Hendrik Johannes Bekker (1853 – 1920)
1. Sy kinderjare
Hendrik Johannes Bekker was my groot-groot-oupagrootjie en het die lewenslig aanskou op 16 Mei 1853,1,2 drie jaar voor die stigting van die Republiek van Lydenburg gebore, wat vier jaar later by die kleiner bestaande Zuid-Afrikaansche Republiek ingelyf is om die groter Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) te vorm, wat later die Transvaal provinsie van Suid-Afrika sou word.3,4 Hy is op 15 maande op 18 Augustus 1854 (drie weke voor sy enigste sussie se geboorte) in die Nederduits-Gereformeerde Kerk (NGK) Lydenburg gedoop.1,2 Hy was die oudste van ses kinders waarvan vyf volwassenheid bereik het. Sy ouers was Andries Johannes Bekker (ca 1832 – ca 1860) en Elsje Margaretha Cornelia “Elsie” Jordaan (1836 – 1874) van die plaas Ro(o)dekrans in die Lydenburg distrik van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR).5-7 Andries en Elsie het beide saam met hul ouers tydens die Groot Trek vanaf die Britse Kaaplonie na die Lydenburgse omgewing getrek oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar.8
Die vlak van Hendrik se geletterheid is nie bekend nie, maar sy ‘skoolopleiding’ is waarskynlik deur sy ouers behartig. Sy ouers self was weereens deur hul ouers onderrig tydens die trek noordwaarts die binneland in, aangesien daar nie eintlik gekwalifiseerde onderwysers was wat die trek meegemaak het nie. Predikante wat met onderrig kon help, was daar ook nie, aangesien die NGK die Groot Trek afgekeur het. Daar was slegs twee sendelinge wat onder die verskillende trekkers bediening gedoen het, en vir skoolhou was daar nie tyd nie. Ook daar waar die Bekkers uiteindelik wortel geskiet het in wat later die Transvaal sou word, was daar slegs besoekende predikante wat die onderskeie maar wydverspreide Voortrekker-nedersettings een of twee keer per jaar besoek het.3,4,8-14
Hoekom ‘n vraag oor Hendrik se vlak van skoolgeletterdheid ontstaan, is na aanleiding van die fonetiese spelling van sy kinders se name wat hy, toe reeds in sy vyftigs, in die vroeë 1900’s in die Bekker-familiebybel neergepen het. Hy skryf onder andere Johanna Catharina as “Johana Catarina”, Lourens Christiaan as “Lourens Gristian” en Maria Magrietha Catharina as “Marija Magrita Catarina”, in teenstelling met die spelling soos dit in die doopregisters deur die onderskeie leraars aangeteken is.1,15 Wat wel ingedagte gehou moet word, is dat die trekboere in die grensdistrikte en veral dié wat die Groot Uittog onderneem het, reeds ‘n Hollandse dialek, bekend as Kaap-Hollands (Cape Dutch) in hul daaglikse omgang gebesig het, in teenstelling met die suiwer Hoog-Hollands van hul stamvaders, die Hollandse Bybels en gesangeboeke in hul besit en die Hollands wat steeds in kerke, magistraatskantore en in amptelike dokumente gebruik is. Uit hierdie Kaap-Hollandse dialek sou uiteindelik die Afrikaanse taal, soos ons dit vandag ken, ontwikkel. Arnoldus Pannevis, ‘n onderwyser van Paarl was die eerste persoon om hierdie dialek Afrikaans te noem, en dit reeds in 1866! Hoewel Afrikaans uiteindelik vanaf 1914 tot ‘n erkende taal vir instruksie in skole verhef is, is dit eers in 1925 as ‘n volwaardige taal erken deurdat taalreëls en woordspelling toe finaal gefinaliseer is. Daarna is Hollands deur Afrikaans vervang, en saam met Engels, as die twee amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika gewettig.3,10,16,17Dus, Hendrik se spelling van sy kinders se name het dalk niks te make met sy geletterdheidsvlak nie, maar is waarskynlik eerder ‘n weerspieëling van die spreektaal wat hy gebesig het binne sy lewenskonteks van daardie tyd. Ek dink hierdie oupa was ‘n slim man en boer – want as volwassene het hy vele plase besit – en die Bekker-nasate is welbekend as slim mense, want hoe anders verklaar mens die vele Bekker-geleerdes en gesiene indiwidue soos advokate, mediese dokters, onderwysers, burgermeesters, besigheidsmense, wetenskaplikes en ingeneurs onder sy afstammelinge?
Maar dan weer …. uit rekords later in sy lewe, is sy ouderdom verskeie kere onakkuraat aangeteken: in Mei 1901 as 56 jaar (dus gebore in 1844) en in Julie 1902 as 52 jaar (dus gebore in 1850), in plaas van 49 jaar oud vir iemand wat in 1853 gebore is.1,18,19 Wat het tot hierdie teenstellende data aanleiding gegee? Was Hendrik ‘n vaardige boer met goeie lees- en skryfvaardighede maar dalk wiskundig nie so sterk nie? Of was dit die Engelse offisiere wat nie kon tel nie? Wat wel ook uit familivertellings na vore gekom het was dat Hendrik Bekker met tyd ‘n voorliefde vir alkoholiese voggies ontwikkel het.20 Kon dit later sy vermoeëns en oordeel as volwassene ondermyn het?
2. Sy vrou
Johanna Catharina “Hannie” de Jager, niggie en eggenote van Hendrik Bekker was die dogter van Christiaan “Chris” de Jager (6 Augustus 1819, George – 1 Mei 1899, Rustplaas, Middelburg) en Aletta Susanna Laffnie (née Jordaan) (11 Mei 1826, Cradock – 1902). Hendrik en Johanna se moeders was susters.9,21-23 Hannie en Hendrik het in die huwelik getree op 17 Junie 1871, toe albei 18 jaar oud was.1 LEES MEER oor die De Jagers.
Hannie de Jager is op 21 Februarie 1853 gebore en is 22 jaar na haar man oorlede op die ouderdom van 89 jaar op 18 Februarie 1942, net drie dae voor haar negentigste verjaarsdag. Hannie het gedurende haar laaste lewensjare ingewoon by haar jongste dogter en haar skoonseun wat op Elandslaagte geboer het. Sy is begrawe op die plaas Elandslaagte, P.K. Selonsrivier, ongeveer 25 km noord van Middelburg.1,24-27 Middelburg is in 1864 onder die naam Nazareth gestig, maar ses jaar later, in 1872, na Middelburg herdoop.28 In haar vroeë sestigs het Hannie Bekker die versorging van ‘n 13-jarige weeskind, Christiaan Ernst Fourie (*17 Augustus 1899) op haar geneem.29 Hierdie jonge dogter, wat na haar vader vernoem is, se ouers is albei tydens die Tweede Anglo-Boere Oorlog (ABO2) oorlede. Haar vader, Christiaan Ernst Fourie (*22 September 1869, Plaas Welgevonden, Lydenburg Distrik, naby huidige Carolina) het op 30-jarige ouderdom op 20 Oktober 1899 tydens die Slag van Talana in die omgewing van Dundee in Natal as lid van die Carolina Kommando
onder leiding van Generaal Lukas Johannes Meyer (1846 – 1902) gesneuwel. Hierdie was die eerste geveg tussen die Britse troepe en Boere-magte nadat die ZAR oorlog teen Brittanje verklaar het op 11 Oktober 1899, en was ‘n taktiele oorwinning vir Brittanje. (LEES HIER oor die krygskundige evaluering van die Slag van Talana.) Tog het die Boere-magte egter daarna daarin geslaag om dieper in Britse Natal in te val en Ladysmith op 30 Oktober 1899 te beleër, nadat die Britse militêre garnisoene onder Luitenant-Generaal George White verslaan is. Saam met Christiaan Fourie op kommando was sy broers Joachim Christoffel jnr. (1877 – 1958) en Hermanus Cornelius Marthinus (1882 – 1939) – wat later teen 1933, saam met Totius (J.D. du Toit), een van die vertalers van die Bybel na Afrikaans geword het. Aan die sy van die broers was hul vader, Joachim Christoffel Fourie snr. (*1 Februarie 1845) wat in Maart 1900 tot Assistent-Kommandant-Generaal bevorder is deur Kommandant-Generaal Louis Botha (1862 – 1919), later die eerste president van die Unie van Suid-Afrika. Joachim Fourie snr. sou uiteindelik as bevelvoerder van die Carolina Kommando sneuwel op 7 November 1900 tydens die Slag van Leliefontein in Carolina omgewing.3,4,29-37
Christiaan was maar twee maande oud toe haar vader oorlede is, en dertien maande oud toe ook haar oupa deur die vyand gedood is.35-37 Sy en haar 23-jarige weduwee-moeder, Margaretha Alberta Fourie (née Lombard) (*1877, Plaas Platkop, Standerton) het uiteindelik in die Middelburg Konsentrasiekamp beland waar haar moeder op 1 November 1901 oorlede is.18,29 Wie die wesie verder versorg het in die kamp, en ook na die oorlog, is nie bekend nie, maar vanaf 1912 tot 1916 het sy by die Bekkers ingewoon. Hannie Bekker het ‘n maandelikse betaling van drie tot vier pond ontvang vir die versorging van die jong meisie, asook ‘n toelaag van tien pond per jaar wat vir die aankoop van klere en skoene vir Christiaan Ernst aangewend moes word. ‘n Jaarlikse kontrak is onderteken tussen Hannie Bekker en Johannes Petrus Le Grange Lombard (1846 – 1936), maternale oupa van die jonge dogter Christiaan, en kurator van sy oorlede dogter se boedel.29
NOTA: Die verwantskap van Hannie Bekker (née De Jager) met die Lombards en Fouries is op die oomblik nog onduidelik, maar dis bekend dat daar heelwat huwelike tussen Fourie en De Jager sibbe en (klein)neefs en (klein)niggies plaasgevind het.21 Hy was ook die eksekuteur van die boedel van Pieter Georg Bekker, Hendrik Bekker se jonger broer.38
3. Sy beroep
Hendrik Bekker was ‘n welvarende boer en het ‘n hele aantal plase in die Middelburg distrik in die ZAR besit. Teen 1873 het die Bekker-gesin op die plaas Blaauwkop (Bloukop) naby Standerton (eers gestig in 1876) gewoon, daarna in 1875 op die plaas Tweefontein en in 1878 te Kranspoort. Laasgenoemde twee plase lê tussen Bethal en Ermelo.15,25,39,40 Hy het ook die plaas Potloodspruit net noord van Lydenburg (nou Mashishing) besit.20,25,41,42 Dit het goed gegaan en die Bekkers was oorvloedig ryk. Op ‘n dag is skaap geslag en toe Hannie Bekker die karkas sien, was sy hoogs ontevrede: “Die ding is te maer. Gee die vleis vir die plaaswerkers en gaan slag ‘n vetter skaap!” Op ‘n stadium het twee Engelsmanne ook op die plaas gewerk, maar nadat hulle, na Hannie Bekker se mening, heeltemal te danig met die swart vroue geraak het, moes Hendrik hulle met die perdekar wegvat. Met die wegtrek skree een Engelsman: “My plate!” (sy eetbord wat hy vergeet het), waarop Hannie vir Hendrik skree: “Keer die man, hy wil ons plate steel!” Ai, lyk my die Engelse taal het vir Hannie Bekker ondergekry. Sy het na hul grammafoonplate verwys! 20 ……. Koos van der Merwe het dieselfde probleem gehad. Hy en sy broer Jan is op ‘n dag oppad toe hul motor ‘n pap motorband kry. Hulle stap toe ver opsoek na hulp. By die eerste nargosiewinkel vra Koos vir die uitlanderwinkelier: “Do you have bands?” Winkelier frons hewig en skud sy kop. “Bands, man! They are round and black and you put them on a car,” roep Koos geïrriteerd uit terwyl hy heftig beduie maar Winkelier bly in die duister. Uiteindelik draai Koos na sy broer en vra: “Wat is tyres nou weer in Engels?”
Hendrik Bekker was ook betrokke by die oprigting van ‘n groter, indrukwekkender kerkgebou vir die gemeente van Ermelo op die plaas Nooitgedacht, wat die eerste, eenvoudige kerkgebou sou vervang. Hy het van die klippe wat vir die bou van die kerk gebruik is, per ossewa na Ermelo aangery vanaf die plaas Morgenzon, wat aan sy skoonvader behoort het en in 1912 geskenk is vir dorpsontwikkeling – vandaar die plattelandse, Hoëveldse dorpie Morgenzon soos ons dit vandag ken. Hierdie bouwerk aan ‘n nuwe kerkgebou het onder leiding van ds. Pieter Willem Ennis geskied wat in 1886 die eerste permanente predikant van NGK Ermelo geword het.20,43-45Toe ds. Ennis gearriveer het, was daar reeds ‘n kerkgebou met ‘n sinkdak en ‘n misvloer opgerig, wat sitplek vir 300 mense gebied het, want die gemeente is reeds in 1870 gestig. Die eerste blanke intrekkers op die Hoëveld aan die Vaalrivier het in ca 1865 hier vanuit Lydenburg aangekom. Die uitgestrekte gebied was ylbewoond en het gewemel van die wild. Ten spyte daarvan het die Nederlandse sendeling Frans Lion Cachet (1835 – 1899) vanaf 1866 ywerig dienste op verskeie plase in die Ermelo-omgewing gehou, terwyl hy ook Amersfoort, Lydenburg en Nazareth (Middelburg) as konsulent moes bedien. NGK Vaalrivier (later herdoop na NGK Ermelo) is amptelik op 5 November 1870 gestig, terwyl die dorp Ermelo eers in 1880 gestig is. Heelwat kinders is deur Cachet gedoop voordat hy in 1873 terug is na Nederland. Nadat Cachet vertrek het, het ander konsulente soos ds. Hendrik Ludolph Neethling van NGK Utrecht, ds. Jan Gysbert Kriel van NGK Lydenburg en ds. Daniel Ferdinand Bosman van NGK Middelburg, en later ook ds. Hendrik Johannes Neethling van NGK Lydenburg uitgehelp totdat ds. Ennis in 1886 as eerste permanente predikant aangestel is.43-51 Om ‘n predikant in daardie jare te gewees het, wel, was nie al te maklik nie. Lees ds. Neethling se belewenis by een geleentheid toe hy die Ermelo-gemeente besoek het: 44,47
Die Bekkers was in Ermelo-omgewing in Middelburg distrik, ZAR, woonagtig tot ten minste in 1887, maar teen 1889 het hulle reeds verhuis.7,15,20 Vir die daaropvolgende tien jaar is dit onduidelik waar die gesin hulle bevind het maar met die uitbreek van die ABO2 was hulle woonagtig op ‘n Broederstoom-goewermentsplot langs die Broederstroomrivier in die omgewing van Haenertsburg. Die plot het Hendrik Bekker van die ZAR-regering gehuur. Hy was op daardie stadium ook die eienaar van ‘n gedeelte van die plaas Roodepoort in Middeburg omgewing en van twee erwe op die dorpie Belfast. Op sy lappie grond van vier morge (gelykstaande aan 185 m x 185 m) te Broederstroom het Hendrik op kleinskaal met boerbokke, mielies en aartappels geboer. Om in hul daaglikse behoeftes van melk, eiers en vleis te voorsien is ook twee koeie met twee kalfies, nege varke, vyftien eende, agt kalkoene en vyf-en-dertig hoenders aangehou (teen 1901). Die drie perde is as ryperde gebruik of is ingespan om die kapkar te trek. Van hierdie perde is tydens die oorlog verruil – een gesonde, uitgeruste perd vir twee uitgeputte, voetseer kommandoperde – sodat Hendrik later sewe perde in sy besit gehad het.18,19,25,39Hendrik het soos sy drie jonger broers, Pieter George, Johannes Christoffel en Jozua aan die ABO2 deelgeneem, terwyl hul broer, die 22-jarige Andries reeds tydens die Eerste Anglo-Boere Oorlog gesneuwel het. Pieter sou uiteindelik ook sneuwel op 11 Junie 1900 tydens die Slag van Allemansnek.38,52,53 Hendrik het onder die bevel van die patriotiese Kommandant-Generaal Christiaan Frederick Beyers (1869 – 1914) as lid van die Zoutpansberg-kommando deelgeneem. Generaal Beyers sou later ‘n prominente leierskaprol speel tydens die Boere Rebellie van 1914.19,54
Volgens familie-oorlewering het die kommando op ‘n dag op ‘n afgebrande plaashuis afgekom en tussen die puinrommel het Hendrik Bekker ‘n Bybel gevind. Die Bybel het hy versigtig in ‘n meelsak toegedraai en vir twee maande, met die Bybel aan sy lyf vasgebind, voortgeveg voordat hy dit huistoe kon neem. Hierdie Bybel het die Bekker-Familiebybel geword – daar was geen gegewens in die Bybel waarmee die oorspronklike eienaar geïdentifiseer kon word nie.1 Hierdie kosbare kleinnood word steeds sorgvuldig deur Loutjie Bekker, Hendrik se agterkleinseun, bewaar.Waar Jozua tot die bitter einde bly veg het as ‘n guerilla-Boere kommandolid, het beide Hendrik en Johannes uit vrye keuse besluit om hul wapens neer te lê en oor te gee; Johannes op 6 Augustus 1900 te Middelburg en Hendrik op 3 Mei 1901 te Haenertsburg.18 Enige burger wat nie verder wou veg nie, is egter deur hul bittereinder mede-burgers as Boere-verrraaiers beskou, is die skeldnaam ‘hensopper’ gegee, en is op neergesien, selfs tot lank na die einde van die oorlog. Veral die joiner-gesinne is vir jare daarna in die samelewing verwerp. (Joiners was Boere-burgers wat aan die Britse kant geveg het.) Genadiglik was vergifnis en versoening die meer algemene verskynsel tussen bittereinderbroers en broers wat besluit het om wapens neer te lê en oor te gee.3,4,55-57 Mens wonder wat die jonger bittereinder-broer se houding na die oorlog was teenoor sy ouer broers, Hendrik en Johannes wat besluit het, vir welke rede ookal, om nie verder te veg nie?
Ten tye van Hendrik Bekker se oorgawe te Woodbush, noord van Haenertsburg, was hy nie op kommando nie maar by die huis. Volgens hom was sy kommando nog in die “berg” – wat ‘n waarskynlike verwysing was na Houtboschberg in die Woodbush-bos, waarnatoe Generaal Beyers en sy manskappe uitgewyk het nadat die Britse troepe Pietersburg op 8 April 1901 beset het. Die rede wat Hendrik aangevoer vir sy vrywillige oorgawe was dat hy te siek was om verder te veg en dus nie kon verhelp om oor te gee nie.19,58,59 Hendrik het twee dae na sy oorgawe met sy gesin, en sy twee koeie en twee kalfies, by die Pieterburg-konsentrasiekamp aangekom. Daar het hy in tent nommer RT 331 gebly en eers drie maande na die einde van die oorlog op 23 Augustus 1902 die kamp verlaat en teruggekeer na die plaas Broederstroom, wyk Woodbush naby Haenertsburg, distrik Zoutpansberg (Soutpansberg). Saam met hom in die kamp was sy vrou, sy 22-jarige ongetroude dogter en sy minderjarige kinders.18 Na die oorlog het Hendrik vergoedingseise by die Britse Militêre Kompensasie Raad sowel as die Repatriasie Raad ingedien, vir die skade aan sy eiendom na sy oorgawe en die verliese wat hy daarna gelei het weens die plundery van Britse troepe en swartes van die omliggende omgewing. Helaas, van sy totale eis van 699 pond is slegs 377 pond goedgekeur en uitbetaal.19
Waarom Hendrik Bekker en sy gesin hulle op ‘n klein, gehuurde plot naby Haenertsburg bevind het in die laat 19de eeu, is nie bekend nie.19 Kon sy liefde vir die harde voggies wat hom dikwels te diep in die bottel laat kyk het, volgens familie-oorvertellings,20 daartoe gelei het dat sy boerdery op die plase in Ermelo omgewing begin verwaarloos het, en dus die meeste van sy rykdom verloor het, en hy daarom uitgewyk het na Haenertsburg om ook deel te neem aan die goudstormloop nadat goud in 1886 in Haenertsburg omgewing ontdek is? 59-61 Het hy besluit om sy geluk te gaan beproef en te gaan prospekteer en toe daar in die Broederstroomrivier gebukkend gaan pan het vir die goue klontjies wat vinnige rykdom kon verseker?Teen 1913 het Sir Lionel Phillips, Voorsitter van die Kamer van Mynwese, die plaas Sterkloop in Haenertsburg-omgewing aangekoop, wat net wes geleë was van sy ander plaas Broederstroom waar hy reeds volstoom aan die boer was met melkbeeste.61,62 Hieruit kan afgelei word dat die Bekkers teen daardie tyd reeds die area moes verlaat het, en hulle waarskynlik op hul plaas Roodepoort in Middelburg omgewing bevind het. Hierdie vermoede word ondersteun deurdat Roodepoort aan beide die plase Generaalsdraai en Witklip grens, en die laasgenoemde twee plase onderskeidelik in 1913, en in 1915 en 1917 genoem word as die plekke waar die kontrakte tussen Johanna Bekker en Johannes Petrus Le Grange Lombard onderteken is ten opsigte van die versorging van die wesie, Christiaan Ernst Fourie.19,25,28 Generaalsdraai het aan Hendrik se jonger broer, Johannes Christoffel Bekker (1857 – 1942) behoort en Witklip aan xxxxxxxxx63-65
Teen die einde van sy lewe het Hendrik en sy vrou hulle op die plaas Uitgevallen bevind waar hy in diens van ‘n Jood was, en vir wie hy op ‘n gedeelte van Uitgevallen geboer het. Hendrik het gereeld met sy perd die 15 km na Ermelo uitgery en sy tyd verwyl by die hotel se kroeg.20
4. Sy afsterwe
Hendrik Bekker is in die ouderdom van 67 jaar op 4 Oktober 1920 oorlede en lê halfpad tussen Ermelo en Breyten op die plaas Uitgevallen, ongeveer 2 km suid van Torbanite, begrawe.1,20,24,25,66 ‘n Besoek aan Uitgevallen op 14 Julie 2019 in ‘n poging om die graf van Hendrik Bekker op te spoor, was vrugteloos. Die huidige eienaar, Dube Zwane, woon nie op die plaas nie en is tans onbewus van enige grafte.67 Die soektog duur voort.
Torbanite was ‘n myndorpie wat in 1936 tot stand gekom het nadat met die ontginning van olieskalie op Uitgevallen begin is. Vir bykans 25 jaar was die plek ‘n byenes van bedrywighede met ‘n florerende mynwerkersgemeenskap. Teen 1965 het die dorpie begin leegloop nadat die myn nie meer finansieel lewensvatbaar was nie en in September van daardie jaar gesluit is.68,69 Vandag is daar slegs ‘n paar bouvallige huise oor wat deur enkele swart gesinne bewoon word.
5. Sy kinders
Nege kinders is uit die huwelik van Hendrik en Hannie Bekker gebore. Die eerste sewe kinders is in die NGK Ermelo (nou NGK Ermelo Moedergemeente) gedoop. Die jongste twee is elders gedoop Middelburg/Lydenburg/Pietersburg/Haernertsburg NGK?15,70
5.1 Aletta Susanna
Aletta is op 29 Maart 1873 op die plaas Blaawkop naby Standerton gebore en is ses maande later op 24 September 1873 gedoop in die NGK Ermelo deur ds J.G. Kriel. Sy is na haar oorlede ouma Aletta Susanna Jordaan (1826 – 1869), eerste vrou van haar oupa Christiaan de Jager (1820 – 1899) aan moederskant, vernoem. Getuies by die geleentheid was haar oupa Christiaan de Jager en stiefouma (Christiaan se derde vrou) Anna Susanna Erasmus (? – 1899), Elsie Maria Cornelia Jordaan, haar ouma aan vaderskant, en haar tante Aletta Susanna de Jager (1858 – 1902), haar moeder se jonger suster.15,21,22,49 Sy het in die huwelik getree met die boer Johannes Francois Marais (25 Februarie 1867 – 5 Maart 1950, Tzaneen), seun van Johannes Francois Marais (1843 – ?) en Sophia Cecilia Marais (1845 – 1881). Hulle het twee kinders gehad, naamlik Johanna Catharina (1891 – ?) en Aletta Susanna (2 April 1893 – 1937). Die oudste dogtertjie was skaars twee jaar oud en die jongste ‘n baba van vyf maande oud, toe hul moeder op 4 September 1893 op 20-jarige ouderdom oorlede is op die plaas Generaalsdraai, Middelburg distrik, waar sy ook te ruste gelê is in die familiekerkhof. Aletta en haar man het ‘n gedeelte (446 morge) van Generaaldraai by haar oom Johannes Christoffel Bekker (1857 – 1942), gekoop en daar met skape geboer. Haar boedel is deur Veldkornet B.J. Joubert van die Middelburgse Landdroskantoor hanteer.64,71,72
5.2 Elsie Margaretha Cornelia
Elsie Margaretha Cornelia was een van ‘n tweeling wat gebore is op 10 Junie 1875 op die plaas Tweefontein. Sewe maande later op 9 Januarie 1876 laat haar ouers haar saam met haar broertjie, Andries doop in die NGK Ermelo met hulle oupa en stiefouma aan moederskant, Christiaan de Jager (1820 – 1899) en Anna Susanna Erasmus (? – 1899), asook Helena Jesina Jacobsz (1849 – 1928) en haar man Joh(a)n Samuel Laffnie (1844 – 1922), ‘n half-broer van Johanna Bekker, en Lourens Christiaan de Jager (1855 – 1932), hulle oom en moeder se jonger broer asook Anna Susanna Erasmus, wat as getuies opgetree het.15,18,20,73 Die predikant wat die doopgeleentheid waargeneem het was Ds Daniel Ferdinand Bosman (1849 – 1929) van NGK Middelburg tydens sy besoek aan die gemeente op Ermelo. Hy was voltydse leraar van NGK Middelburg vanaf 1874 tot 1880, wat soms die gemeente langs die Vaalrivier kom bedien het.15,50,51,74Sy is eers getroud met Pieter Johan Wichardt Naudé (? – Mei 1901) en het saam twee kinders gehad; Charl (*20 September 1898) en Hendrik Johannes (*7 Maart 1900). Na haar eerste man se afsterwe is Elsie weer getroud te Pietersburg met Cornelius Gottlieb Coenraad Rall (? – 21 April 1944) van die plaas Vlakfontein naby Coligny, 35 km suid-oos van Lichtenburg, Wes-Transvaal (nou in Noordwes Provinsie), waar hulle gaan gewoon het. Uit hulle huwelik is ook twee kinders gebore naamlik Johanna Catharina (*30 Januarie 1904) en Cornelius Gottlieb Coenraad (*16 Desember 1914). Elsie is op die ouderdom van 85 jaar en drie maande op Vrydag, 23 September 1960 op Vlakfontein oorlede, waar sy by haar enigste dogter en díe se eggenoot, Matthys Gerhardus Potgieter, ingewoon het.20,75
5.3 Andries Johannes
Andries en sy tweelingsussie, Elsie is op 10 Junie 1875 gebore.15,50,51 Hy was 24 jaar oud, en het nog by sy ouers gewoon, toe die ABO2 uitgebreek het. Hy het hom by ‘n Boerekommando – waarskynlik die Zoutpansberg (Soutpansberg)-kommando – gaan aangesluit. Waar sy vader en jonger broer, Hendrik jnr. vrywillig wapens op 3 Mei 1901 neergelê het en in Pietersburg-konsentrasiekamp gaan woon het, het Andries bly voort veg. Op 12 Mei 1901 is hy egter by Wolkberg, suid-oos van Haenertsberg, gevang en is uiteindelik per skip na ‘n krygsgevangeniskamp naby Trichinopoly (nou Tiruchirappalli) in die suid-ooste van Indië gestuur waar hy gebly het tot na die oorlog. (Sy prisoniersnommer was 18415.) Die prisoniers kon daarna terugkeer na Suid-Afrika nadat hulle die vereisde Eed van Getrouheid aan die Britse Kroon afgelê het. Die kamp is op 10 September 1902 gesluit.76-78Van die ongeveer 28 000 Boere-krygsgevangenes is 25 630 na Britse kolonies buite Suid-Afrika weggestuur, waarvan 9 125 na Indië verskeep is. Trichinopoly-kamp was 500 x 275 m groot en het 980 gevangenes gehuisves.76 Die klimaat in hierdie gedeelte van Indië is tropies-savanna, met baie warm gemiddelde temperature reg deur die jaar. Die somers is droog, maar die winters word gekenmerk deur swaar reën en donderstorms.78
Andries het vir die grootste gedeelte van sy lewe vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H) gewerk en was lank gestasioneer op Estancia, ‘n klein spoorwegstasie.20 Estancia lê tussen Ermelo en Hendrina in Mpumalanga provinsie. Daar is steeds groot netjiese AFGRI-graansilo’s op Estancia wat tydelike bergplek vir die omliggende boere se ge-oesde mielies, sonneblomme en bone verskaf, voordat dit per trein na meulens en fabrieke vervoer word. Van die klein, eens-floreerende spoorweggemeenskappie is daar egter niks meer oor nie. Die poskantoor en Oos-Transvaal Koöperasie (OTK, nou AFGRI) se groot takgebou is gesloop, van die besige nargosiewinkel is net ‘n bouval te sien, en net een verwaarloosde spoorweghuis staan nog, wat nou deur ‘n swart gesin bewoon word.67
Andries was ‘n oujongkêrel en het geen kinders gehad nie.20 Hy is op die ouderdom van 74 jaar en sewe maande op 11 Januarie 1949 oorlede, en lê begrawe in die dorpsbegraafplaas van Hendrina.795.4 Johanna Catharina
Johanna het die eerste lewenslig op 17 Februarie 1878 aanskou toe haar ouers op die plaas Kranspoort gewoon het. Ses weke later op 7 April 1878 is sy in die NGK Ermelo gedoop. Haar tante, Aletta Susanna de Jager (1858 – 1902) en dié se man Barend Jacobus Kleynhans, asook haar grootoom Jozua Bekker (1833 – 1924) en sy eggenote Anna Susanna Sophia Muller (1843 – 1913) het die geleentheid bygewoon en as doopgetuies opgetree.15,21,80Johanna het as 22-jarige meisie vir 15 maande lank saam met haar ouers en jonger broers en susters in die konsentrasiekamp op Pietersburg gewoon. Dit was nadat haar vader wapens neergelê het op 3 Mei 1901.18 Omdat die Soutpansberg distrik in sekere aspekte nog ongetem was, het Boere-gesinne met die uitbreek van die oorlog uitgelewer gevoel teen moontlike aanvalle deur plaaslike Swart inboorlingstamme in die omliggende gebied en daar was later wel gevalle aangeteken waar gesinne deur gewapende swartes aangeval en hul besittings verniel is. Hierdie gewapende swartes was meesal in diens van Britse offisiere en het inligting oor die bewegings van Boere-gesinne en -kommando’s aan die Engelse verskaf. Dikwels het hierdie swart soldate selfs die Boere-vroue en kinders sonder genade aangejaag konsentrasiekampe toe.3,4,55,81,82 Hierdie was waarskynlik ‘n groot bydraende faktor waarom Hendrik Bekker oorgegee het en hy daarna met sy gesin in die Pietersburg-kamp gaan woon het in ‘n poging om die beskerming van sy gesin te verseker.18 Hendrik het juis in een van sy verklarings voor die Britse Militêre Kompensasie Raad op 22 Julie 1901 getuig dat hul plaashuis deur naturelle beskadig is nadat hy reeds oorgegee het, en dat sy seun L.C. Bekker sy verklaring kon bevestig want dié was nog op die plaas vir agt dae na Hendrik se oorgawe.19
Hoewel Pietersburg Konsentrasiekamp verafgeleë was van ander kampe in die ZAR en die voorsiening van voorrade soms ‘n uitdaging was, was dit in vergelyking met ander kampe netjies, ordelik en goed bestuur met superintendent J.E. Tucker aan die stuur. Dit het egter nie beteken dat die Boerefamilies nie swaar gekry het nie. In elke tent het vier tot ses families gewoon en hierdie tente was oud en stukkend, en het weinig beskutting teen die winterkoue verleen. Daar was genoeg water, maar dit moes met waens na die kamp aangery word. Genoeg vuurmaakhout was ‘n probleem, en steenkool moes afgelewer word. Elke tent het slegs twee stukke steenkool per dag gekry om kos mee gaar te maak; daar was geen hout of steenkool vir verhitting nie. Daar was een groot hospitaaltent met slegs 28 beddens, en ‘n vaardige mediese span. Tog kon die baie sterftes weens masels, kinkhoes en longontsteking nie gekeer word nie. Ook het veral die kinders dikwels diarree gekry weens die besmette vleis wat voorsien is. Van die kampinwoners is toegelaat om die vee wat hulle saam gebring het, aan te hou en ook dié wat geld gehad het, is toegelaat om voorrade by naby-geleë winkeliers te koop. Boere-vroue is ook toegelaat om in die dorp of op plase daar naby as wasvroue te werk, wat vir ‘n ekstra inkomste gesorg het. ‘n Skool is in April 1901 begin deur Kommandant Buys, wat goed Engels kon lees en skryf.81,82 Interessant genoeg word daar heelwat teenstrydighede tussen die verskillende bronne wat gekonsulteer is, waargeneem. ‘n Britse webblad laat dit amper lekker klink om in die kamp te gewoon het en beweer dat daar ook werkswinkels in houtwerk, leerlooiery, baksteen- en skoenmakery, asook naaldwerk- en sangklasse aangebied is,80 terwyl Suid-Afrikaanse bronne die teenoorgestelde vertel. Vroue moes heeltyd werk, tente skoonmaak, bossies om tente en in die kampstrate uitskoffel en die latrienes skoonmaak, of andersins net rondsit en hulle gedra. Mans wat krygsgevanges was moes die harder handearbeid verrig en die dooies begrawe, terwyl die hensoppers en joiners verantwoordelik was vir die kamptoesig en -dissipline.82,83
Johanna is later getroud en het op Belfast gaan woon.20
5.5 Christiaan
Christiaan, of te wel “Chrisjan” of “Omie” soos hy genoem is, is swaksiende en doof in ca 1881 gebore,18,20 en was as kind en volwassene ook stom, hoogswaarskynlik as gevolg van sy doofheid. Gelukkig het sy broers en susters baie moeite met hom gedoen en hom aan soveel moontlik probeer blootstel, en hy het selfs die Pretoria Dieretuin besoek. Die bietjie sig wat hy gehad het, het egter geleidelik verswak sodat hy teen die ouderdom van 35 jaar volkome blind was.20
Ongelukkig was daar gedurende sy leeftyd geen intensiewe mediese prosedures of effektiewe tegnologiese hulpmiddels beskikbaar wat hom in sy gestremdheid van hulp kon wees nie. Mens kan jou skaars indink wat sy lewenskwaliteit was en watter uitdagings en frustrasies hy as mens beleef het. Tog lyk dit asof hy iemand was wat die beste van sy omstandighede probeer maak het. Volgens familie-oorvertelling het Chrisjan met gebare en geluide gekommunikeer, wat slegs sy naaste familie wat hom goed geken het, kon interpreteer. En op die plaas Elandslaagte, waar sy jonger sussie Isabella (ook genoem Liesie) en haar man, Okker Vermaak gewoon het, het hy altyd ‘n ry mielies geplant langs die paadjie wat vanaf die huis na die buitetoilet gelei het, wat hy dan getroetel het tot hy sy mielies kon oes. Hy het gereeld in die skuur gaan timmer, en was baie lief vir woer-woer speel. Hy het selfs musiek geluister, deur sy hande op die radiokas te sit om so die vibrasies te voel en het dan met sy voet ritme gehou. Sy tassintuig was baie goed ontwikkel. Hy het ‘n kis gehad waarin al sy besittings, wat hoofsaaklik sy klere was, gestoor is. Soms het sy susters sy siel uitgetrek en bietjie in die klere met ‘n hand gewoel. Chrisjan kon onmiddelik voel dat daar in sy kis gekrap is en was dan sommer erg ontstig. Toe die arme Okker Vermaak met Liesie wou trou, moes hy eers deur die vuurdoop van Chrisjan se goedkeuring gaan. Chrisjan het Okker se gesig en arms bevoel, en toe beduie dat Okker groot en sterk genoeg is om vir Liesie te kan sorg.20 Sy kleinniggie, Bettie Kruger, kleindogter van Chrisjan se jonger broer Lou, onthou ook hoe sy as klein dogtertjie haar aan hierdie oom verwonder het wat sy eie bed so netjies sonder hulp kon opmaak.84
Omdat Chrisjan nooit ‘n onafhanklike lewe kon lei nie, het hy sy lewe lank alternatiewelik by sy twee susters – Liesie op Elandslaagte en Maja op Middelburg – ingewoon. Hy het ook gereeld by sy ander broers en susters gaan kuier. By een geleentheid op Elandslaagte moes Okker Vermaak sy hare sny. Chrisjan beduie toe dat sy snor ook korter gesny moet word want hy kan nie brood, met gesmeerde konfyt op, eet nie. Maggies, die konfyt sit heeltyd aan sy snor vas!20 Gedurende die laaste jare van sy lewe het hy in Van Riebeeckstraat in Middelburg aan’t huis van sy suster, Maja gewoon. Chrisjan Bekker het nooit getrou nie.20
5.6 Hendrik Johannes
Hendrik Johannes jnr. (II) “Hein” het die wêreld op 25 September 1882 binnegekom. Vier maande later op 2 Februarie 1883 is hy in die NGK Ermelo deur die besoekende predikant van die NGK Lydenburg, ds. Hendrik Johannes Neethling, in die teenwoordigheid van die volgende getuies gedoop: sy oom (sy vader se jonger broer) Pieter George Bekker (1856 – 1900) en díe se vrou, Margaretha Maria Steenkamp (1860 – 1932), sy oom en jonger broer van sy moeder, Pieter George de Jager (1862 – 1894) asook Jan Christoffel Bekker en Maria Isabella van der Merwe.15,21,49Hein het saam met sy vader in die Zoutpansberg-kommando in die Tweede Anglo-Boere Oorlog geveg en later saam met sy jonger broer Lou tydens die Eerste Wêreldoorlog aan die inval in Duits-Suidwes-Afrika deelgeneem. Hein was ‘n algemene boer in die Unie van Suid-Afrika op die plaas Rooikop (ZAR nr. 134, Transvaal nr. 347 JS), noord-oos geleë van Middelburg, Transvaal. Hy en sy swaer Piet Botha, wat ‘n bouer en messelaar was, was ook betrokke by die bou van Loskopdam naby Middelburg, wat in 1939 in gebruik geneem is. Dit was harde arbeid en kruiwaens is gebruik om die grond uit die voorgenome dambodem te verwyder.20,25,85,86
Hy is eers op die ouderdom van 45 jaar getroud en is in ca 1927 met Hester Susanna Catharina Botha (21 November 1910 – 7 Mei 2007) op Middelburg in die eg (in gemeenskap van goedere) verbind. Sy was die dogter van Willem Johannes Botha (20 Januarie 1881 – 22 Julie 1962) en Aletta Catharina Joubert (5 Mei 1886 – 24 April 1962). Hein Bekker is op die ouderdom van 60 jaar en drie maande op 9 Januarie 1943 op sy plaas Rooikop oorlede. Hy het nog op die lae stoeljie gesit waar hy besig was om ‘n koei te melk toe hy ‘n massiewe hartaanval gekry het. Die swart werkers het sy vrou inderhaas gaan roep en Hester het sommer die melk in die emmer gebruik om hom te lawe, maar helaas. Hy is op Rooikop begrawe maar later herbegrawe op Ermelo. Hy het geen testament gehad nie. Sy boedel was minder as 300 pond. Hester is later weer getroud met Hendrik Christoffel Botha (29 Oktober 1919 – 25 Januarie 2002) en hulle het ‘n seun Jurgens Johannes Petrus “Boetie” Botha (gebore Schonfeldt) aangeneem. Hierdie seun is op 4 Julie 1953 gebore en oorlede op 15 Januarie 1997, toe 43 jaar oud, en was moontlik familie van Hester se skoondogter, eggenote van haar oudste seun. Nadat Hester se tweede man ook oorlede is, het sy by haar dogter op Ermelo ingewoon, waar sy op 97-jarige ouderdom op 7 Mei 2007 oorlede is.20,66,85,86Uit Hein en Hester Bekker se huwelik is drie kinders gebore.85 Die kinders het hul skoolloopbaan by Laerskool Uitkyk op die plaas Leeuklip, net oos van Rooikop, begin.20,25,88 Die skool bestaan vandag nog, met 55 leerders en 7 onderwysers (2015 sensus).88 Nadat die kinders Standerd 5 (nou Graad 7) voltooi het is hulle na die hoërkosskool op Belfast gestuur.20
- Hul oudste kind, Hendrik Johannes “Boet” (*27 September 1931, ≈11 September 1932, NGK Ermelo, †1 Junie 2008, Ermelo) is na sy oupa en vader vernoem. Hy was getroud met Maria Magdalena “Marietjie” Schönfeldt (20 Augustus 1935 – 24 November 1999, Ermelo), ‘n dierbare mens volgens die familie. Die egpaar het met hul gesin op ‘n kleinhoewe buite Ermelo gewoon.20,66,85,87,89 Hy was in diens van Camden Kragsentrale, 20 km suid-oos van Ermelo, waar hy as Voorman verantwoordelik was vir die instandhouding van die gemeenskaplike tuine en parke in die naburige Camden-residensiële area.20 Ek het op Camden grootgeword en kan nou-nog die uiters netjiese tuine asook die goedversorgde grasperke onthou waar ons en die res van die buurt se kinders in die soel aande speletjies soos handjie-klap, rounders, kissing-touches en touch rugby gespeel het of sommer net gesit en kuier het.
Hendrik en Marietjie Bekker het vier kinders gehad. Hulle was Catharina Wilhelmina “Meisie” (18 Februarie 1956 – 8 Desember 2007; getroud met Klaas Visscher), Hendrik Johannes “Hennie” (20 Oktober 1958 – 26 September 2017; getroud met Maria Magdalena “Marie” de Vos), Gerhardus Johannes “Gert” (24 November 1961 – 17 Mei 2012; getroud met Magaretha Emmerentia Steel) en Hester Susanna Catharina (*19 Augustus 1966, getroud met Danie Bronkhorst).66
- Hein en Hester Bekker se tweede seun was Willem Johannes (4 November 1934 – 3 Augustus 2001, Middelburg, Mpumalanga). Willem is op 6 Julie 1957 met Jacoba Cornelia Francina NN (17 Junie 1938 – 18 November 2018) getroud en hulle het saam vier kinders gehad, naamlik Hendrik Johannes III (13 Julie 1958 – 2 November 2010), Annatjie (*ca 1961), Jan (*5 Maart 1964) en Hester (*4 Augustus 1967).66,90
Willem Bekker is in 2001 op 66-jarige ouderdom weens hipovolemiese skok oorlede en lê op Middelburg begrawe. Sy vrou, Francina is 17 jaar na Willem in 2018 oorlede.20,66,90
bbbbbbbb - Die jongste kind en Hendrik en Hester Bekker se enigste dogter was Aletta Catharina “Lettie” (28 Junie 1937 – 14 Junie 2020). Sy is in die 1950’s met Johannes Phillippus Jacobus “Flip” Fourie (8 April 1927 – 14 November 2009) getroud. Uit hul huwelik is twee seuns gebore. Lettie het vir 28 jaar by OK Meubels op Ermelo gewerk, waar sy vir die laaste 17 jaar die takbestuurder was. Sy het haar so goed van haar taak gekwyt – as enigste vroulike takbestuurder in Suid-Afrika – dat ‘n bestuurder van hoofkantoor haar per geleentheid gekomplimeteer het met die volgende: “Fourietjie, jy donner goed aan. Donner voort.”20
5.7 Lourens Christiaan
Lou, soos hy genoem is, is in 1885 gebore15 en het op 23-jarige ouderdom met Elizabeth Gertruida “Bettie” van der Merwe in die huwelik getree. Hulle was my groot-grootouers (ouma- en oupagrootjie). LEES MEER oor Lou Bekker.
5.8 Maria Magrietha
Maria Magrietha “Maja” is in ca 1889 gebore en was as tienjarige dogter saam met haar ouers in Pietersburg Konsentrasiekamp.18,19 Sy is later getroud met xxxxxxxxxxxxxx Die gesin het in die dorp Middelburg in Transvaal gewoon, waar Maja lank ook na haar blinde broer, Chrisjan omgesien het. Haar kinders was Baby, Joey en Ella.20,84
5.9 Isabella Elizabeth
Isabella Elizabeth of “Liesie”, soos sy genoem is, is in ca 1891 (29 Oktober 1893 ? Gendatabase) gebore.19,27 Tydens die Bekker-gesin se verblyf in die Pietersburg Konsentrasiekamp kom sy nie op die tentlys voor nie, maar wel ene Elizabeth Catharina, 8 jaar oud – Hendrik en Hannie het egter nie ‘n dogter met hierdie naam gehad nie.18 Was hierdie net ‘n fout wat ingesluip het tydens die kamp se administratiewe proses of waar het Isabella haar dan bevind? Die volledige Pietersburgkamp-register is deurgegaan en bevat nie die naam Isabella Bekker nie. Sy word wel op 5 September 1902 op haar vader se aansoekvorm vir hulpverlening van die Repatriasie Raad aangeteken as Isabella Cornelia, 10 jaar oud.19
Sy is op 14 Desember 1920 te Middelburg getroud met Ockert Machiel “Okker” Vermaak (3 Januarie 1887, Middelburg, ZAR – 28 September 1961, Elandslaagte) van die plaas Elandslaagte (189 morge groot – gedeelte 4 van gedeelte C), wyk Selonsrivier, Middelburg-omgewing. Okker het geboer maar ook ‘n grafsteenmakery op sy plaas bedryf. Die egpaar het ‘n dogter, Johanna Catharina Elizabeth (29 Junie 1923 – 31 Oktober 2022, Middelburg) en ‘n seun, Jacobus Stephanus Cornelius Johannes (12 Mei 1930 – 11 September 1989, Middelburg) gehad.20,25-27,91
Liesie lê begrawe op Elandslaagte, en so ook haar moeder, Hannie Bekker wat in haar bejaardheid deur Liesie versorg is. Liesie het ook haar blinde, ouer broer versorg tot met haar dood.20
SPESIALE VERMELDING
VERWYSING 20: Hartlike dank aan tant Lettie Fourie van Ermelo, kleindogter van Hendrik en Hannie Bekker vir inligting, foto’s en familiestaaljies. Die verhaal van die Bekkers wat hier vertel word, is aansienlik daardeur verryk. Haar Boere-gasvryheid en die kreunende tafel gelaai met allerhande vingerlek-lekker snoepgoed, elke keer as ek gaan kuier het, het my laat terug verlang na vergane se dae. Dankie, tannie Lettie! [Lettie is in 2020 oorlede]
VERWYSING 66: Baie dankie aan Hendrik Bekker van Kuruman, Noord-Kaap, ‘n agter-agterkleinseun van Hendrik en Hannie Bekker, vir kosbare foto’s en inligting rakende hierdie Bekker-lyn. Veral die rare foto van ons voorvader, Hendrik Bekker het hom verlewendig tot ‘n gewaardeerde voorouer, waar hy voorheen slegs ‘n skim in die verlede was.
- Bekker-familiebybel. In besit van Hendrik Johannes Bekker se agterkleinseun, Loutjie Bekker van Pretoria, Gauteng, wat op 3 Februarie 2018 inligting oor die Bybel se geskiedenis verskaf het
- NGK Lydenburg Kerkregister
- Giliomee, H. & Mbenga, B. 2007 Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad
- Illustrated history of South Africa. The real story. 1989 2nd Ed. Reader’s Digest Association South Africa (Pty) Ltd.: Cape Town
- Boedel van Andries Johannes Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG O/581/1876
- Sterftesertifikaat en boedel van Elsje Margaretha Cornelia Bekker. South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-Z7KZ-X?cc=2520237&wc=Q6NX-R19%3A1590233992 : 16 December 2016), 007805261 > image 351 of 1372; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa
- Heese, H.F. 1985 Groep sonder grense. Die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap. Instituut van Geskiedkundige Navorsing: Universiteit van Wes-Kaap. (Kaart van ZAR distrikte, 1877 – 1881)
- Visagie, J.C. 2011 Voortrekkerstamouers, 1835-1845. 2de Ed. Protea Boekhuis: Pretoria
- Visagie, J.C. 2014 Voortrekkerleiers en trekroetes. 1ste Ed. Die Erfenisstigting: Pretoria
- Binckes, R. 2013. The Great Trek uncut. 1ste Ed. 30º South Publishers: Pinetown.
- Erasmus Smit. https://af.wikipedia.org/wiki/Erasmus_Smit
- Daniel Lindley. https://af.wikipedia.org/wiki/Daniel_Lindley
- Andrew Murray. https://af.wikipedia.org/wiki/Andrew_Murray
- Dirk van der Hoff. https://en.wikipedia.org/wiki/Dirk_Van_der_Hoff
- Doopregister van NGK Ermelo Moedergemeente. NGK Argief (Oos-Transvaalse Ring), Val de Grace, Pretoria
- Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, Paarl. Departement van Kuns en Kultuur. Besoek gebring op 21 Desember 2016. http://www.taalmuseum.co.za/
- The origin and history of Afrikaans. The story of Afrikaans – a tale of many tongues, twists and turns. https://afrikaans.com
- Consentration Camp Registers. British Concentration Camps of the South African War, 1900 – 1902. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd
- Skadevergoedingseis van Hendrik Johannes Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa. TAB CJC 796/135 & 1258/332, 1903
- Onderhoude op 1 Julie 2019, 7 Julie 2019 en 11 Augustus 2019 met Lettie Fourie van Ermelo, kleindogter van Hendrik en Hannie Bekker
- De Jager Boek
- Christiaan de Jager (1820 – 1899). https://www.wikitree.com/wiki/De_Jager-828
- Pieter Georg Jordaan, b1c5d6e3. https://www.geni.com/people/Pieter-Jordaan-b1c5d6e3/6000000016819224610
- Familie-notas in Februarie 2018 verskaf deur Sampie Bekker van Alberton, agterkleinseun van Hendrik Johannes Bekker
- National Geo-Spatial Information, 1:50 000 Rasters. January 2015. Department of Rural Development and Land Reform, Republic of South Africa. CD-publication
- Transportrekords van Plaas Elandslaagte (Lydenburg nr. 508, ZAR nr. 139; Transvaal nr. 368 JS). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB RAK 3054
- Sterfkennis en boedel van Ockert Machiel Vermaak. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 7832/61, 1961
- Middelburg, Mpumamlanga. https://en.wikipedia.org/wiki/Middelburg,_Mpumalanga
- Doodsertifikaat van Margaretha Alberta Fourie en voogdykap van Christiaan Ernst Fourie. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG O/2014, 1901
- Joachim Christoffel Fourie. https://www.geni.com/people/Joachim-Christoffel-Fourie/6000000018326013517
- Pakenham, T. 1993 The Boer War. Illustrated Edition. Jonathan Ball Publishers: Johannesburg, South Africa
- J.C. Fourie. Ons Boere se trotse geskeidenis. https://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/new-page-79.htm
- Fourie, Hermanus Cornelius Marthinus. http://cke.christians.co.za/2016/03/04/fourie-hermanus-cornelius-marthinus/
- General – Lucas Johannes Meyer. https://www.boerenbrit.com/archives/4540
- Talana Gedenksteen. NGK Dundee. https://www.graves-at-eggsa.org/main
- Battles. Leliefontein. 7 November 1900. https://www.warmuseum.ca/cwm/exhibitions/boer/battleleliefontein_e.html
- Moore, D.M. May 1978. Louis Botha’s second expedition to Natal, September-October 1901. The South African Military History Society. http://samilitaryhistory.org/misc/botha.html
- Sterfkennis, testament en boedel van Pieter Georg Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 2297/00, 1900
- Kaart van Transvaal Provinsie, Unie van Suid-Afrika. Kantoor van die Landmeter-Generaal, Pretoria, 1931. Leeskamer. National Archives & Repository Service of South Africa.
- Transportrekords van Plaas Bekkersrust (Ermelo nr. 48, ZAR nr. 135; Transvaal nr. 423 IS). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB RAK 3054
- Potloodspruit
- ZAR Road Bridge over the Spekboom River (Steenkamp Bridge). https://www.artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes.php?bldgid=10244
- Lombard, R.T.J. 1980 Ermelo, 1880 – 1980. Stadsraad, Ermelo, 1980. V&R Drukkery (Edms) Bpk: Pretoria
- Eeufees-Gedenkboek van die Gemeente Ermelo, 1870 – 1970. Uitgegee in 1970 deur die Kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente, Ermelo, Transvaal. Hoëveld Pers: Ermelo
- NG Gemeente Ermelo. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Ermelo
- Frans Lion Cachet. https://af.wikipedia.org/wiki/Frans_Lion_Cachet
- NG Gemeente Utrecht. https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-utrecht/
- Hendrik Ludolph Neethling. https://www.geni.com/people/Hendrik-Ludolph-Neethling/6000000022101498149
- NG Gemeente Lydenburg. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Lydenburg
- NG Gemeente Middelburg, Mpumalanga. https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Middelburg,_Mpumalanga
- Witkerk. https://www.witkerk.co.za
- Rooibult Burgergrafte. Volksrust Rural (farm cemeteries), Mpumamlanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=3777217
- Slag van Allemansnek gedenksteen. Volksrust, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
- Christiaan Frederik Burgers. https://www.wikiwand.com/af/Christiaan_Frederik_Beyers
- Pretorius, F. 29 March 2011. The Boer Wars. https://www.bbc.co.uk/history/british/victorians/boer_wars_01.shtml
- Blake, A. 2010 Boereveraaier. Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog. 1ste Ed. Tafelberg: Kaapstad. http://www.nb.co.za/Book/Extract/10853
- Coghlan, M. 2000 The other De Wet. Piet de Wet and the Boer ‘Hendsoppers’ in the Anglo-Boer War. Military History Journal, Vol 11(6), 2000. The South African Militory History Society. http://samilitaryhistory.org/vol116mc.html
- Woodbush Forest Reserve. https://www.sa-venues.com/game-reserves/woodbush.php
- Heaven on the mountain. https://showme.co.za/lifestyle/heaven-on-the-mountain/
- Haenertsburg. https://en.wikipedia.org/wiki/Haenertsburg
- Kurisa Moya Nature Lodge. The history of Kurisa Moya. http://www.krm.co.za/history-accommodation.php
- Lionel Phillips. https://en.wikipedia.org/wiki/Lionel_Phillips
- Johannes Christoffel Bekker. https://www.geni.com/people/Johannes-Bekker/6000000026510176964
- Grafte van Bekker en Prinsloo-families. Kerkhof op plaas Generaaldraai nr. 423, Wonderfontein, Belfast, Mpumalanga. http://www.graves-at-eggsa.org/main
- Witklip
- Foto’s en familie-data verskaf op 20 Februarie 2021, 1 Maart 2021 en 16 April 2022 deur Hendrik Bekker van Kuruman, Noord-Kaap, ‘n agter-agterkleinseun van Hendrik en Hannie Bekker
- Besoek aan Estancia en Uitgevallen plaas op 14 Julie 2019 deur Alta Jamison, agter-agterkleindogter van Hendrik en Hannie Bekker
- Lombard, R.T.J. 1981 Torbanite – ‘n dorp te koop. https://repository.nwu.ac.za/handle/10394
- Transportrekords van Plaas Uitgevallen (Middelburg nr. 373, ZAR nr. 109 & 267; Transvaal nr. 134 IT). National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB RAK 2850
- Kerkregisters van NGK Middelburg. NGK Argief (Oos-Transvaalse Ring), Val de Grace, Pretoria
- Johannes Francois Marais, b2c2d1e3f4g10h2i2. https://www.geni.com/people/Johannes-Francois-Marais-b2c2d1e3f4g10h2i2/6000000020004548222
- Sterfkennis en boedel van Aletta Susanna Marais. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG O/8453, 1893
- Grafte van John en Helena Laffnie. Familiekerkhof op plaas Nooitgedacht 237 IS, Estancia, Ermelo distrik, Mpumalanga. https://www.graves-at-eggsa.org
- Sterftekennis van ds D.F. Bosman. South Africa, Cape Province, Probate Records of the Master of the High Court, 1834-1989. Database with images. FamilySearch. https://FamilySearch.org : 11 October 2018. Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives), South Africa
- Sterfkennis en boedel van Elsje Margaretha Cornelia Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 7729/60, 1960
- Prisoners of war. Anglo-Boer War Museum. https://www.wmbr.org.za
- Trichinopoly Camp POW, India. https://www.angloboerwar.com/forum/boerpow/26230-trichinopoly-pow-camp-india
- Tiruchirappalli. https://en.wikipedia.org/wiki/Tiruchirappalli
- Graf van Andries Johannes Bekker. Hendrina Begraafplaas, Mpumalanga. https://www.graves-at-eggsa.org/main
- Sterfkennis, testament en boedel van Jozua Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 5173/70, 1970
- Pietersburg Concentration Camp. British Concentration Camps of the South African War, 1900 – 1902. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Histories/Pietersburg
- Pietersburg Konsentrasiekamp. https://af.wikipedia.org/wiki/Pietersburg-konsentrasiekamp
- Grobler, J. & Grobler, M. 2013 Vroue-Kampjoernaal. Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog. 1ste Ed. Heroloda Wordworx: Brooklyn, Pretoria.
- Vertellings op 16 Mei 2019 deur Bettie Kruger van Pretoria, agterkleindogter van Hendrik en Hannie Bekker
- Sterfkennis en boedel van Hendrik Johannes Bekker. National Archives & Repository Service of South Africa, Pretoria. TAB MHG 1018/43, 1943
- Loskopdam. https://en.wikipedia.org/wiki/Loskop_Dam
- Grafte van Hendrik Johannes Bekker jnr. en Maria Magdalena Schonfeldt. Nuwe Begraafplaas, Ermelo, Mpumalanga. https://www.graves-at-eggsa.org/main
- Laerskool Uitkyk, Middelburg. https://myspotfinder.com/laerskool-uitkyk-middelburg/
- Doopinskrywing van Hendrik Johannes Bekker. NGK Ermelo Register, 1907 – 1989. South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991, database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99Z5-5NH8?cc=2155416&wc=QZV2-BR6%3A1589315405%2C1589315407%2C1589315431%2C1589393929 : 18 December 2018), South Africa > Transvaal > Ermelo > Christenings, 1907-1989 > image 13 of 212; Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika (Dutch Reformed Church of Africa), Pretoria
- Rekord van geboorte, huwelik en dood van Willem Johannes Bekker. https://www.identitynumber.org
- Rekord van geboorte, huwelik en dood van Vermaak kinders. https://www.identitynumber.org