civil Marriages, 1870-1930, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BB-R347-K?cc=2727134 : 27 September 2019), > image 1 of 1; Citing NARS “Civil registration (marriages – coloureds), Transvaal and Swaziland, 1898-1927.” The National Archives and Records Service of South Africa, Pretoria
- Lidmaatskap van Elizabeth Anna Gertruida Munnik te NHK Breyten. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991,” database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-89Z5-T9J7?cc=2155416&wc=QZV2-145%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315554%2C1589394226 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Breyten > Christenings, memberships, 1945-1987 > image 48 of 87; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Lidmaatskap van Elizabeth Anna Gertruida Munnik te NHK Volksrust. Lidmaatskap van EAG Munnik. “South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991,” database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99Z5-PP45?cc=2155416&wc=QZV2-BPT%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315489%2C1589394082 : 18 December 2018), South Africa > Transvaal > Volksrust > Christenings, marriages, 1892-1971, book 2 > image 181 of 238; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Waterbul. Food Lovers’ Recipes. http://www.foodloversrecipes.com/2015/05/waterbul/
- Doopinskrywing van Jan Lodewyk Janse van Vuuren. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-F99R-C?cc=2155416&wc=QZV2-BZ5%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315614%2C1589394408 : 22 September 2019), South Africa > Transvaal > Chrissiesmeer > Christenings, index, memberships, 1916-1955 > image 36 of 170; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Jacob Cloete Janse van Vuuren. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-PPJY?cc=2155416&wc=QZV2-BPT%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315489%2C1589394082 : 18 December 2018), South Africa > Transvaal > Volksrust > Christenings, marriages, 1892-1971, book 2 > image 68 of 238; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Albertus Abraham Janse van Vuuren jnr. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-F99R-C?cc=2155416&wc=QZV2-BZ5%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315614%2C1589394408 : 22 September 2019), South Africa > Transvaal > Chrissiesmeer > Christenings, index, memberships, 1916-1955 > image 36 of 170; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Magrietha Cornelia Janse van Vuuren. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-89Z5-P5K4?cc=2155416&wc=QZV2-BPT%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315489%2C1589394082 : 18 December 2018), South Africa > Transvaal > Volksrust > Christenings, marriages, 1892-1971, book 2 > image 75 of 238; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Rekord van geboorte, huwelik en dood van Schalk Willem Janse van Vuuren. https://www.identitynumber.org
- Doopinskrywing van Stephanus Petrus Janse van Vuuren. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-89Z5-T9TG?cc=2155416&wc=QZV2-145%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315554%2C1589394226 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Breyten > Christenings, memberships, 1945-1987 > image 4 of 87; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Christina Louisa Magrietha Janse van Vuuren. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-89Z5-T9YQ?cc=2155416&wc=QZV2-145%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315554%2C1589394226 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Breyten > Christenings, memberships, 1945-1987 > image 5 of 87; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Graf van Schalk Willen Janse van Vuuren. Ou Begraafplaas, Volksrust, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
- Doopinskrywing van Sys Munnik. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:781J-NSZM : 12 August 2019), Jacob Cloete Munnick in entry for Esaias Engelbertus Munnick, 1914
- Doopinskrywing van Nela Munnik. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:7HF7-25W2 : 12 August 2019), Jacob Cloete Munnik in entry for Cornelia Johanna Margaretha Etrecia Munnik, 1916
- Huweliksinskrywing van Nela Munnik en Gert Pieterse. South Africa, Civil Marriage Records, 1840-1973, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSJY-NSRD-X?cc=2821281 : 6 July 2021), > image 1 of 1; Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives), South Africa
- Lidmaatskap-inskrywing van Gert Pieterse te NHK Chrissiesmeer. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-F999-K?cc=2155416&wc=QZV2-BZ5%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315614%2C1589394408 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Chrissiesmeer > Christenings, index, memberships, 1916-1955 > image 137 of 170; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Gerhard Pieterse. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-RGTH?cc=2155416&wc=QZV2-1X1%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315474%2C1589394089 : 3 March 2020), South Africa > Transvaal > Eloffsdal > Christenings, memberships, 1953-1988 > image 4 of 178; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Magriet Pieterse. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-F99P-N?cc=2155416&wc=QZV2-BZ5%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315614%2C1589394408 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Chrissiesmeer > Christenings, index, memberships, 1916-1955 > image 49 of 170; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Sarel en Ans Pieterse. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9Z5-NS5M?cc=2155416&wc=QZV2-14H%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315431%2C1589394051 : 22 September 2019), South Africa > Transvaal > Ermelo > Christenings, memberships, 1916-1952 > image 55 of 160; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Japie Pieterse. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-89Z5-T9YQ?cc=2155416&wc=QZV2-145%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315554%2C1589394226 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Breyten > Christenings, memberships, 1945-1987 > image 5 of 87; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Begrafnisbrief van Japie Pieterse. In besit van Schalk en Thea Jacobs van Pretoria, Gauteng
- Rekord van geboorte, tweede huwelik en dood van Hybrecht Catharina Louw (voorheen Klaassen, née Munnik). https://www.identitynumber.org
- Doopinskrywing van Breggie Munnik. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991″, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:7Z9J-F1MM : 12 August 2019), Jacob Cloete Munnik in entry for Heybrecht Catharina Munnik, 1919
- Claassen, N. & Claassen, G.H. 2001 Die Claas(s)en afstammelinge in Suid-Afrika. 1ste Ed. Mari-tech Drukkers: Centurion
- Begrafnisbrief van Breggie Louw (voorheen Klaassen, née Munnik). In besit van Schalk en Thea Jacobs van Pretoria, Gauteng
- Strauss, E. 15 September 2014. Wonderboompoort police made several arrests. Rekord Koerant, Pretoria Moot. https://rekordmoot.co.za/24722/wonderboompoort-police-have-made-several-arrests-this-week/
- Rekord van geboorte, huwelik en dood van Johanna Elizabeth Kotzé (née Munnik). https://www.identitynumber.org
- Doopinskrywing van Hannie Munnik. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:7C1P-L2N2 : 12 August 2019), Jacob Cloete Munnik in entry for Johanna Elizabeth Munnik, 1924
- Begrafnisbrief van Hannie Kotzé (née Munnik). In besit van Schalk en Thea Jacobs van Pretoria, Gauteng
- Doopinskrywing van Grieta Kotzé. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99Z5-TSQF?cc=2155416&wc=QZV2-145%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315554%2C1589394226 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Breyten > Christenings, memberships, 1945-1987 > image 6 of 87; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Doopinskrywing van Daan Kotzé. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-L9Z5-T9TP?cc=2155416&wc=QZV2-145%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315554%2C1589394226 : 2 August 2019), South Africa > Transvaal > Breyten > Christenings, memberships, 1945-1987 > image 16 of 87; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
Roll of Honour. 3 July 1990. Modderfontein Factory. AECI Explosives and Chemicals Limited. Received on 27 October 2021 from Lodwick Mahasha, Museum Curator, AECI Dynamite Company Museum, Modderfontein, Johannesburg
Boedel van Daniel Willem Lamb Voges. TAB MHG 1874, 1974
Willem Jacob Frederick Chrsitiaan Voges TAB MHG 2268, 1967