Wentzel Christoffel Coetzer II (1825 – 1909)

< BACK

  1. Sy kinderjare

Wentzel/Wensel Christoffel (II) jnr. is op 16 April 1825 gebore en ‘n maand later op 15 Mei 1825 te Cradock gedoop.1-4 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK)-gemeente in Cradock het reeds in 1818 tot stand gekom en was 12 ure se reis per ossewa ver van waar die gesin in wyk Tarka in distrik Graaff-Reinet geboer het. In dieselfde jaar as sy geboorte is die groot grensdistrik egter onderverdeel en het die Tarka toe in distrik Somerset geval. In Februarie 1837 is die Kaapkolonie se distriksgrense weer aangepas en het die Tarka in die nuwe Cradock distrik geressorteer.5-8 Net tien maande later in Oktober 1837 het die 12-jarige Wentzel saam met sy ouers vertrek om aan die Groot Trek deel te neem.6-10

Hy was die derde oudste seun van Wenzel Christoffel Coetzer snr. (1796 – 1879) en Elizabeth Helena van Heerden (1803 – 1832). Wentzel jnr. was skaars sewe jaar oud toe sy moeder oorlede is.1-3 Sy vader het kort daarna weer getrou, en daarmee het hy ‘n hele tien Steenkamp-stiefsibbe bygekry.1,8,11,12 Tydens die Groot Trek het die gesin hulle hoofsaaklik in die trekgeselskappe van die Voortrekkerleiers, Jacobus Christoffel “Koos Grootvoet” Potgieter (≈22 Maart 1801 – ca 1849) en Johannes Harmen “Jan” du Plessis (29 Augustus 1801 – 21 Februarie 1877, plaas Du Plessiskraal, Harrismith, Republiek van Oranje-Vrystaat) bevind. Hierdie twee leiers was Wentzel jnr. se aangetroude ooms. Die twee groepe het stewige, onderlinge familiebande gehad, het meesal naby mekaar laer getrek en was onder die Trekkers as die Dubbel Laer bekend. Individuele gesinne het heen-en-weer tussen die twee laers beweeg.8-10,13,14

Die Trek was vir Wentzel jnr. tergelykertyd ‘n avontuur en ‘n nagmerrie. As tiener het hy en die ander kinders waarskynlik hulself gate uitgeniet om die omgewing te verken waar hulle laer getrek het, maar daar is verseker ook van hom verwag om sy deel van sy huishoudelike pligte soos houtkap en vuurmaak, na te kom, of om te help met osse in- en -uitspan. En iewers moes ook tyd gemaak word om te leer lees, skryf en tel. Die tog het egter baie gevare en ontberings ingehou, en wat deur die jonge Wentzel se gedagtes gegaan het toe die Zoeloes in Natal hul aanvalle op die Trekkers begin loods het, kan mens net raai. Genadiglik het sy gesin verder weg in die Dubbel Laer gestaan, toe ander gesinne wat verspei langs die Bloukrans- en Boemansrivier uitgekamp het, gruwelik uitgemoor is. Op 13 en 14 Augustus 1838 was hy egter midde-in die aanval by Gatsrand, ook bekend as Vechtlaager (Veglaer). Gedurende Zoeloe-aanvalle het die vroue en kinders meesal die laaiwerk van die gewere behartig terwyl die mans en ouer seuns die skietwerk gedoen het. Ten spyte daarvan dat die Trekkers by Gatsrand hulself twee dae lank suksesvol teen die Zoeloe-impi’s verweer het, is ‘n groot klomp vee egter gebuit.9,13,14 ‘n Mens kan jou skaars indink wat deur die 13-jarige Wentzel se gedagtes gemaal het tydens die herhalende aanvalle gedurende daardie 48 uur! LEES HIER die gedetailleerde besonderhede van die Slag van Veglaer.

Op 31 Januarie 1939 het Wentzel jnr. saam met sy ouers en die res van Potgieter en Du Plessis se geselskappe in die pasgestigte dorpie, genaamd Pietermaritzburg, gearriveer.13 Dit lyk of sy vader daarna vir meer as twee dekades in die Britse Natalkolonie bly woon voordat hy vermoedelik teen ongeveer 1860 na die Zuid-Afrikaansche Republiek verhuis het.1,13,15 Net tien jaar nadat Wentzel jnr. as Voortrekkertienerseun in Natal gearriveer het, in 1849, het hy homself as jongman in sy vroeë twintigs daarenteen in die Britse Oranjerivier Soewereiniteit (1848 – 1854) bevind.1 Die noordelike gedeelte van die Soewereiniteit was voor die Britse anneksasie deel van die Republiek van Winburg-Potchefstroom. In 1854 het die Britse troepe onttrek toe die Soewereiniteit die onafhanklike (Boere) Republiek van Oranje-Vrystaat geword het.6,7

   2. Sy vrou

2.1 Elizabetha Margaretha Botha

Wentzel Coetzer en Elizabeth Margaretha Botha (ca 1828 – <1851) het op 28 April 1849 te Winburg in die huwelik getree. Haar ouers het op die plaas Rietvlei in wyk Witte Bergen (naby Winburg) in die Vrystaat gewoon. Uit Wentzel en Elizabeth se huwelik is geen kinders gebore nie.1 Hulle was minder as twee jaar getroud voordat Elizabeth oorlede is, waarskynlik óf weens siekte, óf as jong moeder weens komplikasies met haar eerste swangerskap of met die geboorte.

2.2 Maria Magdalena Koch

Maria, wat op 10 Mei 1828 in distrik Uitenhage (naby Grahamstad in die latere Albanie distrik) gebore is, was die dogter van Johannes Philippus Jacobus “Johan” Koch (28 Oktober 1809 – 11 Oktober 1878) en Martina Elsie Johanna van der Merwe (14 April 1806, Tulbagh – ?). Maria was die oudste van tien kinders. Haar broers en susters was Johan Daniel (1 Februarie 1830, distrik Somerset – 1890), Hendrik Gerhardus (5 Maart 1832 – 1902), Catharina Johanna Elizabeth (1834 – 13 Oktober 1880, plaas Schaapkoppie, distrik Vryheid, ZAR), Martina Elsie Johanna (4 Julie 1839 – 1 Julie 1885, plaas Roodedraai, distrik Wakkerstroom, Zuid-Afrikaansche Republiek [ZAR]), Johanna Charlotta (22 April 1841, distrik Albanie – 15 September 1917, Vryheid, Natal), Susanna Hendrina Zacharia (13 Januarie 1842 – 4 Januarie 1886), Zacharia Sophia Jacoba (5 Januarie 1845 – ?), Elizabeth Gertruida (1849 – ?) en Philippus Jacobus (*14 Junie 1850, ≈16 Februarie 1851, NGK Winburg, †1901).1,16-19

Maria (21) en Wentzel (25) is op 17 Februarie 1851 te NGK Winburg in die eg verbind. Uit hul huwelik van 34 jaar is nege kinders gebore. Maria is op die ouderdom van 56 jaar en 10 maande op 22 Januarie 1885 oorlede op die plaas Zaaihoek, Wakkerstroom distrik in die ZAR, ook bekend as die Transvaal Republiek. Op haar sterfkennis word hul volwasse kinders gelys, met Wentzel Coetzer wat die dokument onderteken het.1,20

NOTA: Die jongste kind, Maria Magdalena Coetzer, verskyn nie op haar moeder se sterfkennis nie.20 Sy was 16 jaar oud ten tye van haar moeder se afsterwe. Het Wentzel dan vergeet om sy jongste se naam op te gee of was die notaris net moeg geskryf? Maria word wel op haar vader se sterfkennis genoem.21

2.3 Helena Dorothea Struwig (née Botha)

Die 61-jarige Wenzel het op 3 Mei 1886 vir ‘n derde keer in die huwelik getree met die 60-jarige Helena Dorothea “Elena” Struwig (née Botha) (9 Mei 1826, Uitenhage – 5 Junie 1901).22,23 Sy was die weduwee van Daniel Johannes Struwig (24 Mei 1829 – 19 Junie 1884), by wie sy nege kinders gehad het. Elena was die dogter van die Voortrekkers, Petrus Johannes Botha (≈2 April 1799 – ?) en Helena Dorothea Carelse (≈21 Desember 1801 – ?).8,23,24

Pieter Schalk Willem Coetzer, wat as huweliksgetuie opgetree het, was óf Wentzel se broer óf sy neef óf sy seun. Dis onmoontlik om uit die beperkte inligting op die huweliksinskrywing te bepaal watter een dit is. Wentzel en Elena se huwelikseremonie is waargeneem deur Vrederegter (Landdros) Johannes Christoffel Krogh (1846, Uitenhage – 1921, Middelburg, Transvaal) wat plaasgevind het in die magistraatskantoor op Marthinus-Wesselstroom.22,25 Die dorpie, Martinus-Wesselstroom is in 1859 gestig en die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK)-gemeente in die daaropvolgende jaar. Die omliggende gebied was egter bekend as distrik Wakkerstroom. In 1904 is die naam van die dorp, sowel as dié van die bestaande kerk, ook na Wakkerstroom verander.5,26

NOTA: Verwysing 1 dui Wentzel se derde bruid foutiewelik aan as sy kleinniggie, Elizabetha Helena Coetzer (1879 – ?), die dogter van sy neef, Wen(t)zel Christoffel Coetzer (1841 – 1897), wat met Martha Johanna Susanna Stoop (1842 – 1885) getroud was.1,27 Dis egter nie moontlik nie, want Elizabetha was op daardie stadium slegs sewe jaar oud. Sy is wel later as 16-jarige op 16 Februarie 1886 getroud27 met haar 31-jarige eerste neef, Johan Daniel Coetzer (1855 – 1901), seun van Johannes Jacobus Coetzer (1829 – 1923), wat Wentzel Coetzer se jonger broer was.1,28,29

J.C. Krogh is in 1881 aangestel as die magistraat van Wakkerstroom distrik, nadat hy vir byna vier jaar by die Pretoria Hof werksaam was. Hy het vir veertien jaar in Wakkersroom distrik gearbei, waarna hy as Spesiale Kommissaris van Swaziland aangestel is. Gedurende die Tweede Anglo-Boere Oorlog (ABO2) op 23 Augustus 1901 is hy tot die Uitvoerende Kommitee (Volksraad/Kabinet) van die ZAR verkies, en het ‘n beduidende rol gespeel tydens die samesprekings om the drie-jaar lange oorlog te beëindig. Sy handtekening, met die titel ‘Vrederegter van ZAR’ daaronder, verskyn op die geondertekende Vrede van Vereening.25,30,31Beide Wentzel en Elena was al bejaard ten tye van hul egverbintenis en geen kinders is dus vir hulle gebore nie. Hulle was vyf jaar saam voordat Elena op 5 Junie 1901 in die ouderdom van 76 jaar in die Volksrustkonsentrasiekamp omgekom het.23,32,33   3. Sy beroep

Waarom Wentzel jnr. as 24-jarige jongman klaarblyklik op sy eie van Natal na die Oranjerivier Soewereiniteit (nou Vrystaatprovinsie) uitgewyk het, is onbekend.1,16 Die rede blyk nie polities van aard te wees nie, aangesien beide Natal en die Vrystaat op daardie stadium onder Britse beheer gestaan het. Moonlik was die rede meer persoonlik van aard. Was daar dalk spanning tussen hom en sy vader of een van sy broers of stiefbroers?

Teen 1849 het Wentzel reeds naby Winburg in die Oranjerivier Soewereiniteit geboer en dis hier waar hy vir die eerste keer in die huwelik getree het. Op sy huweliksinskrywing word sy woonadres aangedui as die plaas Rietvlei in wyk Witte Bergen, Winburg.1 Die Witteberge kan gevind word tussen Ficksburg en Bethlehem. Die plaas het vermoedelik aan sy skoonvader behoort, en Wentzel het waarskynlik vir hom gehelp boer op die plaas, en daardeur ook sy toekomstige vrou ontmoet. Teen 1901 ten tye van die Tweede Anglo-Boere Oorlog (ABO2) (1899 – 1902), ook bekend as die Tweede Vryheidsoorlog of die Suid-Afrikaanse Oorlog, het daar steeds Botha-nasate op hierdie plaas van 2 000 morge gewoon. Hierdie gesinne is tydens die oorlog ontwortel en na die Winburgkonsentrasiekamp weggeneem.6,31,32

Nadat sy eerste kind uit sy tweede huwelik gebore is en in NGK Winburg gedoop is, het Wentzel Coetzer met sy jong gesin iewers tussen April 1852 en Januarie 1853 na die noorde van Natal teruggetrek na waar sy wewenaarvader (na sy tweede vrou se dood) steeds gewoon het.1,5,34,35

Wentzel Coetzer jnr. en sy gesin vanaf 1853 op die plaas Zaaihoek (Natal plaasnr. 377 HT) in Wakkerstroom distrik gewoon, waar sy tweede vrou in 1885 ook oorlede is.1,20,36-38 Heelwat gesinne van Wentzel se Botha-skoonfamilie het op verskillende gedeeltes van Zaaihoek gewoon.38 Die plaas het oorspronklik binne die grense van die ZAR geval, maar na die ABO2 met die verskuiwings van distriksgrense het Zaaihoek in distrik Utrecht in die Natalkolonie (nou KwaZulu-Natalprovinsie) geval.36,39 Aan Zaaihoek se noordwestelike grens lê die buurplaas, Wilgeboschspruit (Natal plaasnr. 386 HT), waar Wentzel se seun, Johan Daniel later geboer het, en waar Wentzel by hulle aan’t huis in 1909 oorlede is.21,36 Wentzel en Maria Coetzer se tweede, derde, vierde en vyfde kind is tussen 1853 en 1857 in NGK Ladysmith/Utrecht gedoop.1,5 Vanaf 1860 het die Coetzer-gesin lidmate van die pasgestigte NHK-gemeente in Martinus-Wesselstroom geword waar die vier jongste kinders gedoop is.5,26,40-45

Ladysmith was voorheen in die Republiek van Kliprivier (1847 – 1848) geleë, maar die grondgebied is deur Brittanje geannekseer en het deel van die Britse Natalkolonie geword. Heelwat van die oorspronklike Voortrekkers het daarna uit ongelukkigheid verder oos oor die Umzinyathirivier (Buffelsrivier) getrek. Nadat ‘n verbale ooreenkoms vir weidingsregte met die Zoeloekoning, Mpande kaSenzangakhona (1798 – 1872) bereik is, het die trekkers hulself begin vestig. Die ooreenkoms is in 1854 met ‘n geskrewe dokument bevestig en die Republiek van Utrecht is net daarna uitgeroep. ‘n Jaar later in 1855 is die dorp, Utrecht gestig. Die Republiek het in 1858 met die Republiek van Lydenburg saamgesmelt en is gesamentlik in 1860 by die bestaande ZAR ingelyf. Koning Mpande, halfbroer van Dingane, het vanaf 1840 tot met sy dood in 1872 oor die Zoeloenasie geheers. Hy het relatief goeie betrekkings met die blanke bewoners in Natal en in die suide van die ZAR gehandhaaf.6,7,39,46Wentzel se vader en sy jonger broers het op ook in Wakkerstroom distrik nesgeskop, o.a. op die onderskeie plase Kleinfontein (ZAR no. 165, Transvaal nr. 3 HT) en Grootvallei (ZAR no. 153, Transvaal no. 43 HT), wat ongeveer 40 km noord van Wakkerstroom geleë is.1,4,29,36,47

Wentzel Coetzer se lewe was vol uitdagings en teen die einde ook vol hartseer. As jong seun het hy die Groot Trek en die meegaande uitdagings meegemaak, daarna moes hy as jongman ‘n bestaan uitkap vir hom en sy jong gesin in die ongetemde binneland waar daar van infrastruktuur min te sprake was, en uiteindelik moes hy sien hoe sy kinders ly in ‘n oorlog met Brittanje, die imperialistiese moontheid wat ook hul nuwe tuisland wou vat.

Toe die ABO2 uitgebreek het in 1899, was Wentzel reeds bejaard. As 72-jarige was Wentzel waarskynlik nie op kommando nie, maar het vermoedelik saam met sy (derde) vrou in die konsentrasiekamp op Volksrust beland, waar sy eggenote op 5 Junie 1901 oorlede is. Volgens getranskribeerde kamprekords is daar egter geen rekord van hul verblyf in die kamp nie, hoewel Helena Dorothea Coetzer se sterfkennis die plek van haar afsterwe as ‘Volkrustburgerkamp’ vermeld.23,32

   4. Sy afsterwe

Wenzel Coetzer het die lewe gelaat op 30 Maart 1909 op die ouderdom van 83 jaar, 11 maande en 17 dae weens nierprobleme (vermoedelik nierversaking). Ten tye van sy afsterwe lyk dit asof hy as bejaarde wewenaar by sy seun, Johan Daniel Coetzer van die plaas Wilgeboschspruit in Utrecht distrik in die Natalprovinsie ingewoon het. Wentzel Coetzer se nege kinders was almal nog in lewe, soos gelys is op sy sterfkennis.21

Dis interessant dat Johan Daniel Coetzer vir sy vader se sterfkennis die volgende inligting verskaf het: Wentzel se tweede vrou (Johan se moeder) het geen kinders gehad nie terwyl sy derde vrou (Johan se stiefmoeder) as die moeder van die nege volwasse kinders aangedui word.21 Dit is egter foutief. Daarby lyk dit of Johan nie sy moeder se naam kon onthou nie, al was hy reeds 27 jaar oud toe sy oorlede is. Ook sy stiefmoeder se naam is verkeerdelik as Elizabeth (H)Elena Coetzer neergepen. Hoe is al hierdie foutiewe of weggelate inligting moontlik? Was Johan dalk nie baie intelligent nie, of was hy op daardie stadium net nie homself nie? Of miskien was Johan ‘n man wat nie eintlik op familiegeskiedenis ingestel was nie. Dalk was dit die notaris wat net nie mooi geluister toe Johan Coetzer die inligting verskaf het nie? As laasgenoemde wel die geval was, hoekom het Johan dan die dokument met die onvolledige inligting onderteken?   5. Sy kinders

Hoewel Wentzel Coetzer in sy leeftyd drie keer getroud was, is al sy kinders gedurende sy tweede huwelik met Maria Magdalena Koch gebore.1,20,40-43

5.1 Martina Elsie Johanna

Sy is op 16 Januarie 1851 gebore en op 28 Maart 1852 te NGK Winburg deur Ds. Dirk van Velden gedoop.1,5,34 Haar maternale grootouers, Johan en Martina Koch, asook haar oom en tante aan vaderskant, Pieter Schalk Willem Coetzer (1820 – 1876) en Isabella Cornelia Steenkamp (1822 – ?), het haar doop bygewoon.11,16-18,34 Martina Coetzer het in ca 1870 met Gideon Johannes Stoop (ca 1848 – ?) getrou by wie sy tien kinders gehad het. Hulle was Albertus Abraham (*4 September 1871, ≈8 Oktober 1871, NHK Marthinus-Wesselstroom, †4 November 1908, Volksrust), Maria Magdalena (*24 November 1872, ≈9 Februarie 1873, NHK Marthinus-Wesselstroom – ?), Wentzel Christoffel (*17 Augustus 1874, ≈22 November 1874, NHK Marthinus-Wesselstroom – ?), Gideon Johannes (*18 Junie 1876, ≈8 Oktober 1876, NHK Marthinus-Wesselstroom – ?), Martina Elsie Johanna (20 Augustus 1879 – ?), 2 KINDERS, Elizabeth Helena (ca 1887 – ?), Martha Johanna Susanna (17 September 1889, Swaziland – 27 Junie 1919, Ermelo) en Johannes Philippus Jacobus “Johan” (ca 1891 – ?)1,48,49

Met die uitbreek van die ABO2 het die Stoop-gesin hulle op die plaas Tafelkop in distrik Ermelo in die ZAR bevind. As gevolg van die Verskroeide Aarde Beleid het Gideon en Martina met hul jongste drie kinders in die konsentrasiekamp op Middelburg beland. Hulle het op 25 Junie 1901 gearriveer, waar hulle vir 15 maande in tent nr. I 1271/R gewoon het. Op 5 September 1902 het hulle teruggekeer na ‘n verwoesde Tafelkop.6,7,31,32,475.2 Wentzel Christoffel (III)

Wentzel Christoffel (III) is in Februarie 1853 gebore (Check original NGK Ladysmith/Utrecht – NO FS).1 Een-en-twintig jaar later op 13 Oktober 1873 is hy in die eg verbind met die 20-jarige Maria Catharina Koekemoer (ca 1854 – ?) in die landdroskantoor op Marthinus-Wesselstroom.1,38

Hy het later met sy gesin naby Bremersdorp (nou Manzini) in eSwatini (ook bekend as Swaziland) geboer.50-52 Bremersdorp het in 1885 as ‘n handelspos ontstaan en dertien jaar later in 1898 amptelik dorpstatus ontvang. Swaziland was vanaf 1894 tot 1902 ‘n protektoraat van die ZAR, met Bremersdorp as die administratiewe setel. Daartydens het heelwat blanke setlaars in die klein staatjie ‘n nuwe toekoms gaan soek, en na die Britse oorname in 1903 is blankes verder aangemoedig om hulself in die Swazilandse kolonie te vestig. Swaziland het eers in 1968 onafhanklikheid verkry.51,52 Die Coetzer-gesin was reeds in 1899 met die uitbreek van die ABO2 in Swaziland woonagtig, waar die helfte van die plaas Buffelshoogte aan Wentzel behoort het.32 Die 46-jarige Wentzel Coetzer het saam met twee seuns by (vermoedelik) Ermelo-kommando aangesluit en het as bittereinders in Junie 1902 onder Offisier Gideon Nel wapens neergelê.53 Terwyl hulle egter op kommando was, het Maria met haar ses jongste kinders in die Middelburg-konsentrasiekamp beland. Hulle het op 25 Junie 1901 gearriveer en het as gesin in tent II831 gebly. Drie weke later op 18 Julie 1901 is die ontwortelde gesin verskuif na Barberton-konsentrasiekamp waar hulle vir die volgende elf maande in tent 434P10 gewoon het. Dis gedurende hierdie tyd – net een maand na hul aankoms – dat die 9-jarige Elizabeth op 13 Augustus 1901 weens masels gesterf het. Op 19 Junie 1901, kort nadat die oorlog beëindig is, is die gesin oorgeplaas na Belfastkamp, waarvandaan hulle huiswaarts gekeer het.32 Wentzel Coetzer is op 1 September 1911 oorlede, toe hy 58 jaar oud was.1 Dit lyk of weduwee Maria daarna met haar jonger kinders verhuis het na distrik Ermelo in die Transvaal – moontlik om nader aan haar ander familielede te wees – want in 1916 ten tye van haar jongste dogter se huwelik was sy woonagtig op die plaas Tweepoort naby Amsterdam.48 Wanneer Maria Coetzer oorlede is, is nie bekend nie.

Wentzel en Maria Coetzer se kinders was Isabella Susanna (*28 November 1874, ≈10 Januarie 1875, NHK Marthinus-Wesselstroom, †14 Desember 1966, Ω Ou Begraafplaas, Ermelo), Maria Magdalena (*2 Oktober 1876, ≈25 Desember 1876, NHK Marthinus-Wesselstroom – ?), WC??, Marthina Elsie Johanna (19 Junie 1883 – 14 September 1933, Ω Amsterdam Begraafplaas), Marthinus Wessel (30 April 1885 – 2 September 1965, Ω Nuwe Begraafplaas, Ermelo), Johannes Philippus (ca 1887, moontlik jonk oorlede?), Cornelia Susanna Aletta Johanna (1889 – ?), Elizabeth Helena (ca 1891 – 13 Augustus 1901, Barberton-konsentrasiekamp), Hyla/Heila Magdalena (*5 Februarie 1893, ≈9 April 1893, NHofGK Ermelo – ?), Gerhardus Stephanus (*4 Desember 1895, ≈9 Februarie 1896, NHofGK Ermelo [Amsterdam], †19 Desember 1979, Ω Nuwe Begraafplaas, Ermelo) en Maria Catharina (11 Mei 1897 – 18 Oktober 1996, Brakpan).1,49,50,54,555.3 Johannes Philippus Jacobus

Hy is in ? Maart 1855 in Natal gebore.  (Check original NGK Ladysmith/Utrecht)

Philippus het deur die loop van sy lewe drie keer in die huwelik getree. In totaal het hy veertien kinders van sy eie gehad, en nog drie stiefkinders bygekry met sy derde huwelik.1,56,57

As 20-jarige het hy met die 16-jarige Susanna Maria van Greuning (21 November 1858, Natal – 21 Oktober 1890) op 5 Oktober 1875 in die huwelik getree. Hierdie troue het op Newcastle plaasgevind. Sy was die dogter van Zacharius Johannes van Greuning (18 Julie 1821 – ?) en Maria Catharina Petronella Grobler. Na ‘n huwelik van 15 jaar waaruit nege kinders gebore is, is Susanna op die ouderdom van 32 jaar op die plaas Tweefontein naby Ermelo in die ZAR oorlede. Die kinders was Maria Catharina Petronella (*22 Augustus 1876, ≈8 Oktober 1876, NHK Marthinus-Wesselstroom; vermoedelik jonk oorlede), Maria Magdalena (5 Januarie 1878 – 15 Julie 1966, Nuwe Begraafplaas, Ermelo), Wentzel Christoffel (*23 Junie 1879, ≈17 Augustus 1879, †6 Januarie 1956, Ω Nuwe Begraafplaas, Ermelo), Zacharias Johannes I (*ca 1882, jonk oorlede), Susanna Maria (23 Junie 1884 – 1910), Marthina Elsie Johanna (23 September 1885 – 4 November 1967, Ω Ou Begraafplaas, Ermelo), Zacharias Johannes II (6 Oktober 1886 – 2 Junie 1933, Ω Morgenzon Begraafplaas, Morgenzon), Jacoba Margaretha (? – 1965) en Johan Philippus Jacobus (1890 – ?).1,56,57

Phillipus is vir ‘n tweede keer getroud met Stefina Anna Catharina Botha (28 Oktober 1870, Wakkerstroom distrik – 3 Desember 1905, Ω plaas Roodekrans [plaasnr. 457 IS], Bethal distrik). Sy was die dogter van Jurgen Johannes “Jurie” Botha (*8 Augustus 1841, ≈6 Feb 1842, Weenen – ?) en Maria Elizabeth NN. Stefina is op die ouderdom van 35 jaar oorlede nadat sy en Philippus saam vyf kinders gehad het.1,57,58 Hulle was Jurgen Johannes (*17 Desember 1891, ≈27 Maart 1892, NHofGK Ermelo, †28 Mei 1951, Vereeniging), Pieter Schalk Willem (*6 Januarie 1893, ≈5 November 1893, NHofGK Ermelo – ?), Jacobus Marthinus (*1 November 1894, ≈13 Januarie 1895, NHofGK Ermelo, †6 Januarie 1973, Ω Rynsoord Begraafplaas, Benoni), Stephina Anna Catharina (*25 Januarie 1897, ≈14 Februarue 1897, NHofGK Ermelo – ?), Johan Daniel (? Augustus 1898, Ermelo – 30 Januarie 1941, Sielsieke Hospitaal, Pretoria), Stefina Anna Catharina ?????? en Gerhardus Jacobus “Gert” (*28 Oktober 1903, ≈10 April 1904, NHofGK Volksrust, †3 Oktober 1948, Davel, Ω Hoofbegraafplaas, Davel).1,55,58-61 In 1885 het die NGK en NHK in die ZAR saamgesmelt om die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk (NHofGK), ook bekend as die Verenigde Kerk (VK), te vorm. Hierdie eenheid het egter slegs sewe jaar geduur voordat die NHK weer in 1892 afgestig het. Die NGK in Transvaal het daarna tot en met 1957 as die NHofGK voorbestaan, waarna die naam na NGK herstel is.6,7,62,63

In ca 1906 tree Philippus vir ‘n derde keer in die huwelik te Heidelberg in Transvaal met Catharina Susanna Botha (voorheen Janse van Rensburg, née Appelgryn) (1867 – ?),1,64 weduwee van Hendrik Josephus Botha (1868 – 4 Mei 1900)64 wat tydens die ABO2 naby die Sandrivier in die Vrystaat omgekom het tydens die Boeremagte se onsuksesvolle poging om die opmars van Generaal Frederick Sleigh Roberts (1832 – 1914) se Britse troepe na Kroonstad te probeer stuit.6,7,31 Geen kinders is uit Philippus en Catharina se huwelik gebore nie, maar Catharina het ses kinders uit haar eerste twee huwelike gehad, waarvan drie reeds tydens die ABO2 in ‘n konsentrasiekamp omgekom het. Haar kinders was Dawid Johannes Janse van Rensburg (ca 1889 – ?), Christiaan Petrus Janse van Rensburg (ca Mei 1891 – 7 Oktober 1901, Heidelbergkonsentrasiekamp), Susanna Catharina Hendrina Janse van Rensburg (ca 1893 – 9 Augustus 1901, Heidelbergkonsentrasiekamp), Maria Petronella Botha (1895 – ?), Catharina Susanna Botha (1897 – ?) en Hendrik Josephus Botha jnr. (1899 – ca late 1901, Heidelbergkonsentrasiekamp).31,32,56,64

Philippus is op die ouderdom van 59 jaar en 10 maande op 6 April 1914 in sy woonhuis op ‘n onderverdeling van die enorme plaas, genaamd Dorpsplaats (ZAR plaasnr. 11, Transvaal nr. 470 IS), in distrik Ermelo oorlede. Die plaas lê suid-wes van Ermelo oppad na Morgenzon.1,36,565.4 Pieter Schalk Willem

Hy is op 16 Maart 1855 in die omgewing van huidige dorp, Newcastle, gebore.1

Die NGK-gemeente op Newcastle het egter eers op 2 Desember 1882 van NGK Ladysmith afgestig, ongeveer twintig jaar nadat die dorp gestig is. Newcastle is amptelik in 1864 langs die Ncandurivier geproklameer, hoewel daar reeds vanaf die 1840’s ‘n poskoetsstasie, genaamd Post Halt No. 2, was waar transportryers kon oornag en waar vars perde verskaf is vir die poskoetse op die roete tussen Port Natal/Durban en die ZAR. Newcastle was die vyfde koloniale dorp in Natal, naas Port Natal/Durban (1824), Pietermaritzburg (1839), Weenen (1839) en Ladysmith (1848).44,45

Pieter trou later met sy niggie, Susara Susanna Botha (ca 1856 – ?), dogter van Theunis Jacobus Botha (14 Maart 1833 – 1912) en Susanna Hendrina Zacharia Koch (13 Januarie 1842 – 4 Januarie 1886).1,16-18,65 Pieter is op 46-jarige ouderdom op 25 Oktober 1901 oorlede op sy oom, Johannes Jacobus Coetzer (1829 – 1923) se plaas, Grootvallei (ZAR no. 153, Transvaal no. 43 HT) in Wakkerstroom distrik.1,29,36,47,66 Hy is vermoedelik in die familiekerkhof op die plaas begrawe – meeste van die inskripsies op daardie grafstene is egter nie meer leesbaar nie.66Pieter en Susara Coetzer se kinders was Susara Susanna (16 April 1880 – 5 September 1933, plaas Nooiensboom, distrik Utrecht), Pieter Schalk Willem (12 Mei 1886 – 11 Julie 1967, Ω Ou Begraafplaas, Utrecht), Theunsina Jacoba (5 September 1888 – 3 Maart 1972, Ω Ou Begraafplaas, Utrecht), Maria Magdalena (15 November 1891 – ?), Johan Daniel (*7 Julie 1895, ≈10 November 1895, NHofGK Marthinus-Wesselstroom – ?) en Martina Elsie Johanna (*2 Mei 1898, ≈25 September 1898, NHofGK Marthinus-Wesselstroom, †12 November 1953, Ω Ou Begraafplaas, Utrecht).1,67

5.5 Johan Daniel

Johan Daniel is op 3 November 1857 in distrik Utrecht in die ZAR gebore.1

Hy het op die ouderdom van 22 jaar op 4 Desember 1879 met die 17-jarige Susanna Elizabeth Visagie (? Februarie 1862 – 21 Maart 1907) in die huwelik getree te NHK Marthinus-Wesselstroom.1,64 Susanna was die dogter van Petrus Gerhardus Visagie (29 Maart 1840 – 17 Junie 1900, plaas Verkyk, distrik Wakkerstroom) en Susanna Elizabetha Joubert (2 Januarie 1841 – ?).1,68-70 Vir die eerste paar jaar het die jong egpaar op Zaaihoek gewoon.38

Hulle kinders was Wenzel Christoffel (5 Januarie 1881 – 5 April 1887), Johan Daniel (5 Junie 1884 – 4 Mei 1887), Johan(nes) Philippus Jacobus (4 November 1888 – ?), Roedolf Gerhardus (30 September 1892 – ?), Pieter Schalk Willem (*9 November 1894, ≈30 Desember 1894, NHofGK Marthinus-Wesselstroom, † <1907), Marthinus Godfried, (*5 Maart 1897, ≈21 Maart 1897, NHofGK Marthinus-Wesselstroom, – ?), Hendrik Gerhardus (*18 September 1899, ≈3 Desember 1899, NHofGK Marthinus-Wesselstroom, †15 Desember 1965, Ω Hoofbegraafplaas, Vryheid, Natal) en Johanna Susanna (*28 Julie 1903, ≈9 Augustus 1903, NGK Volksrust, †2 Junie 1999, Ω Hoofbegraafplaas, Glencoe, Natal).1,67,68,71

Hulle jongste kind was maar net drie jaar oud toe Susanna (Visagie) Coetzer op die ouderdom van 45 jaar en 11 maande op die plaas Droefheid-op-Noten (ZAR plaasnr. 50; Transvaal nr. 140 HS) in Wakkerstroom distrik oorlede is.1,36,46,68 Die 49-jarige Johan Coetzer het op 10 Junie 1907 vir ‘n tweede keer getrou in die Newcastle landdroskantoor met die 43-jarige Wilhelmina Hermina van der Linde (1864 – ?), wat self nog jong, minderjarige kinders uit haar eerste huwelik gehad het. Sy was die weduwee van Hendrik Christoffel Craffort (ca 1863 – 15 Augustus 1904) van die plaas Wilgeboschspruit (Natal plaasnr. 386 HT) wat weens hartsiekte op hul woonplaas oorlede is.1,32,36,46,72,73  Teen 1909, teen die tyd dat sy wewenaarvader oorlede is, het Johan Coetzer met sy gesin ook op Wilgeboschspruit gewoon. Sy bejaarde vader het vermoedelik op daardie stadium by hulle ingewoon.21 

5.6 Elizabeth Helena

Sy het op 4 November 1860 as die tweede dogter van Wentzel en Maria Coetzer in die wêreld gekom. Haar doop het dertien maande later op 1 Desember 1861 in die NHK op Martinus-Wesselstroom on der leiding van ds. Dirk van der Hoff plaasgevind.1,40 Haar oupa, Wentzel Christoffel Coetzer en stiefouma, Catharina Susanna Hattingh, asook haar tante en aangetroude oom, Catharina Elizabeth Koch (1834 – 13 Oktober 1898, plaas Schaapkoppie, distrik Vryheid, ZAR) en Hermanus Bernardus Jacobus Bester (5 November 1835, Swellendam – 2 Augustus 1916, Louwsburg, Natal) was daar vir die doopplegtigheid en het as getuies opgetree.15,18,40Die NHK-gemeente van Martinus-Wesselstroom het in 1860 tot stand gekom. Vir die volgende 14 jaar is die gemeente bedien deur ds. Dirk van der Hoff en ds. Nicolaas Jacobus van Warmelo wat as konsulente opgetree het. Eers op 16 November 1874 is ds. Daniel Petrus Ackerman (1849 – 1916) as die eerste permanente leraar van die gemeente bevestig. Vanaf 1885 tot 1904 het die gemeente bekend gestaan as NHofGK Martinus-Wesselstroom, daarna as NHofGK Wakkerstroom en vanaf 1957 as NGK Wakkerstroom.5,26,62,63Elizabeth is later op Martinus-Wesselstroom met Richard Daniel Nortjé (1856, Potchefstroom – 25 Augustus 1905, plaas Quaggasfontein, Potchefstroom) getroud. Hy was die seun van Joachim Johannes Petrus Nortjé (*18 Desember 1822, ≈29 Maart 1823, Uitenhage – ?) en Martha Maria Cornelia van Greunen (ca 1827 – ?). Elizabeth en Richard het agt kinders gehad; Maria Magdalena, Joachim Johannes, Martha Maria Cornelia, Wessel Christoffel, Elizabeth Helena, Susanna Maria, Gertina Douwlina en Richard Daniel (*8 November 1894, ≈6 Desember 1894, Potchefstroom, † <1905).1,74,75

5.7 Hendrik Gerhardus

Hendrik is op 20 April 1863 op die plaas Zaaihoek gebore en op 23 Oktober 1864 te Martinus-Wesselstroom gedoop.1,41 Hy het met Hester Gesina van der Merwe (1862 – 1957) in die huwelik getree.1,16 Hulle was my groot-groot-grootouers. LEES MEER oor Hendrik Coetzer.

5.8 Andries Hendrik

Hy het die lewenslig op 30 Oktober 1865 gesien en is twee maande later op 7 Januarie 1866 te Martinus-Wesselstroom gedoop.1,42 Andries Hendrik Coetzer en Maria Petronella Botha (familieverwantskappe onseker), asook sy tante, Susanna Hendrina Zacharia Koch (1842 – 1886) en haar gade, Theunis Jacobus Botha (1833 – ?) was daar.18,65

Andries was net 19 jaar oud toe hy met die 17-jarige Johanna Magdalena Jordaan (26 Februarie 1869 – 20 Februarie 1955, Ω Wespark Begraafplaas, Johannesburg) getroud is.1,74,75 Hul huwelikseremonie is op 16 Maart 1885 – twee maande na sy moeder se afsterwe – deur Landdros H. Krogh in die landdroskantoor te Marthinus-Wesselstroom hanteer. Beide die twee jongmense se ouers het toestemming verleen tot die egverbintenis. Andries se ouer broer, Hendrik Johannes Coetzer, was een van die getuies.25,76

Vyf kinders is uit hul huwelik gebore. Hulle was  Susanna Elizabeth Jacoba (1888 – ?), Andries Hendrik jnr. (16 Maart 1891 – 12 Maart 1973, Ω Silverton Begraafplaas, Pretoria), Maria Magdalena (*27 Julie 1895, ≈20 Oktober 1895, NHofGK Marthinus Wesselstroom – ?), Elizabetha Helena (*17 April 1898, ≈16 Oktober 1898, NHofGK Marthinus Wesselstroom, †1989) en Jan Hendrik (*20 Augustus 1906, ≈9 Desember 1906, NHofGK Volksrust – ?).1 Vier van die kinders is voor die ABO2 gebore en die jongste een na die oorlog.

Met die uitbreek van die ABO2 was Andries Coetzer met sy gesin woonagtig op ‘n plaas, genaamd Driefontein.76 In Wakkerstroom distrik alleen was daar drie plase wat hierdie naam gedra het, en dit is dus moeilik om te bepaal watter plaas van toepassing was, maar dit kan ook vermoedelik eerder Driefontein in Swaziland wees waar sy neef, Philippus Christoffel Johannes Rudolph Coetzer (11 Oktober 1871 – 21 Desember 1947, plaas Driefontein, Swaziland) geboer het.36,77 Andries het as 34-jarige by ‘n Boerekommando aangesluit om deel te neem aan die vryheidsoorlog teen die Britse Ryk. Dis nie seker by watter kommando hy ‘n lid was nie, maar dit was vermoedelik Ermelo-kommando, waarvan twee van sy neefs ook lede was. Hierdie kommando het saam met die kommando’s van Pretoria, Wakkerstroom, Carolina, Middelburg en Lydenburg aktief deelgeneem aan verskeie patrollies, veldslae en skermutselinge in Natal en in Suidoos-Transvaal, o.a. by Sandspruit, Ladysmith, Colenso, Spioenkop, Laingsnek, Bothas-pas, Koringplaats, Allemansnek, Donkerhoek, Van Wyksvlei, Bergendal, Waterval-Onder, Geluk, Machadodorp, Lake Chrissie (Chrissiesmeer) en Bakenlaagte. ‘n Groot aantal Transvaalse kommandolede was tussen Januarie en April van 1901 gekonsentreerd in die suid-ooste van Transvaal. Vandaar kon die burgers die spoorlyne maklik aanval en ook vinnige aanvalle loods na Natal. Kolomme van Britse troepe was egter aan die opmars vanuit die weste en suide en het ‘n wye net gegooi om hierdie Boeremagte uit te lok en vas te keer. Verskeie konfrontasies het gevolg met ongevalle en gewonders aan beide kante, en met burgers was gevange geneem is.31,77 Andries Coetzer is op 13 April 1901 op die plaas Nooitgedacht (ZAR plaasnr. 450) – tussen Middelburg en Belfast – gevang en as krygsgevangene na Bermuda weggestuur en hy kon eers na die oorlog weer terugkeer na Suid-Afrika nadat hy die Eed van Getrouheid aan die Britse Kroon afgelê het.31,77-79Andries Coetzer het op die ouderdom van 49 jaar op 22 Februarie 1915 gesterf op Wilgeboschspruit, die woonplaas van sy broer, Johan Daniel. Sy vrou was 40 jaar lank ‘n weduwee voordat sy in Johannesburg op 20 Februarie 1955 – ses dae voor haar 86ste verjaarsdag – oorlede is.1

5.9 Maria Magdalena

Maria Magdalena is op 13 November 1868 gebore. Sy is in die teenwoordigeheid van ses getuies op 29 November 1869 te Marthinus Wesselstroom gedoop.1,43 Die getuies was haar suster en swaer, Marina Elsie Johanna Coetzer en Gideon Johannes Stoop (sien 5.1), asook haar oom, Philippus Christoffel Johannes Rudolph Coetzer (1834 – 1873) en sy gade, Wilhelmina Cecilia Marthina Francina Catharina Labuschagne (1845 – 1901), en haar tante, Johanna Charlotta Koch (1841 – 1917) en dié se man, Richard Daniel Nortjé (1836 – 1913).1,18,43,48,80,81

Geen verdere inligting oor Maria se lewe kon opgespoor word nie. Sy kom nie op haar moeder se sterfkennis van 1885 voor nie – toe sy 16 jaar oud was – maar wel op haar vader s’n in 1909, waar sy as mondig (volwasse) aangedui word.20,21 Op daardie stadium was sy dus 40 jaar oud. Uit hierdie inligting kan met ‘n mate van sekerheid afgelei word dat Maria na 1909 oorlede is,21 en nié op ‘n jong ouderdom nie; soos wat aangedui word in Verwysing 1.

 

SPESIALE VERMELDING

VERWYSING 50: ‘n Groot dankie aan Susan van Wyk, agterkleindogter van Wentzel (III) en Maria Coetzer, vir die inligting en foto’s wat sy vir my aangestuur het. Dit sou buite my bereik gebly het as dit nie vir haar mededeelsaamheid was nie. Haar bydrae het die verhaal van die Coetzer-familie wat hier vertel word, aansienlik verryk.

< BACK

 

  1. Coetser, M. Coetzer en Coetser Families in South Africa. https://coetzercoetser.weebly.com/family-tree–stamboom.html
  2. Doopinskrywing van Wenzel Christoffel Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Cradock (Cape Province), 1817-1972.
  3. Boedel van Elizabeth Helena Coetzer. (MOOC8/48.25, Western Cape Archives Repository). http://databases.tanap.net/mooc/main_article.cfm?id=MOOC8%2F48.25&freesearchkey=Tarka
  4. Sterfkennis van Wenzel Christoffel Coetzer (1796 – 1879). South Africa, Natal Province, Civil Deaths, 1863-1955, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91Q-494V-9?cc=2721608 : 23 January 2019), > image 1 of 1; The National Archives of South Africa (NARS), Pretoria
  5. NG Gemeente Winburg, Ladysmith, Utrecht, Wakkerstroom en Newcastle. Gemeentegeskiedenisargief. ‘n Oorsig van die geskiedenis van die NG Kerk, sy gemeentes en predikante. https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/
  6. Giliomee, H. & Mbenga, B. 2007 Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad
  7. Illustrated history of South Africa. The real story. 1989 2nd Ed. Reader’s Digest Association South Africa (Pty) Ltd.: Cape Town
  8. Visagie, J.C. 2011 Voortrekkerstamouers, 1835-1845. 2de Ed. Protea Boekhuis: Pretoria
  9. Binckes, R. 2013. The Great Trek uncut. 1ste Ed. 30º South Publishers: Pinetown
  10. Great Trek. https://en.wikipedia.org/wiki/Great_Trek
  11. Steenkamp, J.H. 1969 Die Steenkamps van Suidelike Afrika. Biblioteek van Erfenisstigting, Voortrekkermonument, Pretoria
  12. Anna Maria Petronella Potgieter, b7c8d6e2. https://www.geni.com/people/Anna-Maria-Petronella-Potgieter-b7c8d6e2/6000000003418969414
  13. Visagie, J.C. 2014 Voortrekkerleiers en trekroetes. 1ste Ed. Die Erfenisstigting: Pretoria
  14. Feldtmann, S. Die Groot Trek: Hoofstuk 8, Deel 4. Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/?p=24625
  15. Huweliksinskrywing van Wenzel Coetzer en Catharina Labuschagne (née Hatting). South Africa, Natal Province, Civil Marriages, 1845-1955. Database with images. FamilySearch. (https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DHHW-5J5?i=362&wc=M6BB-6TL%3A353935801%3Fcc%3D2063749&cc=2063749); National Archives and Records Service of South Africa, Pretoria
  16. Melville, J. 2005 Stamboom van die Van der Merwe Familie. 1ste Ed. Genealogiese Publikasies: Walmer
  17. Sterfkennis, testament en boedel van Martina Elsie Johanna Koch (1839 – 1885). South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-D4SB?cc=2520237&wc=Q6NX-RBD%3A1590242342 : 14 February 2019), 007805272 > image 582 of 1195; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  18. Martina Elsje Johanna Koch (née Van der Merwe). https://www.geni.com/people/Martina-Elsje-Johanna-Koch/6000000023392109525
  19. Doopinskrywing van Philippus Jacobus Koch. South Africa, Free State Dutch Reformed Church Records, 1848-1956, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C953-QN67?cc=1910846&wc=39ZJ-N35%3A183083201%2C1301774502%2C1559163301 : 4 November 2016), Free State > Winburg > Christenings 1842-1871 > image 187 of 400; Dutch Reformed Church Synod Centre, Bloemfontein
  20. Sterfkennis, testament en boedel van Maria Magdalena Coetzer (née Koch). South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-Z93M-P?cc=2520237&wc=Q6NX-RBN%3A1590242307 : 16 December 2016), 007805271 > image 1260 of 1334; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  21. Doodsertifikaat, sterfkennis en boedel van Wenzel Christoffel Coetzer (1825-1909). South Africa, Pietermaritzburg Estate Files 1846-1950, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:QLRL-C6V6 : 17 March 2018), Hendrik Gerhardus Coetzer in entry for MM9.1.1/QLRL-C6VZ:, 1909; citing Probate, Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives), South Africa
  22. Huweliksrekord van Wentzel Coetzer en Helena (Botha) Struwig. Civil registration (marriages), Wakkerstroom (Transvaal), 1873-1965. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-NSLG-L?i=215&cat=719911
  23. Sterfkennis van Helena Dorothea Coetzer. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-87JT-B?i=541&wc=Q6NX-TMF%3A1590233991&cc=2520237
  24. Botha, J. 2010. Botha in Southern Africa. http://home.mweb.co.za/el/elijo/bothhtml/dat64.html#5
  25. Van Zyl, A. 30 September 2016. JC Krogh – The maker of peace? Zoutpansberger Newspaper (online). https://www.zoutpansberger.co.za/articles/history_streets/39410/2016-10-28/jc-krogh-a-the-maker-of-peace
  26. NG gemeente Wakkerstroom. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Wakkerstroom
  27. Wentzel Coetzer en Martha Stoop. https://www.geni.com/people/Wentzel-Coetzer/6000000042690207978?through=6000000042689649392
  28. Huweliksrekord van Johan Daniel Coetzer en Elizabeth Helena Coetzer. Civil registration (marriages), Wakkerstroom (Transvaal), 1873-1965. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-NSLR-F?i=206&cat=719911
  29. Sterfkennis van Johannes Jacobus Coetzer. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSSW-XS4Q-T?cc=2520237&wc=Q6VB-B5H%3A1590242775 : 14 February 2019), 007818087 > image 1021 of 2118; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  30. Landman-Reid, R. 2013 (hersien). Veldpond. The true facts. Pilgrim’s Rest 1902. http://www.veldpond.co.za/
  31. Pakenham, T. 1993 The Boer War. Illustrated Edition. Jonathan Ball Publishers: Johannesburg, South Africa
  32. Transcribed Consentration Camp Registers. British Concentration Camps of the South African War, 1900 – 1902. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd
  33. Volksrust Konsentrasiekamp gedenksteen en Muur van Herinnering. Volksrust, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
  34. Doopinskrywing van Martina Elsie Johanna Coetzer. South Africa, Free State Dutch Reformed Church Records, 1848-1956, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C953-QNXJ?cc=1910846&wc=39ZJ-N35%3A183083201%2C1301774502%2C1559163301 : 4 November 2016), Free State > Winburg > Christenings 1842-1871 > image 200 of 400; Dutch Reformed Church Synod Centre, Bloemfontein
  35. NG gemeente Winburg. https://www.wikiwand.com/af/NG_gemeente_Winburg
  36. National Geo-Spatial Information, 1:50 000 Rasters. January 2015. Department of Rural Development and Land Reform, Republic of South Africa. CD-publication
  37. Huweliksinskrywing van Wentzel Coetzer en Maria Koekemoer. South Africa, Transvaal, Civil Marriages, 1870-1930, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91J-Y7WX-F?cc=2727134 : 27 September 2019), > image 1 of 1; Citing NARS “Civil registration (marriages – coloureds), Transvaal and Swaziland, 1898-1927. The National Archives and Records Service of South Africa, Pretoria
  38. Burger lists. Wakkerstroom (WKR 185) 1866-1893 (WKR 186) 1893-1900. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSKG-GBZJ?i=9&cat=188331
  39. Heese, H.F. 1985 Groep sonder grense. Die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap. Instituut van Geskiedkundige Navorsing: Universiteit van Wes-Kaap. (Kaart van ZAR distrikte, 1877 – 1881)
  40. Doopinskrywing van Elizabeth Helena Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9PX-Y?i=535&cat=539146
  41. Doopinskrywing van Hendrik Gerhardus Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9PX-G?i=558&cat=539146
  42. Doopinskrywing van Andries Hendrik Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9PZ-B?i=569&cat=539146
  43. Doopinskrywing van Maria Magdalena Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-Z9P4-9?i=591&cat=539146
  44. Newcastle, KwaZulu-Natal. https://en.wikipedia.org/wiki/Newcastle,_KwaZulu-Natal
  45. NG gemeente Newcastle. https://af.m.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Newcastle
  46. Mpande kaSenzangakhona. https://af.wikipedia.org/wiki/Mpande_kaSenzangakhona
  47. Kaart van Transvaal Provinsie, Unie van Suid-Afrika. Kantoor van die Landmeter-Generaal, Pretoria, 1931. Leeskamer. National Archives & Repository Service of South Africa
  48. Albertus Abraham Stoop. https://www.geni.com/people/Albertus-Stoop/6000000022890040961?through=6000000002549643384
  49. Doopinskrywings van Wentzel en Maria Coetzer se kleinkinders. Christenings, NGK Wakkerstroom (1877 – 1893). Film roll nr. 1612855. Church of Jesus Christ of Latter-Day Saints (LDS) Family History Centre, Parktown, Johannesburg
  50. Inligting en foto’s, asook afdrukke van huweliksertifikate en FamilieBybel-inskrywings ontvang op 31 Julie 2021 van Susan van Wyk van Pretoria, agterkleindogter van Wentzel (III) en Maria Coetzer
  51. Manzini, Eswatini. https://en.wikipedia.org/wiki/Manzini,_Eswatini
  52. Eswatini. https://en.wikipedia.org/wiki/Eswatini
  53. Marthinus Wessel Coetzer. League of Veterans. Anglo Boer War Museum. https://www.wmbr.org.za/
  54. Coetzer-grafte in begraafplaas op Amsterdam en Ermelo, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
  55. Doopinskrywing van Hyla Magdalena Coetzer. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Ermelo (Transvaal), 1870-1949. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSVN-9QZL?i=337&cat=839290
  56. Sterfkennis van Johannes Philippus Coetzer. eGGSA Documents. https://documents-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=9840
  57. Susanna Maria Coetzer (Van Greuning). https://www.geni.com/people/Susanna-Coetzer/6000000031153692385
  58. Johannes Jurie Botha, b4c10d10e3f3. https://www.geni.com/people/Johannes-Botha-b4c10d10e3f3/6000000016996618325?through=6000000014582160524
  59. Graf van Stefina Coetzer. Familiekerkhof op plaas Roodekrans, Bethal. http://www.graves-at-eggsa.org/main
  60. Sterfkennis, testament en boedel van Gerhardus Jacobus Coetzer. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS39-QYHM?cc=2520237&wc=Q6VB-BZQ%3A1590242983 : 7 April 2020), 007830344 > image 573 of 2629; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  61. Sterfkennis van Johan Daniel Coetzer. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSSK-KSX3-P?cc=2520237&wc=Q6VB-BBF%3A1590242874 : 7 April 2020), 007823279 > image 731 of 1942; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  62. Van der Watt, P.B. 1989. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-1905. NG Kerkboekhandel 1988 (Edms) Bpk : Pretoria
  63. Hanekom, T.N., red. 1952. Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk. ’n Gedenkboek by ons derde eeufees 1952. Kaapstad : NG Kerk-uitgewers
  64. Hendrik Josephus Botha (1868 – 1900). https://www.ancestry.com/genealogy/records/hendrik-josephus-botha-24-zf69xz
  65. Coetzee, T. 26 February 2021. Phase 1 Archaeological Impact Assessment for the Proposed Kangra Coal T4 Project near Amertsfoort, Mpumalanga. https://sahris.sahra.org.za › files › heritagereports
  66. Doopinskrywings van Wentzel Coetzer se kleinkinders. Parish registers, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Wakkerstroom (Transvaal), 1860-1949. https://www.familysearch.org/search/catalog/539146?availability=Family%20History%20Library
  67. Sterfkennis van Susanna Elizabeth Coetzer (née Visagie). South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4V-JRHZ?cc=2520237 : 7 April 2020), > image 1 of 1; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  68. Sterfkennis, testament en boedel van Petrus Gerhardus Visagie. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-6S6F-Q?cc=2520237&wc=Q6NX-TS1%3A1590242436 : 14 February 2019), 007805594 > image 585 of 1078; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  69. Petrus Gerhardus Visagie, b1c11d14e3f12. https://www.geni.com/people/Petrus-Gerhardus-Visagie-b1c11d14e3f12/6000000015474643113
  70. Johan Daniel Coetzer, e3f5. https://www.geni.com/people/Johan-Daniel-Coetzer-e3f5/6000000008288894079
  71. Huweliksrekord van Johan Coetzer en Wilhelmina Craffort. South Africa, Natal, Newcastle birth, marriage, and death registershttps://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QHV-V367-RPC9?i=278&cat=3465566
  72. Richard Daniel Nortjé (1836 – 1913). https://www.geni.com/people/Richard-Dani%C3%ABl-Nortje/6000000022552387324?through=6000000022552444281
  73. Doodsertifikaat van Hendrik Chrisoffel Craffort. South Africa, Natal Province, Civil Deaths, 1863-1955, database, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91X-G4W9-H?cc=2721608 : 23 January 2019), > image 1 of 1; The National Archives of South Africa (NARS), Pretoria
  74. Sterfkennis van Richard Daniel Nortjé. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-691N-T?cc=2520237&wc=Q6NX-T9G%3A1590242391 : 14 February 2019), 007805615 > image 219 of 1098; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  75. Susanna Hendrina Zacharia Koch. https://www.geni.com/people/Susanna-Koch/6000000016818748475
  76. Huweliksrekord van Andries Coetzer en Johanna Jordaan. Civil registration (marriages), Wakkerstroom (Transvaal), 1873-1965 https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-NSLT-F?cat=719911
  77. Andries Hendrik Coetzer en Philippus C.J.R. Coetzer. Prisoners of War and Camps for Boers. AngloBoerWar.com. https://www.angloboerwar.com/
  78. Doyle, A.D. 1900. The Great Boer War. 1st Ed. Thomas Nelson & Sons, London: UK
  79. Boer Bermuda antiques to be auctioned. 7 September 2019. ForeverBermuda.com. http://www.foreverbermuda.com/boer-bermuda-antiques-to-be-auctioned/
  80. Huweliksinskrywing van Philippus Coetzer en Willemiena Labuschagne. South Africa, Natal Province, Civil Marriages, 1845-1955. Database with images. FamilySearch. http://FamilySearch.org : accessed 2021; National Archives and Records Service of South Africa, PretoriaSterfkennis van Willemiena Venter (voorheen Coetzer, née Labuschagne). South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-RTNX?cc=2520237&wc=Q6NX-T97%3A1590242450 : 14 February 2019), 007805619 > image 840 of 926; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
  81. Labuschagne, H. 2015 Nasate van Abraham Labuschagne. https://www.yumpu.com

< BACK