Bekker: Vroegste rekords van die familienaam

Uit antieke dokumente van die Heilige Romeinse Ryk wat behoue gebly het, is draers van die familienaam reeds in die 13de en 14de eeu aangeteken. Daar was Bertrammus Bekere van Rostock in 1257, Hainrich Beck van Augsburg in 1331en Peter Beker van Freiburg in 1379.1 Hoewel familiewapens sedert die begin van die Middeleeue hoofsaaklik aan die adellikes en koninklikes toegeken is, is daar gedurende die heerskappy van die Romeins-Duitse koning Karl IV, ook bekend as Charles IV, rekords van familiewapens wat toegeken is sonder dat die begunstigdes adellike status gegee is. Vanaf die 15de eeu is familiewapens ook aan gewone, siviele families toegeken.1-3

    < BACK

  1. Bekker. https://www.heraldrysinstitute.com/lang/en/cognomi/Bekker/idc/726611/
  2. Charles IV (HRR). https://de.wikipedia.org/wiki/Karl_IV._(HRR)
  3. Charles IV, Holy Roman Emperor. https://en.wikipedia.org/wiki/Charles_IV,_Holy_Roman_Emperor