Wenzel Christoffel Coetzer I (1796-1879)
1. Sy kinderjare
Wenzel, ook soms genotuleer as Wensel, was die agste van twaalf kinders wat vir sy ouers, Pieter Willem Coetzer (1753 – 1839) en Anna Susanna Jordaan (1757 – ?), gebore is.1,2 Wenzel het die lewenslig op 1 Oktober 1796 aanskou. Drie maande later op 17 Januarie 1797 is hy gedoop in NGK Drakenstein (in 1804 herdoop na NGK Paarl), vermoedelik deur ds. Robert Nicolaas Aling (1784 – 24 April 1800 [oorlede in die amp]). Wenzel se oom en aangetroude tante, Wenzel Christoffel Coetzer (1760 – 1842) en Jacoba Jordaan (1768 – 1857), was teenwoordig as sy doopgetuies.1-5Wenzel se ouers het aanvanklik op die plaas Rietrivier in die wyk Agter-Kogmanskloof in Swellendam distrik gewoon, maar het later ooswaarts getrek en teen 1788 was hulle reeds woonagtig in die grensdistrik Graaff-Reinet.1,6 Die distrik het in 1786 tot stand gekom, maar die NGK-gemeente is eers in 1792 gestig.4,7 Hoewel van Wenzel se ouer en jonger sibbe in NGK Graaff-Reinet gedoop is, is Wenzel interessant genoeg in NGK Drakenstein gedoop. Sy ouers was waarskynlik per ossewa op besoek aan familie wat nog in daardie omgewing gewoon het en moontlik ook nog oppad na Kaapstad om hul produkte te verkoop, nuwe voorrade aan te koop en die jaarlikse huurkontrak van hul leenplaas by die Kaapse Owerheid te hernu.7-10
2. Sy vrou
2.1 Elizabeth Helena van Heerden
Die 22-jarige Wenzel het op 15 November 1818 in NGK Cradock met die 14-jarige Elizabeth Helena “Elenor” van Heerden in die huwelik getree.2,11,12 Haar ouers, Pieter Schalk van Heerden (ca ≈13 November 1757, NGK Stellenbosch – ca 1814, Buffelskloof-omgewing, wyk George) en Anna Hendrina Kruger/Krugel (≈1 November 1782 – 1808),2,13-15 was reeds albei oorlede ten tye van haar huwelik en sy het waarskynlik by een van haar ooms of tantes gebly. Elenor was die halfsuster van Pieter Schalk van Heerden (1788 – 1864) wat met Wenzel Coetzer se ouer suster, Anna Susanna Coetzer (1794 – 1878), getroud was.1,2,15 Elenor is op 26 September 1803 gebore en as vier maande-oue baba op 10 Februarie 1804 te Tulbagh gedoop.4,13 Sy is op die ouderdom van 28 jaar en drie maande teen ongeveer twaalf uur die middag op 11 Januarie 1832 oorlede, na ‘n huwelik van 13 jaar waaruit ses kinders (een tweeling) gebore is. Haar kinders was toe onderskeidelik 11, 7, 4 en 3 jaar oud.11,16-20 (Haar tweede kind was toe reeds oorlede).112.2 Anna Maria Petronella Steenkamp (née Potgieter)
Drie maande nadat Wenzel se eerste vrou oorlede is, het hy vir ‘n tweede keer getrou met die 38-jarige weduwee Anna Maria Petronella Steenkamp (née Potgieter) (≈15 Desember 1793 – ca begin November 1837, plaas Driefontein, huidige Bethlehem distrik, Vrystaat). Die huwelikseremonie het op 14 April 1832 te NGK Cradock plaasgevind.2,12,21,22, Anna Potgieter was die dogter van Jacobus Christoffel Potgieter (1765 – 1811) en Maria Margaretha Jordaan (née De Wet) (1775 – 1831). Anna se broer was die Voortrekkerleier en Voortrekkerkommandant, Jacobus Christoffel “Koos Grootvoet” Potgieter (≈22 Maart 1801 – ca 1849) van die plaas Beestekraal in wyk Tarka, wat vanaf 1831 tot 1834 die Veldkornet van die wyk was.2,12,22,23
Koos Grootvoet was getroud met Geertruyda Maria Steenkamp (*5 Oktober 1801, ≈25 November 1801, NGK Graaff-Reinet – ?), dogter van Jan Harmse Steenkamp (1761 – >1820) en Johanna Helena du Plessis (1769 – ?). Geertruyda se broer, Johannes Harm(en) “Jan” Steenkamp (≈25 Februarie 1790, plaas Smaldeel, wyk Tarka – <22 Junie 1831, plaas Beestekraal, wyk Tarka) was weer getroud met Anna Potgieter en saam het hulle tien kinders gehad het. Hulle was Jan Harmen (9 Januarie 1810 – 2 Junie 1839, Natal), Johanna Helena (*12 April 1813, vermoedelik jonk oorlede), Maria Petronella (12 Junie 1811 – ?), Jacobus Christoffel (18 Augustus 1815 – 2 Junie 1839, Natal), Johanna Helena (Februarie 1818 – 20 Januarie 1850, Queenstown), Petrus Ignatius Lourens (20 Februarie 1820 – 29 April 1901), Isabella Cornelia (26 Mei 1822 – ?), Susanna Aletta Catharina Magdalena (18 Junie 1824 – ?), Johannes Jurgen (25 Oktober 1826 – ?) en Thomas Ignatius (3 Desember 1828 – 31 Maart 1890, Makateeskop, distrik Utrecht, ZAR).2,12,21-24
Nadat Jan Steenkamp oorlede is, het Anna met Wenzel Coetzer in die huwelik getree. Wenzel moes dus skielik pa-staan vir 15 oorlewende kinders in totaal. ‘n Seun, Phillipus Christoffel Johannes Rudolph, is vir Wenzel en Anna gebore voordat Anna op 44-jarige ouderdom tydens die Groot Trek oorlede is, toe hul seuntjie maar net drie jaar oud was.2,12,21-24
2.3 Catharina Susanna Labuschagne (née Hatting)
Eers na bykans 20 jaar na die afsterwe van sy tweede vrou, het die 59-jarige Wenzel weer in die huwelik getree op 16 Mei 1856 te NGK Ladysmith in Britse Natal. Wenzel se derde vrou was die 47-jarige Catharina Susanna Hatting (ca 1809 – >1879).2,12,25 (Verwysing 12 gee haar doopdatum as 23 Desember 1798). Sy was die weduwee van die Voortrekker, Frans Jacobus Labuschagne (*1 Maart 1797, ≈3 Desember 1797, NGK Tulbagh, †17 Junie 1853, Swartruggens, Zuid-Afrikaansche Republiek [ZAR]),12 en was Wenzel Coetzer se eerste neef een maal verwyder.26 Kort voor sy dood het hy op die plaas, Dageraad, in distrik Utrecht in die suide van die ZAR gewoon, en het ook die plaas Palmietfontein (later herdoop na Concordia) in Ladysmith-omgewing besit.12 Die NGK gemeente in Ladysmith is op 29 April 1854 gestig, en vir die eerste vyf jaar is die gemeente bedien deur die besoekende predikant van NGK Pietermaritzburg, ds. Hendrik Emmanuel Faure, voordat die gemeente sy eerste eie, permanente predikant gekry het. Dit was die einste ds. Faure wat Wenzel en Catharina in die huwelik bevestig het.4,25 Dit lyk nie of enige kinders uit hierdie egverbintenis gebore is nie. NOTA: ‘Ladismith’ soos op die rekord aangeteken verwys na die teenswoordige dorp, Ladysmith in KwaZulu-Natal en moet nie verwar word met Ladismith in die Wes-Kaap nie. Laasgenoemde is ‘n klein gemeenskappie wat nestel teen die suidelike voetheuwels van die Swartberge.
3. Sy beroep
Wenzel en sy eerste vrou het gewoon op die plaas Wild Bosch (Wildbos) in die droë Tarka wat aan die Oosgrens geleë was. Hierdie plaas het aan Hendrik Jacobus van Heerden, vermoedelik ‘n familielid van Elizabeth, behoort.2,11 Teen die 1830’s was die lewe in die Tarka – geleë in die Groot-Karoo – hard en onseker. Die naaste kerk en handelaars was op Cradock – twaalf ure per ossewa en bykans vier ure te perd ver. Veelvuldige droogtes, peste en sprinkaanplae het oeste en weiding vernietig. Daarby het die gereelde veediefstalle en beskadiging van eiendomme deur die naburige Xhosas die gevoel van onveiligheid onder die burgers laat toeneem en het dit herhaaldelik tot direkte konfrontasies gelei. Wenzel self het twee Anglo-Xhosa Oorloë beleef; die Vyfde Oorlog (1818 – 1919) en Sesde Oorlog (11 Desember 1834 – 17 September 1836). Verder het die Britse regering groter politieke en ekonomiese druk op die grensboere geplaas deur die verhoogde grondpryse, ‘n skerp toename in inkomstebelasting, die gevolglike arbeidstekort weens die afskaffing van slawerny, asook die daadwerklike verengelsing van die Kaapse staatskantore (Hollands is as voertaal afgeskaf), die NG Kerk (Skotse predikante is aangestel) en Boere gemeenskappe (Britse immigrante is van plase voorsien in die grensdistrikte). Die antagonisme van Britse sendelinge in die grensdistrikte was ook olie op die vuur.7,10,27,28 Wenzel Coetzer sou teen 1837 ook sy wa pak, sy veertien osse inspan en soos honderde ander grensboere, met sy gesin die binneland intrek op soek na ‘n beter lewe, ver weg van Britse beheer.12Wenzel se eerste vrou is egter in 1832 oorlede. ‘n Voorraadopname van hul gesamentlike besittings is aan die Weesheer verskaf, wat op 14 Maart 1832 op Wildbos onder toesig van W.J. Hoath, agent van die Weesheer, plaasgevind het. Wenzel en Elenor het nie vaste eiendom besit nie. Hul basiese besittings het ingesluit 1 bed, 1 seeppot, 4 potte, 1 geriffelde ysterpan, 1 skeplepel, 3 koper teeketels, 2 klein emmers, 1 strykyster, 1 porselein waterbeker, 1 blikwaterbeker, 1 keramiekbottel, 1 tin(pewter) pot, 2 broodblikke, 2 stowe, 1 sif, 1 kolehouer, 1 graaf, 1 byl, 1 saag, 2 pewter opskepbakke, 7 lepels, 8 vurke, 2 ysterkandelare, 1 kerssnuiter, 1 blik souspan, 1 teepot, 1 tafel, 1 waterhouer, 1 vleisbak, 1 handklok, 1 wa, 1 saal en toom, 2 gewere, 1 wakis, 1 ou kis, 4 sakke mielies, 3 saalperde, 5 merries, 14 osse, 40 koeie insluitende
kalwers, 388 skape en 76 bokke. Hulle het ook net een slavin gehad, naamlik die 24-jarige Ragel met ‘n sewe maande-oue babadogter van haar eie, genaamd Regina (*18 September 1831). Ten tye van die opname was daar geen kontant in die huis nie.11 Die getuies wat moes bevestig dat die opname korrek en volledig uitgevoer was, was W.J. van Heerden, waarskynlik ‘n familielid, en Ezra Ridgard (1790, Holywell, Wales – 1866, Queenstown, distrik Victoria, Britse Kaapkolonie), oorspronklik ‘n Britse setlaar wat op 30 April 1820 saam met John Pringle (1791 – 1864) se geselskap op die skip, Brilliant, gearriveer het, en ‘n plaas aan die Baviaansrivier in distrik Graaff-Reinet (later bekend as wyk Glen Lynden in distrik Somerset) ontvang het.7,10,11,29,30 Ridgard se verbintenis met die Coetzers in die 1830’s is nie duidelik nie – hy was mootlik ‘n familievriend of ‘n buurman.
Vir Wenzel wat skielik ses jong kinders moes versorg terwyl hy ook na sy boerdery moes omsien, en net een slavin om die huishouding en etes te behartig, het hy waarskynlik oorweldig gevoel en is dit seker nie vreemd dat Wenzel so vinnig na sy vrou se afsterwe, weer in die huwelik getree het nie. Sy tweede vrou, Anna Maria Petronella Steenkamp (née Potgieter), weduwee van Johannes Harm(en) “Jan” Steenkamp (1790 – ca 1831), van die plaas, Beestekraal, het waarskynlik ‘n soortgelyke behoefte aan versorging gehad, asook die stabiliteit en beskerming van ‘n vaderfiguur vir haar nege oorlewende kinders (tussen 22 en 3 jaar oud).21 Dis nie seker of Wenzel na sy tweede huwelik op Wildebos aangebly het, of na Beestekraal verhuis het, of op ‘n totaal ander plaas in die Tarka gaan woon het nie.
Met twee swaers wat uiteindelik leiers van hul eie trekgeselskappe tydens die Groot Trek was, is dit geen verrassing dat Wenzel en sy gesin ook deelnemers aan hierdie epiese tog was nie. Hy het dus heelwaarskynlik met een van hierdie groepe saamgetrek maar of hy saam met sy swaer, Koos Grootvoet Potgieter, van die plaas Beestekraal, of met sy vrou se half-suster, Susanna Geertruida Jordaan (1805 – ?) en haar eggenoot, Jan du Plessis, vertrek en beweeg het, is nie duidelik nie. Beide die trekgeselskap van Johannes Harmen “Jan” du Plessis (29 Augustus 1801 – 21 Februarie 1877, plaas Du Plessiskraal, Harrismith, Republiek van Oranje-Vrystaat) en Koos Potgieter het in Oktober 1837 uit die Tarka vertrek. Later, in Natal, het die twee laers deurgaans naby mekaar oorgestaan sodat dit as die “Dubbel Laer” bekend was. Met ondertrouery wat oorvloedig was tussen die Potgieters, Steenkamps, Du Plessis’s, Jordaans en Coetzers is dit nie vreemd dat hierdie twee trekgeselskappe weens onderlinge familiebande ‘n noue assosiasie met mekaar gehad het nie.2,12,22,23,27,31 Uit Wenzel Coetzer se eie Coetzer-geledere het ook twee ooms, een tante, een neef en sewe eerste-neefs/niggies deelgeneem aan die Groot Trek onder verskillende Voortrekkerleiers. Van hierdie gesinne het saam met Jan Du Plessis getrek, die ander saam met Koos Potgieter.1,2,12 Van Wenzel se reeds getroude Steenkamp-stiefkinders het saam met Du Plessis getrek.12 Dis egter moeilik om te bepaal met watter geselskap Wenzel Coetzer homself die meeste geassosieer het, maar dat sy ossewa iewers in die Dubbel Laer te vinde was, kan met redelike sekerheid aangeneem word. Afhangende van die terrein, was die snelheid van die ossewaens gemiddeld ongeveer 5 km per uur. As die reis voorspoedig was, kon ’n trekker tot 32 km per dag aflê. Die osse moes gewoonlik rus nadat hulle so drie ure lank getrek het. Dis ‘n “skof” genoem. Gewoonlik vroeg in die oggend het die waens in beweging gekom, oor die warmste gedeelte van die dag gestop om te rus en laatmiddig ‘n tweede skof aangepak, en selfs ‘n derde skof in die nag as die terrein en naglig dit toegelaat het. Die trekpad het baie gevare en ontberings ingehou: donderstorms, haelbuie, ysige winternagte, versengende hitte, roofdiere, slange en giftige insekte, riviere wat gekruis moes word, ruie bosse waardeur ‘n pad oopgekap moes word, steiltes, klowe, ossewaens wat omval, vassit of weghol, asook aanvalle deur omliggende inboorlingstamme, veral die Zoeloes wat 1838 ‘n nagmerriejaar vir die Voortrekkers gemaak het.12,27,28
Wenzel Coetzer se tweede vrou is oorlede naby die huidige dorp, Bethlehem, ongeveer 130 km wes van waar die Voortrekkergroepe die Drakensberge via verskeie bergpasse sou oorsteek na Natal.21,22,32 Teen 20 November 1837 was die Voortrekkers reeds aan die voet van Oubergpas in die groen, grasryke Tugelavallei, en het ‘n dag of wat later vir ongeveer twee weke langs die Tugelarivier uitgespan (Venterslaer). Vanaf 10 tot 28 Desember 1837 het die laers in die omgewing van die teenswoordige plase, Schoongesicht en Malta, vertoef. Teen 16 Januarie 1838 het die meeste laers naby Doornkop gestaan, waarna vele groepe hulle waens wyd verprei het oor ‘n area tussen die Bloukrans- en Boemasmanrivier en Rensburgkoppie (naby huidige Escourt). Op 25 Januarie 1838 het Piet Retief met 70 blanke mans en 33 gekleurde helpers en agteryers na die Zoeloekoning, Dingane ka Senzangakhona Zulu se hoofkraal, Umgungundlovu (Dingaanstat) vertrek om grond by Dingane te koop. Die hele geselskap is egter grusaam vermoor deur Dingane se impi’s (soldate) op 6 Februarie 1838. Onder hierdie vermoordes was Wenzel Coetzer se vrou, Anna, se swaer, Pieter Georg Jordaan (20 Maart 1803 – 6 Februarie 1838) wat met haar suster, Isabella Cornelia Steenkamp (née Potgieter) (12 Desember 1802 – 1877) getroud was. Kort daarna op 17 Februarie 1838 is kleiner Voortrekkerlaers en familiegroepe wat langs die Bloukrans- en Boemansrivier – in die omgewing van die huidige dorpe, Colenso, Frere en Weenen – gekamp het, deur die Zoeloes uitgemoor. Die oorblywende kleiner familietrekgroepe het hul daarna teruggehaas na Doornkop-omgewing waar wyle Retief se laer was. Ses groter treklaers is gevorm om beter beskerming te bied en het so saam gelaer tot ongeveer einde Januarie 1839. Individuele gesinne het wel tussen die verskillende laers rondgetrek. Hierdie laers was by Doornkop, Strydpoort en Frere (Plessislaer). Laasgenoemde was Du Plessis en Potgieter se Dubbel Laer van 170 waens, wat reeds teen 2 April 1838 daar gestaan het, en waar wewenaar Wenzel Coetzer (toe 41 jaar oud) en sy kinders hulself waarskynlik ook bevind het.7,12,23,27,31,32In weerwraak op die moord op Piet Retief en sy manskappe het die trekkers ‘n strafkommando per perd teen die Zoeloes uitgestuur, maar dit het misluk. Of Wenzel Coetzer onder die 347 kommandolede was, is nie bekend nie, maar daar was wel manne teenwoordig vanuit die laer van Koos Potgieter, wat tweede-in-bevel was onder kmdt. Piet Uys. Na die die neerlaag van die Voortrekkers se strafkommando op 11 April 1838 te Italeni, het die Dubbele Laer op 13 April 1838 opgepak en suidweswaarts beweeg na Jacobus “Kobus” Uys (wyle Piet Uys se broer) se Modderlaer. Op 28 Mei 1838 het die twee leiers hul kampe verskuif en getrek na Saailaer, waar daar reeds ander laers was. Al die aanvalle, neerlae en verlies van geliefdes het die Voortrekkers swaarmoedig en verslae gestem. Daarby het kosvoorrade uitgedun en klere verslete begin raak. Baie het dit oorweeg om terug te draai Kaapkolonie toe, maar is veral deur die trekkervroue bemoedig. Teen Julie 1838 het heelwat Voortrekkers begin trek na Durban (voorheen Port Natal, gevestig in 1824 as hawe en Britse militêre basis; herdoop na Durban op 23 Junie 1835). Die Du Plessis-Potgieter-trek van 140 waens op daardie stadium, het egter agtergebly. Op 27 Julie 1838 het hulle nogeens saam met ander groepe verskuif agter beskikbare weiveld aan vir die groot troppe vee, asook om vuurmaakhout te bekom. Hulle het langs die Boesmansrivier laer gemaak (Gatsrand/Veglaer). Hier is die Voortrekkers op 13 en 14 Augustus 1838 egter weer onverwags deur ‘n groot Zoeloe-mag aangeval. Hoewel die Voortrekkers – waaronder Wenzel Coetzer en van sy volwasse kinders – hulself kon verweer, is ‘n groot klomp vee gebuit. Na hierdie aanval, op 26 Augustus 1838, het heelwat laers, o.a. Potgieter en Du Plessis se laers na Sooilaer getrek, waar daar reeds ander laers was. Op 6 November 1838 is met die beplanning van ‘n strafekspedisie teen Dingane begin, laerkommandante is aangestel, en daar is ooglopend met oorlogvoorbereidings begin. So het kmdt. Koos Grootvoet Potgieter begin om sluithekken vir die opening tussen die ossewaens se wiele te maak. Hulp het ook begin opdaag in die vorm van kommando’s uit die Kaapkolonie, Transoranje (Vrystaat) en vanaf Pietermaritizburg (gestig 23 Oktober 1838) en Durban. Op 22 November 1838 het die langverwagte leier, Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius met 60 manskappe in kmdt. Potgieter se laer gearriveer, en is ‘n paar dae later as hoofkommandant verkies. Al hierdie kommando’s en gekommandeerdes uit die bestaande laers het ‘n ent weg laer getrek (Skietdrift). Vandaar het 64 gevegs-ossewaens, 464 blanke mans, 59 helpers wat as wadrywers, touleiers, beeswagters of agteryers diens gedoen het en na die sowat 1 000 osse en perde moes omsien, asook ongeveer 60 Zoeloe-drosters wat drie Engelsmanne uit Port Natal vergesel het, op 3 Desember 1838 vertrek om ‘n roete te volg langs die hedendaagse nedersettings van Ladysmith, Wasbank en Dundee verby tot by ‘n oopte langs die Ncomerivier (later herdoop na Bloedrivier). Of die 41-jarige Wenzel Coetzer deel van hierdie groep was, is nie seker nie – slegs 385 van die 464 blanke deelnemers se name is bekend. Wat wel bekend is, is dat Wenzel se stiefseuns, Jan Harm Steenkamp (28 jaar) en Petrus Ignatius Lourens Steenkamp (18 jaar), en sy twee neefs, Johannes Jacobus Coetzer (ca 1795 – 1869) (42 jaar) en Philippus Jeremias Coetzer (1803 – 1877) (35 jaar) onder die dapper manne getel het. Ook was beide die leiers saam met wie Wenzel en sy voorgenoemde familielede getrek het, deel van die strafkommando; Koos Grootvoet Potgieter as een van die ses kommandante en Jan du Plessis as geestelike leier saam met Sarel Celliers. Hierdie strafkommando was egter anders as die voriges. Vier-en-sestig ossewaens, gepak met kruit, sluithekke, gewere, kos en klere, is ook saamgeneem vir beskerming tydens die aanval en die manne het hierdie keer hul diepe afhanklikheid van God, waar hulle elke aand oorgebly het, met ‘n geleesde gelofte bevestig. Op 15 Desember 1838 is weer laer getrek en voorbereidings vir ‘n verwagte skermustelings met die vyand is gemaak – ongeveer 15 000 Zoeloekrygers was in aantog! Voor die slag op die Sondag van 16 Desember 1838 begin het, het die Voortrekkers weer die gelofte voor God afgelê – dat as hulle gespaar sou word, hulle ‘n kerk sal bou en die dag as ‘n sabbat sal herdenk en hulle kinders van God se redding sal vertel. Die Zoeloes het die laer herhaaldelik onsuksesvol aangeval totdat Pretorius ná twee uur ‘n groep perderuiters beveel het om die laer te verlaat en die Zoeloes aan te val. In die struweling buite die laer het Pretorius ‘n assegaaiwond aan sy linkerhand opgedoen. Uiteindelik is slegs drie Voortrekkers gewond, teenoor meer as 3 000 Zoeloe-impi’s wat gesterf het.7,10,27,28,33,34 KYK HIER na ‘n uitstekende video wat die aanloop tot die Slag van Bloedrivier en die strategiese manoevers van die Zoeloes en Voortrekkers tydens die geveg uiteensit.
Na die Slag van Bloedrivier vanaf 16 Januarie 1839 het die meerderheid trekkers by Sooilaer begin om die laaste skof na Pietermaritzburg en ook Durban aan te pak op uitgetrapte paaie wat toe reeds goed bekend was. Die dorp, Pietermaritzburg is op 23 Oktober 1838 gestig. Die trekke van Jan du Plessis en Koos Potgieter het eindelik Pietermaritzburg op 31 Januarie 1839 bereik. In hierdie geselskap op daardie stadium was Eerwaarde Erasmus Smit (1778 – 1863), ‘n Nederlandse sendeling geaffilieer met Londense Sendinggenootskap, wat as nie-geordende predikant by die Voortrekkers in 1836 aangesluit het en hulle tydens hul tog so goed hy kon, bedien het, aangesien geen NGK predikant uit die Kaap wou saamtrek nie. In hul nuutgestigte Republiek van Natalia (1839 – 4 Mei 1843) was die verskillende Voortrekker-groepe egter genoodsaak om steeds in groot laers vir beskerming saamgetrek, aangesien die Zoeloes se mag nog nie gebreek was nie. Aan die einde van hul swaarky syn dit egter nog die einde niet, want op 2 Junie 1839 het ’n brand in die laer van Koos Grootvoet Potgieter uitgebreek. Alles is vernietig want die groot hoeveelheid kruit op die waens het veroorsaak dat die laer heeltemal uitgebrand het. Die trekkers in die kamp het net die klere aan hul lyf oorgehou. Vier mans en ’n paar kinders het omgekom, waaronder Wenzel Coetzer se stiefseuns, die 29-jarige Jan Harmen Steenkamp en Jacobus Christoffel Steenkamp, 24 jaar oud.4,7,10,12,27,32,35-37
Waar Wenzel Coetzer homself bevind het vir die volgende 17 jaar is onbekend, maar op 16 Mei 1856 tree hy te NGK Ladysmith in die huwelik met sy derde vrou.2,12,25 As hy al daardie tyd in Natal spandeer het, het hy die stigting van die Boere-Republiek van Natalia op 12 Oktober 1839 beleef, maar ook die Britse anneksasie daarvan drie jaar later op 12 Mei 1843.7,10,36 Hy het homself toe weereens onder die mag van Brittanje bevind; die einste ‘juk’ wat hy en soveel ander koloniste met bloed, sweet en trane probeer afskud het. Twee derdes van die Trekkers wat nog in Natal was, het na die anneksasie weggetrek na die Republiek van Winburg-Potchefstroom (1844 – 1848) of het oos getrek oor die Tugelarivier. Teen die einde van 1843 was daar slegs ongeveer 500 Voortrekkerfamilies in Natal oor, en teen Januarie 1847 het net 40 van die oorspronklike Voortrekkergesinne steeds in Natal gewoon. Die groep wat oos getrek het, het op 7 Januarie 1847 ‘n verdrag met die Zoeloekoning, Mpande kaSenzangakhona (1798 – 1872) geteken waarvolgens die grondgebied tussen die Tugela- en Buffelsrivier vir ‘n prys van 1 000 riksdaalders bekom is en die Republiek van Kliprivier gestig is. Hierdie republiek was egter van korte duur en ‘n paar maande later op 3 Februarie 1848 is dit deur Brittanje geannekseer en ingelyf by die res van die Britse Natalkolonie. As troosmiddel vir die oorblywende Voortrekkers is die dorp, Ladysmith in 1848 gestig sodat die gestasioneerde Britse soldate daar beskerming aan die burgers sou verleen teen moontlike inboorlingaanvalle.7,10,27 Ladysmith is vernoem na Sir Henry George Wakelyn “Harry” Smith (1787 – 1860) se Spaanse vrou, Juana María de los Dolores de León, ook bekend as Lady Smith. Harry Smith was die goewerneur van die Britse Kaapkolonie van 1847 tot 1852.7,10,38 Die NGK gemeente in Ladysmith is in 1854 gestig, waar Wenzel Coetzer twee jaar later vir ‘n derde keer getroud is.4,12,25 Dit wil voorkom dat Wenzel na die anneksasie van Natal weggetrek het en homself in die Republiek van Kliprivier gaan gevestig het, maar na die opvolgende anneksasie van Kliprivier in 1848, uiteindelik uitgewyk het na die ZAR, wat in 1852 tot stand gekom het.Hoeveel vee Wenzel Coetzer saamgeneem het met die Groot Trek en hoeveel uiteindelik die tog oorleef het, is ‘n raaiskoot. Gelukkig lyk dit teen die einde van sy lewe of hy wel daarin geslaag het om ‘n nuwe begin te gemaak het as ‘n veeboer en landbouer op sy eie plaas in die getemde binneland.39
4. Sy afsterwe
Wenzel Coetzer het die lewe gelaat op 82-jarige leeftyd op 24 Julie 1879 op die plaas Kleinfontein (ZAR no. 165, Transvaal nr. 3 HT) aan die oostelike voetheuwels van Elandsberg in die distrik Wakkerstroom in die ZAR. Dit was net noord van die Vaalrivier en die oorspronklike Kliprivier Republiek.39-41 Wanneer Wenzel verhuis het uit Natal na die ZAR is egter onbekend. Sy derde vrou, Catharina, en ses van sy sewe kinders het hom oorleef.39
NOTA: Op die sterfkennis is sy geboortejaar en sy vader se naam verkeerdelik genotuleer as onderskeidelik, 1795 (i.p.v. 1796) en Pieter Schalk Coetzer (i.p.v. Pieter Willem Coetzer).
5. Sy kinders
Al Wenzel Coetzer se kinders is in NGK Cradock gedoop.16-20,24 Die gemeente het reeds op 10 Junie 1818 van die gemeente in Graaff-Reinet afgestig. Die eerste predikant was ds. John Evans wat vir bykans vyf jaar vanaf 1818 tot 1823 onder die gemeentelede gearbei het. Hy is opgevolg deur ds. John Taylor wat die predikant was vanaf 1824 tot met sy dood in 1860.4,7,10
5.1 Pieter Schalk Willem
Hy is op 8 September 1820 gebore en op 2 Oktober 1820 te Cradock gedoop.2,11,16 Sy oom, Casper Johannes Coetzer (1801 – 1874) en gade, Magdalena Johanna du Plessis (1804 – 1888), asook sy 18-jarige oom aan moederskant, Andries Hendrik Van Heerden (1802 – 1868) en 15-jarige tante aan vaderskant, Jacoba Petronella Coetzer (1805 – ?) was as getuies teenwoordig.16
As 17-jarige seun het Pieter Coetzer saam met sy vader en sibbe aan die Groot Trek deelgeneem.12 Hy het in ca 1840 in die huwelik getree met sy stiefsuster, Isabella Cornelia Steenkamp (1822 – ?), wat uit Pieter se stiefmoeder, Anna Potgieter, se eerste huwelik met Jan Harm Steenkamp (1790 – 1831) gebore is.2,12,21,22
Pieter en Isabella Coetzer het saam 12 kinders gehad. Hulle was Wen(t)zel Christoffel (*14 April 1841, ≈30 Januarie 1842, Natal, †30 Maart 1897, Vlakplaats, distrik Wakkerstroom), Jan Harm (*30 April 1842, ≈11 Februarie 1844, Pietermaritzburg, †27 Desember 1921, plaas Verzameling, Piet Retief, Transvaal), Pieter Schalk Willem jnr. (*27 Junie 1845, ≈18 Desember 1845, NGK Weenen – ?), Jacobus Christoffel (*17 Augustus 1847, ≈31 Desember 1848, Bethlehem, †31 Oktober 1915, plaas Grootvlei, distrik Wakkerstroom), Elizabetha Helena (*20 Maart 1850, ≈6 April 1851, NGK Winburg – ?), Anna Maria Petronella (*20 Julie 1852, ≈19 November 1854 – ?), Isabella Cornelia “Nellie” (*27 September 1854, ≈19 November 1854 – August 1845), Philippus Christoffel Johannes Rudolph (*Mei 1856, NGK Utrecht – 17 Augustus 1909, Matatiele, Griekwaland), Andries Hendrik (*1 Junie 1862, ≈27 Oktober 1862, Nederduitsch Hervormde Kerk [NHK] Marthinus-Wesselstroom/Wakkerstroom – ?), Catharina Susanna Johanna (*18 Maart 1865, ≈5 Mei 1867, NHK Marthinus-Wesselstroom/Wakkerstroom, †10 April 1930, Amsterdam, Transvaal), Johannes Rudolf (*ca 1866, jonk oorlede), Catharina Dorothea (*ca 1868 – ?) en Anna Susanna (*ca 1875 – ?).2,42-45,46
Uit die kinders se dooprekords kan in ‘n mate afgelei word waar Pieter en sy gesin hulself met verloop van tyd bevind het. Tot ongeveer 1844 was hulle nog in die omgewing van Pietermaritzburg, waar ‘n Amerikaanse Presperitiaanse sendeling onder die Zoeloes sedert 183, hul tweede kind gedoop het. Ds. Daniel Lindley – Lindley het teen 1839 voltyds onder die Voortrekkers begin arbei en dienste gehou in hoofsaaklik Pietermaritzburg, maar ook ver geries om as besoekende konsulent gemeentes in Port Natal, Weenen, Winburg en Potchefstroom te bedien. Dit het hy gedoen tot en met 1847, waarna hy weer voltyds op sy sendingwerk onder die Zoeloes gefokus het. Teen 1845 is Pieter en Isabella Coetzer se derde kind gedoop aan die Zant Rivier (Sandrivier), net noord van teenswoordige Ladysmith, drie jaar later in 1848 was hulle in die omgewing van die huidig dorp, Bethlehem in die Vrystaat provinsie, en in 1851 naby Winburg. Pieter het om watter rede ookal met sy gesin aan die beweeg gebly en het homself in 1856 in Utrecht distrik bevind en teen 1862 in Wakkerstroom distrik van die ZAR,2,4,7,10,42,46 waar hy 20 jaar later in 1876 op 55-jarige ouderdom oorlede is. Na sy oorlye het Isabella met Nicolaas Johannes Grobler (1800 – 1889) van Vlakplaats, Harrismith omgewing getrou.2
5.2 Carel Nicolaas
Hy het op 17 September 1822 die lewenslig aanskou en is 12 dae later op 29 September 1822 in die NGK op Cradock gedoop.1,2,11,17 Hy is na sy oorlede oom, Carel Nicolaas van Heerden (≈3 Desember 1797 – <1822), vernoem, wie se weduwee by sy doop teenwoordig was. Sy was Cornelia Jacoba (Robberts) Coetzer. Sy oom (sy moeder se broer) en aangetroude tante, Barend Johannes van Heerden (≈25 Februarie 1799 – ?) en Maria Fransina Pretorius (? – ca 1829) het ook as doopgetuies opgetree.15,17
Dit lyk of Carel voor 1832 oorlede is.11,12 Ten tye van sy moeder se afsterwe in 1832 word hy nie op haar sterfkennis gelys nie, en hy word ook weggelaat as deelnemer aan die Groot Trek, terwyl sy ouer broer, Pieter en sy jonger broer, Wentzel (toe onderskeidelik 17 en 13 jaar oud) wel aangeteken word.11,12,16-18 Carel kom ook nie op sy vader se sterfkennis van 1879 voor nie – slegs die oorlewende kinders is gelys.39
NOTA: Verwysing 1 koppel Carel se jonger broer, Wentzel (sien 5.3) se nageslag foutiewelik as Carel se nageslag. Verwysing 2 dui wel geen nageslag aan nie, maar Carel se sterfdatum word verkeerdelik as dieselfde dag as Wentzel Coetzer se sterfdatum (30 Maart 1909) aangegee, wat aanleiding gee tot die foutiewe afleiding dat die twee broers saam in een of ander moontlike ongeluk gesterf het. Volgens verwysing 39 (Doodsertifikaat van 1909) is Wentzel egter weens nierversaking oorlede.
5.3 Wentzel Christoffel jnr.
Wensel/Wentzel Christoffel (II) jnr. is op 16 April 1825 gebore en gedoop op 15 Mei 1825 te Cradock.2,11,18 Hy was my groot-groot-oupagrootjie wat deur die loop van sy lewe drie keer in die huwelik getree het.2,12 LEES MEER oor Wentzel Coetzer jnr.
5.4 Andries Hendrik
Andries is as een van ‘n tweeling op 1 Maart 1827 gebore en is saam met sy tweelingsussie ‘n maand later op 2 April 1827 gedoop.2,11,19 As sy doopgetuies teenwoordig was sy moeder se half- broer en -suster, met hul onderskeie gades; Andries Hendrik van Heerden (29 Julie 1802 – 1868) en sy vrou, Johanna Elizabeth Koekemoer (≡17 Junie 1804 – 5 Oktober 1852, plaas Posthouwerhoek, distrik Albert), asook Anna Maria van Heerden (27 Januarie 1812 – 2 September 1875, plaas Lismore, Tarkastad) en haar man, Petrus Jacobus Venter (18 November 1807 – 24 Julie 1896, Maraisburg).2,15,19,47,48
Die onderstaande inligting tov Andries Coetzer se eggenote en kinders soos weergegee in verwysing 2 word bevraagteken. Die indruk word geskep dat Andries as 10-jarige nie saam met sy vader aan die Groot Trek deelgeneem het nie, of as hy wel saamgetrek het, moes hy as 20-jarige teruggekeer het na die Kaapkolonie. Hierdie is dus moontlik ‘n foutiewe koppeling. Die oorspronklike huwelik- en doopregisters van NGK Pietermaritzburg, Ladysmith en Utrecht moet ondersoek word. (NGK Wakkerstroom negatief)
Andries is later getroud met Maria Magdalena Johanna Oosthuizen (1831, Cradock distrik – 24 Januarie 1874, plaas Hartfontein, Cradock distrik). Sy was die dogter van Willem Maartens Oosthuizen (1789 – 1840) en Catharina Anna Johanna van Tonder (ca 1795 – 1861). Andries en Maria het saam sewe kinders gehad. Na sy eerste vrou se afsterwe is hy weer getroud met die weduwee Catharina Magdalena Margaretha Myburgh (voorheen Troskie, née Opperman) (1829 – 28 Mei 1894, Sterkstroom, Cradock distrik). Uit hierdie huwelik is geen kinders gebore nie. Andries is op 65-jarige leeftyd op 18 Januarie 1893 naby Sterkstroom in die Oos-Kaap oorlede.2,15,47,49
Teen 1874 het Andries met sy gesin op die plaas Hartfontein in wyk Klaas Smitsrivier in die Cradock distrik gewoon. Uit die kinders se dooprekords lyk dit of hulle reeds in die laat 1840’s daar gewoon het. Die plaas was redelik sentraal geleë tussen die dorpe Cradock (gestig in 1818), Burgersdorp (gestig in 1847) en Tarkastad (gestig in 1863) en die kinders is in die onderskeie NG Kerke op hierdie dorpe gedoop.2,4,12Andries Coetzer se kinders was Elizabeth Helena (*15 Januarie 1849, wyk Klaas Smitsrivier, Cradock distrik, ≈10 Junie 1849, NGK Cradock, †15 Januarie 1922, plaas Potgieterskraal, Queenstown distrik, Kaapprovinsie), Willem Maartens (*13 Mei 1851, ≈11 September 1851, NGK Burgersdorp, †16 Februarie 1921, plaas Blaauwbosch, Middelburg distrik, Kaapprovinsie, ΩHofmeyer Begraafplaas), Catharina Anna Johanna (*26 Junie 1853, ≈7 September 1853, NGK Burgersdorp, †12 April 1915, Sterkstroom, Queenstown distrik), Maria Magdalena Johanna (1857 – 26 April 1936, Ermelo, Transvaal), Anna Susanna (*31 Desember 1863, ≈13 Desember 1864, NGK Tarkastad – ?), Andries Hendrik (*29 Maart 1870, ≈3 Julie 1870, NGK Tarkastad, †17 April 1931, Germiston, Transvaal) en Wentzel Christoffel (*13 Januarie 1874, ≈13 Maart 1874, NGK Tarkastad – ?).2,49-52
5.5 Anna Susanna
Anna is by dieselfde geleentheid as haar tweelingboetie, Andries gedoop, waar twee van haar vader se susters en hul gades as getuies van haar doop opgetree het. Haar tantes was Johanna Jacoba Coetzer (ca 1785 – 1843), getroud met Jacobus Francois Smit (1782 – 1862), en Jacoba Petronella Coetzer (1805 – ?), getroud met Pieter Jacobus “Petrus” Jordaan (ca 1799 – 1883).1,2,11,19,31,53,54
Die onderstaande inligting tov Anna Coetzer se eggenote en kinders soos weergegee in verwysing 2 word bevraagteken. Die indruk word geskep dat Anna as 10-jarige nie saam met haar vader aan die Groot Trek deelgeneem het nie, of as sy wel saamgetrek het, moes sy as 20-jarige teruggekeer het na die Kaapkolonie. Hierdie is dus moontlik ‘n foutiewe koppeling. Die oorspronklike huwelik- en doopregisters van NGK Pietermaritzburg, Ladysmith en Utrecht moet ondersoek word. (NGK Wakkerstroom negatief)
Sy is later getroud met Frederik Johannes Botha (*22 November 1823, ≈29 Februarie 1824, NGK Cradock – ?), seun van Jacobus Christoffel Bo(o)tha (21 Augustus 1793 – 1827) en Jacoba Frederica Beatrix de Bruyn (1801 – ?).2,55
Frederik en Anna Botha het nege kinders gehad, naamlik Elizabeth Helena (*23 November 1845, wyk Klaas Smitsrivier, ≈5 Februarie 1846, NGK Cradock – ?), Jacoba Frederika Beatrix (*18 Augustus 1847, wyk Klaas Smitsrivier, ≈12 Maart 1848 – ?), Jacobus Christoffel (1849, wyk Klaas Smitsrivier – ?), Anna Susanna Elsje Petronella (*10 Augustus 1851, wyk Klaas Smitsrivier, ≈1 Februarie 1852 – ?), Hester Johanna Catharina (1853, Cradock distrik – ?), Maria Catharina Elizabeth (*20 September 1860, ≈23 Desember 1860, NGK Cradock – ?), Frederik Johannes (*23 April 1863, ≈7 Junie 1863, NGK Tarkastad – ?), Petronella Wilhelmina (*2 Augustus 1865, ≈10 Oktober 1865, NGK Tarkastad – ?) en Theunis Philippus Christiaan Rudolph (1867, Tarkastad – ?).2
5.6 Johannes Jacobus
Johannes is op 27 Februarie 1829 gebore.2,11,20 (In sy moeder se boedelinventaris van 14 Maart 1832 word sy geboortedatum as 28 Februarie 1829 aangegee.)11 Hy is vyf weke later op 6 April 1829 te NGK Cradock gedoop waar sy oom en tante en hul onderskeie gades as getuies opgetree het. Johannes se vader word as Wenzel Christoffel Coetzer aangedui op sy sterfkennis van 1923, maar op sy doopinskrywing verskyn die naam van Jacob Jeremias Coetzer, sy oom en sy vader se jonger broer.2,20,38,53 Teenwoordig by Johannes se doop was die twee broers se suster en haar gade, Elsie Dorothea Coetzer (1788 -1856) en Hendrik de Bruin (ca 1780 – 1847), asook hulle neef en dié se eggenote, Johannes Jacobus Coetzer (1790 – 1862) en Elsie Maria Jordaan (xx-xx).1,2,57 Was dit slegs ‘n notuleringsfout om Jacob Jeremias Coetzer as Johannes se vader aan te dui? Of was Johannes ‘n buite-egtelike seun wat gebore is uit ‘n onsmaaklike flirtasie tussen sy moeder en sy vader se broer? ‘n Ander moontlike rede soos weergegee word in een artikel, “Johannes Jacobus Coetzer wat sy oom se kind geword het”, is dat Wenzel Coetzer se vrou blykbaar “te swak en sieklik was om haar seuntjie na sy geboorte te versorg”, en dat haar skoonsuster Susanna Coetzer, Jacob se eggenote, wat self nog ‘n baba van agt maande gesoog het, die kleine Johannes toe permanent onder haar vlerk geneem het.2 (LET WEL: Johannes se biologiese moeder was teenwoordig by sy doop en is in 1832 oorlede toe hy reeds drie jaar oud was.1,2,11) Vir die laasgenoemde bewering dat Jacob en Susanna vir Johannes as hul (aanneem)kind ingeneem het, kon dus geen ondersteunende dokumentasie tot op hede gevind word nie. Daarby kom Johannes se naam in 1872 ook nie voor onder die gelysde kinders van Jacob en Susanna Coetzer op die sterfkennis van Jacob
Coetzer nie.58 Johannes se naam verskyn wel op Wenzel Coetzer se sterfkennis van 1879.39 Hoe dit ook al sy, dit wil eerder voorkom of Johannes nie in die gesin van Jacob Jeremias Coetzer opgegroei het nie, maar as agtjarige knapie saam met Wenzel Coetzer, sy stiefmoeder en sy bloed-, stief- en halfsibbe aan die Groot Trek deelgeneem het. Dis afgelei van die feit dat hy op 21-jarige ouderdom in 1850 in die Vrystaat getroud is, later net ‘n hanetree van sy vader se plaas geboer het op sy eie plaas in die ZAR (Tranvaal) en daar in 1923 oorlede is.2,12,56 Jacob Jeremias Coetzer, daarenteen, het nie aan die Trek deelgeneem nie; hy is in 1872 op sy woonplaas in distrik Cradock oorlede.12,58 Dat Johannes as die seun van Wenzel Christoffel Coetzer opgegroei het, word ook verder ondersteun deurdat sy oudste seun na sy vader, Wenzel vernoem is, en daarby is nie een van sy ander seuns na sy oom, Jacob Jeremias Coetzer vernoem nie.2,56 Genetiese toetsing (Y-DNS) van die manlike afstammelinge van Johannes en sy broers, sowel as sy neefs (seuns van Jacob Jeremias Coetzer) sal meer lig kan werp op wie Johannes Jacobus Coetzer se ware biologiese vader was.
Nieteenstaande sy omstandighede as kind, het Johannes Coetzer opgegroei in ‘n jong man wat op 6 Julie 1850 met Johanna Susanna Magdalena Pieterse (ca 1834, Bloemfontein – <1923) in NGK Winburg in die huwelik getree het. Uit hul egverbintenis is gebore Maria Magdalena (*28 April 1851, ≈14 Maart 1852, NGK Winburg – ?), Wentzel Christoffel (*25 Januarie 1853, Senekal omgewing, ≈22 Januarie 1854, NGK Winburg, †24 November 1936, plaas Wonderkop, Kroonstad, Ω Steynsrus Begraafplaas), Johan Daniel (*16 Januarie 1855, Plaas Witkop, Bethlehem, ≈26 Augustus 1855, NGK Winburg, †25 Mei 1901, plaas Soetfontein, Wakkerstroom), Elizabeth Helena (*15 Julie 1856, ≈2 November 1856, NGK Winburg – ?), Geertruida Susanna (*25 April 1858, ≈23 Januarie 1859, NGK Winburg, †<1923), Petrus Schalk Willem (*20 Augustus 1861, ≈8 Junie 1862, NGK Winburg, †18 Junie 1913, Johannesburg Hospitaal), Johannes Jacobus (ca 1863 – ?), Ferdinand Petrus (*5 Januarie 1865, Kroonstad omgewing, ≈20 Junie 1865, NGK Winburg, †31 Augustus 1920, Grootvallei, distrik Wakkerstroom), Andries Hendrik (*1 Mei 1868, ≈11 April 1869, NGK Winburg, †14 April 1946, Kranskop, Natal), Johanna Susanna Magdalena (ca 1870, Grootvallei, distrik Wakkerstroom – >1905) en Philippus Christoffel Johannes Rudolph (11 Oktober 1871 – 21 Desember 1947, plaas Driefontein, Swaziland).2,56Johannes Coetzer is op 5 November 1923 op die ouderdom van 93 jaar en nege maande oorlede op sy plaas Grootvallei (ZAR no. 153, Transvaal no. 43 HT) in Wakkerstroom distrik, Transvaal in die Unie van Suid-Afrika.2,56,59 ‘n Groot gedeelte van die plaas is huidiglik geoormerk vir toekomstige ondergrondse steenkoolmynbedrywighede. Die plaas behoort egter lankal nie meer aan die Coetzers nie.60
5.7 Philippus Christoffel Johannes Rudolph
Hy was Wenzel Coetzer se enigste kind uit sy tweede huwelik met Phillipus se moeder, Anna Steenkamp (née Potgieter). Philippus is op 13 Mei 1834 in die Tarka distrik gebore en is drie maande later op 3 Augustus 1834 te NGK Cradock gedoop. Sy halfsuster en haar man, Johanna Helena Steenkamp (1822 – 1850) en Christoffel Roedolph Venter (1803 – 1881) was teenwoordig as doopgetuies, asook sy oom, Philippus Johannes Potgieter (1808 – 1871) [broer van Voortrekkerleier Koos Grootvoet Potgieter] en dié se gade, Elizabeth Petronella Geertruida Du Plessis (1815 – ?) [dogter van Voortrekkerleier Jan du Plessis].2,12,22-24,61Philippus (22 jaar) het op 17 Oktober 1859 te Ladysmith in die huwelik getree met die 14-jarige Wilhelmina Cecilia Marthina Francina Catharina Labuschagne (*16 Februarie 1845, naby Veglaer langs die Boesmansrivier, Natal – 30 Desember 1901, Volksrustkonsentrasiekamp). Sy was die dogter van die Voortrekker-egpaar, Jan Harm Labuschagne (≈28 Februarie 1796 – 6 Februarie 1874, plaas Bedrog, distrik Utrecht) en Wilhelmina Cecilia du Plessis (ca 1808 – 20 Januarie 1845, naby Veglaer).26,62-64
Die kleine Wilhelmina was net vier dae oud toe haar moeder oorlede is en sy is waarskynlik daarna versorg deur ‘n vroulike familielid. Hierdie persoon was vermoedelik haar kleinneef, Frans Jacobus Labuschagne (1797 – 1853) se eggenote, Catharina Hatting, wat na haar man se afsterwe hertrou het met Wenzel Coetzer, Wilhelmina se tweede neef en later ook haar skoonvader. Hierdie vermoede is gebasseer daarop dat Catharina Coetzer op die huweliksdokument aangeteken is as die minderjarige Wilhelmina se stiefmoeder (in effek dus haar aanneemmoeder), wat toestemming tot die egverbintenis verleen het.2,26,62
Gedurende Philippus en Wilhelmina se huwelik van veertien jaar is ses kinders gebore, voordat Philippus in November 1873 op 39-jarige ouderdom oorlede is. Hulle was Wentzel Christoffel (17 September 1861 – 5 Januarie 1933), Jan Harm (13 April 1863, jonk oorlede), Philippus Christoffel Johannes Rudolph (8 September 1864 – † tussen 1890 en 1901), Jan Harm (7 Desember 1866, Ladysmith omgewing – 15 Mei 1921, plaas Zonderhout, distrik Wakkerstroom), Wilhelmina Cecilia (*11 September 1870, ≈9 Oktober 1870, NHK Marthinus-Wesselstroom/Wakkerstroom, † <1889) en Maria Pieternella/Petronella (*11 Augustus 1872, ≈9 Februarie 1873, NHK Marthinus-Wesselstroom/Wakkerstroom, † <1889).2,65-67
Wilhelmina hertrou in ca 1876 met wewenaar Johannes Machiel Venter (18 Oktober 1833, distrik Beaufort-Wes – 8 Maart 1889, plaas Klynfontyn/ Kleinfontein) en vir hulle is ‘n dogter en seun gebore. Die twee kinders was Wilhelmina Cecilia Marthina Francina Catharina (22 July 1877 – ?; op 20 November 1894 getroud met Frans Jacob Coetzer), en Stefanus Marthinus (7 Januarie 1879 – 7 November 1904, Kleinfontein; 24 jaar oud en ongetroud tydens afsterwe).66-69
- Coetser, W.J. 1998 Hongarye na Suid-Afrika. Die geskiedenis van die Coetser/Coetzer families in Suid Afrika. 1ste Ed. HE Printers: Escourt, Natal
- Coetser, M. Coetzer en Coetser Families in South Africa. https://coetzercoetser.weebly.com/family-tree–stamboom.html
- Doopinskrywing van Wenzel Christoffel Coetzer. Parish registers for the Dutch Reformed Church at Paarl, Cape Province. Baptisms 1786 – 1842. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-HSHH-H?i=70
- NG Gemeentes Drakenstein, Tulbagh, Graaff-Reinet, Cradock, Ladysmith, Pietermaritzburg, Burgersdorp en Tarkastad. Gemeentegeskiedenisargief. ‘n Oorsig van die geskiedenis van die NG Kerk, sy gemeentes en predikante. https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/
- Graf van Robert Nicolaas Aling. NG Strooidakkerk se kerkhof, Paarl. https://www.graves-at-eggsa.org/
- National Geo-Spatial Information, 1:50 000 Rasters. January 2015. Department of Rural Development and Land Reform, Republic of South Africa. CD-publication
- Giliomee, H. & Mbenga, B. 2007 Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad
- Myburgh, D.W. 1978 The origin of towns in the Eastern Cape Midlands. https://repository.nwu.ac.za > No_4(1978)_Myburgh_DW
- Smith, K.W. 1974 From frontier to midlands. A history of the Graaff-Reinet district, 1786 – 1910. Doctoral thesis, Rhodes Univeristy
- Illustrated history of South Africa. The real story. 1989 2nd Ed. Reader’s Digest Association South Africa (Pty) Ltd.: Cape Town
- Boedel van Elizabeth Helena Coetzer. (MOOC8/48.25, Kaapstad Argief). http://databases.tanap.net/mooc/main_article.cfm?id=MOOC8%2F48.25&freesearchkey=Tarka
- Visagie, J.C. 2011 Voortrekkerstamouers, 1835-1845. 2de Ed. Protea Boekhuis: Pretoria
- Doopinskrywing van Elizabeth Helena van Heerden. Parish registers for the Dutch Reformed Church at Tulbagh, Cape Province. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-WYY2?i=509&cat=993682
- De Villiers, C.C. & Pama, C. 1966 Geslagsregister van Vroeë Kaapse families. Vol 1 (A-K). Gothic Printing Company: Kaapstad
- Pieter Schalk van Heerden. https://www.geni.com/people/Pieter-Schalk-van-Heerden/6000000003355949375
- Doopinskrywing van Pieter Schalk Willem Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Cradock (Cape Province), 1817-1972. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSKD-2QW3-F?i=1149&cat=994807
- Doopinskrywing van Carel Nicolaas Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Cradock (Cape Province), 1817-1972. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-7819?i=17&cat=994807
- Doopinskrywing van Wenzel Christoffel Coetzer.
- Doopinskrywing van Andries en Anna Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Cradock (Cape Province), 1817-1972. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-7JS2?i=105&cat=994807
- Doopinskrywing van Johannes Jacobus Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Cradock (Cape Province), 1817-1972. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-7X5B?i=155&cat=994807
- Sterfkennis en boedel van Jan Harm Steenkamp. South Africa, Cape Province, Probate Records of the Master of the High Court, 1834-1989, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQF-X9PC-2?cc=2517051&wc=WV44-SZ5%3A1598082374 : 27 April 2020), 007844941 > image 876 of 2198; Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives), South Africa
- Anna Maria Petronella Potgieter, b7c8d6e2. https://www.geni.com/people/Anna-Maria-Petronella-Potgieter-b7c8d6e2/6000000003418969414
- Steenkamp, J.H. 1969 Die Steenkamps van Suidelike Afrika. Biblioteek van Erfenisstigting, Voortrekkermonument, Pretoria
- Doopinskrywing van Philippus Christoffel Johannes Rudolph Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Cradock (Cape Province), 1817-1972. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-7N4H?i=325&cat=994807
- Huweliksinskrywing van Wenzel Coetzer en Catharina Labuschagne (née Hatting). South Africa, Natal Province, Civil Marriages, 1845-1955. Database with images. FamilySearch. (https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DHHW-5J5?i=362&wc=M6BB-6TL%3A353935801%3Fcc%3D2063749&cc=2063749); National Archives and Records Service of South Africa, Pretoria
- Labuschagne, H. 2015 Nasate van Abraham Labuschagne. https://www.yumpu.com/nl/document/read/55632201/labuschagne-geslagsregster-2015-06-20
- Binckes, R. 2013. The Great Trek uncut. 1ste Ed. 30º South Publishers: Pinetown
- Great Trek. https://en.wikipedia.org/wiki/Great_Trek
- Pringle’s Party. The 1820 Settler Correspondence as preserved in the National Archives, Kew, England (getranskribeer). https://egssa.org/1820-settlers/index.php/settler-returns/1953-pringle-s-party
- Graf van Ezra Ridgard. Queenstown Hoofbegraafplaas, Queenstown (nou Komani), Oos-Kaap. http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=1455266
- Jordaan boek
- Visagie, J.C. 2014 Voortrekkerleiers en trekroetes. 1ste Ed. Die Erfenisstigting: Pretoria
- Uys, I.S. June 1979. The Battle of Italeni. The South African Military History Society. Military History Journal, Vol 4 (5). http://samilitaryhistory.org/vol045iu.html
- Chadwick, G. May 1978. The Battle of Blood River. Military History Society Tour Notes. The South African Military History Society. http://samilitaryhistory.org/misc/bldrvr.html
- Erasmus Smit. https://af.wikipedia.org/wiki/Erasmus_Smit
- Natalia Republic. https://en.wikipedia.org/wiki/Natalia_Republic
- Haswell, R.F. 1980 The Voortrekker Dorps of Natal. Natalia 10. Natal Society Foundation 2010. http://natalia.org.za/Files/10/Natalia%20v10%20article%20p23-33%20C.pdf
- Ladysmith, KwaZulu-Natal. https://en.wikipedia.org/wiki/Ladysmith,_KwaZulu-Natal
- Sterfkennis van Wenzel Christoffel Coetzer. South Africa, Natal Province, Civil Deaths, 1863-1955, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91Q-494V-9?cc=2721608 : 23 January 2019), > image 1 of 1; The National Archives of South Africa (NARS), Pretoria
- Heese, H.F. 1985 Groep sonder grense. Die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap. Instituut van Geskiedkundige Navorsing: Universiteit van Wes-Kaap. (Kaart van ZAR distrikte, 1877 – 1881)
- Kaart van Transvaal Provinsie, Unie van Suid-Afrika. Kantoor van die Landmeter-Generaal, Pretoria, 1931. Leeskamer. National Archives & Repository Service of South Africa
- Doop van Pieter Schalk Willem Coetzer jnr. South Africa, Free State Dutch Reformed Church Records, 1848-1956,” database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C953-QJCD?cc=1910846&wc=39ZJ-N35%3A183083201%2C1301774502%2C1559163301 : 4 November 2016), Free State > Winburg > Christenings 1842-1871 > image 75 of 400; Dutch Reformed Church Synod Centre, Bloemfontein
- Sterfkennis van Pieter Schalk Willem Coetzer jnr. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4V-T9F8-7?cc=2520237&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQP8X-G8Q6
- Sterfkennis van Jan Harm Coetzer. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4N-S96X-9?cc=2520237 : 7 April 2020), > image 1 of 1; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
- Sterfkennis van Jacobus Christoffel Coetzer. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958,” database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSSW-XS4Q-T?cc=2520237&wc=Q6VB-B5H%3A1590242775 : 14 February 2019), 007818087 > image 1021 of 2118; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
- Daniel Lindley. https://af.wikipedia.org/wiki/Daniel_Lindley
- Pieter Schalk van Heerden (1757 – abt. 1814). https://www.wikitree.com/wiki/Van_Heerden-603
- Sterfkennis van Johanna Elizabeth van Heerden (née Koekemoer). South Africa, Cape Province, Probate Records of the Master of the High Court, 1834-1989, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DB5S-QZ1?cc=2517051&wc=WVWM-9J3%3A1598032348 : 11 October 2018), 004433417 > image 1583 of 2173; Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives), South Africa
- Sterfkennis van Andries Hendrik Coertzer. South Africa, Cape Province, Probate Records of the Master of the High Court, 1834-1989, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQ8-W9CD-8?cc=2517051&wc=WV44-S86%3A1598082396 : 27 April 2020), 007844963 > image 824 of 2039; Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives), South Africa
- Sterfkennis van Catharina Anna Johanna Engelbrecht (née Coetzer). South Africa, Cape Province, Kimberley, Probate Records of the Supreme Court, 1871-1937, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSSQ-9355-Z?cc=2521616 : 31 May 2019), > image 1 of 1; National Archives of South Africa, Cape Town Archives Repository, Cape Town
- Huweliksrekord van Maria Magdalena Johanna Coetzer. South Africa, Dutch Reformed Church Records (Stellenbosch Archive), 1690-2011, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-X9NW-38?cc=1392488&wc=M64C-6N5%3A13850901%2C13850902%2C21307301%2C21307302 : 25 October 2017), South Africa > Cape > Hofmeyr > Marriages 1876-1915 > image 64 of 475; Citing Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (Genealogical Institute of South Africa), Stellenbosch
- Sterfkennis van Maria Magdalena Johanna Durand (née Coetzer). South Africa, Transvaal, Civil Death, 1869-1954, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BY-ZKM7?cc=2998108 : 15 September 2019), > image 1 of 1; Department of the Interior. Registrar of Births, Marriages, and Deaths, Transvaal
- Sterfkennis van Jacobus Francois Smit. Probate Records. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQF-XSM2-V?i=706&cat=331262
- Pieter ‘Petrus’ Johannes Jordaan, b1c5d5e2. https://www.geni.com/people/Pieter-Johannes-Jordaan/6000000001427511524
- Familie Bybel van Jacobus Christoffel Botha. eGGSA Documents. https://documents-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=1537180
- Sterfkennis van Johannes Jacobus Coetzer. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSSW-XS4Q-T?cc=2520237&wc=Q6VB-B5H%3A1590242775 : 14 February 2019), 007818087 > image 1021 of 2118; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
- De Bruyn, G.F.C. 1986. Geslagregister De Bruyn – De Bruin – Du Bruyn. Instituut vir Geskiedenisnavorsing. Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing: Pretoria
- Sterfkennis van Jacob Jeremias Coetzer. South Africa, Cape Province, Probate Records of the Master of the High Court, 1834-1989, database with images, FamilySearch Death notice of Jacob Jeremias Coetzer 1798 – 1872: 28 September 2018), 007844945 > image 1296 of 2137; Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives)
- National Geo-Spatial Information, 1:50 000 Rasters. January 2015. Department of Rural Development and Land Reform, Republic of South Africa. CD-publication
- Coetzee, T. 26 February 2021. Phase 1 Archaeological Impact Assessment for the Proposed Kangra Coal T4 Project near Amertsfoort, Mpumalanga. https://sahris.sahra.org.za › files › heritagereports
- Vldkt. Jacobus Christoffel Christoffel Potgieter, b7c8d6. https://www.geni.com/people/Vldkt-Jacobus-Christoffel-Potgieter-b7c8d6/6000000016817343353
- Huweliksinskrywing van Philippus Coetzer en Willemiena Labuschagne. South Africa, Natal Province, Civil Marriages, 1845-1955. Database with images. FamilySearch. http://FamilySearch.org : accessed 2021; National Archives and Records Service of South Africa, PretoriaSterfkennis van Willemiena Venter (voorheen Coetzer, née Labuschagne). South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-RTNX?cc=2520237&wc=Q6NX-T97%3A1590242450 : 14 February 2019), 007805619 > image 840 of 926; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
- Sterfkennis en testament van Jan Harm Labuschagne. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-87MT-Y?cc=2520237&wc=Q6NX-TMV%3A1590233993 : 16 December 2016), 007805521 > image 252 of 1319; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
- Doopinskrywing van Wilhelmina Cecilia Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9P7-V?i=598&cat=539146
- Doopinskrywing van Maria Petronella Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9P7-X?i=608&cat=539146
- Sterfkennis, testament en boedel van Johannes Machiel Venter. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-69P8-K?cc=2520237&wc=Q6NX-RB6%3A1590242313 : 16 December 2016), 007805276 > image 225 of 1353; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
- Sterfkennis en boedel van Wilhelmina Cecilia M. F. C. Venter (voorheen Coetzer, née Labuschagne). South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-RTFS?cc=2520237&wc=Q6NX-T97%3A1590242450 : 12 June 2017), 007805619 > image 843 of 926; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
- Consentration Camp Registers. British Concentration Camps of the South African War, 1900 – 1902. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/166041/Stefanus_Marthinus_Venter/
- Sterfkennis van Stefanus Marthinus Venter. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-RTJL?cc=2520237&wc=Q6NX-T97%3A1590242450 : 14 February 2019), 007805619 > image 834 of 926; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
Huwerliksonskrywing van FRans Coetzer en Wilhelmina Venter. Civil registration (marriages), Wakkerstroom (Transvaal), 1873-1965. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-NSLS-3?i=541&cat=719911
46 Petrus Jacobus “Pieta” Stoop. https://www.geni.com/people/Petrus-Jacobus-Pieta-Stoop/6000000002549643384