Hans Jacob Kutzer/Coetzer (1686 – 1742)

< BACK

   1. Spelling van die familienaam

Hans Jacob Kutzer (aka Johannes Jacob[us] Coetzer) was die stamvader van die Coetzer- en Coetserfamilie in Suid-Afrika. Met sy migrasie vanaf Oos-Europa na Nederland, en later as soldaat van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) na die Kaap de Goede Hoop, het hy noodgedwonge verhollands wat ‘n invloed op die uitspraak en gevolglike spelling van sy familienaam gehad het. Hy paraffeer aanvanklik sy van as Kúzer/Kúžer (handskrif-ontsyfering gepoog volgens Tjeggiese alfabet en fonetiek). Dit verander egter later na Coetzer.1-4 In amptelike dokumente soos eiendomskontrakte, testamente en sy sterfkennis, asook in die doopinskrywings van sy kinders (en hul nasate) word sy familienaam afwisselend deur notarisse, skribas en predikante as Coetzer en Coetser gespel, en selfs ook as Coutzer, Koetzer en Koetser.3-8

Die spelling van óns spesifieke stamlyn se COETZER-familienaam is eers vanaf die sewende generasie op amtelike vlak teen die aanvang van die 20ste eeu finaal gevestig, hoewel ons voorouers reeds lank voor dit hul van altyd as Coetzer geparafeer het.

   2. Sy kinderjare

Hans Jacob Kutzer is op 25 Julie 1686 te Reichstadt in Boheme (nou Zákupy, Liberec, Tjeggiese Republiek) gedoop as die seun van Wentzel/Wenceslaus/Wenceleslaus Kutzer en Susanna Weiss (? -13 Januarie 1717, Reichstadt).1-3,9 Wentzel en Susanna is op 18 Oktober 1682 te Reichstadt getroud.9 Susanna was die dogter van Hans Weiss van Kamnitz langs die Elbe-rivier (die Kamnitz/Kamenice Ravyn) naby Reichstadt in die noord-weste van Boheme.9-11 Reeds vanaf die 12de eeu het etniese Duits-sprekende settelaars in hierdie gebied inbeweeg en hulle hier gevestig vir die volgende 800 jaar tot net na die Tweede Wêreldoorlog in 1945 toe hulle verdryf is.12

In verskeie amptelike dokumente dui Hans Jacob Kutzer aan dat hy afkomstig was van Rijkstad Seterij/Setri bij Weenen in Bohemen            (Rykstad Setery/Setri naby Vienna in Boheme).1-3,13 Die verwysing na Vienna was egter slegs ‘n manier om ‘n minder bekende plekkie binne die Heilige Romeinde Ryk geografies te plaas.3 Op daardie stadium was Vienna die hoofstad van die Oostenrykse Habsburgse Monargie binne die Heilige Romeinse Ryk. Die Monargie het vanaf 1279 oor Oostenryk geheers, en later vanaf 1526 ook oor die Lande van die Boheme Kroon. Hierdie Lande het ingesluit Boheme, Moravia, Silesië, Hongarye en Kroasië, Transilvanië (nou deel van Roemenië) en ‘n gedeelte van Bavaria (nou deel van Duitsland). Boheme, Moravia en ‘n klein gedeelte van Silesië was die voorlopers van die moderne Tjeggiese Republiek.14-16Rijkstad/Rykstad, die verhollandse vorm van Reichstadt, staan vandag bekend as Zákupy.3,17 Die vesting Richinstadt is reeds in 1306 in ‘n akte genoem, en het sestig jaar later reeds in ‘n markdorp ontwikkel.17 Hans Jacob Kutzer se verwysing na Seterij of Rijkstad Setri veroorsaak egter ‘n bietjie van ‘n kopkrap. Vrystede (Reichstadte in Duits) was onafhanklike stede met ‘n eie koning en bestuurstelsel maar het steeds onder die oorhoofse keiserlike mag van die Heilige Romeinse Ryk gestaan. Teen 1422 was daar 75 vrystede, teen 1521 was daar 84 binne die Ryk, maar ten tye van die Franse Rewolusie in 1789 het dit afgeneem na 51.18 Hans Jacob se verwysing na Seterij/Setri was moontlik ‘n poging om Reichstadt (Zákupy) in Boheme van die ander vrystede in die Ryk te onderskei. Miskien lê die verband in die betekenis van die woorde “setri” in Ou-Duits en “zákupy” in Hongaars, wat albei ‘loopgrawe’ beteken.3

Oor die etniesiteit van Hans Jacob Kutzer is daar heelwat bespiegelinge en watter taal hy gebesig het is ook nie seker nie. Wat wel bekend is, is dat Duits as die amptelike taal op die Lande van die Boheme Kroon afgedwing was sodat die Tjeggiese taal gedurende die regering van die Habsburgse Monargie byna verdwyn het. Tjeggies is ‘n Wes-Slawiese taal wat grotendeels deur Duits en Latyn beïnvloed is, en toon sterk ooreenkomste met Slawies (Slovak) en Pools.15,16,19 Hans Jacob Kutzer was dus vermoedelik van Tjeggiese (Wes-Slawiese) of Duitse (Germaanse) afkoms of dalk ‘n hibriede van albei, maar hy was sonder twyfel ‘n dialek van Duits magtig gegewe die politieke omstandighede van daardie tyd. Die Tjegge was die primêre etniese groep in Boheme, met heelwat laer getalle Duitsers wat hoofsaaklik in die grensgebiede van Boheme gewoon het.17 Daar is egter enkele bronne wat beweer dat Hans Jacob Kutzer van Hongaarse afkoms was,3,20,21 maar hiervoor tot op hede is geen grondigheid gevind nie.

Wat die nering van Hans Jacob Kutzer se vader was waar hulle in Reichstadt in Boheme gewoon het, is nie bekend nie. Die feit dat Hans Jacob sy handtekening op papier kon sit, toon dat hy basiese geletterdheid gehad het, wat ongewoon was onder die gewone, armer burgerklas en kleinboere in die Heilige Romeinse Ryk. Moontlik was sy ouers ‘n bietjie beter daaraan toe? Jacob en sy ouers het geleef gedurende die heerskappy van Leopold I (9 Junie 1640 – 5 Mei 1705) van die Huis van Habsburg wat die Koning van Oostenryk, Boheme, Hongarye en Kroasië was vanaf 1654 tot met sy dood, en tergelykertyd ook die Keiser van die Heilige Romeinse Ryk was. Toe Leopold I aan bewind gekom het, was Boheme en Hongarye nog aan die herstel van die vernietigende Dertig Jaar Oorlog (1618 – 1648) wat vele Europese state verarmd en verhongerd gelaat het. Daarna het ook die Frans-Hollandse Oorlog (1672 – 1678), die Nege Jaar Oorlog (1688 – 1697) en die Oorlog van die Spaanse Suksessie (1701 – 1714) gevolg wat ‘n verdere negatiewe politieke en ekonomiese impak op die inwoners binne die Oostenrykse Habsburgse Monargie gehad het.15,16,22 Moontlik was hierdie alles bydraende faktore wat Hans Jacob laat besluit het om Europa te verlaat en in die Kaap de Goede Hoop ‘n beter toekoms te gaan soek. Enkele bronne spekuleer dat Hans Jacob as een van vele huursoldate tydens die Spaanse Suksessie Oorlog tussen Frankryk en Oostenryk na die Hollandse leër oorgeplaas is, aangesien Leopold I nie meer geld gehad het om sy soldate te betaal nie, en dat Jacob daarvandaan by die VOC as soldaat aangesluit het.3,20 Hierdie is egter slegs ‘n baie verlangse teorie oor die bewegings van Hans Jacob per se en nie ‘n voldonge feit nie.

Hans Jacob Kutzer het wel uiteindelik as 22-jarige jongman Europa verlaat om nooit weer terug te keer nie.4,23,24 Aan die Kaap de Goede Hoop het hy bekend geraak as Johannes Jacob(us) Coetzer, en in vele dokumente word hy as net Jacob Coetzer aangeteken3-8 …… moontlik omdat hy op sy tweede naam genoem is.

   3. Sy vrou

3.1 Cornelia Lamans (de facto verhouding)

Jacob Coetzer was in ‘n verhouding met Cornelia Lamans (*ca 1685) vir meer as twee jaar waaruit twee dogters gebore is.5,25-28 Cornelia was blykbaar ‘n vryswarte (vrygestelde slaaf) wat op 2 Oktober 1707 in NGK Kaapstad gedoop is.28,29 Die dooprekords van die twee dogters dui nie aan dat hulle buite-egtelik was nie, maar hulle was hoogswaarskynlik, aangesien geen huweliksrekord tussen Jacob Coetzer en Cornelia Lamans tot op hede gevind kon word nie. Verder het Jacob met die weduwee, Cornelia Helm getrou slegs vyf maande nadat sy tweede-jongste dogter gedoop is.13 Hy het verseker nie op hom laat wag om ‘n huwelik aan te gaan wat vir hom sosiale en finansiële voordele ingehou het nie. ‘n Mens wonder hoeveel liefde met die saak te doen gehad het toe hy met ‘n vrou 13 jaar sy senior en twaalf kinders uit twee vorige huwelike in die eg verbind is.

Hoe Cornelia Lamans as verworpe minnares oor Jacob Coetzer se huwelik gevoel het, kan slegs oor bespiegel word. Na haar verbrokkelde verhouding met Jacob het sy ‘n verhouding aangeknoop met Claas Coos, ‘n matroos. Hulle het saam ‘n seun, Willem (≈8 Maart 1716) en ‘n dogter, Josina (≈15 Mei 1718) gehad. Daar is nie baie inligting omtrent Claas Coos beskikbaar nie, en na 1720 kom sy naam nêrens voor nie. Hy is óf oorlede óf moontlik terug Nederland toe. In ca 1726 het Cornelia ‘n buite-egtelike seun, Hendrik gehad by Jan Kors, wat op 14 April 1726 gedoop is. Cornelia Lamans het al haar kinders in NGK Kaapstad laat doop.26,30-32 Sy is in 1732 oorlede.33

3.2 Cornelia Helm(s)

Jacob Coetzer het op die ouderdom van 28 jaar op 15 September 1714 met Cornelia Helm(s) in die huwelik getree.13 Hoewel hulle beide in Drakenstein woonagtig was, is hulle in NGK Stellenbosch in die huwelik bevestig deur ds. Henricus Beck (1669 – 1755). Die rede daarvoor was dat NGK Drakenstein op daardie stadium sonder ‘n predikant was en ds. Petrus Arkeleus van Aken (ca 1680 – 1724) eers vanaf 1717 daar begin bedien het.34

NOTA: Verwysings 1, 2, 3, 9, 20, 27 en 28 dui Jacob en Cornelia se huweliksjaar verkeerdelik aan as 1717.

Cornelia Helm was die tweede dogter van Hans Helm/Hellems (ca 1642, Vollenhove, Overijssel, Nederland – 19 Maart 1690, Kaap de Goede Hoop) en Geertruij Willemsz (ca 1652, Vollenhove – 1682, Kaap de Goede Hoop) wat op 17 September 1673 gedoop is in die teenwoordigheid van Jan Passchier en sy vrou, Roeloffje Pieters.35,36 Sover bekend het sy twee broers en vier susters gehad wat almal aan die Kaap gebore is. Hulle was Margaretha (≈21 Junie 1671), Maria (*ca 1675), Geertruidt (≈29 Oktober 1678), Dirkje (*1681), Willem (*ca 1686) en Adriaan (≈25 Desember 1701).35

Ten tye van haar derde huwelik met Jacob Coetzer was sy 41 jaar oud en die weduwee van Jan van den Bosch en Adriaan “Arije/Arie” van Wyk. Uit Jacob en Cornelia se egverbintenis van ses jaar is twee kinders gebore voordat sy na ‘n ernstige siekbed in die ouderdom van 47 jaar tussen 23 Mei 1720 en 21 Junie 1720 op die plaas Schinderkuijl in Drakenstein oorlede is, toe Jacob 34 jaar oud was.1-3,9,13,20,27,28,37

Uit Cornelia se eerste huwelik op 28 Maart 1688 te NGK Kaapstad met Jan van den Bosch (ca 1668, Haarlem, Nederland – 25 Oktober 1693, Kaapstad) is drie kinders gebore. Hulle was Catharina (≈29 Januarie 1689 – 23 Mei 1720), Johanna Magdalena (≈11 Junie 1690 – 15 Oktober 1747) en Johannes (≈13 April 1692 – ?).3,38

Uit haar tweede huwelik met Adriaan van Wyk (≈18 Januarie 1668, Amsterdam, Nederland – 1713, Stellenbosch) in Oktober 1693 is nege kinders gebore genaamd Roelof (≈5 September 1694), Aletta (≈15 Julie 1696), Willem (≈19 Januarie 1698), Sara (≈29 November 1699), Adriaan (≈25 Desember 1701), Maria (*1703), Gerrit Arie (≈14 Desember 1707), Catharina (≈20 Julie 1710) en Hester (≈23 Oktober 1712). Die Van Wyk-gesin het op die plaas Schinderkuijl in Drakenstein-omgewing gewoon. In 1705 het Adriaan van Wyk die plaas van 58,531 morg groot by Jan van Beeveren vir 7 200 gulden gekoop, waarvan hy 4 800 gulden in kontant betaal het.3,39 Adriaan was ‘n ondersteuner van Adam Tas (1668 – 1722) wat in 1705 en 1706 ‘n groot rol gespeel het in die opstand van vryburgers teen die korrupte regering van Willem Adriaan van der Stel (1664 – 1733) wat Goewerneur aan die Kaap was vanaf 1699 tot 1707.3,40-41 Na Adriaan van Wyk se dood in 1713 het Cornelia die langslewende eienaar geword van Schinderkuijl asook ‘n Stellenbosche dorpshuis op ‘n standplaas van 0.097 morg groot.3,42

Hoe en waar Jacob Coetzer en Cornelia Van Wyk (voorheen Van den Bosch, née Helm) ontmoet het, is nie seker nie. Dalk was hulle beide lidmate van NGK Stellenbosch en het tydens ‘n kerkbyeenkoms ontmoet of moontlik het Jacob reeds as boerkneg op Schinderkuijl gewerk.3 Hy was ongetwyfeld ‘n dapper man om gewilliglik op 28-jarige ouderdom skielik pa te staan vir twaalf stiefkinders tussen die ouderdomme van twee en 25 jaar.

3.3 Susanna Snyman

Nadat sy eerste vrou oorlede is, het Jacob in 1722 hertrou met die 19-jarige Susanna Snyman (≈28 Oktober 1703 – 25 September 1763, plaas Soute-rivier, Zwartland).1-3,9,13,20,27,28 Uit Jacob Coetzer en Susanna Snyman se huwelik is agt kinders gebore, waarvan drie jonk oorlede is.20,28,43

Susanna Snyman was die dogter – en een van nege kinders – van Marguerite-Thérèse de Savoye (4 September 1672, Ghent, Frankryk – 20 Maart 1742, plaas Witteboomen, Kaapstad) en Christoffel Snyman (≈9 Maart 1669 – 1706, Drakenstein) van die plaas Zandvliet (nou Solms Delta), 15 km wes van Franschhoek in die Drakenstein-streek.28,43-47 Jacob Coetzer se skoonvader, Christoffel Snyman was een van twee half-slag (gemengde bloed) mans aan die Kaap wat in die wit, Europese gemeenskap ingetrou het. Sy ouers was die Duitse VOC-soldaat Hans Christoph Schneider (ca 1645 – ?) – verhollands na Hans Christoffel Snijder/Snijman/Snyman – en Catharina “Groote Catrijn” van Paliacatte, Oos-Indië (ca 1631 – 1683) wat as wasvrou-slavin by die Fort de Goede Hoop gewerk het. Hans Snyman was ‘n kleurvolle karakter. Op 4 Desember 1665 is hy saam met 19 ander soldate veroordeel tot drie maande se harde handearbeid op Robbeneiland, teen ‘n daaglikse loon. Hierdie vonnis was die gevolg van aanklagtes van drossery en ontvoering, nadat hulle in hul groot ontevredenheid oor onaanvaarbare harde werk en onveilige werksomstandighede, gedros het oor die duine van die Kaapse Vlakte die binneland in, met ene Jan Barndtsz wat as gyselaar saamgesleep is. Terug op die vasteland na sy boetedoening op Robbeneiland het Hans Snyman gereeld van sy wagpos by die Fort weggedros om nagtelike besoeke aan Catharina te bring. Uit hul verhouding is Christoffel Snyman gebore. Vir die herhaaldelike versaking van sy pos is Hans uiteindelik op 30 Julie 1667 gevonnis tot fisiese lyfstraf en twee jaar verbanning na Robbeneiland, en daarna het hy uit geskienisboeke verdwyn.44,45,48,49

Hoe het dit dan gekom dat die buite-egtelike seun van ‘n weerbastige soldaat en ‘n gesoute tronkvoël met die dogter van een van die rykste Hugenoot-wynboere in Drakenstein en Franschhoek in die huwelik getree het? Christoffel se moeder, Catharina het later op 20 Desember 1671 met die vryswarte Anthonij Jansz van Bengale (*ca 1650, Indië, ≈12 September 1670, Kaapstad, †ca 1682) getrou en daardeur het Catharina van Bengale haar vryheid gekry. Die egpaar het finansieël goed gedoen en in ‘n huis in Zeestraat in Kaapstad gewoon. Tussen Desember 1682 en Februarie 1683 is Christoff se moeder, stiefvader en half-sibbe almal oorlede, sodat die 14-jarige weeskind by sy peetmoeder – en sy moeder se beste vriendin – Angela “Mooi Ansela” van Bengale (? – ca 1720) gaan woon het. Sy was ‘n vry slavin wat met die welgestelde Arnoldus Willemz Basson (1647 – 1691) van die plaas Nuwedorp in die Groot Drakenstein-omgewing getroud was. Basson was juis die persoon wat die meeste van Anthonij van Bengale se boedel opgekoop het. As lid van ‘n gesiene familie was Christoff Snyman dus ‘n baie hubare kandidaat. Drie jaar na sy huwelik met Marguerite-Thérèse de Savoye op 12 Oktober 1690 het hy die plaas Zandvliet aan die Dwarsrivier gekoop.44,47,48,50,51

   4. Sy beroep

Jacob Coetzer het op 2 Junie 1709 as ‘n jongman van 22 jaar as VOC-soldaat aan die Kaap gearriveer op die Noordbeek wat op 7 Januarie 1709 vertrek het vanaf ‘n ankerplek by die Wielingen-hooftoegang tot die Westerschelde Waterkanaal, Zeeland in die Republiek van Sewe Verenigde Nederlande, wat ook bekend was as die Hollandse Republiek (nou Nederland).3,23,24,52-54 Aanboord was een bevelvoerder, twee korporale, twee hanspassaten, een tamboer (tromslaner), een trompetter (trompetspeler), 43 boogskutters en 70 soldate.3 Jacob was onder die soldate wat aan die Kaap gestasioneer sou bly. Nadat die Noordbeek vir 26 dae in Tafelbaai voor anker gelê het, het dit op 28 Junie 1709 weer vertrek en twee maande later op 2 September 1709 aangeland by die eindbestemming van Batavia (nou Jakarta) geleë op die eiland Java van Hollandse Oos-Indië (nou Indonisië).23,24 Die Noordbeek was ‘n spieëlretoerskip wat in 1707 vir die Kamer van Zeeland op die VOC-werf te Middelburg gebou is. Dit was ‘n groot skip van 44 m lank, met ‘n ladingsvermoë van 858 ton en ‘n bemanning van 200 tot 250 indiwidue. Hierdie tipe skepe het ‘n skeepsruim gehad om reisvoorrade en ander goedere te vervoer, maar kon ook heelwat passasiers huisves.24

Dit blyk uit die VOC-soldyboek dat Jacob Coetzer op dieselfde dag as wat die Noordbeek uitgevaar het, ook die werk as soldaat gekry het, aangesien daar geen ander VOC-rekords voor 1709 van Jacob gevind kon word nie.4 Dis moontlik dat hy van ver gereis het tot by die kaai van De Wielingen, want sy VOC-skuldbrief van 7 Januarie 1709 toon dat hy 150 florin/guilders vir transportkoste aan Benjamin Cattean verskuldig was.4,52 Op dieselfde dag wat die Noordbeek vertrek het, is Jacob voorsien van ‘n kis, ‘n skeepsmatras (bultsak), ‘n hangmat, ‘n deken en een bolgvanger (kort, dik oorkleed van geteerde seildoek, wat vissers en seelui tydens onstuimige weer gedra het om hulle teen die reën te beskerm). Hy is ook twee maande se salaris van 18 guilders vir die voorgenome seereis voorgeskiet.4

Toe Jacob Coetser op 2 Junie 1709 gearriveer het, was Kaapstad al reeds ‘n gevestigde dorp met heelwat herberge en tavernes en bykans 170 ruim, witgepleisterde huise aan die westelike kant van die Kompanjie-tuine.3,40 Heelwat van hierdie huise was groot herehuise, waarin die meer vermoënde en gesiene vryburgers gewoon het, en waar sosiale byeenkomste en partytjies gehou is. Dit was aan die begin van die prag-en-praal era van die 1700’s aan die Kaap de Goede Hoop. Waar almal in die stigtingsjare van die Kaapse nedersetting op gelyke sosiale vlak behandel is, het dit gelydelik begin verander sodat daar teen die middel van die agtiende eeu reeds ‘n sosiale hierargie aan die Kaap gevestig was met VOC-senior ampenare wat die bo-toon gevoer het, gevolg deur VOC-werknemers van laer range, die burger elite, ander burgers soos ambagsmanne en trekboere, en die laagste klas bestaande uit die vry swartes, soldate, matrose en slawe.40,55,56

As soldaat moes Jacob wagstaan en om die Kasteel de Goede Hoop patrolleer, en ook die nedersetting bewaak teen die donkernag strooptogte van die omliggende inheemse Khoi-khoi stamme. Die soldate was ook verantwoordelik daarvoor om wet en orde onder die burgers te handhaaf en straatgevegte en diefstal te voorkom. Tydens die nagtelike burgerwagdiens – ook rateldiens genoem – is die soldate, bo-en-behalwe hul wapens, ook met ‘n latern en ‘n ratel toegerus om die onverligte strate te patrolleer. Sodra die geringste stoornis of tekens van kwade bedoelinge waargeneem is, het hulle luidkeels uitgeroep en hul ratels wild rondgeswaai. Dronk matrose is ook na hul woonplek teruggehelp, want die watervore langs die strate was ‘n ope uitnodiging vir enige beskonke, struikelende man om daarin te val en te verdrink.3,57

Na bykans vyf jaar in diens van die VOC, het Jacob op Donderdag, 14 September 1713 by Goewerneur Hellot aansoek gedoen en toestemming gekry vir die opheffing van sy pligte as soldaat en sy aanstelling as tappersknecht (kroegman) by die wewenaar-herbergier, Johannes Pijthius/Pythius (1675 – ca 1714). Pythius het drie dae later op 17 September 1713 met sy vierde vrou, Catharina Greeff (ca 1698 – 1719) in die huwelik getree. As splinternuwe kroegman moes Jacob seker bontstaan daar in die herberg terwyl die huwelik tot in die vroeë oggendure gevier is. Jacob het 10 guilders per maand verdien, met kos en drank asook goeie huisvesting as byvoordele.3,58 Dit was ‘n baie beter betaalde werk as dié van soldaat, en eers op 28 November 1713 het Jacob 102 van die 150 florin, wat hy nog aan Benjamin Cattean verskuldig was, terugbetaal.4

Ten tye van sy aanstelling by Pythius was Jacob reeds vanaf ca 1712 in ‘n verhouding met Cornelia Lamans, en hul eerste kind reeds gebore.5,26,28 Sy aansoek om vryburgerregte is op 31 Julie 1714 goedgekeur deur Goewerneur Maurits Pasques de Chavonnes (dienstydperk: 28 Maart 1714 – 8 September 1724) en die Politieke Raad (Council of Policy).1,3,23,27,40 Hy het waarskynlik vroeër in die jaar aansoek gedoen nadat sy werkgewer oorlede is. Net nadat hy sy vryburgerskap ontvang het, het hy na Drakenstein vertrek om as boerkneg op die plaas Schinderkuijl vir die 41-jarige weduwee, Cornelia van Wyk (voorheen Van den Bosch, née Helm) te gaan werk.3 Net twee maande later trou Jacob en Cornelia.1-3,9,13,20,27,28 Was sy minnares, Cornelia Lamans en hul twee buite-egtelike dogters wat in Kaapstad agtergebly het, sommer net-so vergete?

Op Schinderkuijl is hoofsaaklik druiwe verbou en wyn gemaak, en met skape geboer. Die boerdery op Schinderkuijl het van krag tot krag gegaan, soos gesien kan word in sy opgaafrolle van 1716 tot 1720. Jacob Coetzer het homself as eienaar geïdentifiseer,3 hoewel een verwysingsbron beweer dat Schinderkuijl eers amptelik op sy naam oorgedra is in 1733.28 Dis seker moontlik, want Cornelia het op haar siekbed haar testament op 23 Mei 1720 laat opstel in die teenwoordigheid van Frans Louis van Goss, die verteenwoordiger van die Weesheer, asook twee getuies, Jan Zanderer van Westenhout en Hendrik Lootz. Cornelia het al haar besittings en geld in 13 gelyke dele verdeel; haar 12 kinders en Jacob. Teen Mei/Junie 1720 het Cornelia gesterf. Op 12 November 1721 het Jacob die dorpshuis op Stellenbosch aan Isaac Dalgue verkoop. Kort daarna in 1722 hertrou Jacob met Susanna Snyman en stel hulle op 3 November 1723 ‘n gesamentlike testament op.3 Jacob het op 2 Julie 1725 ook die eienaar geword van die 60 morge-grootte plaas De Blomkool/Blomkoolfontein (nou Fairview) – geleë aan die suid-westelike hang van Paarlberg – waarvoor hy 4 000 guilders betaal het; 2 500 guilders vir die plaas self en 1 500 guilders vir roerende bates op die plaas.3,28,59 Daar was ‘n woonhuis met ‘n voorhuis, ‘n kamer aan die regterkant en ‘n kamer aan die linkerkant, en ‘n kombuis. Buitegeboue het ingesluit ‘n wynkelder, smitswinkel en ‘n wagenmakerswinkel. Tussen 28 Mei  1731 en einde Mei 1737 het Jacob ook ‘n weidingsplaas vir sy vee aan die bo-loop van die Buffelsjagtrivier net noord van Swellendam gehuur. Nadat Jacob oorlede is, het sy weduwee, Susanna op De Blomkool aangebly, maar het vanaf Julie 1745 tot 1755 ook die plaas Soute-rivier in die Zwartland naby Malmesbury gehuur vir addisionele weiding vir haar vee. De Blomkool is uit haar boedel verkoop aan Daniël Lombaard op 14 Maart 1764. Sewe maande later is die plaas teruggekoop deur Susanna se seun, Philippus Jacobus, wat dit later weer aan sy broer, Wencel Christoffel verkoop het.3

Jacob Coetzer het ‘n vername en welgestelde man in die gemeenskap geword. Hy was vir ongeveer 20 jaar lid van die Heemraad/Burgerraad te Stellenbosch en Drakenstein. Jacob het ook baie simpatie gehad met die verknorsing van armer boere (meesal vryswartes) in Stellenbosch en Drakenstein en het in Julie 1725 selfs ‘n versoekskrif om hulpverlening by die goewerneur ingedien. In testamente van 1720 en 1723 het hy voorsiening gemaak vir minder bevoorregte boere en geld bemaak aan die Kerkraad van NGK Stellenbosch vir administrasie tot hierdie saak. Vanaf 5 Mei 1733 was hy ook as Kaptein van die Burgerdragonders te Stellenbosch en Drakenstein aangestel.3

    5. Sy afsterwe

Hans Jacob Kutzer (aka Johannes Jacob Coetzer) is oorlede op 28 April 1742 in die ouderdom van 56 jaar te De Blomkool in Drakenstein.Vanuit ‘n nederige begin aan die Kaap as ‘n beskeie VOC-soldaat met twyfelagtige Christelike oortuiginge – sy vaderland in die Helige Romeinse Ryk was allermins ‘heilig’ – het Jacob Coetzer toenemend gegroei in ‘n vermoënde man van statuur en karakter, en was dit moontlik die streng, Calvanistiese geestelike inslag in die Kaap wat sy geloof laat verdiep het en hom genoop het om die saak van sy minderbevoorregte medemens te bepleit. Veral vryswartes is in die ontwikkelende sosiale hiëriargie van die Kaap uitgeskuif tot die laagste vlak. Sy simpatie met sukkelende vryswart-boere het dalk ontspring vanuit die feit dat hyself twee half-slag dogters met kleinkinders gehad het.   6. Sy kinders

Jacob Coetzer het in totaal twaalf kinders gehad. Twee buite-egtelike dogters is gebore uit sy verhouding met Cornelia Lamans en is in NGK Kaapstad gedoop.5,25,26 Daarna het Jacob uitgewyk na Drakenstein. Sy twee kinders uit sy eerste huwelik met Cornelia Helm is egter deur ds. Henricus Beck in die NGK in Stellenbosch gedoop, want die vakante predikantspos te NGK Drakensteinen was nog nie gevul nie.3,6,27,34 Al die kinders uit sy tweede huwelik met Susanna Snyman – behalwe die tweede kind [NGK Stellenbosch] – is in NGK Drakenstein deur verskillende opeenvolgende predikante gedoop.3,6-8,28,60-64 NGK Drakenstein se naam het in 1805 verander na NGK Paarl.34

6.1 Gesina Dorothea

Sy is op 9 April 1713 gedoop in NGK Kaapstad in die teenwoordigheid van Pieter Nicholas van Rosh en Elizabeth van Wyk as doopgetuies, maar daarna kan geen verder inligting omtrent haar lewe opgespoor word nie. Sy is moontlik jonk oorlede.5,28 Dalk gedurende die pokke-epidemie van Maart 1713 tot Februarie 1714?6.2 Susanna

Susanna is bykans ‘n jaar later gebore en gedoop op 1 April 1714 te NGK Kaapstad. Gerrit van Hardenberg het as getuie van haar doop opgetree. Later in haar lewe het sy ‘n slavin, Tamer met ‘n jong kind besit.25,28,65Sy was getroud met die wewenaar Daniel Düring/Duuring (≈6 Julie 1704 – ?) wat die buite-egtelike seun was van die slavin, Cornelia van den Caap (van die Kaap) en Michael Düring, ‘n VOC-soldaat van Leipzig, Duitsland wat vir ‘n kort wyle militêre diens in die Kaap de Goede Hoop kom verrig het. Daniel en Susanna se huweliksplegtigheid het op 30 Augustus 1733 plaasgevind toe Susanna 19 jaar oud was.65-67 Mens wonder of Jacob Coetzer ooit sy buite-egtelike, half-slagdogter en haar half-slag bruidegom se huweliksplegtigheid bygewoon het, of daarna enige kontak met sy kleinkinders gehad het.

NOTA: Sommige bronne beskou Cornelia Lamans en Cornelia van den Caap as een en dieselfde persoon, sonder dat primêre bronne aangegee word om dit te substantieer.29,65 Dis seker moontlik dat hulle een persoon was, maar dan beteken dit dat daar in die Kaap de Goede Hoop meer as een Cornelia van den Caap was, waarvan een die moeder van Cornelia Lamans/Van den Caap se skoonseun was. As daar inderwaarheid meer as een Cornelia van den Caap was wat gelyktydig geleef het, met watter Cornelia van den Caap het ons dus in werklikheid te doen as ons na Cornelia Lamans verwys? Totdat hierdie verwarrende onduidelikheid opgeklaar is, beskou ek Cornelia Lamans en (die een of meer) Cornelia(s) van den Caap as verskillende persone.

6.3 Johannes Jacobus

Hy was die eerste kind uit sy vader se eerste huwelik met Cornelia Helm. Jan soos hy genoem is, was vermoedelik na sy vader vernoem en is op 24 Mei 1716 te Stellenbosch gedoop. Hy het  uitgewyk na die Klein-Karoo in Swellendam grensdistrik.3,20,27,28 Hy het my groot-groot-groot-groot-groot-groot-grootvader. LEES MEER oor Jan Coetzer.

6.4 Dorothea

Dorothea is op 7 Augustus 1717 gebore en ses weke later op 19 September 1717 gedoop te NGK Stellenbosch in die teenwoordigheid Warnar van den Brink (ca 1678 – ca 1726) en sy vrou Catharina Ras (≈27 Junie 1697, NGK Kaapstad – ca 1722). Van den Brink was ‘n Luitenant van die Burgerdragonders van Stellenbosch en Drakenstein en was moontlik ‘n vriend van Jacob wat ook by die dragonders betrokke was. In die doopregister is Dorothea se van as COETSER aangeteken.3,6,20,27,28,68,69Dorothea het op 14 April 1735 op 18-jarige ouderdom getrou met Jacob Gerritsz van Deventer (≈6 Julie 1705 – 20 Oktober 1776), seun van Gerrit Janse van Deventer (ca 1660 – 19 April 1728) en Ariaantje Jacobs (≈25 Mei 1673 – ca 1728), ‘n Hollandse weesmeisie van Rotterdam wat op 29 Oktober 1688 met die skip (Berg) China in Tafelbaai gearriveer het.27,70 Óf Gerrit óf Ariaantje was die draer van die PPOX R59W mutasie wat die produksie van ‘n defektiewe ensiem, protoporfirinogeen-oksidase tot gevolg het. Dit gee aanleiding tot die outosomale genetiese siekte, variegate porphyria. Elkeen van hul kinders het dus ‘n 50 % kans gehad om aan porfirie te ly, en dit aan hul nageslag oor te dra. Dit is die algemeenste tipe porfirie onder Afrikaners en Kleurlinge in Suid-Afrika.71

Dorothea se man, Jacob Gerritsz van Deventer het sewe sibbe gehad. Vier van die agt kinders was draers van die porfirie-mutasie, en Jacob was inderdaad een van hulle. Dorothea en haar man was tien jaar getroud waartydens vyf kinders vir hulle gebore is, voordat Dorothea in die jeugdige ouderdom van 28 jaar en drie maande op 23 November 1745 oorlede is. Hulle kinders, wat almal in NGK Drakenstein gedoop is, was Cornelia (≈1 Julie 1736), Ariaantje (≈3 Augustus 1738), Johanna Maria (≈3 April 1740 – <1742), Gerrit (≈11 Junie 1741) en Johanna Maria (≈6 Januarie 1743).3,28,70 Jacob van Deventer het na sy eerste vrou se afsterwe, twee maal weer hertrou.70 Om te bepaal hoeveel van die Van Deventer-kinders die foutiewe geen van hul vader oorgeërf het, moet argivale en teenswoordige mediese rekords van hul nageslagte ondersoek word.

6.5 Maria Magdalena

Sy was Jacob se eerste kind uit sy tweede huwelik met Susanna Snyman. Maria is op 20 Februarie 1724 te NGK Drakenstein gedoop.27,28 Haar moeder se wewenaar-swaer Theunis Botha (≈15 April 1686 – ca 1746), wat voorheen getroud was met Maria Magdalena Snyman (≈9 Augustus 1693 – 25 November 1723, Drakenstein), was daar om as getuie van haar doop op te tree.28,43,60 Die ander doopgetuie, Magrita Savoien, se verband met die Coetzer-gesin is nie bekend nie … moontlik ‘n vriendin van Susanna. Dit lyk asof Maria jonk oorlede is.28,43,44

6.6 Susanna Margaretha

Sy is gedoop op 11 Maart 1725 in NGK Stellenbosch waar Johannes Baarsenburg en Susanna Meyer die doopgetuies was. In die doopregister is Susanna se van as KOETZER aangeteken.7,28,43

Sy is later op 19-jarige ouderdom op 19 April 1744 in die huwelik bevestig te NGK Drakenstein met Johan Adolph Kuuhl (ca 1721 – 17 Junie 1790) van Lubeck, Duitsland.27,28 Hulle het saam 14 kinders gehad. Die oudste twee is in NGK Drakenstein gedoop, waarna die gesin in ca 1747 na Kaapstad verhuis het en Johan Kuuhl in diens geneem is deur die VOC as tuinopsigter/tuinbaas en later as boekhouer. Die res van die kinders is in NGK Kaapstad gedoop. Hul kinders was Henricus Jacobus (≈18 April 1745), Johannnes Rudolph/Adolf “Johan” (≈31 Julie 1746), Johanna Susanna (≈28 Januarie 1748), Philippus Coenraad (≈5 Oktober 1749), Jacobus Paulus (≈4 Julie 1751), Elisabeth Jacoba (≈3 September 1752), Wentzel Jacobus (≈11 November 1753), Susanna Margaretha (≈9 September 1755), Maria Elisabeth (≈18 Julie 1756), David (≈10 Junie 1759), Jeremia Justus (≈16 April 1758), Jacoba Hendrina (≈16 November 1760), Solomon (≈8 Augustus 1762) en Susanna Geertruida (≈27 Oktober 1765).28,43,72

6.7 Maria Elizabeth

Die derde dogter uit Jacob en Susanna se huwelik was Maria Elizabeth. Sy is op 19 Januarie 1727 gedoop. Haar aangetroude oom, Theunis Botha (1686 – ca 1746) van Drakenstein was doopgetuie.61 Sy is op 27-jarige ouderdom op 8 Augustus 1754 getroud met die 21-jarige Salomon van Echten jnr. (≈11 Oktober 1733 – ?), seun van Jacobina Geerards en Eerwaarde Salomon van Echten snr. (1706, Haarlem Nederland – ?).20,27,28,43,73,74 Ds. van Echten het op 6 Desember 1732 sy amp in NGK Stellenbosch aanvaar, maar moes weer die gemeente op 11 April 1736 verlaat nadat hy na NGK Drakenstein verplaas is waar hy tot in 1753 getrou gedien het. Ds. van Echten het uit deftige kringe gekom en was opsigself ‘n defige man. Dit klink of Maria gelukkig was om hom as ‘n skoonvader te kon hê, na aanleiding van die volgende nagelate beskrywing van hom: ” ‘n Baie aangename, beminlike en agtenswaardige, daarby ook baie beleefde predikant. Met gepoeierde hare en wit handskoene het hy altoos op die kansel gestaan. Sy stem het ‘n baie aangename tenoorklank gehad. Sy rede was beknop, bondig en stigtelik, ook vir ieder verstaanbaar. Ek het eenmaal ‘n preek van hom gehoor oor die weinige woorde: “Zijn bloed kome over ons en onze kinderen.” wat ek my lewe lank nie sal vergeet nie, en ook nie wens om te vergeet nie.”34

Salomon en Maria se twee kinders was Susanna (*1758, wat later met Alexander Berber getroud is) en Salomon (≈24 Mei 1759, NGK Kaapstad), wat met Dorothea Geertruida van Nierop (*ca 1766) getrou het.28,43-45

6.8 Wencel/Wensel Christoffel

Jacob en Susanna se eerste seun was hul vierde kind en is vernoem na beide hul vaders, Wenceslaus Kutzer en Christoffel Snyman. Die jonge Wensel is op 11 Julie 1728 gedoop.3,20,27,28,43,62,72,75 Sy doop het plaasgevind onder die wakende oog van sy getuies naamlik sy oom Philippus Snyman (1701 – 1733) wie se hoogswanger eggenote by die huis gebly het, en Christina Eelders/Ehlers (vermoedelik sy moeder, Susanna Snyman, se niggie).43,62 Wencel is op die ouderdom van 24 jaar op 13 Februarie 1752 te NGK Drakenstein met Elizabeth du Toit (≈6 Januarie 1737 – 17 November 1817, Paarl) in die huwelik bevestig.27,28,75 Wencel se skoonouers was Pierre/Pieter du Toit (≈24 Maart 1697, plaas Palmietvlei, Daljosafat, Paarl – 16 Mei 1768, plaas Calais, Rondeberg, Kaapstad) en Elizabeth Rossouw (≈14 Oktober 1696, Paarl – 15 Februarie 1785, Daljosafat) 43-45,75 en daar is vir hulle agt Coetzer-kleinkinders gebore.

Daar was twee seuns en ses dogters, genaamd Susanna Elizabeth (≈13 Mei 1753 – 1817), Jacobus Petrus (≈17 Augustus 1755 – 1830), Anna Susanna (≈16 Oktober 1757, jonk oorlede), Jacoba Susanna (≈21 Januarie 1759 – ca 1793), Petrus Johannes (≈1 November 1761 – ?), Maria Susanna (≈20 Maart 1763 – 15 Januarie 1842), Anna Margaretha (≈21 November 1765) en Aletta (≈21 Augustus 1768 – 1824).3,27,28,72,75

Wencel Coetzer het die plaas De Blomkoop van sy jonger broer, Philippus Jacobus gekoop op 27 Junie 1776 en die gesin het daar gewoon vir die volgende dekade. Gedurende sy tyd op die plaas was Wencel ‘n lid van die Heemraad vir Stellenbosch en Drakenstein. Die presiese sterfdatum van Wencel is nie bekend nie. Sy weduwee het op 17 Julie 1791 as 54-jarige hertrou in NGK Drakenstein met die 57-jarige oujongkêrel Johan Christoffel Völcker/Volker (1734 – 23 Maart 1812). De Blomkool is ‘n maand later op 24 Augustus 1791 aan Carel Frederick Parét verkoop. Elizabeth is 26 jaar daarna op 80-jarige ouderdom oorlede.3,28,75,76

6.9 Philippus Jacobus

Philippus is gedoop op 3 September 1730. In die doopregister is Philippus se van as KOETZER aangeteken. Teenwoordig by die doopplegtigheid was Maria Magdalena Meyer (verband onbekend) en Philippus Roelof de Savoye (≈29 Augustus 1694 – 1741), die vrygesel half-broer van Philippus se ouma, Marguerite-Thérèse de Savoye. Philippus de Savoye is vir sy skoolopleiding teruggestuur na Europa, aangesien goeie skoolonderrig aan die Kaap bykans nie bestaan het nie. In 1715 het hy as VOC-soldaat teruggekeer. Ten tye van sy afsterwe het hy reeds gevorder tot Keldermeester, wat ‘n hoë VOC-amptenaarspos was. Hy was ook die laaste persoon aan die Kaap wat die familienaam De Savoye gedra het.3,20,27,28,43,63,77 

As 21-jarige in 1751, dien Philippus Coetzer ‘n opgaafrol by die Kaapse Owerheid in waarop hy aandui dat die somtotaal van sy aardse besittings uit die volgende bestaan: een perd, een snaphaan (geweer), een pistool en een degen (swaard). In die daaropvolgende dertien jaar moes hy goed gedoen het vir homself want op 23 Oktober 1764 het die 34-jarige Philippus die plaas De Blomkool van Daniël Lombard teruggekoop, nadat dié sewe maande tevore De Blomkool uit Philippus se moeder, Susanna Coetzer, se boedel gekoop het. Daar het hy vir die volgende twaalf jaar geboer voordat die plaas aan sy ouer broer, Wencel, verkoop is. Geen verdere inligting kon tot dusver oor Philippus se lewe opgespoor word nie en hy het soos sy grootoom, Philippus Roelof de Savoye, ongetroud sonder ‘n nageslag gesterf.3  SIEN HIER sy getransribeerde boedeldokument.

6.10 Jeremias

Jeremias is in NGK Drakenstein gedoop op 17 Februarie 1732, waartydens sy tante Elsie Snyman (≈1 Augustus 1697 – ?) en haar wederhelf Jacobus Botha (≈24 Augustus 1692 – ?) die plegtigheid gade geslaan het. In die doopregister is Jeremias se van as COUTZER aangeteken.3,8,20,27,28,43 Jeremias is vir die eerste keer getroud op 17 April 1763 met die weduwee Susanna du Toit (≈10 Augustus 1727 – 13 Februarie 1768, Drakenstein), die suster van sy skoonsuster Elizabeth du Toit wat met sy ouer broer Wencel getroud was. Susanna du Toit was voorheen getroud met Willem Carelsz van der Merwe (1721 – 1762). Jeremia en sy gesin het in Drakenstein se omgewing gewoon. Na sy eerste vrou se dood in 1768 het Jeremias op 12 April 1774 hertrou met Eleonora Loret (≈9 Desember 1753 – 7 Julie 1827), dogter van Pieter Loret (1717 – ca 1774) en Hester de Villiers (1713 – ca 1775), en die weduwee van Johannes Guillaume “Jan” van Helsdingen (ca 1736 – <1774).18,33,40 Jeremias Coetzer is in ca 1776 oorlede.3,20,27,28,43,78,79

Sy drie kinders uit sy eerste huwelik was Susanna Elisabeth (≈5 Desember 1763, NGK Drakenstein – 1805), Jacobus Jeremias “Jacob” (≈23 Augustus 1765, NGK Drakenstein – 1803) en Jeremias (≈12 Oktober 1766, NGK Drakenstein – ?). Uit sy tweede huwelik is ook drie kinders gebore genaamd Esther (≈21 Februarie 1773 – ?), Eleonora Maria (≈16 Oktober 1774 – 3 Oktober 1839) en Johannes Petrus (≈31 Maart 1776 – ?).3,27,28

6.11 Jacobus Johannes

Jacobus, wat ook jonk oorlede is, is op 26 September 1734 in NGK Drakenstein gedoop. By hierdie doopgeleentheid was daar geen vriende of familie as doopgetuies teenwoordig nie, en Eerwaarde Johannes Wilhelmus Hertzogenraath en sy vrou Anna Catharina Bergh het sommer self as getuies opgetree. Hulle het in 1731 vanuit Nederland in die Kaap de Goede Hoop gearriveer het, en was die predikantspaar van NGK Drakenstein vanaf 1732 tot 1736.3.20,28,34,43,64,80

6.12 Johanna Jacoba

Sy is op 10 April 1740 in Drakenstein gedoop met Daniël van der Lidt (1711 – 5 Desember 1753) en sy vrou Johanna de Jongh (≈16 Oktober 1718 – ?) wat teenwoordig was. Hulle was moontlik bure of vriende van die Coetzers.43,64,81

Uit Johanna se eerste huwelik met Frederick Willem Alleman (≈2 Julie 1741- <7 Mei 1790) is sewe kinders gebore. Hulle was Susanna (*ca 1763), Albertha Elizabeth (*ca 1764), Rudolph Siegfried (*ca 1767), Johanna Alida (≈27 Augustus 1769 – 18 Maart 1841, Strandstraat, Kaapstad), Jacob(us) Philippus (≈1 Desember 1771), Frederik Wilhelm (≈17 April 1774) en Johan Wilhelm (≈3 Januarie 1779). Tydens Frederick se afterwe het hulle 21 slawe besit. Johanna het kort na haar eerste man se dood weer getrou op 4 Julie 1790, met Daniel Haas wat van Freiburg aan die Elberivier afkomstig was.3.20,28,43,82

Johanna Coetzer se bewegings na haar tweede huwelik is nie duidelik nie. Dit wil voorkom of sy die Kaap de Goede Hoop later verlaat het saam met haar tweede eggenoot.3

< BACK

  1. Pama, C. 1983 Die groot Afrikaanse familienaamboek. 1ste Ed. Human & Rousseau Uitgewers: Kaapstad
  2. Hoge, J. Personalia of the Germans at the Cape, 1652 – 1806. Archives Year Book for South African History, 1946. Cape Times Ltd.: Kaapstad
  3. Coetser, W.J. 1998 Hongarye na Suid-Afrika. Die geskiedenis van die Coetser/Coetzer families in Suid Afrika. 1ste Ed. HE Printers: Escourt, Natal
  4. Skuldbrief van Jacob Coetzer op Noordbeek. Verenigde Oostindische Compagnie (VOC), Invertaris nr. 12727. Nationaal Archief, Den Haag, Nederland. https://www.openarch.nl/ghn:9b2bf11c-c442-4ba7-93e6-78cd4ed5edd3/en
  5. Doopinskrywing van Gezina Dorothea Coetzer. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-4MM?cc=1478678&wc=M6GW-82S%3A49605401%2C49605402%2C49605403%2C49608601 : 21 May 2014), South Africa > Cape of Good Hope > Cape Town > Baptisms 1713-1741 > image 2 of 109; State Archives, Cape Province
  6. Doopinskrywing van Dorothea Coetzer. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-6LWK-MJ?cc=1478678&wc=M6GW-RTG%3A49605401%2C49605402%2C50282101%2C50282102 : 13 July 2019), South Africa > Cape of Good Hope > Stellenbosch > Baptisms 1688-1732 > image 67 of 143; State Archives, Cape Province
  7. Doopinskrywing van Susanna Margaretha Coetzer. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-6LWL-68?cc=1478678&wc=M6GW-RTG%3A49605401%2C49605402%2C50282101%2C50282102 : 9 October 2019), South Africa > Cape of Good Hope > Stellenbosch > Baptisms 1688-1732 > image 90 of 143; State Archives, Cape Province
  8. Doopinskrywing van Jeremias Coetzer. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-W947-T?i=387
  9. Coetzer Jacob. https://www.stamouers.com/stamouers/a-c/102-coetzer-jacob?tm
  10. Kamenice (Elbe). https://en.wikipedia.org/wiki/Kamenice_(Elbe)
  11. Czech Republic river map. https://www.mapsofworld.com/czech-republic/czech-republic-river-map.html
  12. Bohemian Switzerland. https://en.wikipedia.org/wiki/Bohemian_Switzerland
  13. Huweliksinskrywing van Jacob Coetzer en Cornelia Helm. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HT-6LX3-V8P?cc=1478678&wc=M6GW-YM9%3A49605401%2C49605402%2C50282101%2C50492501 : 21 May 2014), South Africa > Cape of Good Hope > Stellenbosch > Marriages 1700-1788 > image 8 of 39; State Archives, Cape Province
  14. Kingdom of Bohemia. https://en.wikipedia.org/wiki/Kingdom_of_Bohemia
  15. Habsburg Monarchy. https://en.wikipedia.org/wiki/Habsburg_Monarchy
  16. Lands of the Bohemian Crown. https://en.wikipedia.org/wiki/Lands_of_the_Bohemian_Crown
  17. Zákupy. https://en.wikipedia.org/wiki/Z%C3%A1kupy
  18. Imperial city, Holy Roman Empire. https://www.britannica.com/topic/imperial-city-Holy-Roman-Empire
  19. Czech language. https://en.wikipedia.org/wiki/Czech_language
  20. Coetzee, N.A. 1976 Hans George Kuzer & Jacob Kutzer. Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, Familia Vol. 13 (1)
  21. Julius Henry, Duke of Saxe-lauenburg. https://en.wikipedia.org/wiki/Julius_Henry,_Duke_of_Saxe-Lauenburg
  22. Leopold I, Holy Roman Emperor. https://en.wikipedia.org/wiki/Leopold_I,_Holy_Roman_Emperor
  23. Coetzer, Jacob. VOC Ships’ Pay Ledger Accounts (Soldijboeken). South Africa’s Stamouers. https://www.stamouers.com/people-of-south-africa/burger-arrivals-main/soldijboeken/792-koetzer-jacob
  24. De VOC site. https://www.vocsite.nl/schepen/detail.html?id=10742
  25. Doopinskrywing van Susanna Coetzer. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-49F?cc=1478678&wc=M6GW-82S%3A49605401%2C49605402%2C49605403%2C49608601 : 21 May 2014), South Africa > Cape of Good Hope > Cape Town > Baptisms 1713-1741 > image 3 of 109; State Archives, Cape Province
  26. Doopinskrywings van Cornelia Lamans se kinders. eGGSA Library. https://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-baptisms-1713-1742/249-cape-town-baptisms-1716
  27. Heese, J.A. & Lombard, R.T J. Suid-Afrikaanse Genealogie. Vol 1 (A-C). Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA): Stellenbosch
  28. Coetser, M. Coetzer and Coetser Families in South Africa. https://coetzercoetser.weebly.com/family-tree–stamboom.html
  29. Cornelia van den Caab. First Fifty Years – a project collating Cape of Good Hope Records, by D. Robertson. http://www.e-family.co.za/ffy/g13/p13867.htm
  30. Doopinskrywing van Josina Coos. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-494?cc=1478678&wc=M6GW-82S%3A49605401%2C49605402%2C49605403%2C49608601 : 21 May 2014), South Africa > Cape of Good Hope > Cape Town > Baptisms 1713-1741 > image 9 of 109; State Archives, Cape Province
  31. Doopinskrywing van Willem Coos. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-WRD?cc=1478678&wc=M6GW-82S%3A49605401%2C49605402%2C49605403%2C49608601 : 16 September 2019), South Africa > Cape of Good Hope > Cape Town > Baptisms 1713-1741 > image 6 of 109; State Archives, Cape Province
  32. Doopinskrywing van Hendrik Kors. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-7PT?cc=1478678&wc=M6GW-82S%3A49605401%2C49605402%2C49605403%2C49608601 : 4 September 2019), South Africa > Cape of Good Hope > Cape Town > Baptisms 1713-1741 > image 20 of 109; State Archives, Cape Province
  33. MOOC 13/1/2 1732 Cornelia Lamans
  34. NG Gemeente Stellenbosch & NG Gemeente Drakenstein. Gemeentegeskiedenisargief. ‘n Oorsig van die geskiedenis van die NG Kerk, sy gemeentes en predikante. https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/
  35. Cornelia Helm, b2 SM. https://www.geni.com/people/Cornelia-Helm-b2-SM/6000000006253674600
  36. Cape Town Baptisms 1673 Transcripts. eGGSA Library. http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-ngk-1665-to-1695/44-cape-town-baptisms-1673
  37. dood Cornelia Helms
  38. Jan van den Bosch, SV/PROG. https://www.geni.com/people/Jan-van-den-Bosch-SV-PROG/6000000008359600039
  39. Arie van Wyk, b1. https://www.geni.com/people/Arie-van-Wyk-b1/6000000001881551025
  40. Gilliomee, H. & Mbenga, B. 2007 Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad
  41. Binckes, R. 2013. The Great Trek uncut. 1ste Ed. 30º South Publishers: Pinetown
  42. Adam Tas. https://en.wikipedia.org/wiki/Adam_Tas
  43. Snyman, K. 2008. Die Snyman Familie in Suid-Afrika. 1ste Ed Revised. Copies for Africa: Pretoria
  44. Christoffel Snyman. SV/PROG1. https://www.geni.com/people/Christoffel-Snyman-SV-PROG1/6000000005787831256
  45. Snyman Christoffel. South Africa’s Stamouers. https://www.stamouers.com/stamouers/surnames-r-to-u/465-snyman-christoffel
  46. Solms Delta. http://www.solms-delta.co.za/museums-archaeology/
  47. Smuts, K. 26 March 2012. Report on research excavation of the stables building at Solms Delta farm, Groot Drakenstein, Western Cape. https://sahris.sahra.org.za/sites/default/files/heritagereports/Solms%20Delta%20Stables%20KSmuts%20Report%202012-3_0.pdf
  48. Van Bengale Catharina. South Africa’s Stamouers. https://www.stamouers.com/stamouers/surnames-v-z/92-van-bengale-catharina
  49. Hans Christoffel Snijman. http://www.e-family.co.za/ffy/g5/p5247.htm
  50. Basson Arnoldus Willemsz. https://www.stamouers.com/stamouers/a-c/32-basson-arnoldus-willemsz
  51. Arnoldus Willemsz Basson. The Gous family of Swartland and Swellendam. My South African Ancestors. https://www.ballfamilyrecords.co.uk/basson/I001.html
  52. Wielingen. https://nl.wikipedia.org/wiki/Wielingen
  53. Dutch East India Company. https://en.wikipedia.org/wiki/Dutch_East_India_Company
  54. History of the Netherlands. https://en.wikipedia.org/wiki/History_of_the_Netherlands
  55. Mitchell, L.J. 2008 Belongings: Property, Family and Identity in Colonial South Africa. An Exploration of Frontiers, 1725 – c.1830. Columbia Univeristy Press: New York, USA. http://www.gutenberg-e.org
  56. Giliomee, H. 2003 Die Afrikaners. ‘n Biografie. 1ste Ed. Tafelberg Publishers Limited: Kaapstad
  57. Mostert, T. 2007 Chain of Command: The military system of the Dutch East India Company, 1655 – 1663. Masters Thesis, Leiden University, Netherlands. http://vocwarfare.net/pdf/chain-of-command-complete.pdf
  58. Johannes Pijthius. https://www.geni.com/people/Johannes-Pijthius-SV-PROG/6000000005096898899
  59. Fairview Wine. https://www.fairview.co.za/wine/
  60. Doopinskrywing van Maria Magdalena Coetzer. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-W94W-P?i=359
  61. Doopinskrywing van Maria Elizabeth Coetzer. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-W94W-C?i=368
  62. Doopinskrywing van Wencel/Wensel Christoffel Coetzer. wencel https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-W947-J?i=375
  63. Doopinskrywing van Philippus Jacobus Coetzer. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-4WS?cc=1478678&wc=M6GW-82S%3A49605401%2C49605402%2C49605403%2C49608601 : 21 May 2014), South Africa > Cape of Good Hope > Cape Town > Baptisms 1713-1741 > image 33 of 109; State Archives, Cape Province
  64. Dooprekords van Jacobus Johannes Coetzer en Johanna Jacoba Coetzer. Transcrips of NGK Drakenstein/Paarl Baptism Registers (1694 – 1799). http://www.eggsa.org/cgi-bin/dosearchBaptisms.pl
  65. Susanna (Coeser) During (bef. 1714). https://www.wikitree.com/wiki/Coeser-1
  66. Daniel Düring, b1. https://www.geni.com/people/Daniel-D%C3%BCring-b1/6000000024860510201
  67. Huweliksinskrywing van Susanna Coetzer. eGGSA Library. http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-marriages-1713-1756/190-cape-town-marriages-1733
  68. Catharina Ras. The Van Staden, Van den Brink and Ras families of the Cape. My South African Ancestors. http://www.ballfamilyrecords.co.uk/staden/I031.html
  69. Warnar van den Brink. https://www.geni.com/people/Warnar-van-den-Brink/6000000000235919871
  70. Jacob Gerritsz van Deventer, b6. https://www.geni.com/people/Jacob-Gerrits-van-Deventer/6000000000269743069
  71. Variegate Porphyria. University of KwaZulu-Natal. http://www.porphyria-professionals.uct.ac.za/ppb/porphyrias/vp
  72. Marguerite-Thérèse de Savoye, b4 PROG1. https://www.geni.com/people/Marguerite-Th%C3%A9r%C3%A8se-de-Savoye-b4-PROG1/6000000001861939678
  73. Doopinskrywing van Salomon van Echten snr. http://eggsa.org/transcriptions/stellenbosch/g2-4-2/StellG2-4-2-003.JPG
  74. Salomon van Echten, b1. https://www.geni.com/people/Salomon-van-Echten-b1/6000000019231505322
  75. Wentzel Christoffel Coetzer, b6. https://www.geni.com/people/Wentzel-Christoffel-Coetzer-b6/6000000004211191830
  76. Johan Christoffel Volker (1734 – 1812). https://www.wikitree.com/wiki/Volker-356
  77. Philippe Roedolf de Savoye (bef. 1694 – 1741). https://www.wikitree.com/wiki/De_Savoye-49
  78. Melville, J. 2005 Stamboom van die Van der Merwe Familie. 1ste Ed. Genealogiese Publikasies: Walmer
  79. Leonora Loret. https://www.geni.com/people/Leanora-Loret/6000000019305361255
  80. Van Damme, H. Naamregister der Predikanten in het Verëenigde Provincien van Nederland. Vol 7. Heyd Vaste Damme: Leiden, Nederland. https://books.google.co.za/books
  81. Daniel van der Lith (bef. 1711 – bef. 1753). https://www.wikitree.com/wiki/Van_der_Lith-25
  82. Frederik Willem Alleman, b7. https://www.geni.com/people/Frederik-Willem-Alleman-b7/6000000016145018212

< BACK