Hendrik Johannes Bekker (1806 – 1902)
1. Sy kinderjare
Hendrik Johannes Bekker is op 9 September 1806 in Swellendam distrik gebore. Sy ouers, Jan Andries Becker (1775 – 1809) en Maria Christina Muller/Mulder (1774 – ?), was boere op die plaas Vaartwel in die Klein-Karoo aan die voetheuwels van die Zwarte Berg (nou bekend as die Groot-Swartberge) in die Swellendam distrik van die Britse Kaapkolonie. Hy het een suster en vier broers gehad.1-7 Volgens familie-oorlewering is hy “Hendrieck” genoem 8 – waarskynlik weens sy Deense vader se aksent en die aanvanklike invloed daarvan op die uitspraak van sy naam. Omdat die plase in die distrikte ver van mekaar geleë was, is hulle skoolopvoeding waarskynlik deur hul ouers behartig met die Bybel as die hoofsaaklikste bron vir instruksie. Toegang tot boeke oor diverse temas wat ook as leermateriaal gebruik kon word, was uiters beperk.9
NOTA: Hy is in sy vader se boeldeldokumente aangeteken as Johannes Hendrik Bekker, 3 jaar oud.3
1
2. Sy vrou
Die 25-jarige Hendrik het op 6 November 1831 in die Swellendamse gemeente van die Kaapse Gereformeerde Kerk – later bekend as Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) Swellendam – met die 19-jarige Elizabeth Francina Joubert in die huwelik getree. Hendrik se vrou was ook sy skoonsuster want sy oudste broer, Andries, het reeds vyf jaar tevore op 7 Mei 1826 met Maria Cornelia Joubert (1809 – 1901), Elizabeth se ouer suster, in die huwelik getree.2,10-12 Ten tye van Hendrik en Elizabeth se huweliksbevestiging was ds. Cornelis Mol die predikant wat die gemeente bedien het vanaf 1823 tot 1832.12-14 Hy het ds. Johann Heinrich von Manger opgevolg wat die eerste Gereformeerde kerkgemeente in Swellendam op 3 Mei 1798 gestig het; en dit eers 53 jaar nadat die dorp Swellendam tot stand gekom het.13,15 Voordat daar ‘n amptelike gemeente met ‘n sentrale kerkgebou was, is kerkdienste in die Drosdy gehou deur sieketroosters. Die eerste kerkgebou was ‘n rietdak-kruiskerk wat in 1802 voltooi is. Die preekstoel in die kerk was van stink- en geelhout met panele van kasuarishout-finering, en is deur die bouheer, Christoffel Knoets gemaak. In hierdie kerkgebou het Hendrik en Elizabeth drie van hul kinders laat doop en nagmaal kom vier. Hierdie gebou is eers later in 1875 uitgebou en vergroot.13
Elizabeth was die vierde dogter (sewende kind) van Josua Joubert (≈16 Mei 1773 – ca 1827) en Maria Elizabeth van Tonder (≈13 Junie 1779 – 8 April 1849, Swellendam). Sy is gebore op 1 Junie 1817 en gedoop op 5 Julie 1818 in die NGK Swellendam. Haar broers en susters was Elizabeth Johanna (≈26 Augustus 1779), Gideon Jacobus (*19 Februarie 1803, ≈17 Junie 1804), Andries Johannes (*18 November 1804, ≈1 Desember 1805, †5 Julie 1852), Margaretha Elizabeth (≈5 April 1807 – 4 Februarie 1860, Ohrigstad), Maria Cornelia (*3 Januarie 1809, ≈ 5 Februarie 1809, †25 November 1901, Fraserburg, Britse Kaapkolonie), Jozua jnr. (*25 Januarie 1813, ≈27 Augustus 1814, †1882, Natal) en Cornelia Johanna (*12 Augustus 1819, ≈2 April 1820).10,11,16
Haar vader, Josua Joubert was die agterkleinseun van Pierre Jaubert (25 Mei 1663, La Motte d’Aigues, Provence, Frankryk – 30 Januarie 1732, Drakenstein) wat na die Kaap de Goede Hoop gekom het as Franse Hugenoot.10,11,17,18 Pierre het in Tafelbaai gearriveer op 4 Augustus 1688 met die skip China en het die stamvader van die Joubert-familie in Suid-Afrika geword. Hy het uiteindelik ‘n prominente grondeienaar en suksesvolle wynboer in die Franschoek – en Stellenbosch omgewing geword, en het verskeie plase, o.a. La Motte, La Provence, La Roque, L’Ormarins en Bellingham, besit. Pierre Jaubert het ook geboer op die plaas De Plaisante in Het Land van Waveren (later herdoop na Tulbagh).2,10,11,17,19-22Elizabeth Joubert het op die plaas Het Goed Geloof (Goedgeloof) opgegroei waar haar vader geboer het.10,16 Hierdie plaas is geleë naby Kogmanskloof, ‘n manjefieke poort in die Langeberge, ongeveer 180 km vanaf Kaapstad – ligging van Goedgeloof is tussen die hedengaadse dorpe Barrydale en Montagu (eers bekend as Agter Kogmanskloof).4,6,23 Elizabeth en Hendrik Bekker, wie se geboorteplaas ongeveer 80 km noord-oos van Het Goed Geloof was, het waarskynlik deur vriende of by ‘n kerkbyeenkoms ontmoet.
Van Elizabeth se broers, ooms en neefs sou later met hul families aan die Groot Trek deelneem deur óf saam met die trekleiers Andries Hendrik Potgieter (19 Desember 1782 – 16 Desember 1852) of Pieter Mauritz “Piet” Retief (12 November 1780 – 6 Februarie 1838) tussen 1836 en 1837 te vertrek uit die Kolonie óf later in die vroeë 1840’s as ‘n familietrek die gebaande weë die binneland in, aandurf.9,15,24-28
3. Sy beroep
Hendrik Bekker was ‘n trekboer, wat deur die loop van sy lewe uiteindelik sowat 1500 km saam met sy gesin afgelê het op soek na ‘n beter lewe dieper die ongetemde binneland in.12,29,30 Die beweegredes vir sy besluit om die langpad te vat met die stadige, stampende ossewa – die algemeenste vervoermiddel van daardie tyd – weg uit die gevestigde Swellendam distrik na die spreekwoordelike Beloofde Land toe, is nie bekend nie. Dis heel waarskynlik dat Hendrik Bekker homself begin vereenselwig het met die sterk gevoel van marganilisering van die grensboere deur die Britse administrasie aan die Kaap en die ontwikkelende bewustheid van ‘n nasionale missie met ‘n behoefte vir ‘n eie onafhanklike, self-regerende republiek wat onder hierdie boere posgevat het. Die politieke en ekonomiese druk op die grensboere sowel as die miskenning van hul griewe deur die Briste regering, het hierdie onafwendbare uittog tot gevolg gehad. Veelvuldige droogtes, peste en sprinkaanplae, voortslepende verlies of beskadiging van eiendom weens aanvalle deur inboorlinge, te min grond en gevolgik verhoogde grondpryse, skerp toename in inkomstebelasting, die daadwerklike verengelsing van die Kaapse staatskantore (Hollands is as voertaal afgeskaf), die NG Kerk (Skotse predikante is aangestel) en Boere gemeenskappe (Britse immigrante is van plase voorsien in die grensdistrikte), asook die antagonisme van Britse sendelinge en ‘n ernstige tekort aan plaasarbeid weens die afskaffing van slawerny was alles griewe wat deur die grensboere geopper is. Die inwoners van die Swellendamse distrik het in ‘n meer stabiele en veilige omgewing gewoon en was nie blootgestel aan die peste en droogtes kenmerkend van die grensdistrikte nie. Andersyds was die impak van verhoogde belasting, die afskaffing van die leningsplaasstelsel en gepaardgaande implimentering van die nuwe erfpagverhuringsisteem, so wel as die verengelsing van die Kaap egter genoegsame motivering vir menige burgers, insluitend Hendrik Bekker, om op te pak en te trek.9,15,24 Hendrik het die Swellendamse distrik met sy vrou en vier jong kinders iewers tussen laat 1839 en vroeg 1841, verlaat.12,29 Teen Februarie 1842, ongeveer 300 km verder, het die gesin hulle in Cradock distrik bevind, waar hulle hulself vir ten minste drie jaar gevestig het. Teen ca 1846 was die gesin weer oppad, hierdie keer in ‘n doelbewuste poging om die Brits-beheerde Kaapkolonie agter te laat.29,31,32 Hulle het dus die Kaap verlaat aan die stertkant van die Groot Trek (1835 – 1845). Hoewel Die Trek afgeplat het na 1845, het Boere-families egter tot met 1854 uit die grensdistrikte van die Britse Kaapkolonie wegbeweeg.9,15,24 Saam met watter geselskap en onder wie se leierskap Hendrik en Elizabeth Bekker verder noord getrek het, is egter nie bekend nie, maar dit was waarskynlik saam met een van die Joubert-familietrekke wat gedurende daardie tydperk die Kolonie verlaat het.25,26 Hoeveel besittings en vee die Bekkers saamgeneem het, is ook ‘n raaiskoot. Eweneens kon ook geen rekords tot op hede gevind word wat ‘n aanduiding kan gee waar die Bekkers hulself vir die volgende paar jaar sou bevind nie. Hoogswaarskynlik het hulle deur die Republiek van Potchefstroom-Winburg (bestaanstydperk: 9 April 1844 – 3 Februarie 1848) getrek wat die hooftrekroete was na die noorde – dalk het hulle ‘n paar maande daar oorgebly – waarna hulle uiteindelik vier jaar nadat die gesin die Kaap verlaat het, in ca 1849 tot rus gekom het in die omgewing van Andries Orieg Stad (nou Ohrigstad) waar daar reeds van hul verwante Joubert-families gevestig was.30,33 Nadat Hendrik Bekker se skoonmoeder, Maria Elizabeth Joubert op 8 April 1849 aan koors (waarskynlik malaria) gesterf het, het hy met sy gesin verhuis na Lijdenburg (Lydenburg) waar hul sewende kind in 1850 gedoop is.8,16,32 Daar het die 44-jarige Hendrik Bekker en sy familie nesgeskop en ‘n nuwe lewe begin bou. Dis nie seker waar die gesin gewoon het nie, maar in 1885 was Hendrik woonagtig in die omgewing van die Spekboomrivier34 – ‘n stroom wat vanaf Lydenburg in ‘n noordwestelike rigting na Burgersfort loop en ‘n sytak van die Steelpoortrivier vorm. Die dorp Lydenburg is op 21 September 1849 gestig deur ‘n groep Voortrekkers wat voorheen in 1846 die omliggende gebied betrek het onder leiding van Andries Hendrik Potgieter. Teen Maart 1848 het Potgieter en ‘n groot groep van sy trekkergeselskap egter hul nedersetting, Andries Orieg Stad weens leierskapstruwelinge verlaat en na die noorde na die Zoutpansberg-gebied verhuis. Die res van die agtergeblewe trekkers moes ‘n paar maande later in 1849 ook die nedersetting noodgedwonge verlaat weens ‘n teisterende malaria epidemie wat genadeloos onder die trekkerfamilies gemaai het. In die hoër-liggende gebied bykans 50 km suid van Ohrigstad het hierdie trekkers ‘n nuwe nedersetting, Lijdenburg/Lydenburg, tot stand gebring. Die naam Lydenburg verwys na die lyding en doodsmart wat die malaria veroorsaak het en waaraan geen enkele een van hierdie Voortrekkergesinne ontsnap het nie. ‘n Onafhanklike maar kortsondige Republiek van Lydenburg, met Lydenburg as die hoofstad, is op 17 Desember 1856 deur die Lydenburgse Volksraad uitgeroep. In 1858 het die Republiek van Utrecht, wat in 1854 geproklameer is, met die Lydenburgse Republiek saamgesmelt om ‘n groter Republiek van Lydenburg te vorm. In 1860 het dit aangesluit by die Republiek van Zoutpansberg en die Suid-Afrikaanse Republiek om die groter, saamgestelde Zuid-Afrikaansche Republiek [ZAR] (Suid-Afrikaanse Republiek) te vorm, wat deur Brittanje erken is.9,15,33,36-37
Op beide staatkundige en kerklike gebied was die Lydenburgse pioniergebied vanaf sy beginjare onbestendig en in die war. Daar was bykans geen sinkronisasie op politieke en kerklike vlak nie en dit was hoofsaaklik te wyte aan die geskille en soms heftige botsing tussen die onderskeie politieke, sowel as geestelike leiers.33,38 Inteendeel, die Lydenburgers herinner my aan die volgende grappie wat ek jare gelede gehoor het:Hoewel die staatkundige Lydenburg na 1860 as distrik van die ZAR groter stabiliteit ondervind het, was dit nie die geval met die Lydenburgse kerk nie. Aan die begin in 1849 is kerkdienste deur ouderlinge gelei. Gedurende 1849 en 1850 het ds. Andrew Murray jnr. (1828 – 1917) van NGK Bloemfontein in die Kaapse Kerk se Trans-Gariep Ring (in die Oranje-Vrystaat) die Christelike gemeentes in die noorde besoek. Op 7 Januarie 1850 het hy op Lydenburg ‘n kerkdiens gehou het, en het 70 kinders gedoop en 12 jongmense het belydenis van geloof afgelê en daarmee as lidmate van die NGK aangeneem. In 1851 is met die bou van ‘n permanente kerkgebou begin, en toe ds. Andrew Murray, vergesel deur sy swaer, ds. Johannes Henoch Neethling (1826 – 1904), weer in Oktober 1850 by die gemeente besoek afgelê het, was die gebou bykans klaar. Weer is 109 kinders gedoop en 29 jongmense aangeneem. Die gemeente was tussendeur darem nie heeltemal herderloos nie. Meester Poen, wat in Desember 1851 uit Nederland gearriveer het, het die kinders van die dorp geleer en meeste van die kerkdienste gehou, maar aangesien hy nie as predikant gelegitimeer was nie, kon hy nie die nagmaal of doop bedien nie. Ds. Murray se vierde en laaste besoek aan die Lydenburgse gemeente was in Maart 1852. Op 21 Oktober 1852 is hierdie Voortrekkergemeente by die Sinode van die Kaapse Kerk ingelyf. Die eerste nagmaal in Lydenburg is egter eers in Februarie 1854 bedien deur ds. Dirk van der Hoff, die eerste permanente predikant noord van die Vaalrivier, wat saam met die ZAR Volksraad ‘n beduidende rol gespeel het in die totstandkoming van die Nederduitch Hervormde Kerk (NHK) in November 1853. Die NHK is uitgeroep as die staatskerk van die ZAR (met distrikte Potchefstroom, Rustenburg en Zoutpansberg ingesluit). Die NHK het sy eie outonome bestuur gehad en was staatkundig en religieus onafhanklik van die Kaapse Kerk (in die Britse Kaapkolonie, Britse Natal en Trans-Gariep [Oranje-Vrystaat]).33,38-41
Die NHK het nie die Lydenburgse gemeente se inlywing by die Kaapse Kerk erken nie, en dit daarom sonder voorbehoud onder bestuur van die NHK in die ZAR geplaas. In Oktober 1854, slegs agt maande nadat nagmaal vir die eerste keer bedien is deur ds. Van der Hoff, op daardie stadium toe die enigste NHK predikant in die ZAR, het die Lydenburgers egter van die NHK weggebreek, en hulself by die NGK se Natalse Ring gaan aangesluit. Hierdie verskeurdheid met die NHK sou uiteindelik twaalf jaar duur, met ds. Petrus Arnoldus Conradus van Heyningen wat vanaf 1859 geduldig onder die lidmate van NGK Lydenburg gearbei het en hulle uiteindelik gelei het tot ‘n herversoening met die NHK. Wat meer tot hierdie kortstondige versoening bygedra het, was die beslissing van die Hoogsgeregshof in die Kaap in 1862 dat NGK-gemeentes noord van die Vaalrivier nie meer deel van die Kaapse Kerk mag wees nie. Gevolglik was Lydenburg dus ook uitgesluit uit die Ring van Natal; geïmplimenteer vanaf die begin van 1864. Op 12 September 1864 het die NGK Lydenburg weer met die NHK saamgesmelt om as NHK Lydenburg bekend te word. Hierdie twyfelagtige samesmelting was van korte duur. Slegs agtien maande later op 17 Maart 1866 het ‘n bittere kerkskeuring plaasgevind, toe die Lydenburgse gemeente weereens weggebreek het van die NHK in die ZAR, om die NGK Lydenburg te vorm. Hierdie skeuring is doelbewus deur ds. Frans Lion Cachet – geassosieerde (maar nie-ingehuldigde) predikant van NGK Utrecht in die Natalse Ring – aangehelp deurdat hy die Lydenburgers teen die NHK opgemaak het. Cachet se uitgesproke doel was juis om meer NHK-onafhanklike NGK-gemeentes in die ZAR te stig, en hy dit ook met verloop van tyd reggekry. Die NGK in die ZAR het egter outonoom van die Kaapse NGK gefunksioneer, vanwee die Kaapse hofbeslissing in 1862, soos vroeër vermeld. Oorblywende Lydenburgse gemeentelede wat nie die afskeiding ondersteun het nie, en hulself steeds met die NHK geassosieer het, het die NHK Lydenburg gevorm. Hierdie gemeente het later as NHK Middelburg bekend geword, nadat die meeste van hierdie gemeentelede na die Middelburg omgewing uitgewyk het.33,40-43En hier was ons Bekker voorsate midde-in al hierdie politieke en kerklike skommelings! Wat ons arme voorvader, Hendrik Bekker van hierdie hele aan-en-af, kom-en-gaan, nou-is-ons-saam-en-nou-skei-ons mallemeule gedink het, daar waar hy ‘n bestaan in Lydenburg probeer maak het, weet nugter. Waar het sy politieke en kerklike lojaliteite gelê? By wie het hy en sy gesin hulle geskaar? Wat het vir hom die swaarste geweeg in sy besluite?
Hoewel die gemeentelde van Lydenburg aan die begin ‘n vurige begeerte na die dinge van God gehad het,38 wonder ‘n mens onwillekeurig oor die egtheid en fokus van die Christelike geloofsoortuigings van die betrokke geestelike leiers, en die gemeentelede wat op die Lydenburgse Volksraad gedien het, in die lig van die bogenoemde verwikkelinge met verloop van tyd. Hoeveel het die bestaan van ‘n eie kerklike denominasie geweeg teenoor die belang van die evangelie, geesvervuldheid en God as hoof van die kerk? Hoeveel het politieke oortuigings, eie belang of ‘n sug na aansien of gesag tot die kerklike verwarring en uiteindelike bittere kerkskeuring bygedra? Want wanneer die kern van die NGK en NHK se geloofsbelydenisse ondersoek word, is daar bykans geen verskil nie. Hierdie twee Afrikaanse kerkdenominasies in Suid-Afrika funksioneer tot op hede steeds afsonderlik van mekaar.
Deur die loop van sy lang lewe het Hendrik Bekker dus baie beleef. Hy was deel van die uittog na die Beloofde Land, het gewerkskaf waar hy was in sy bydra tot die temproses van ‘n ongetemde binneland, die totstandkoming van ‘n onafhanklike Boere-republiek, naamlik die ZAR, aanskou, al die politieke woelinge wat daarmee saamgegaan het dopgehou, die dood van kinders (of hul eggenotes), kleinkinders en agterkleinkinders deurleef wat tydens die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë gesneuwel of in konsentrasiekampe omgekom het, en moes uiteindelik, net ‘n paar maande voor sy dood, die einde van hul onafhanklikheid in vlamme sien opgaan, toe die Britte opnuut hul stempel oor die “fiercely-independant” Boere kom afdruk het.15 Daar word gesê dat Hendrik visioene gesien het wat later waar uitgekom (gebeur) het.8 Details hieroor is ongelukkig nie beskikbaar nie. Maar dalk het Hendrik Bekker dit gesien kom?
4. Sy afsterwe
Hendrik Bekker, wat die woord “ich” gebruik het in plaas van “ek” – wat weereens dui op die invloed van sy vader se Deense taalagtergrond op hom – is op die hoë ouderdom van 96 jaar op 14 Desember 1902 oorlede en begrawe op die plaas Kliprivier (ZAR no. 1314, Transvaal no. 73 JT), in wyk Steenkampsberg, distrik Lydenburg in die Britse Transvaalkolonie (huidige ligging is naby Tonteldoos, ongeveer 30 km noord van Dullstroom, Mpumalanga). Hy was toe reeds ‘n wewenaar gewees.3,4,8,44 Waar en wanneer Hendrik Bekker se vrou, Elizabeth oorlede is, is op hierdie stadium onbekend.
NOTA: In verwysing 3 word Hendrik Bekker twee maal aangedui as twee verskillende, onverwante indiwidue naamlik Hendrik Johannes Bekker (1806, Swellendam – ?) en Hendrick Johannes Bekker (1806, [Kattegat, Denemarke = foutief] – 1902, Kliprivier, Tonteldoos, Belfast), terwyl hulle in werklikheid een en dieselfde persoon is.
Kliprivier was die erfplaas van die Steenkamp-familie wat met verloop van tyd onderverdeel is om voorsiening te maak vir die onderskeie Steenkamp-kinders.4,45,46 Hendrik het sy laaste jare hier gespandeer waar sy dogter Maria Christina (sien 5.4) en haar man Willem Johannes Jacobus Steenkamp geboer het. Nadat albei oorlede is, is Hendrik Bekker verder op Kliprivier versorg tot met sy dood deur sy kleinseun Jozua Bekker (sien 5.1) en kleindogter, Maria Christina “Nonnie” Steenkamp (sien 5.4). Jozua en Nonnie was neef en niggie, en met mekaar getroud.8,46-48
Die Bekker- en Steenkamp-familie het ‘n baie nou assosiasie met mekaar gehad. Heelwat huwelike het tussen hierdie twee families plaasgevind.46 Maria en Willem Steenkamp se dogter, Margaretha Maria Steenkamp is ook later getroud met haar neef Pieter George Bekker, seun van Andries Johannes (sien 5.1), oudste seun van Hendrik Bekker.46,49
5. Sy kinders
Sover as wat vasgestel kon word uit verskeie bronne, het Hendrik en Elizabeth drie seuns en ses dogters gehad.
5.1 Andries Johannes
Andries is gebore in ca 1832 in die Britse Kaap Kolonie. Hy trou later met Elsje Margaretha Cornelia Jordaan, wat die half-suster was van Andries se skoonsuster, Anna Muller.12,29 Hulle het my groot-groot-groot-grootouers (groot-groot-oupa- en oumagrootjie) geword. LEES MEER oor Andries Bekker.
5.2 Jozua
Hy is gebore op 5 Desember 1833 en gedoop te NGK Swellendam op 12 September 1934.12,44,50,51 Jozua trou in ca 1863 met Anna Susanna Sophia Muller (*1841, ≈21 April 1843, Pietermaritzburg, Natalia Republiek, †17 April 1912, plaas Doornhoek, Lydenburg, Transvaal, Unie van Suid-Afrika). Die egpaar het met hul kinders tussen 1875 en 1880 vanuit Lydenburg-omgewing na hul plaas naby Amsterdam verhuis.44,51,52
Anna was die dogter van die Voortrekker Johannes Christoffel “Jan” Muller (≈5 Julie 1813, Graaf-Reinet – 17 Januarie 1879, Krugerspost, ZAR) wat as 25-jarige jongman aan die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 deelgeneem het. Jan en sy jonger broer, Diederik Johannes (1825 – 1893), asook hul weduwee-moeder, het vanaf hul plaas Doornkloof in die wyk Baviaansrivier, Somerset distrik in Oktober 1837 die binneland ingetrek saam met die trekgeselskap van Jan du Plessis (1803 – 1877), wat ‘n veldkornet van die wyk Tarka was. Teen 1845 was Jan Muller en sy gesin nog in Natal, maar vanaf 1847 woonagtig op die plaas Mullersrust in die Republiek van Potchefstroom-Winburg, wat later in 1848 gedeeltelik geÏnkorporeer is in die nuwe Britse kolonie genaamd die Oranjesoewereiniteit. Jan Muller was ook mede-eienaar van die plaas Pretoriuskloof, saam met F.P. Naudé en D.J.J. Malan. Op hierdie plaas sou die dorp Bethlehem later gestig word. Pretoriuskloof is gesamentlik deur Kristiaan Klopper, Neil Bishop en Henco Cronjé oorgekoop, die eerste erwe is reeds in 1860 uitgemeet en verkoop, en in 1864 het die dorpie amptelike status gekry met die aanstelling van ‘n lokale magistraat. Jan Muller het egter voor dit reeds verder getrek tot in die Lydenburg omgewing waar hy later oorlede is.26,52-56Anna se moeder, Isabella Cornelia Jordaan (voorheen Steenkamp, née Potgieter) (12 Desember 1802, Graaff-Reinet – 1877) is met haar vader getroud op 14 November 1840 in Pietermaritzburg. Isabella was die weduwee van Pieter Georg Jordaan (1803 – 1838) wat saam met Piet Retief en sy manskappe en agterryers deur die Zoeloekoning, Dingane ka Senzangakhona se impi’s (soldate) vermoor is op 6 Februarie 1838 by kwaMatiwane koppie, naby Umgungundlovu, Dingane se hoofkraal. Isabella moes die trek as weduwee met sewe weeskinders tussen die ouderdomme van twee en twaalf jaar oud verder voortsit. Twee jaar later het sy met Jan Muller getrou.9,15,25,26,52,57-60 Een van haar en Pieter Jordaan se dogters, Elsje Margaretha Cornelia Jordaan – Anna Muller se half-suster – is later getroud met Anna se swaer, Andries Bekker (sien 5.1), haar man, Jozua Bekker se ouer broer.44,52
Sover vasgestel kon word, het Jozua en Anna Bekker agt kinders gehad. Hulle was Hendrik Johannes (Mei 1859/1862 – 15 Junie 1951, Rustplaats, Lydenburg distrik), Johannes Christoffel (22 Maart 1864, Lydenburg – >1937, Rustplaats), Isabella Cornelia (Mei 1867 – 28 Junie 1910, Plaas Kolwanie, Amsterdam, Transvaal; getroud met Francois Petrus Stapelberg [1862 – 1910]), Elizabeth Francina (1868 – ?), Andries Johannes (Maart 1871 – 17 Julie 1945, Pietersburg), Anna Susanna Sophia (16 Oktober 1874 – 10 Maart 1929, Amsterdam, Transvaal; getroud met Johannes Zacharias Moolman [1863 – 1931]), Josina (27 July 1880 – >1951) en Diederick Johannes (21 April 1890, Amsterdam – 1901, Anglo-Boere Oorlog Konsentrasiekamp te Volksrust, ZAR).44,51,52,61-64
Jozua was 11 jaar lank wewenaar voordat hy op die ouderdom van 91 jaar op 17 Junie 1924 gesterf het op sy plaas Kolwanie, wat net suid-wes van die klein plattelandse dorpie, Amsterdam lê.50 Die dorp is gestig onder die oorspronklike naam van Roburnia nadat die Skot, Alexander McCorkindale (1816 – 1872) die ZAR Volksraad in 1864 oortuig het om 200 plase in die Lydenburgse distrik aangrensend aan Swaziland aan hom te verkoop. Die plase sou aan Skotse en Natalse immigrante beskikbaar gestel word. In 1866 is die Republiek van Nuwe Skotland, met Roburnia as hoofstad, geproklameer. Na McCorkindale se dood in 1872 het die Skotse burgers egter hul plase verlaat in ‘n soeke na ‘n beter lewe. Die dorp is later op 5 Julie 1882 herdoop na Amsterdam.4,65-675.3 Maria Elizabeth
Sy is gebore 6 Junie 1836 in Swellendam distrik12 en oorlede in die ouderdom van 32 jaar op 24 April 1868 op die plaas Uitkomst, Lydenburg Distrik, ZAR. Sy is in die huwelik bevestig op 2 Desember 1855 te Lydenburg met Marthinus Godfried Joubert jnr. (6 Maart 1832, Grahamstad, Somerset-Oos, Britse Kaapkolonie – 30 Junie 1906, plaas Kaalbooy (Kaalbooi), Carolina, Transvaal). Hy was die seun van die Voortrekker Marthinus Godfried Joubert snr. (1805 – 1887) en Susanna Elizabeth Rossouw (1806 – 1887) wat die Kaap tussen April 1842 en November 1844 verlaat het.26,44,68
Maria en Marthinus Joubert het ses dogters en een seun gehad wat gedoop is te Lydenburg. Hulle was Elizabeth Francina (7 September 1855 – 1863), Susanna Elizabeth (*1856), Marthinus Godfried (≈10 April 1859 – 1946, plaas Klipfontein, Middelburg – hy het Klipfontein op 29 September 1888 gekoop), Maria Elizabeth (*1860), Johanna Catharina (*20 November 1862), Maria Christina (*5 September 1864) en Aletta Johanna (*1866). Ses maande na Maria se afsterwe, hertrou Marthinus op 2 November 1868 met Jacoba Johanna Maria Mare. Uit hulle huwelik is drie dogters en ses seuns gebore.32,47,68,69
Marthinus het selfs nog op die hoë ouderdom van 69 jaar in die Carolina Boerekommando in die Tweede Anglo-Boere Oorlog (ABO2) van 1899 tot 1902 geveg. Op 18 September 1901 het hy egter oorgegee, en het op 1 November 1901 in Middelburgkonsentrasiekamp gearriveer, waar hy in tent B 879 gebly het tot na die einde van die oorlog. Op 23 Julie 1902 het hy teruggekeer na sy plaas Kaalbooi. Daar is hy op 74-jarige ouderdom op 30 Junie 1906 oorlede.15,47,68
5.4 Maria Christina
Maria Christina is gebore op 16 April 1838 en gedoop in die NGK Swellendam op 20 Januarie 1839.12,46,48 Sy tree op 5 Maart 1856 met Willem Johannes Jacobus Steenkamp (13 Januarie 1834, Clanwilliam distrik – 11 November 1900, plaas Kliprivier, Lydenburg distrik) in die huwelik, volgens Kommandant Potgieter se Trouboek van die Laer. Willem was die seun van Petrus Johannes Dirkse Steenkamp (1800 – 1871) en Margaretha Maria Steenkamp (1803 – 1893), wat aan die Groot Trek deelgeneem het. Na 34 jaar se getroude lewe, sterf Maria op Lydenburg op 15 Junie 1890 in die ouderdom van 52 jaar. Willem Steenkamp tree daarna weer in die huwelik op 14 April 1891 met Catharina Paulina Swart (née Immelman) (1841 – 28 Augustus 1929, Ermelo). Hy sterf agt jaar later op 66-jarige leeftyd.46,48,49
Maria en Willem Steenkamp se kinders is in die NGK op óf Lydenburg óf Middelburg gedoop. Hul eerste drie kinders was Petrus Johannes Dirkse (*1 Februarie 1857, ≈1 September 1858, Lydenburg), Elizabeth Francina (*20 Mei 1858, ≈1 September 1858, Lydenburg; getroud met Johannes Nicolaas Hermanus Grobler) en Margaretha Maria (*18 Maart 1860, ≈17 Mei 1860, Lydenburg, †1932), wat met haar neef Pieter Georg Bekker (1856 – 1900), seun van Andries Johannes Bekker (sien 5.1) getrou het. Volgende was Willem Johannes Jacobus jnr. (20 November 1863, plaas Bodenberg, Middelburg – 9 Julie 1888, plaas Witpoort, Lydenburg), Hendrik Johannes (*1 Oktober 1866, ≈24 Februarie 1867, Lydenburg, †16 Januarie 1902, Balmoralkonsentrasiekamp), gevolg deur Maria Christina “Nonnie” (*30 Mei 1869, ≈21 November 1869, Middelburg), wat met haar neef en swaer Jozua Bekker (sien 5.1) getrou het, Floris Petrus Johannes (*10 Maart 1871,≈30 Desember 1871, Lydenburg, †2 September 1944, plaas Kliprivier, Middelburg) en Andries Johannes (*27 November 1873, ≈17 Julie 1874, Lydenburg, †23 Desember 1844, Ermelo).8,44,46,48-50
Meeste van die Steenkamp mans en hul seuns het in die ABO2 op kommando geveg. Sommige het gesneuwel, enkeles het tot die bitter einde geveg en ander het voor die einde besluit om oor te gee. Laasgenoemdes is dikwels deur die bittereinders as verraaiers van die Boere-saak beskou, en as sulks behandel. Heelwat van die Steenkamp-gesinne het in Middelburg-konsentrasiekamp beland. Aangesien hul bejaarde (skoon)vader gedurende die oorlog in sy woonhuis op Kliprivier oorlede is, is sy boedel eers in 1903 na die oorlog afgehandel. Elkeen van die kinders (of hul weduwee/nasate) het ‘n agste deel van plaas Kliprivier geërf, asook ‘n agste deel van ‘n derde van die plaas Palmietfontein in Lydenburg distrik. Die aktes is aan elkeen oorgedra op 16 September 1904.49,70
5.5 Elizabeth Francina
Haar ouers het reeds tussen laat 1839 en vroeg 1841 uit die Swellendamse distrik weggetrek en Elizabeth is gedurende hierdie tog op 10 September 1840 gebore. Sy is 17 maande later, nadat hulle in Cradock omgewing gearriveer het, op 27 Februarie 1842 gedoop in die NGK Cradock deur die verhollandse Skotse predikant, John Taylor.12,26,29,44,71,72Elizabeth het later met Pieter Ernst Kruger (*4 Desember 1839, ≈11 April 1841, NGK Pietermaritzburg) getrou. Hy was die derde van dertien kinders, en die oudste seun van die Voortrekker en ‘n deelnemer aan die Slag van Bloedrivier, Tobias Johannes Kruger (*20 Januarie 1813, ≈24 Desember 1813, NGK Tulbagh, †9 Julie 1890, Plaas Potloodspruit, Lydenburg, ZAR), en Maria Catharina Johanna Isabella Badenhorst (*31 Augustus 1818, ≈12 April 1819, NGK Graaff-Reinet , †6 Januarie 1883, Lydenburg distrik, ZAR). Elizabeth se skoonvader, Tobias Kruger, aan wie die plaas Buffelsfontein op 20 November 1845 toegeken is, en sy ouer broer Pieter Ernst Kruger (1811 – 1855, Krugerspost), was prominente burgers in Andries Orieg Stad (Ohrigstad). Nadat Tobias verhuis het na die plaas Potloodspruit (Transvaal nr 30 JT) in Lydenburg se omgewing, het hy daar op die Volksraad gedien, asook waargeneem as landdros.4,33,69,73-75 Die plaas lê net noord van die dorp Lydenburg (nou Mashishing).4 Sien die kort uittreksel hieronder oor Tobias Kruger se lewe: 33
Uit Pieter en Elizabeth Kruger se huwelik is sewe kinders gebore. Hulle was Tobias Johannes (1867 – 1945), Hendrik Johannes (1868 – 1872), Maria Isabella Johanna Catharina (getroud met Jacobus Nicolaas Vosloo), Christina Maria Elizabeth (getroud met Jacobus Nicolaas Petrus Snyman), Elizabeth Francina (1875 – 1961, getroud met Jan Petrus Coetzer), Pieter Ernst (1878 – 1946) en Hendrik Johannes (1880 – 1884).66,68,73,74
Pieter het op sy erfplaas Potloodspruit in Lydenburg distrik met beeste, skape en boerbokke geboer. Ten tye van sy dood te Potloodspruit – op 43-jarige ouderdom op 3 Maart 1883 en net twee maande na sy moeder – was sy kinders nog almal minderjarig. Hy het toe ook die helfte van die plaas Rietfontein (ZAR nr. 616) in Lydenburg distrik besit. Weduwee Elizabeth Kruger het haar kinders verder alleen grootgemaak en is 22 jaar na haar man oorlede op 64-jarige ouderdom op 5 Maart 1905 te Potloodspruit. Elkeen van haar oorlewende kinders (of hul eggenoot) het ‘n vyfde aandeel van die plaas Rietfontein uit haar boedel ontvang.26,53,69,73-75
5.6 Hendrik Johannes
Hendrik jnr. “Hennie” is gebore op 6 November 1843 en gedoop op 19 Oktober 1845 te NGK Cradock in Cradock Distrik in die Britse Kaap Kolonie.29,44 Hy is eers op bykans tweejarige ouderdom gedoop, saam met sy agt maand-oue sussie. Die Bekkers het waarskynlik ver weg van die dorp Cradock gewoon en kerkdienste is dus selde bygewoon, juis weens die uitputtende dae-lange ossewatrek wat elke keer heen-en-weer na die dorp onderneem moes word.
Hennie is later getroud met Jacoba Johanna Francina Steenkamp, dogter Jacobus Christoffel Steenkamp (1822 – ca 1869) en Francina Magdalena Johanna Basson (1825 – 1874).74,75 Jacobus was die halfbroer van Hendrik se twee skoonsusters, Elsje Margaretha Cornelia Jordaan en Anna Susanna Sophia Muller.50,78
Jacoba Steenkamp is op 8 April 1844 in Weenen-omgewing in die Britse Natalkolonie gebore. Sy en haar man het vier kinders gehad. Hulle was Hendrik Johannes (≡ 6 Maart 1863 – 20 November 1888, Klipdrif, Mapoeksgronde/Mapochsgronde, Middelburg distrik; was getroud met Christina Adriana Visagie), Jacobus Christoffel “Koot” (Oktober 1865 – 7 November 1910, Rustenburg, Transvaal; hy was besig met een van sy togte as transportryer toe hy oorlede is), Francina Johanna Magdalena (Januarie 1867 – ?) en Elizabeth Francina (Februarie 1869 – ?). Die kinders was nog almal minderjarig toe Jacoba op 15 Oktober 1879 op die ouderdom van 35 jaar, ses maande en sewe dae oorlede is in die wyk Komati, Lydenburg distrik. Die gesin het geen vaste eiendom gehad nie en hul tuiste was hul ossewa wat deur twaalf bekwame osse getrek is. Hulle het ook twee perdemerries gehad. Die res van hul besittings was huishoudelike items en enkele gereedskapstukke wat in ‘n ossewa vervoer kon word. Die opgawe vir die boedel is op 19 Februarie 1880 op die plaas Dalmanutha (ZAR nr. 104, Transvaal nr. 375 JT), wyk Komati, distrik Lydenburg in die ZAR gedoen.4,76,79,80
Die 36-jarige Hennie het ongeveer vroeg in 1880 kort na sy eerste vrou se oorlye hertrou met Christina Gertruida “Christie” Pienaar, wat 18 jaar jonger as hy was. Sy was die dogter van Jacobus Johannes Pienaar (≈13 April 1826, Graaff-Reinet – 21 Junie 1881) en Johanna Jacomina Adriesina Muller (ca 1830 – ?). Christie is op 13 April 1861 gebore en op 24 Mei 1861 te NGK Richmond, Colesbergdistrik, Britse Kaapkolonie gedoop. Na ‘n interessante dog uitdagende pionierslewe is sy op 51-jarige ouderdom op 18 September 1912 oorlede op die plaas, Lansdown naby Melsetter, Suid-Rhodesië (nou Chimanimani in Manicalandprovinsie, Zimbabwe).81-84 Hennie en Christie Bekker se kinders was Jacobus Johannes (Desember 1880 – 5 April 1947, Salisbury, Suid-Rhodesië (nou Harare, Zimbabwe), Johanna Jacomina “Pop” (1883 – 30 Julie 1911, Rusape, Suid-Rhodesië), Jozua (2 Februarie 1885, Middelburg, Transvaal – 17 Julie 1957, Marandellas [nou Marondera, Zimbabwe]), David Andries (ca 1887, Middelburg – 31 July 1914, plaas Roslyn, Melsetter), Cornelia Johanna “Nellie” (4 September 1888 – 16 April 1964, Chipanga [nou Chipinge, Manicalandprovinsie, Zimbabwe]), Pieter George “Piet”, Maria Chrissie, Jan Johannes “Jan/John” (Julie 1891 – ?), Isabella (30 November 1892 – 29 Desember 1975, Salisbury), Lourens Andries (*20 Mei 1895, ≈7 Julie 1895, NGK OVS Bulawayo-gemeente, †26 September 1953) en Hendrika Johanna Magdalena (27 September 1897, Portugees-Oos-Afrika [nou Mosambiek] – 29 Oktober 1954, Chipinga).82,84-87
Hennie Bekker het vanaf 1890 begin transportry, met sy gesin wat hom altyd vergesel het. Sy seun, Jan Johannes, is juis in 1891 op een van hierdie togte na Rhodesië in Fort Salibury (later Salisbury, nou Harare) gebore, en was waarskynlik die eerste blanke kind wat daar die lewenslig aanskou het.84,88 Hennie se transportbesigheid was uiters winsgewens en het tot 7 pond 10 shielings gekry vir die goedere wat hy gelewer het. Met tye het daar tot 90 van sy waens by Fort Salisbury geparkeer gestaan. Dis juis by Fort Salisbury waar hy een jaar die meeste van sy trekosse weens longsiekte verloor het, maar het as die enterpreneur wat hy was, ‘n alternatiewe geleentheid raakgesien in die groot aanvraag na timmerhout in die hele Rhodesië. Hy het dus ‘n kontrak met Britse Suid-Afrika Maatskappy (BSAM) gesluit waarin hy ooreengekom het om gesaagde hout teen agt pond per week te lewer. Hy het uiteindelik ‘n florerende saagmeule langs die oewer van die Hunyanirivier (nou Manyamerivier, ook bekend as Panhamerivier) in die noorde van Suid-Rhodesië gehad. Hennie het ook begin om ‘n stel wa-en-osse vir tweehonderd pond op ‘n slag aan te koop van transportryers wat na ‘n suksesvolle tog hul goed verkoop het en per koets na Suid-Afrika teruggekeer het.84,89
Hennie Bekker en sy familie het in ongeveer 1893 weer teruggekeer na Pretoria in die ZAR in die hoop om meer gesinne uit die Pretoria-distrik saam met hom te neem na die spreekwoodelike ‘land van melk en heuning’. Die Bekker gesin sou uiteindelik deel uitmaak van die Pioniertrekke na Gazaland wat plaasgevind het tussen 1892 tot 1895.84,88
Die Kruger-Bekker trek – die tweede laaste van die Pioniertrekke – het op 21 April 1895 uit Pretoria vertrek en drie maande later op 27 Julie 1895 by Fort Charter in Mashonaland gearriveer. Ander lede van die trek was Ernst Pieter Kruger (1859 – 1944), sy vrou, Cornelia Maria “Nellie” (née Bezuidenhout) (1864 – 1939) en hul kinders Petrus, Maria, Hans en Wynand. Ernst Kruger was ‘n agterkleinneef van Hennie se swaer, Pieter Ernst Kruger (1839 – 1883) – sien 5.5. Daar was ook Wynand Carel Bezuidenhout (1840 – 1920) – ‘n moontlike familielid van Nellie Kruger – en sy vrou, Dorothea Regina “Dorie” (née Van der Westhuizen) (1848 – 1924) met hul kinders Wynand, Klasie, Hans, Barend, Jan, Cornelius, Johanna, Annie, en Dorie, asook Dorie Bezuidenhout snr. se suster, Leah Johanna (née Van der Westhuizen) (1860 – ?) se gesin wat saamgereis het. Leah was getroud met Stephanus Johannes “Fanie” du Preez (? – 1904) en hulle het op daardie stadium twee kinders, Salaman en Johanna, gehad. Willem Jacobus Smit (1841 – 1904) en Cornelia Johanna “Nellie” (née Wilmans) (1844 – ?) en hul vyf kinders, Nik, Gert, Soon, Lettie en Johanna het as die vyfde gesin die trekgroep voltooi.71,84,85,87,88,90-92Kort nadat die Bekkers in Fort Charter aangekom het, het Hennie ‘n plaas suid van die fort op die pad tussen Fort Salisbury en Fort Victoria (nou Masvingo) vir homself uitgemeet, en dit Enkel-de-Doorn (Enkeldoorn) gedoop na aanleiding van die groot, enkele akasiaboom wat teen die bult gestaan het. Van die fort is daar vandag net ruïnes oor, maar op die plaas het uiteindelik die dorp Enkeldoorn ontwikkel, wat die sentrum van ‘n vooruitstrewende Afrikaner boeregemeenskap binne die hoofsaaklik Engelssprekende blanke Rhodesië geword het. Daar is altyd spottenderwys verwys na die ‘Republiek van Enkeldoorn’ met die plaaslike kroeg as die hoofstad. Aan besoekers is ‘n aandenkingsvisum uitgereik, en ‘n spesiale Enkeldoorn-das met ‘n doringboomafbeelding daarop, is te koop aangebied. Na Zimbabwe se onafhanklikheidswording is Enkeldoorn se naam verander na Chivhu, te vinde in die Mashonaland-Oos provinsie.83,84,88,93,94Die Bekkers was nie lank op Enkeldoorn nie, en het die plaas net so agtergelaat toe Hennie Bekker, asook die Kruger- en Smit-familie van sy oorspronklike trekgeselskap, uitgewyk het na die oostelike gedeelte van Gazaland in Portugees-Oos-Afrika, op aandrang van ene Pretorius van Fort Victoria. Hul trekgeselskappe het saamgesmelt en getrek tot by Massorezi. Voordat hulle hulself egter op plase kon vestig, het meeste lede van die geselskap siek geword van malaria. Pretorius en sy skoonseun is later oorlede. Rinderpes het ook onder die trekgroep se beeste en trekosse gemaai en het die trekkerfamilies moedeloos en brandarm gelaat met geen geld vir kos, klere en ammunisie nie. Gelukkig het hulle oorlewingshulp van Afrikaners in die omgewing ontvang en het toe al sukkelend teruggetrek na Melsetter se omgewing, waar ene Labuschagne van die plaas, Avontuur, hulle goedgunstelik laat woon het totdat hulle hul eie plase ‘n jaar later gekry het. Hennie Bekker, wat geen geld en bykans geen vee oorgehad om mee te begin boer nie, het toe ‘n kontrak aanvaar om ‘n pad vanaf Melsetter na die Portugees-Oos-Afrikaanse kusdorp, Beira te bou. In 1897 was die gesin nog in Beira se omgewing toe die 53-jarige Hennie skielik siek geword het, inmekaar gesak het en gesterf het. Die res van die Bekker-gesin het teruggekeer na Melsetter, waar ‘n gasvrye mnr. De Beer hulle genooi het om op sy plaas Middelstroom te kom woon.84
Christie Bekker het later weer in die huwelik getree met die wewenaar, Johannes Gerhardus Frederick Kloppers (Junie 1850 – 15 Mei 1930, plaas Lavinarust, Melsetter, ΩMelsetterbegraafplaas, Chimanimani). Johannes Kloppers het saam met die Henry-Steyn trek in Oktober 1895 in die Suid-Rhodesië aangekom. Die egpaar het saam ‘n seun, Josef Johannes (7 Julie 1905, Melsetter – ?) gehad.82,87,88
NOTA: Hendrik Johannes Bekker (1843 – 1897) is die kleinseun van die Suid-Afrikaanse stamvader, Jan Andries Bekker (1775 – 1809) van Denemarke.29,44,76,81 Verwarring word egter veroorsaak deurdat enkele persoonlike webwerwe Hendrik Johannes Bekker verkeerdelik koppel as die seun van Stephanus Johannes Bekker (1798 – 1868), ‘n nasaat van die stamvader, Pieter Bekker (1673 – 1745).82 Twee elemente wat die Hendrik Johannes Bekker – Jan Andries Bekker verbintenis egter verder ondersteun, is die Hollandse naamgewingssisteem van kinders wat in gebruik was (en afwesig is by Stephanus Bekker se kinders), en die brief waarin Hendrik Bekker aan sy kleinseun verduidelik dat hy – Jacobus Christoffel Bekker (1898 – ?) – ‘n vierde generasie-nakomeling van Jan Andries Bekker was. (Foto van brief in besit van Deon Bekker, agter-agterkleinseun van Hendrik Johannes Bekker.) 81
5.7 Margaretha Elizabeth
Sy is gebore op 9 Februarie 1845 en gedoop te Cradock op 19 Oktober 1845 saam met haar ouer broer, Hendrik.29,44 Sy is waarskynlik jonk oorlede.
5.8 Gertruida Maria
Gertruida is gebore op 8 April 1847 en gedoop te Lydenburg, ZAR op 2 November 1850. Getuies by haar doopplegtigheid was haar oom, haar moeder se ouer broer, Andries Johannes Joubert (23 November 1805 – 7 Mei 1852) en sy vrou Maria Magdalena Christina Willemina Joubert (née Reyneke) (20 November 1824 – 18 November 1896, plaas Waaihoek, Ermelo). Andries Joubert en sy gesin het ook deelgeneem aan die Groot Trek. Op 13 September 1845 is die plaas Goedgeloof aan die Treurrivier vir hom aangeteken, en die plaas Dorenhoek aan die Kasperrivier op 15 Maart 1846. Tussen 1848 en 1850 woon hulle in die omgewing van Lydenburg en in 1853 in die omgewing Bloemfontein.25,26,32,44,95
Gertruida was een van die 109 kinders wat deur ds. Andrew Murray van die NGK Bloemfontein gedoop is tydens sy tweede besoek aan die Lydenburgse gemeente.33,39
Sy tree later in die huwelik met Stephanus Petrus Bekker.
5.9 Margaretha Elizabeth
Sy is gebore op 26 Maart 1851 en gedoop op 29 Maart 1852 te Lydenburg. Die doopgetuies was Margaretha Elizabeth Joubert en Johannes Hendrik Schoeman.32,44 Sy is ook deur ds. Andrew Murray in die pasvoltooide Voortrekkerkerkie gedoop. Dit was tydens sy vierde en laaste besoek aan Lydenburg.33,39
SPESIALE VERMELDING
VERWYSING 8: Hartlike dank aan Clara Smith van Groot-Brakrivier, Wes-Kaap wat my goedgunstiglik van heelwat inligting en familiestaaljies voorsien het. Hierdie kosbare stories is aan haar vertel deur Tant Cecile Prinsloo, dogter van Johannes Christoffel Bekker (1908 – 1974) en agter-agterkleindogter van Hendrik Johannes Bekker (1806 – 1902). Die verhaal van ons Bekker-voorsate wat hier vertel word, is aansienlik hierdeur verryk.
VERWYSING 81: Was dit nie vir Deon Bekker van Perth in Australië se bydrae nie, sou enige kennis van ons spesifieke Bekker-voorsate se opofferende rol tydens die vestiging van ‘n blanke boeregemeenskap in die laat 19de eeu in Zimbabwe vir ons verlore gewees het. Baie, baie dankie, Deon! Jou bydrae was van onskatbare waarde.
- Jan Andries Bekker. Suid-Afrikaanse Families, Vol B. Biblioteek van Erfenisstigting, Voortrekkermonument, Pretoria
- De Villiers, C.C. & Pama, C. 1976 Geslagsregisters van Ou Kaapse Families: Deel 1 (A-M) & Deel 2 (N-Z). Erfenisstigting Biblioteek, Voortrekkermonument, Pretoria
- Pottas, J & Tiran, A. BEKKER Families van SA (met kopie van KAB MOOC 8/58.22a & b). Biblioteek van Erfenisstigting, Voortrekkermonument, Pretoria
- National Geo-Spatial Information, 1:50 000 Rasters. January 2015. Department of Rural Development and Land Reform, Republic of South Africa. CD-publication
- Plaas Vaartwel. https://mapcarta.com/14235944
- Secret Southern Africa. Wonderful places you’ve probably never seen. 1994, 1st Ed. AA The Motorist Publications (Pty) Limited: Cape Town
- Swartberg. https://en.wikipedia.org/wiki/Swartberg
- Inligting ontvang in Mei 2019 van Clara Smith en Joachim Prinsloo Bekker, agter-agterkleinseun van Andries Johannes Bekker (1832 – 1860)
- Binckes, R. 2013. The Great Trek uncut. 1ste Ed. 30º South Publishers: Pinetown
- Joubert, P.G. 2018 Die Joubert’s in Suid-Afrika, 1688 – 2018. Hugenote-Vereniging van Suid-Afika: Franschhoek
- Pierre Joubert. South African Genealogies Vol 4 (I-K). Biblioteek van Erfenisstigting, Voortrekkermonument, Pretoria
- NGK Swellendam Kerkregister
- Swellendam Moedergemeente. http://swellendammoederkerk.co.za/
- NG gemeente Uitenhage. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Uitenhage
- Giliomee, H. & Mbenga, B. 2007 Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad
- Josua Joubert, b5c7d4. https://www.geni.com/people/Josua-Joubert-b5c7d4/6000000003356138356
- Joubert Pierre. https://www.stamouers.com/stamouers/surnames-h-to-j/235-joubert-pierre
- Pierre (Jaubert) Joubert (abt 1665 – 1732). https://www.wikitree.com/wiki/Jaubert-4
- VOC Ships. Huguenot Heritage of South Africa. http://www.huguenot.co.za/heritage/voc-ships/#Berg%20China
- La Motte. https://www.la-motte.com/pages/our-heritage
- La Provence Estate. http://laprovencevineyards.com/
- Bellingham Homestead. https://www.tripadvisor.co.za/Hotel_Review-g469391-d4177644-Reviews-Bellingham_Homestead-Franschhoek_Western_Cape.html
- Cogmanskloof, Montagu. https://www.montagu.org.za/information/cogmanskloof/
- Great Trek. https://en.wikipedia.org/wiki/Great_Trek
- Visagie, J.C. 2014 Voortrekkerleiers en trekroetes. 1ste Ed. Die Erfenisstigting: Pretoria
- Visagie, J.C. 2011 Voortrekkerstamouers, 1835-1845. 2de Ed. Protea Boekhuis: Pretoria
- Hendrik Potgieter. https://en.wikipedia.org/wiki/Hendrik_Potgieter
- Piet Retief. https://en.wikipedia.org/wiki/Piet_Retief
- NGK Cradock Kerkregister
- Cradock. https://www.sahistory.org.za/places/cradock
- Cradock, Eastern Cape. https://en.wikipedia.org/wiki/Cradock,_Eastern_Cape
- NGK Lydenburg Kerkregister
- Van der Merwe, A.P. 1940 Die Voorgeskiedenis van die Republiek Lydenburg, MA Dissertasie, Universiteit van Pretoria, Pretoria. https://repository.up.ac.za/handle/2263/61389?show=full
- Hofsaak teen Elizabeth Francina Kruger (née Bekker). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB ZTPD 5/103/596 (265), 1885
- Nel, M.D.C.dW. 1940 Verdedigingsskrif van die Goewerment van die Republiek van Lydenburg. SUNDigital Collections. Universiteit van Stellenbosch. https://digital.lib.sun.ac.za/handle/10019.2/2622
- Republiek van Lydenburg. https://af.wikipedia.org/wiki/Republiek_van_Lydenburg
- Lydenburg. https://en.wikipedia.org/wiki/Lydenburg
- Botha, S.J. 1965 Die toetrede van Lydenburg tot die Nederduitsch Hervormde-kerkverband 1864 en die herafskeiding onder F. Lion Cachet 1866. https://hts.org.za/index.php/hts/article/download/3931/7861
- Andrew Murray. https://af.wikipedia.org/wiki/Andrew_Murray
- NG gemeente Lydenburg. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Lydenburg
- Dirk van der Hoff. https://en.wikipedia.org/wiki/Dirk_Van_der_Hoff
- P.A.C. van Heyningen. https://af.wikipedia.org/wiki/P.A.C._van_Heyningen
- Frans Lion Cachet. https://af.wikipedia.org/wiki/Frans_Lion_Cachet
- Johannes Hendrik Bekker, b5. https://www.geni.com/people/Johannes-Bekker-b5/6000000000763534178
- Grafsteen van Jozua Bekker. https://www.geni.com/people/Jozua-Josua-Bekker/6000000022934596891
- Steenkamp, J.H. 1969 Die Steenkamps van Suidelike Afrika. Biblioteek van Erfenisstigting, Voortrekkermonument, Pretoria
- British Concentration Camps of the South African War, 1900 – 1902. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd
- Willem Johannes Jacobus Steenkamp (1834 – 1900). https://www.wikitree.com/wiki/Steenkamp-717
- Sterfkennis en testament van Willem Johannes Jacobus Steenkamp. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 2418/00, 1900
- Sterfkennis en testament van Pieter George Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 2297/00, 1900
- Sterfkennis en testament van Anna Susanna Sophia Bekker (née Muller). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 20100/12, 1912
- Anna Susanna Sophia Bekker. https://www.geni.com/people/Anna-Bekker/6000000030811910724
- Graf van Johannes Christoffel Muller. Kerkhof op plaas Krugerspost 550, Lydenburg distrik, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=1904083&g2_page=2
- Johannes Christoffel Muller. https://www.geni.com/people/Johannes-Christoffel-Muller/6000000016819210619
- Lys van deelnemers aan die Slag van Bloedrivier. https://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_deelnemers_aan_die_Slag_van_Bloedrivier
- Bethlehem, Free State. https://en.wikipedia.org/wiki/Bethlehem,_Free_State
- Pieter George Jordaan, b1c5d6e3. https://www.geni.com/people/Pieter-Jordaan-b1c5d6e3/6000000016819224610
- Piet Retief is massacred. The Voortrekkers. http://www.voortrekker-history.co.za
- Piet Retief delegation massacred. https://en.wikipedia.org/wiki/Piet_Retief_Delegation_massacre/massacre_great_trek.php#.XIeV1LhS-M8
- Boedel van Isabella Cornelia Muller. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG O/19777/1877
- Sterfkennis van Isabela Cornelia Stapelberg (née Bekker). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 15997/10, 1910
- Sterfkennis en testament van Hendrik Johannes Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 4766/51, 1951
- Sterfkennis en testament van Andries Johannes Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 4797/45, 1945
- Jozua/Josua Bekker. https://www.geni.com/people/Jozua-Josua-Bekker/6000000022934596891
- Amsterdam. http://www.mpumalanga.com/places-to-go/grass-wetlands/amsterdam
- New Scotland, Mpumalanga. https://en.wikipedia.org/wiki/New_Scotland,_Mpumalanga
- Chrissiesmeer. https://www.chrissiesmeer.co.za///a/24007/alexander-mccorkindale
- Marthinus Godfried Joubert. https://www.geni.com/people/Marthinus-Godfried-Joubert/6000000017947957798
- Transportrekords van Plaas Klipfontein (ZAR nr. 284). Akte van Transport Nr. 2510/1888. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB RAK 3054
- Andries Johannes Steenkamp. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/62206/Mr_Andries_Johannes_Steenkamp/
- Kruger, B. 2007 Die Kruger-familie van Suider-Afrika. 1ste Ed. CD-publikasie. Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, Noord-Transvaal takbiblioteek.
- NG gemeente Cradock. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Cradock
- Sterfkennis, testament en boedel van Pieter Ernst Kruger. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG O/2203/1883
- Sterfkennis en boedel van Elizabeth Francina Kruger (née Bekker). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 7239, 1905
- Tobias Johannes Kruger b7c3d1e3. https://www.geni.com/people/Tobias-Johannes-Kruger-b7c3d1e3/6000000026818989982
- Sterfkennis en boedel van Jacoba Johanna Francina Bekker (née Steenkamp). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG O/1366, 1879
- Jacobus Christoffel Steenkamp, b7c2d6e2. https://www.geni.com/people/Jacobus-Steenkamp-b7c2d6e2/6000000025173682843
- Isabella Cornelia (Potgieter) Muller (bef 1803). https://www.wikitree.com/wiki/Potgieter-1836
- Sterfkennis en boedel van Hendrik Johannes Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG O/4314, 1880
- Kaart van Transvaal Provinsie, Unie van Suid-Afrika. Kantoor van die Landmeter-Generaal, Pretoria, 1931. Leeskamer. National Archives & Repository Service of South Africa.
- Inligting ontvang op 26 Julie 2020 van Deon Bekker van Perth, Australië, die agter-agterkleinseun van Hendrik Johannes Bekker (1843 – 1897)
- Hendrik Johannes Bekker, b4…e2f4. https://www.geni.com/people/Hendrik-Johannes-Bekker-b4-e2f4/6000000013122500080?through=6000000014778343197
- History of Zimbabwe. https://en.wikipedia.org/wiki/History_of_Zimbabwe
- Hulley, C.M. 1980 Cecil M. Hulley’s Memories of Manicaland. http://memoriesofmanicaland.blogspot.com/
- S.P. Olivier. 1957 Many treks made Rhodesia. 1ste Ed. H.B. Timmins: Cape Town
- Sterfstertifikaat van David Andries Bekker. ZIM DN 17/108
- Manicaland. ZimFieldGuide.com. Historic, Cultral and Wildlife Information for Zimbabwe. http://zimfieldguide.com/manicaland
- Scheepers-Strydom, C.J. 1976 Afrikaners in die vreemde. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad
- Manyame River. https://en.wikipedia.org/wiki/Manyame_River
- Fort Charter. ZimFieldGuide.com. Historic, Cultral and Wildlife Information for Zimbabwe. http://zimfieldguide.com/midlands/fort-charter
- Sinclair, S. 1971 The story of Melsetter. M O Collins (PVT) Ltd: Salisbury, Rhodesia. http://www.barbaragoss.com/melsetter/chap2.html
- Nicolaas Hendrik van der Westhuizen, geb. 1828. Familielegkaart. Kultuurhistoriese beskrywing van agt Suid-Afrikaanse families en hulle stambome. https://familielegkaart.blogspot.com/2019/10/f7-nicolaas-hendrik-van-der-westhuizen.html
- Chivhu. https://en.wikipedia.org/wiki/Chivhu
- Company rule in Rhodesia. https://en.wikipedia.org/wiki/Company_rule_in_Rhodesia
- Andries Johannes Joubert (1805 – 1852). https://www.wikitree.com/wiki/Joubert-703